Dankie vir alles wat nog gaan gebeur!

Januarie 11, 2008 in Sonder kategorie

Mens leer baie van mense deur te luister waarvoor hulle bid.

Jy leer van hulle vrese, hul hoop, hul verwagtinge, hul vreugdes. My twee kinders se gebedjies leer my elke aand ‘n bietjie van wat in hul dag gebeur het en waarvoor hulle hoop vir die dag van more.

Zoe (9) bid saans baie uitgebreid, vir almal van die honde tot die ver familie tot die bediende se kinders. Luc (wat al die dae aftel na sy sesde verjaarsdag volgende week) se gebedjie is korter. Hy’s nie ‘n man wat te veel bodder met taktvolle geselsies met Liewe Jesus nie – as hy iets wil vra, vra hy mooi. En as hy wil bedank, doen hy dit in ‘n paar woorde.

Hy bedank God vir goed so uiteenlopend soos fietsry, speel, skool, kerk, maatjies, die bediende, die kat, sy mamma en pappa, uiteet…

Maar vanoggend, voor ons kleuterskool toe ry, het sy gebedjie in die motor my ‘n waardevolle les geleer oor wat geloof en vertroue eintlik behoort te wees.

“Dankie Liewe Jesus,” het hy gebid, “vir alles wat vandag gaan gebeur.”

Is dit nie ‘n goeie ingesteldheid om die grootmenslewe mee aan te durf nie?

3 antwoorde op Dankie vir alles wat nog gaan gebeur!

  1. amnell het gesê op Januarie 12, 2008

    Hi Ilse, ek dink dis ‘n goeie idee om so te bid, dan het mens sommer ‘n positiewer ingesteldheid, dan nie? Lekker naweek.

  2. Sjoe dit is nogal ‘n goeie gebed, gaan dit definitief by gebede insluit! Danie vir die deel

  3. Ek koop die Rooi Rose elke maand. Hierdie keer amper nie. Maar gister loer ek en daar is ‘n artikel wat my aandag afdwing. “Die kuns & kulkuns van dieet”. Blaai om en maak ‘n double flip want die naam lyk bekend. maar ek weet nie mooi hoe om by die ander blog uit te kom. Ek is bietjie stupid as dit kom by technologie.
    Dus sal ek jou maar hier ondersteun.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.