Wat het die Westclilff Hotel, Paulo Coelho, ‘n Krismiskalkoen en Kersvader met mekaar uit te waai?

Desember 9, 2007 in Sonder kategorie

Niks. Maar ten minste het jy nou hier kom inloer! Goed, goed, ek sal oor almal ietsie skryf!

Ek sit hier en tik in luukse. Gaan loer by http://www.westcliff.co.za/web/ojnb/ojnb_a2a_home.jsp as jy wil sien waar slaap ek vanaand.

Ai, die harde lewe van ‘n joernalis darem… Vanaand slaap ek by die Westcliff (die plek waar Charlize en kie ook graag bly as hulle in Johannesburg is) op uitnodiging van die Orient -Express Hotelgroep. En more-oggend pas na meeste van julle die sweet van die spitsverkeer van julle voorkoppe afvee, vlieg ons (ek, twee ander joernaliste en die Westcliff se PRO, Gaby Palmer) van O.R. Tambo af na Maun. En vandaar per ligte vliegtuig (iets waaroor die uwe minder entoesiasties is) na Savute Elephant Camp vir twee aande. Die derde aand is ons by Eagle Island Camp in die Okavango Delta, en ongelukkig moet ek daarna weer terugkeer Gauteng toe. Maar ek sal darem stempels vir Botswana in my paspoort he!

‘n Hartlike dankie vir almal wat so entoesiasties aangebied het om my tasse te dra, kamera se lens blink te vryf, in my plek te gaan… maar ek is meer as gewillig om self hierdie ou werkie te doen. Gelukkig speel my voet saam. Vandag was die eerste dag wat ek sonder pyn opgestaan het, en die swelling het uiteindelik heeltemal gesak. Maar ek loop nog met die airbrace (het lankal die krukke weggegooi) net om te sorg dat alles van nou af net beter word.

My kiddies (5 en 8 jaar) slaap vir die eerste keer weg van die huis af by pelle. Normaalweg as ek weggaan, kom slaap ‘n vriendin by hulle in die huis sodat alles darem bekend is. Martha Moroke, hulle wonderlike ander ma en my getroue regterhand vir die afgelope 6 jaar, is daar, en die troeteldiere (7 honde, 1 kat, 5 voels) is ook daar. Maar aangesien dit skoolvakansie is, het ons besluit om die groot stap van uitslaap vir vier aande aan te pak. Ek weet hulle gaan ‘n heerlike tyd he by vriendin Cornelia en haar gesin, maar die twee se traantjies was maar vlak met die groetslag vanoggend.

Het vanoggend gou gaan Kersgeskenke koop, en was verstom om te sien hoe ongemerk het goed se pryse opgeskuif. Vir dieselfde blik koekies (2,5kg) wat ek 2 jaar terug by Woolworths gekoop het vir R89,95 het ek vandag R120 betaal. R30 in twee jaar, en die blik se grootte en inhoud is presies dieselfde! Maar dit bly ‘n heerlike geskenk vir ‘n gesin. DVD’s se prys is op met R20 vandat ek laas Kersfees gekoop het – toe was R129 soort van die gemiddeld vir ‘n duur DVD. Vandag het ek ‘n minimum van R149 betaal.

My hart gaan uit na behoeftige mense hierdie Kersfees. Ons werkloosheidsyfers is die hoogste in jare, en ons pryse ook. Weer eens, as jy kan, pak ‘n pakkie vir ‘n behoeftige gesin, of help jou huishulp/tuinhulp met iets ekstra vir hierdie Kersfees. Dit is tot dusver ‘n besondere duur een, selfs vir basiese goed soos groente. En wie kan vleis bekostig??

Ek het lanklaas oor die lyf gepraat. Maar weens die voet is daar uiteraard nie veel geoefen nie. Ons het wel ons kopie geskryf vir die Februarie-uitgawe van Rooi Rose waarin die make-over aangekondig word, en die foto lyk toe darem nie te horribaal nie. Hou dus die rakke dop vanaf middel Januarie. My twee kollegas Teresa en Salome rapporteer tot dusver maar dieselfde moeilikhede as ek. As ek tot dusver enige raad het, is dit om nie met ‘n make-over te begin kort voor die Kersseisoen nie. 🙂

Danksy Alberton se Mike’s Kitchen kan ek daagliks reg eet, selfs al is my tyd hoe min. Garth Miller, die eienaar, was so entoesiastis oor die make-over dat hy my en my kinders genooi het om daagliks (as ons wil) by sy restaurant te eet. En hy gaan probeer om 40 kg af te skud in die tyd wat ek 20 kg wil verloor. Hoe’s daai vir spangees? Dus kan ek elke dag gesond eet – Garth wil bewys dat mens gesond kan eet, al eet jy ook restaurantkos of kitskos.

Vir die wat nog nie onlangs by ‘n Mikes was nie, gaan maak gerus ‘n draai. Die groep se pryse is aansienlik laer as enige ander gesinsrestaurantgroep s’n, en die groep le onderling baie klem op diens deur onder meer toekennings en incentives. En die spyskaart het iets vir almal.

Van kos gepraat: kry vandag hierdie staaltjie oor ‘n kalkoen in ‘n nuusbrief van Keith Overturf. 

One year at Thanksgiving, my mom went to my sister’s house for the traditional feast. Knowing how gullible my sister is, my mom decided to play a trick on her. She told my sister that she needed something from the store. When my sister left, my mom took the turkey out of the oven, removed the stuffing, stuffed a cornish hen, inserted it into the turkey, and restuffed the turkey. She then place the birds back into the oven. When it was time for dinner, my sister pulled the turkey out of the oven and proceeded to remove the stuffing. When her spoon hit something, she reached in and pulled out the little bird. With a look of total shock on her face, my mother exclaimed: “Patricia, you’ve cooked a pregnant bird!” At the reality of this horrifying news my sister began to cry. It took the family two hours to convince her that turkeys lay eggs.

Kry die volgende van Jonathan Ball Publishers se Tanya White. Enige van julle kreatiewes kan gerus ‘n kans vat:

Paulo Coelho is increasingly present on the Internet. “It is a medium that enables me to interact with my readers” he says.  This interaction is now gaining momentum: Paulo Coelho is inviting 15 internet users from all over the world to direct or compose an original soundtrack for each of the characters of his latest book The Witch of Portobello. The filmmaker contestants will have to tell a story from the perspective of one of the 15 narrators. The winners of this contest will receive a prize (€3000 for filmmakers and €1500 for composers) and a single film will be edited combining all these different perspectives. Entries can be made through Paulo Coelho’s blog (http://paulocoelhoblog.com/experimental-witch/).  “The idea is to explore technology and transform it into a work of art,” says the author.

En net weer ‘n brokkie om te bewys hoekom die wereld nie sonder die vroulike spesie kan klaarkom nie:

According to the Alaska Department of Fish and Game, while both male and female reindeer grow antlers in the summer each year, male reindeer drop their antlers at the beginning of winter, usually late November to mid-December. Female reindeer retain their antlers till after they give birth in the spring.

Therefore, according to EVERY historical rendition depicting Santa’s reindeer, EVERY single one of them, from Rudolph to Blitzen, had to be a girl.

We should’ve known… ONLY women would be able to drag a fat-ass man in a red velvet suit all around the world in one night and not get lost. 

 

 

1 antwoord op Wat het die Westclilff Hotel, Paulo Coelho, ‘n Krismiskalkoen en Kersvader met mekaar uit te waai?

  1. pilgrim het gesê op Desember 10, 2007

    Hi daar!
    #1 – “Die Westcliff en jou lekker werk” Oe, jy moet dit geniet! Ek dink ek wil van werk verander! Ek is seker die kids gaan hul eerste wegslaap baie geniet, maar baie bly wees as julle almal weer saam by die huis is 🙂
    #2 – “Kersfees” Ja, dit is skokkend hoe pryse gestyg het. En ja, dit is hartseer dat daar soveel mense is wat met verlangende oë moet kyk na ander se oorvloed, terwyl hulle nie eens ‘n brood en melk het vir ‘n kersete nie. Ons kan eintlik soveel doen deur net ‘n paar items extra te koop en ‘n pakkie te maak vir iemand wat by ‘n robot staan, of waar die Here dit op ons harte druk. God gee tog vir ons sodat ons weer kan uitdeel.
    #3 – “Die lyf” Ek is seker dat, ten spyte van die voet, jy by jou teiken gaan uitkom. Dit is wonderlik van Garth! Ek is nuuskierig om te weet watter kos hy vir jou (en homself) gaan opdis, want dit is nogal moeilik om die regte keuse in ‘n restaurant te maak. (by the way, ek is mal oor Mike’s – Lekker gesinskos!) Ek sal die Rooi Rose dophou!
    #4 – “Kalkoen” hahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahaha!!!!!!! 😀
    #5 – “Paulo Coelho” Briljante idee! Kry die mens-op-straat betrokke! Sal graag die uitkoms wil sien!
    #6 – “Takbokke” Go, Rudolphina!

    Wel, lekker kuier in Botswana! Geniet elke oomblik 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.