Been-af!

November 29, 2007 in Sonder kategorie

Net ‘n vinnige post om te laat weet ek het die ligamente in my enkel geskeur.  Nie te wonderlik as mens enkelma en hoofbroodwinner EN vryskutjoernalis sonder siekverlof is, en vir die volgende paar dae en moontlik weke nie mag bestuur nie. (En oor 10 dae ‘n reisartikel in Botswana moet gaan doen nie!) En op ‘n make-over program is wat vereis dat jy elke dag moet gym…

Was vir ‘n sonar en x-strale na ek by my huisdokter was, maar die swelling en vloeistof om die ligamente is te erg om duidelik te kan sien wat is die presiese skade. Sal weer volgende week die hele ou prosessie moet deurgaan. Is intussen in ‘n airbrace (lugstut???) en op krukke. Aaaaaaaaaaaaklig!

En ek het skielik nog meer respek vir gestremde mense wat hulle hele lewe deur met onwillige ledemate en krukke moet voortsukkel. Ek kan kwalik regop bly op my krukke, en beleef omtrent elke keer as ek beweeg ‘n blonde oomblik, want ek kan nie onthou wat om met my seer voet te doen nie.

Dus, gedenk asseblief aan die onbeweeglike blondine.

My oudste broer probeer my boonop opvrolik deur te se dis dalk ‘n waarskuwing dat ek moet afskaal en rustiger leef sodat ek die nuwe jaar fris en gesond kan binne gaan.

Duh! Ek wou juis minder fris wees in 2008, en meer gesond!

5 antwoorde op Been-af!

  1. Bummer!!!
    Best wishes Ilse…hope you get better soooon!
    🙂

  2. Thanks! I needed this injury like one needs a hole in your head!

  3. AnsK het gesê op November 30, 2007

    Dit is so jammer! Het jy nie ‘n ou loslappie wat saam met jou kan ry nie? (Ek soek juis vir my blonde, Robert Redford look-alike boet ‘n vrou. Hy is te slim en te wonderlik om alleen te wees en sy nuutste is ‘n flos, nie eers mooi nie!)
    Deon Maas: my persoonlike opinie, gevorm tydens die Idols program, was dat hy nie intellegent genoeg is om die beeld te handhaaf wat hy probeer weergee nie. Ek is mal oor individuele mense wat op hulle eie hedonistiese en satiriese lewensbaan hardloop, maar dit moet deels ‘n kop-ding ook wees.
    Die hele debakel herhinner my aan die eerste Big Brother, waar die Kaapse onderwyseres orale seks met ‘n piesang demostreer het. Die storm wat daaroor losgebrand het is vir my dieselfde: Suid Afrika is STEEDS deursnit konserwatief en daar is ‘n lyn waaroor jy kan trap wat jou optrede/opmerkings van weird na sosiaal onaanvaarbaar verander.
    Deon se ma het hom nie goed geleer nie: mens praat nie in geselskap oor godsdiens nie, vernaamlik nie op lasterlike formaat nie. Hy het geweet wat hy doen maar soos ek sê, sy kop was bietjies te leeg om werklik die omvang te besef. (nee, ek weet nie wat sy IK is nie….)

  4. pilgrim het gesê op November 30, 2007

    Aijaijai!!!! Dis ‘n terugslag, maar dalk moet jy na jou boet luister en bietjie rus. Ek is seker jy sal in terugblik bly wees!

  5. amnell het gesê op Desember 1, 2007

    Hoop jou been is gou gesond!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.