Jy blaai in die argief vir 2007 November.

Been-af!

November 29, 2007 in Sonder kategorie

Net ‘n vinnige post om te laat weet ek het die ligamente in my enkel geskeur.  Nie te wonderlik as mens enkelma en hoofbroodwinner EN vryskutjoernalis sonder siekverlof is, en vir die volgende paar dae en moontlik weke nie mag bestuur nie. (En oor 10 dae ‘n reisartikel in Botswana moet gaan doen nie!) En op ‘n make-over program is wat vereis dat jy elke dag moet gym…

Was vir ‘n sonar en x-strale na ek by my huisdokter was, maar die swelling en vloeistof om die ligamente is te erg om duidelik te kan sien wat is die presiese skade. Sal weer volgende week die hele ou prosessie moet deurgaan. Is intussen in ‘n airbrace (lugstut???) en op krukke. Aaaaaaaaaaaaklig!

En ek het skielik nog meer respek vir gestremde mense wat hulle hele lewe deur met onwillige ledemate en krukke moet voortsukkel. Ek kan kwalik regop bly op my krukke, en beleef omtrent elke keer as ek beweeg ‘n blonde oomblik, want ek kan nie onthou wat om met my seer voet te doen nie.

Dus, gedenk asseblief aan die onbeweeglike blondine.

My oudste broer probeer my boonop opvrolik deur te se dis dalk ‘n waarskuwing dat ek moet afskaal en rustiger leef sodat ek die nuwe jaar fris en gesond kan binne gaan.

Duh! Ek wou juis minder fris wees in 2008, en meer gesond!

Hoe om jou lyf vir altyd te verander – in net 4 dae! (Dis wat die tydskrif beweer, nie ek nie!)

November 28, 2007 in Sonder kategorie

Ek het eenkeer vir ‘n tydskrif-uitgewer gewerk (kom ons laat hom maar naamloos bly) wat niks daarvan gedink het om sulke leuens op sy tydskrifte se voorblad te plaas nie. Enige iets om lesers te lok. Maar hierdie spesifieke kop kom uit die Britse glanstydskrif EVE, en die artikel is ‘n samevatting van selfhelp-ghoeroe Martha Beck se raad in haar boek The 4-Day Win (Piatkus).

Beck beweer mens het net vier dae nodig om jou kop te verander oor enige iets. “If you do something consistently for four days in a row an internal barrier seems to fall.” Volgens EVE (Junie 2007) en Beck werk dit as volg met dieet:

Voeg elke vier dae ‘n nuwe (maklike) doelwit by jou eetplan, en pas dit vir vier dae lank toe voordat jy die volgende een bysit. Kies iets makliks, soos om elke dag ‘n groen groente te eet, een lepel suiker minder in jou tee te drink of nie na ‘n sekere tyd meer te eet nie.

Na 21 dae gaan jy dus altesaam 5 nuwe patrone in jou eetplan/leefstyl gevestig het, en dan word dit ‘n lewenswyse. Beck het haar eie raad gevolg en glo die afgelope 5 jaar sonder enige dieet of spesiale effort 25 pond afgeskud. (Kenners seg mos aljimmers mens kan enige slegte gewoonte in 21 dae afleer.)

‘n Ander goeie (en maklike) beginsel is om op te hou om dink aan dieet. Beck reken dis net so goed jy verbied jou kop om aan pienk olifante te dink. “Try it, and you’ll find, lo and behold, all you can picture is a large fuchsia animal with a trunk!” Maak eerder bogenoemde klein aanpassinkies en moenie etes mis nie, want anders dink jou lyf daar is hongersnood op hande.

Nog raad:

  • Moenie op kos fokus nie.
  • Hou op om in vet-terme te dink. (Dink eerder “ek dra ekstra kilogramme” as “ek is vet” om te keer dat jy moed verloor en ophou probeer om iets aan jou lyf te doen.)
  • Moenie ‘n alles of niks-benadering volg nie. Dus, as jy een blokkie sjokolade eet, moenie besluit jy het nou klaar oortree en jy kan netsowel die hele slab opeet nie.
  • Hou op om jouself te medicate met kos – identifiseer hoekom jy eet (bv. omdat jy hartseer voel, verveeld is) en programmeer jouself om net te eet as jy honger is.
  • Maak ‘n studie van jou vet en maer fases deur bietjie deur jou foto-albums te loer. Kyk na invloede soos liefdeslewe, vriendskap, loopbaan, gesondheid, finansies, en kyk wat het jou lyf beinvloed toe jy op jou vetste of maerste was. So gaan jy ‘n patroon sien: bv. jy was brandmaer toe jy baie hard gewerk het en dolverlief was, en op jou vetste toe geld skaars en stres baie was. Beck meen om ‘n patroon te herken is die eerste stap om dit te kan verander.

Nog ‘n interessante wenk: ontleed jou vriendekring. Volgens haar het ons almal vier soorte vriende: the munch bunch (wat jou aanmoedig om nog te eet), die no-go’s (wat jou probeer afraai om te oefen), die slender befrienders (wie se sosiale lewe niks met kos uit te make het nie) en die go girls (wat jou baie energiek laat voel). Vermy die mense wat jou nuwe leefstyl en eetplan probeer saboteer, en omring jou met die wat jou aanmoedig.

‘n Baie logiese wenk is wat sy noem “om jou aptyt af te skakel”. Dit doen jy deur minder geurmiddels by jou kos te gooi. Jou lyf roep gouer halt met eenvoudiger kos, maar vet, ekstra botter, geprosseseerde kos, baie souse en komplekse smake laat ons agter die smaak aan eet eerder as agter die honger. Eet dus bv. ‘n aartappel sonder botter eerder as chips as jy uiteet, of geroosterde hoender eerder as gekrummelde hoender.

Haar raad vir cravings en kosdrange en tussen-in honger is om een uur na ete ‘n vlassaad (flax seed) kapsule, een vitamien E-kapsule en twee omega-3 kapsules af te sluk met ‘n groot glas water. (Sy noem dit ‘n flavour fast – die kapsules verskaf die voedingstowwe, maar proe na niks, so jou lus verdwyn.)

Nog raad is om jou lyf se koshorlosie te teken – so kan jy sien of jy op sekere tye van die dag moet eet – en dit dan te herprogrammeer deur jou eet-snellers (verveling, stres, werksdruk, konflik) te identifiseer.

As jy dit gedoen het, probeer om jou daaglikse kalorie-inname elke vier dae met 100 te verminder (ek weet nie hoeveel kilojoules dit is nie, maar werk in iets makliks soos bv. een sny brood per dag minder, een koekie minder, of wat ookal – iets maklik meetbaar).  Doen dit ook in siklusse van vier x 5. Na 21 dae sal jy dus al 500 kaloriee per dag minder eet as aan die begin.

En onthou om jouself met iets te beloon wat niks met kos te doen het! Kies jou eie kicks – jy weet wat jou gaan motiveer!

Sterkte, en laat weet my as hierdie raad vir jou werk! Ek beplan ‘n hele webwerf saam met ‘n restaurantgroep met praktiese dieet-, gesondheid- en leefstylwenke, en hoor graag van jou.

Iets baie sinvol uit Deon Maas se pen (nee, lees eers, moenie dadelik gif spoeg nie!)

November 27, 2007 in Sonder kategorie

As hy hiermee weggespring het in Rapport, was hy vandag ‘n volksheld en het ons hom dalk oorweeg as politieke leier!

http://www.news24.com/Sondag/Nuus/Voorblad/0,,2192-2193-2200_2227046,00.html

Maar ek gaan nog steeds nie die simpel Sondag koop nie!! Ek gee eerder daardie geld vir ‘n bedelaar.

Ietsie snaaks om die week op ‘n vrolike noot af te skop!

November 26, 2007 in Sonder kategorie

My broer Gerhard het hierdie vir my aangestuur. Wie ookal die oorspronklike e-pos uitgedink het: baie dankie, dit was vir ‘n slag (vir my altans) nuwe grappies. Lekker lag!

The Value of a Drink

“Sometimes when I reflect back on all the wine I drink
I feel shame.
Then I look into the glass and think
about the workers in the vineyards and all of their hopes
and dreams
. If I didn’t drink this wine, they might be out
of work and their dreams would be shattered.

Then I say to myself, “It is better that I drink this wine and let their
dreams come true than be selfish and worry about my liver.”
~ Jack Handy

WARNING: The consumption of alcohol may leave you wondering what the hell
happened to your bra and panties.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

“I feel sorry for people who don’t drink. When they
wake up in the morning, that’s as good as they’re
going to feel all day.
~Frank Sinatra

WARNING: The consumption of alcohol may create the illusion that you are tougher, smarter, faster and better looking than most people.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

“When I read about the evils of drinking, I gave up reading.”

~ Henry Youngman

WARNING: The consumption of alcohol may lead you to think people are laughing WITH you.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

“24 hours in a day, 24 beers in a case. Coincidence?
I think not.”
~ Stephen Wright

WARNING: The consumption of alcohol may cause you to think you can sing.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

“When we drink, we get drunk. When we get drunk,
we fall asleep. When we fall asleep, we commit no sin.
When we commit no sin, we go to heaven. So, let’s all
get drunk and go to heaven!”
~ Brian O’Rourke

WARNING: The consumption of alcohol may cause pregnancy.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

“Beer is proof that God loves us and wants us to be happy.”
~ Benjamin Franklin

WARNING: The consumption of alcohol is a major factor in dancing like a retard.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

“Without question, the greatest invention in the
history of mankind is beer. Oh, I grant you that the

wheel was also a fine invention, but the wheel does

not go nearly as well with pizza.”

~ Dave Barry

WARNING: The consumption of alcohol may cause you to tell your friends over and over again that you love them.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

To some it’s a six-pack, to me it’s a Support Group. Salvation in a can!

~ Dave Howell

WARNING: The consumption of alcohol may make you think you can logically converse with members of the opposite sex without spitting.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

And saving the best for last, as explained by Cliff Clavin, of Cheers.

One afternoon at Cheers, Cliff Clavin was explaining the Buffalo Theory to his buddy Norm.
Here’s how it went:


“Well ya see, Norm, it’s like this… A herd of buffalo can only move as fast as the slowest buffalo. And when
the herd is hunted, it is the slowest and weakest ones at the back that are killed first This natural selection is good for the herd as a whole, because the general speed and health of the whole group keeps improving by the regular killing of the weakest members. In much the same way, the human brain can only operate as fast as the slowest brain cells. Excessive intake of alcohol, as we know, kills brain cells. But naturally, it attacks the slowest and weakest brain cells first. In this way, regular consumption of beer eliminates the weaker brain cells, making the brain a faster and more efficient machine. That’s why you always feel smarter after a few beers.”

WARNING: The consumption of alcohol may make you think you are whispering when you are not

‘n Uitgesproke vrou, en ‘n inspirerende vrou

November 24, 2007 in Sonder kategorie

Baie van julle het dit waarskynlik al gesien, maar ek het eers vanoggend, danksy ‘n e-pos, die New Yorkse sielkundige Wafa Sultan se passionate uitspraak teen ekstremistiese Moslems en vir meer verdraagsaamheid tussen verskillende kulture gesien. Gaan kyk by

http://switch3.castup.net/cunet/gm.asp?ai=214&ar=1050wmv&ak=nul

Volgens Wikipedia is hierdie snippertjie debat (wat in Februarie 2006 op Al Jazeera gebeeldsend is) binne weke deur meer as 1 miljoen mense geluister op e-posse en weblogs. Time Magazine het Sultan ook aangewys as een van die 100 mees invloedryke mense van 2006. Time se kriteria is mense “whose power, talent or moral example is transforming the world.”[1] The Time Magazine stated that “Sultan’s influence flows from her willingness to express openly critical views on Islamic extremism that are widely shared but rarely aired by other Muslims.”[1 (aldus Wikipedia).

Ek het groot bewondering vir iemand wat die moed van haar (of sy) oortuiging uitleef. In die geval van ‘n Siriese vrou wat haar openlik uitspreek teen haar kultuur en voorvaderlike geloof het ek twee maal soveel respek. Want onthou, in die Moslemgemeenskap tel ‘n vrou niks. En om jou uit te spreek teen Islam, is om moeilikheid te vra.

Dus, wees bly vir ‘n land waar ons vryheid van geloof het, waar die regering nie dikteer hoe ons moet optree teenoor ander gelowe nie, en waar niemand van ons verwag om selfmoordbommers te word nie. Dankie vir ‘n land waar ons nog vir onsself mag dink en openlik mag praat en skryf, en dankie tog vir ‘n geloof wat niks ekstreem van ons verwag nie, behalwe om mekaar en God lief te he. (Makliker gese as gedaan, as ek na ons deurmekaar ou wereld kyk.)

Ek het eenmaal ‘ n onderhoud gedoen met Michael Mol en sy pa, Dr. Arnold Mol, ‘n bekende motiveringspreker. Albei is natuurlik uitgesproke Christene. Tydens die fotosessie het pa en seun gemaklik oor-en-weer gesels (en ek het so bietjie afgeluister), en Michael het vertel van ‘n ontmoeting met ‘n Moslem-geestelike, en hoe hy gewonder het oor al die antwoorde op hierdie ou se geestelike vrae en argumente.

Ek kan nie die konteks presies onthou nie, maar wel Arnold se antwoord: “Christenskap is die enigste geloof waarvolgens daar nie van ons verwag word om iets radikaals te doen, soos om te sterf, voordat ons gered kan word nie. Jesus het die radikale ding gedoen: hy het vir ONS gesterf sodat ons kan lewe.”

Wat ‘n comforting thought!

Nog ‘n inspirerende vrou is Adri Vermeulen, lofprysingsleier by Moreleta Gemeente. Sy het gisteraand by ons gemeente se vroue-afsluiting opgetree en vertel van haar jarelange stryd teen depressie. Hier onder is haar verhaal, soos vertel aan my in ‘n onderhoud wat in LEEF verskyn het so maand of drie gelede.  Stuur dit asseblief aan na mense wat julle dink dit mag nodig he, of nooi haar om by ‘n geleentheid in julle gemeenskap haar storie te kom vertel. Dit is werklik ‘n ONGELOOFLIK inspirerende storie. Wat my gisteraand keer op keer opgeval het, is Adri se openlike lewensvreugde en haar aansteeklike lag – net God kan iemand so verander!

Adri Vermeulen het dae uitmekaar die kerkpaadjie saam met haar pa afgestap: eers as bruid aan sy arm, en tien dae later saam met sy kis. Hierna het haar lewe oornag in ‘n hel van pil-verslawing en depressie verander. Maar na ‘n dramatiese genesing sing sy deesdae ‘n nuwe lied – letterlik.

Dis moeilik om te glo die sprankelende, goedversorgde vrou voor my het ‘n paar jaar gelede – volgens haar eie bekentenis – party dae nie eers die moeite gedoen om te bad nie.

“As my man Dries werk toe ry, het ek in die bed gaan terugklim en geslaap. Tussendeur het ek opgestaan en geëet en geëet en geëet, en dan weer teruggeklim in die bed en verder geslaap,” vertel die aantreklike 37-jarige Adri Vermeulen in haar stylvolle sitkamer in die ooste van Pretoria.

Sy het net ‘n rukkie voor Dries van die werk af kom, opgestaan en ‘n paar vensters oopgemaak, en selde aandete gekook. “En ek het glad nie omgegee hoe ek lyk nie,” vertel sy met haar lieflinghond Gabby styf langs haar.

Adri, deesdae aanbiddingsleier by die Moreletapark Gemeente in Pretoria, was vasgevang in ‘n diep, donker depressie. Maar as sy terugkyk, vertel sy, het sy eintlik die bose spiraal van depressie en verslawing toegelaat en vererger deur onder meer haar dosis voorgeskrewe medikasie te oorskry.

Haar donker pad het een week na haar en Dries se troue in Februarie 1996 begin toe haar pa selfmoord gepleeg het.

“Ons het my pa die Donderdag begrawe, en die volgende dag is ek opgeneem vir slaapterapie. Ek het gedog dis die ideale oplossing, want as ek wakker word, sou my probleme mos weg wees.”

Maar sy was verkeerd, en drie jaar van verslawingshel het begin.

“Ek was baie kwaad vir my pa oor sy selfmoord.”

Sy gesin het glad nie besef hoe ernstig depressief hy was nie.

“Die aand voor hy homself vergas het, het ons nog telefonies uit die Kaap, waar ons op wittebrood was, met hom gepraat. Dit het glad nie geklink of daar enige fout was nie.”

Adri vertel dat daar niks onafgehandelde sake was tussen haar en haar pa nie, maar dat sy nie die geweldige gevoel van verlies kon verwerk nie.

Vandag weet sy die slaapterapie het haar werklike probleme bloot op die agtergrond geskuif. Sy het baie irrasioneel opgetree, en byvoorbeeld 24 uur kennis gegee by haar werk.

“Ten spyte van my toenemende depressie, angsaanvalle en woedebuie, het Dries my getrou bygestaan.”

Vandag besef sy niemand sou hom waarskynlik kwalik geneem het as hy destyds eenvoudig van haar geskei het nie.

“Dries het ‘n baie sterk karakter, maar is ‘n sagte mens. Ek het gou besef hoe maklik kan ek hom manipuleer. Ek het ‘n geweldige eetversteuring ontwikkel, en 40 kg gewig opgetel. As ek middernag besluit ek is lus vir hamburger en chips, dan moes Dries sorg dat ek dit kry.”

Doen hy dit nie, was ‘n woede-uitbarsting sy voorland. Adri sê sy het vinnig geleer dat om rusies uit te lok, nog ‘n manier was om Dries te manipuleer. “As hy dan daarop reageer, kry ek woede-uitbarstings en angsaanvalle en nog ‘n verskoning om die psigiater te laat glo ek het sterker medikasie nodig.”

“Ek was wég van al die medikasie – ek wou eenvoudig nie in die realiteit leef nie. Ek het vír depressie gekies, nooit daartéén nie.”

“Ek het ook nooit gekies om my behandeling te laat werk nie.”

Adri vertel dat haar gestel so vergiftig was dat sy op ‘n stadium tien Dormicums (‘n baie sterk hipnotikum, of slaappil) op ‘n slag gebruik het, sonder dat dit enige uitwerking gehad het.

“’n Psigiater het op daardie stadium vir Dries gesê al wat my aan die slaap sou kry, was narkose. Dis regtig bloot God se genade dat ek al die pille oorleef het. Dries het naderhand ‘n kluis gekoop waarin hy dit toegesluit het, maar ek het die sleutel opgespoor en maar net nog meer gedrink.”

Omtrent ‘n jaar na haar pa se dood moes Adri (op 27) boonop ‘n histerektomie ondergaan na jare van erge ginekologiese probleme. Dit het dinge net vererger.

“Ek was ‘n paar keer per jaar in verskillende klinieke opgeneem vir terapie, en het omtrent 11 breinskokke ondergaan – sonder enige effek. Ek het later gelees dat mens nie meer as 13 per leeftyd behoort te kry nie.”

Sy vertel dat sy op skool tot bekering gekom het, maar jare geleef het sonder om God werklik te ken. “Terwyl ek so depressief was, het ek nooit Bybel gelees nie en ook nie gebid nie. By die omgeegroep waarby ons ingeskakel was, moes die mense dit nie eers waag om my te konfronteer nie.”

Dries nog minder. “Hy het net bly bid dat die Here Homself aan my sal openbaar. Hy het op daardie stadium aan die suidekant van Johannesburg gewerk, en het later vertel dat hy elke dag van hier heelpad tot daar gehuil het.”

Een Vrydagoggend iewers in 1999 het God al haar geliefdes se gebede wonderbaarlik beantwoord.

“Ek kan nie eers vir jou die datum gee nie. Ek weet net dit moes die Heilige Gees self gewees het wat daardie oggend in my hart gespreek het. En genadiglik het ek gereageer op Sy stem.”

“Iets het daardie oggend in my gebreek. Ek het geweet dat ek nie veel langer sou leef as ek dinge nie met God regmaak nie. Ek het voor Hom om vergifnis gepleit, en Hy het my vrygemaak.”

Adri vertel dat sy gewéét het sy moet dadelik van elke pil in die huis ontslae raak. “Ek het vir Dries gebel om te vra waar die sleutel is. Hy was bang ek wou selfmoord pleeg, want ek het dikwels daarmee gedreig om hom nog meer te manipuleer. Gelukkig het hy my daardie oggend vertrou en ek het die hele kluis vol pille in die toilet afgespoel.”

Adri glo vandag onherroeplik dat God haar daardie Vrydagoggend met ‘n wonderwerk genees het. “Ek het daarna nog nooit weer ‘n pil gebruik nie, en gebruik steeds net my hormoonvervangingstablette. Tog het ek geen onttrekkingsimptome of hallusinasies beleef nie. Dokters sê ek moes eintlik dood gewees het. Mens word normaalweg in ‘n kliniek opgeneem en geleidelik van jou medikasie gespeen.”

Sy het wel vir ‘n paar dae gesukkel om ‘n nuwe slaapritme te ontwikkel, maar slaap sedertdien “soos ‘n babatjie” en kry nie eens nagmerries nie.

Adri se pad het daardie dag ‘n radikale nuwe rigting ingeslaan.

“Dit was allesbehalwe maklik, maar ek moes vrykom van al die goed wat ek toegelaat het in my lewe. In my geval moes ek nie die spreekwoordelike krukke weggooi nie, maar rolstoele!”, lag sy terwyl sy vir ons vars filterkoffie skink.

“Ek moes klaarmaak met die eie ek, want ek het my depressie geniet! Mense het my jammer gekry en my opgepiep, en ek het daarvoor geleef. Skielik moes ek leer my lewe gaan nie oor my nie, maar oor God.

Die heel grootste menslike uitdaging was om Dries sover te kry om haar weer te vertrou. “Die Here het my gewaarsku ek sal moet geduldig wees – dit sou nie ‘n paar dae of weke wees nie, maar jare, want ek het hom baie seergemaak.”

En dan was daar ‘n ander uitdaging: om haar lewensroeping, dit waarvoor God haar geskape het, te ontdek en te begin uitleef. Hieroor borrel Adri eenvoudig oor.

“God moes behoorlik aan my snoei, want soveel dinge in my lewe was nie in lyn met Bybelse beginsels nie. Ek moes veral nederigheid leer.”

Tydens haar depressie het Adri ‘n sang-oudisie gedoen by Moreleta, maar nie geslaag nie. Die nuwe musiekleier, Abri Brancken en sy vrou Leoni, het haar en Dries se geestelike mentors geword. Toe Abri haar vra om weer vir ‘n oudisie te kom, wou sy niks weet nie.

“Maar gelukkig het Abri aangehou, en hy het my salwing ontdek. Ek sou nooit kon dink my roeping was om lofprysing en aanbidding tydens ons kerkdienste te fasiliteer nie. Deur wat ek doen, kan ek mense help om die Here se teenwoordigheid tasbaar aan te voel.”

Sy bieg dat sy moes leer lofprysing gaan oor baie meer as sing op ‘n Sondagoggend. “Dis ‘n leefstyl. Dis nie ‘n knoppie wat mens aan- en afskakel vir eredienste nie.”

Deesdae bedien Adri en Ds. Elza Meyer saam tydens die vrouebediening by Moreleta-gemeente, en is hulle ook betrokke by die reël van ander vrouebedieningsgeleenthede . Adri het vanjaar die lofprysing gelei voor 7 000 mense by die Esther-konferensie in Maart vanjaar, en voor 3 500 vroue by die Hadasa-konferensie in Junie. Nog vroue-konferensies word beplan vir later vanjaar, en Adri kan nie wag daarvoor nie.

“Ek moes leer om dit so te doen dat ek nie die aandag op myself vestig nie, wat maklik kan gebeur as mens voor duisende mense sing. My sang moet die aandag op God vestig.”

Adri vertel dat nog iets vir haar in die laaste paar jaar skielik duidelik geword het.

“Na skool wou ek gaan drama studeer, maar my pa het geweier. Uit rebelsheid het ek toe glad nie gaan studeer nie. Vandag weet ek God wou my sekere goed spaar, want met my persoonlikheid sou ek beslis aan die kollig en wie weet wat nog verslaaf geraak het. En ek sou in elk geval as aktrise waarskynlik alles vir myself gedoen het en niks vir God nie.”

Adri dink nie aan haarself as ‘n kunstenaar nie, en wou daarom nie eers ‘n CD oorweeg as God dit nie eers goedkeur nie.

”Tydens die Hadasa-konferensie het God in my hart gespreek en gesê Hy begeer ongekompliseerde, eenvoudige aanbidding. Hy’t vir my gesê troonkamer-aanbidding is my ware roeping. Dit is om Sy hart te bedien, naby Hom te wees en my hele lewe voor Sy voete te plaas.”

Na baie gebede saam met ander het dit vir haar duidelik geword God wou hê sy moes ‘n CD doen, en dat hy die bekende Louis Brittz, wat sy van geen kant af geken het nie, daarby wou betrokke hê. Louis het feitlik dadelik ingewillig, en vroeër vanjaar het Naby U/ Close to You die lig gesien.

“Vandag kan ek regtig eerlik sê ek is op ‘n wonderlike plek in my lewe. Ek kan gaan waar God wys, want ek leef binne God se roeping vir my lewe.”

Na Adri se genesing moes sy en Dries ook die feit dat hulle nooit hulle eie kinders sou kon hê nie, saam verwerk. “Maar daaroor het ons vrede. Ons is albei oop vir aanneming, maar dit het nog nie gebeur nie. Ek glo dis vir ‘n rede: ek moet nou eers op my musiekbediening konsentreer.”

Op pad terug luister ek na haar CD, en die openingswoorde van die eerste lied bly my lank na die tyd by: “Ek stap ‘n vreemde pad in ‘n vreemde land met U. U leer my stap vir stap om bruid te wees net vir U.”

Inderdaad.

* Adri is ook beskikbaar vir motiveringspraatjies en musiekbediening. Skakel haar by 083 320 2608, of stuur ‘n e-pos na [email protected]

Nou ja, lekker naweek!

‘n Superluukse hotel, mense wat my wil stenig oor my Rooi Rose-onderhoud met die Maas-knaap

November 22, 2007 in Sonder kategorie

Hallo al julle b(l)oggers! Ek’s terug na ‘n paar dae by ‘n konferensie wat by die superluukse Forum Homini Boetiekhotel gehou is. Vir die wat nie weet nie, dis in die Cradle of Humankind naby Krugersdorp. En vir die wat nog nie daar was nie, spaar die geldjies en gaan bederf jouself! Die verblyf is met een woord besonders. Het gistermiddag net voor sononder vanuit my borrelbad gele en kyk hoe wei die wild so 150 m verder – kon ongelukkig nie sien wat dit alles was nie, want het nie my bril (nodig om ver te kan sien) byderhand gehad nie.

Lees meer oor hierdie spogplek by www.forumhomini.com

Die Franse Chef Patron, Philippe Wagenfuhrer, by die Forum se ROOTS-restaurant het ons bederf met meesterlike kos – drie gange in die middae, vier saans. Maar niks wat my skaal laat bewe nie, want Franse sjefs se meesterlikheid le mos juis ook in die klein porsies wat op watertandmooi maniere voorgesit word. Ons het sedert Maandag gesmul aan eend, lam, bees, kalfsvleis, tuna, salm en kingklip, en die poedingspyskaart sou enige sjokolis se hart tjoklits laat klop het (pun intended!). Teetye was daar smoothies, of vars vrugte, of tuisgedroogde appels, of tuisgemaakte roomys, of sjokolade en pistachiokoekies. ROOTS verdien beslis al die lofsange wat oor hom gesing word!

Maar daar is ‘n belangrike kosles vir ons almal gewees in hierdie week se etery. Die porsies is regtig BAIE klein (regtig omtrent een derde van meeste restaurante se kinderporsies), maar die kos is so goed gekies en so geurig voorberei EN so mooi voorgesit dat jy na selfs vier gange nie opstaan met ‘n maag wat wil bars nie. MAAR, al jou sintuie is bevredig. En daar is geen vet nie, maar baie vars kruie, groent, vrugte en interessante souse wat die kos komplimenteer.

Wat op ‘n praktiese manier verduidelik Why French women don’t get fat! (Onthou julle die hoeha oor die boek so jaar of twee terug?)

Terug by koerante en radionuus hoor ek Ian Smith is oorlede. Dis tog jammer, want ek wou nog vroeg in volgende jaar ‘n onderhoud met hom probeer doen het.

Ook op die Zimbabwe-noot: lees bietjie hier (http://www.news24.com/Beeld/In-Diepte/0,,3-67_2225480,00.html) wat skryf ‘n gewese joernalis van die staatsbeheerde koerant oor hoe die media daar gemanupileer word. Joernaliste het in ruil vir hul stilswye kos gekry terwyl die res van die land sterf van honger. Ek is so halfpad gelees aan Kevin Woods se boek, en dis ‘n mind-boggling kyk na hoe sake in ‘n sg. “Afrika-demokrasie” werk. Beslis ‘n belangrike bydrae tot die dokumentering van moderne geskiedenis.

En op LitNet sien ek dat die Deon Maas-debat steeds daar woed. Een vrou wil selfs he dat Rooi Rose ook geboikot moet word oor my onderhoud met Deon. Nogal ironies, veral omdat ek Deon reguit gevra het waarin hy glo en nie toegelaat het dat hy my ‘n verwaterde antwoord gee nie. Toe vra ek hom ‘n tweede keer. Die idee was juis om HOM ‘n slag te krities te ondervra, want in sy rubrieke (en op Idols destyds) het hy altyd die spreekbeurt en al die ammunisie om ander (dikwels weerlose) mense mee te looi.

Die feit dat ek of Rooi Rose hom nie goedpraat nie, maar bloot antwoorde op ‘n paar reguit vrae publiseer, het die LitNet-skrywer skynbaar heeltemal verbygegaan. Die rubriek is die maandelikse ROOI STOEL, en ons kies elke maand ‘n kontroversiele/uitgesproke mens aan wie ons ‘n paar reguit vrae vra. (Ook die enkele lesers wat al by die tydskrif begin kla het, het daai ou puntjie moontlik misgekyk. EN, BAIE BELANGRIK: my onderhoud met hom was op 1 Oktober al, dus minstens 6 weke voor sy Satanisme-rubriek. Wie weet of hy wel op ons nuuslys sou wees as daardie gewraakte artikel voor my onderhoud al verskyn het. (Maar dis MY antwoord, nie die redakteur s’n nie, onthou asseblief. Ek praat bloot as vryskut-joernalis.) 

Wat my bring by ‘n ander belangrike punt: as jy ‘n joernalis is, moet jy dikwels skryf oor dinge en mense waarvan jy nie noodwendig hou nie. Of, wat wel soms gebeur, oor iemand met wie jy nie veel fout kan vind nie, behalwe dat sy of haar standpunte stink. Ons raak nie vriende met almal met wie ons onderhoude doen nie, allesbehalwe.

Maar, liewe lesers, dis ons werk, die ding wat die wolf van die deur hou en die konfyt op die kindertjies se brood sit. En vir julle iets gee om te lees. Moet dus nie die boodskapper stenig nie!

‘n Laaste eier oor Deon Maas se afdanking, en die lyflike vordering.

November 19, 2007 in Sonder kategorie

Ek sien dit gons gister in Rapport oor die Deon Maas-afdanking. Wat my as Christen interesseer, is ander Christene se reaksie hierop. Ook as joernalis het ek belang hierby, want wat aan Deon gedoen is, is iets wat elke joernalis se geheime vrees.

Eerstens as Christen. Daar is klagtes van ander (nie-Christene??? ek’s nie seker nie?) dat Christene in hierdie saak min verdraagsaamheid en naasteliefde getoon het teenoor Deon Maas. Vergun my net ‘n opmerking: Deon Maas het dwarsdeur sy rubrieke in By die afgelope paar maande teen Christene, ou ooms, Afrikaanssprekendes, en baie ander groepe uitgevaar. Waar was die naasteliefde en verdraagsaamheid teenoor ander in sy rubrieke? Of is dit net Christene se plig?

Ek dink regtig nie hy weet waar om die streep te trek nie, al beweer hy so in my onderhoud met hom in die nuutste Rooi Rose. Dis een ding om devil’s advocate te speel, ‘n heeltemal ander ding om die duiwel self te laat bloos, by wyse van spreke.

As Christen het ek ‘n probleem daarmee dat ons maar altyd (volgens mense) die ander wang moet draai. Ja, ek weet Jesus predik dit, maar dit was ook dieselfde Jesus wat uit woede die geldwisselaars, wat besig was om sy volk te ondermyn met hulle bedrywighede, se tafels gaan omgooi het en hulle uit die tempel uitgejaag het. Christene mag ook beslis voet neersit en se genoeg is genoeg – om ‘n Christen te wees, beteken nie jy hoef willoos toe te laat dat ander oor jou beginsels loop nie.

En as Deon die Moslems of die Jode so herhaaldelik afgekraak het, sou hy so lank sy opinies die wereld kon instuur? Ek dink nogal nie so nie – iemand sou BAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAIIEEEE eerder gekla het.

Ek dink Christene het, nes Deon, die reg op vryheid van spraak. Daar is op verskeie (beskaafde) maniere (SMS’e, lesersbriewe, ens.) beswaar gemaak teen Deon se skrywes die afgelope maande, maar niemand het geluister nie, Deon die minste van almal. Die boikot-dreigement was maar ‘n laaste poging, en ek dink ALMAL is verstom dat Rapport wel geluister het. Dis immers die heel eerste keer in my heugenis dat so iets gebeur.

Wat my bring by Rapport. Ek voel wel jammer vir Deon oor sy openbare vernedering, soos hy dit noem. Dis nooit lekker om afgedank te word nie, en veral nie uit so openbare pos nie. Dis hartseer as die publikasie wat jou in die eerste plek aangestel het, en in die tweede plek jou artikel goedgekeur het, nie bereid is om agter jou te staan in so situasie nie. Ek sal dit haat om in sy loopbaanskoene te wees. Daardie opruiende artikel oor satanisme moes in die eerste plek GLAD nie deurgelaat gewees het deur die redaksionele besluitnemers nie. Hulle publiseer mos nie van gister af Sondagkoerante nie! Oopkop-debat is altyd ‘n goeie ding, maar dan spring jy nie weg met ‘n artikel wat vir seker in jou gesig gaan ontplof nie.

Dis ook maar hartseer dat Deon nou ontken dat hy oor satanisme geskryf het. Vat die blaam soos ‘n man – joernalistiek 101, Deon: as jy bereid is om die woorde op papier te sit, moet jy ook bereid wees om die gevolge te dra.

Wat die lyflike sake betref: die persoonlike martelaar het my vanoggend geweeg en aansienlik ligter bevind. Byna 5kg ligter in ses weke, en daar het 19cm van my verdwyn. Weg! My fiksheidsvlakke is ook baie op, en ek moet bieg, dis ‘n lekker gevoel.

Ek het natuurlik baie hulp – die Antagolin wat my insulienvlakke takel, Muriel wat my gal werk, en die afgelope tien dae, ook die plaaslike Mike’s Kitchen wat sorg dat ek een maal per dag ‘n gesonde proteien en groente kombinasie in my lyf kry. Garth, die eienaar, het gehoor van die Rooi Rose makeover, en my genader om ‘n ander mite die nek te help inslaan: dat uiteet jou vet maak. My “opdrag” is dus eenvoudig: eet elke dag van die spyskaart af, maar maak GESONDE keuses. Groente in plaas van stysel, water of dieetkoeldrank in plaas van alkohol of gewone koeldrank, vetvrye skommels in plaas van gewone skommels, en bewys dat dit nie uiteet is wat jou kilo’s laat saampak nie, maar WAT jy eet.

Garth wil 40 kg verloor (ek wil so 20 verloor), en wil he ons moet kragte saamsnoer om die groep se spyskaart toeganklik te maak vir verslankers, en om ook te kyk na gesonder kossies op die kinderspyskaart. Daarmee saam gaan ons ‘n webwerf ontwikkel met verslankingswenke, news links na gesondheidsartikels, spyskaartidees, raad deur kenners soos dieetkundiges, persoonlike afrigters en dokters, en allerhande ander goed wat ‘n gesonde leefstyl binne gewone mense se bereik sal plaas.

Hou dus hierdie spasie dop.

Nou ja, lekker dag. I owe, I owe, so its off to work I go!!

‘n Snaakse verbruikersklagte

November 17, 2007 in Sonder kategorie

Ietsie snaaks vir die Saterdag wat via e-pos by my beland het. Volgens my bron is dit ‘n werklike brief wat aan die maatskappy Procter & Gamble in Brittanje gestuur is.

TO: MR. THATCHER
BRAND MANAGER, PROCTER & GAMBLE

Dear Sir

I have been a loyal user of your Always maxi pads for over 20 years, and I
appreciate many of their features. Why, without the LeakGuard Core(tm) or
Dri-Weave(tm) absorbency, I’d probably never go horse riding or salsa
dancing, and I’d certainly steer clear of running up and down the beach in
tight, white shorts. But my favourite feature has to be your revolutionary
Flexi-Wings. Kudos on being the only company smart enough to realize how
crucial it is that maxi pads be aerodynamic. I can’t tell you how safe and
secure I feel each month knowing there’s a little F-16 in my pants.

Have you ever had a menstrual period, Mr. Thatcher? Ever suffered from ‘the
curse’? I’m guessing you haven’t. Well, my ‘time of the month’ is starting
right now. As I type, I can already feel hormonal forces violently surging
through my body. Just a few minutes from now, my body will adjust and I’ll
be transformed into what my husband likes to call ‘an inbred hillbilly with
knife skills.’ Isn’t the human body amazing?

As brand manager in the feminine-hygiene division, you’ve no doubt seen
quite a bit of research on what exactly happens during your customers’
monthly visits from Aunt Flo. Therefore, you must know about the
bloating, puffiness, and cramping we endure, and about our intense mood
swings, crying and out-of-control behaviour. You surely realise it’s a tough
time for most women.

The point is, sir, you of all people must realize that the UK is just
crawling with homicidal maniacs in Capri pants. Which brings me to the
reason for my letter.

Last month, while in the throes of cramping so painful I wanted to reach
inside my body and yank out my uterus, I opened an Always maxi pad, and
there, printed on the adhesive backing, were these words: ‘Have a Happy
Period.’

Are you fucking kidding me?

What I mean is, does any part of your tiny middle-manager brain really think
happiness – actual smiling, laughing happiness – is possible during a
menstrual period? Did anything mentioned above sound the least bit
pleasurable?

Well, did it, James? FYI, unless you’re some kind of sick S&M freak
girl,there will never be anything ‘happy’ about a day in which you have to
jack yourself up on Nurofen and Kahlúa and lock yourself in your house just
so you don’t march down to the local Tesco’s armed with a hunting rifle and
a sketchy plan to end your life in a blaze of glory. For the love of God,
pull your head out, man. If you just have to slap a moronic message on a
maxi pad, wouldn’t it make more sense to say something that’s actually
pertinent, like ‘Put Down the Hammer’ or ‘Vehicular Manslaughter Is Wrong’?-
Or are you just picking on us?

Sir, please inform your accounting department that, effective
immediately,there will be an £8 drop in monthly profits, for I have chosen
to take my maxi-pad business elsewhere. And though I will certainly miss
your Flexi-Wings, I will not for one minute miss your brand of condescending
bullshit. And that’s a promise I will keep. Always.

Best,
Regards,
Jeanne-Marie

Deon Maas se afdanking by Rapport, satanisme, dwelms, treurige posdienste en die Metropolisie se gebrekkige oordeel

November 15, 2007 in Sonder kategorie

Ek moet my woorde sluk. Gummmmpf…. gummmpf…. en nog ‘n klein gummmpfie.

Want toe het die SMS- en e-pos veldtog waarin met ‘n boikot gedreig word wel vir Rapport laat besef hulle het ‘n ongewilde perd opgesaal toe hulle vir Deon Maas ‘n volle blad in die koerant gegee het.  Maas is amptelik afgedank. Lees alles daaroor by http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2221889,00.html.

Maar nou het Rapport vir ons ‘n gunsie bewys (en daarmee bedoel ek nie net die ekstra blad wat nou weer vir nuuswaardighede beskikbaar is nie). Nee, eerder die bewys dat ons wel ‘n verskil kan maak as ons saamstaan. En daarmee bedoel ek nie net die Afrikaanssprekendes nie, maar alle Suid-Afrikaners. Tog jammer mens kan nie dreig om die regering te boikot as hulle nie iets aan misdaad doen nie! Dink net hoe ‘n kick sou DIT gewees het as mens met ‘n elektroniese veldtog vir Onse President kon oortuig om vir Manto Sjabala Seman (nie haar man nie, syself, man!) af te dank. 

(‘n Aside: Met onse President bedoel ek nie Kruger nie. alle opgewonde regses. Man, die ander outjie se gesiggie kan ek amper voor my sien… Thabo somebody… uhm, daar’s dit weer… Ek wil-wil hom herken. Nope, daar’s die beeld weg. Moet wees omdat ons hom so min hier plaaslik te lande sien, maar aljimmers op oorsese plekke aan die blad skud en verduidelik dat Vigs net ‘n pigmentasi…. ag, ek bedoel ‘n figmentasie van ons Apartheidsbreine is. )

Moet net lag vir Maas se quote dat hierdie ‘n heksejag was. Heksejag? Satanisme? Get it?? Ek dog 666 is net ‘n syfer, Deon!

(En nee, ek gorrel nie net hier op die blog teen die man nie – het vandag vir hom lesersreaksie op my Rooi Stoel-onderhoud in Rooi Rose gemail, en toe die volgende as nagedagte bygevoeg – dalk lees jy nou ‘n scoop – dalk val hy MY volgende in een van sy rubrieke aan!)

Terloops, ek stem glad nie saam met jou siening van satanisme nie. Jy gaan obviously nie met my saamstem nie, maar Satan is nie ‘n grappie om ligtelik op te neem nie. Gaan praat maar met mense wat verwoes is deur hulle betrokkenheid by satanisme – ek het al so onderhoud of twee gedoen. Dis hair raising stuff. En die wrede en misdadige elemente daarvan (soos my vier geliefde (swart) katte wat al gesteel is vir rituele in die nabygelee begraafplaas) maak dit beslis ‘n saak vir die polisie. Om van die dwelms wat gewoonlik ook ‘n rol speel, nie eens te praat nie. Ek dink alle ma’s en pa’s wil hulle kinders so ver moontlik weghou van dwelms, jy ook.

As Christen kan ek ten minste sien ander gelowe streef daarna om hul volgelinge beter mense te maak en die wereld ‘n beter plek te maak – satanisme doen nie.

As jy ooit regtig in ‘n oopkop-debat wil tree, bel vir Derick de Lange by die Alberton Lewenssentrum (011 – 867 7244) en nooi hom om op jou radioprogram te wees. Derick was ‘n satanis wat by die dood omgedraai het agv van die “onskuldige” praktyke van satanisme, en kan jou baie vertel van die binne-wereld van daardie groepe mense. Hy is deesdae ‘n predikant wat uit sy pad uit gaan om die jeug teen satanisme te waarsku.

Die wat ‘n interessante praatjie wil hoor, is welkom om vir Derick te nooi om by hul gemeente te kom optree, veral by ‘n jeugbyeenkoms. Ons het geen idee van die omvang van die geestelike oorlogvoering in hierdie land nie, en sal beslis meer moet begin bid vir ons kinders. Hulle is onder erger groepsdruk as wat ons ons ooit kan voorstel.

Hoekom noem ek dit ‘n geestelike oorlogsvoering? Lees maar die koerante: die misdade wat gepleeg word, is boser as ooit tevore. Selfs die polisie is dit eens. Ek het so maand gelede met Bushie Engelbrecht van die Polisie ‘n onderhoud gedoen vir Taalgenoot (Januarie-uitgawe) en hy meen hy het nog nooit in sy loopbaan van byna 41 jaar soveel geweld op misdaadtonele gesien nie.

Nog ‘n interessante feit wat hy noem: daar is meer dwelms as OOIT tevore in Suid-Afrika in omloop. Hy meen dis die polisie se no.1 bekommernis, juis omdat dwelms (of die gebrek daaraan vir verslaafdes) mense se persoonlikhede verander en hulle gewelddadig en paranois en aggressief maak. En die gevolg is kindermolestering, verkragtings, ernstige aanrandings, selfs moord.

Ook kriminologie-eksperts stem saam. Dr. Christiaan Bezuidenhout het al meer as ‘n jaar terug tydens ‘n onderhoud gemeen die grootste oorsaak van misdaad in Suid-Afrika is ‘n gebrek aan waardes. En ons praat hier van basic stuff, soos respek.

Goeie oordeel, lyk dit my, kort ook by die wavragte vol in hierdie land. Dalk kan iemand dit vir Krismis bestel en vir die Metropolisielede gee wat Woensdag 23 motoriste vir ‘n volle dag lank toegesluit het vir geringe padoortredings. Hallooooooooooo??? Wat van die taxi-bestuurders wat dink die geelstreepbaan is spesiaal vir hulle geskep? Of wat oor drie bane dwars voor verkeer indraai as hy die oggend so voel? Of dood stop om kleingeld deur ‘n venster uit te ruil met ‘n ander taxi?

Mense wat nie in Gauteng woon nie, het nie ‘n idee hoe erg dit is nie. Ek ry as ‘n reel nie spitsverkeer nie, aangesien ek van my huis af skryf. Maar met die halfeindstryd van die Bokke teen Frankryk het ek besluit om in Pretoria by ouboet oor te slaap, en voor 6 die volgende oggend daar te ry om my kind betyds by die skool te kry.

Hahahahaha. Grappie no. 1! Die 75km tussen Pretoria en die suide van Johannesburg waaraan ek andersins 40 minute ry, het my daardie oggend 1 uur en 40 minute gery! (My kind was bly, want sy het skool gemis!)

Grappie no 2 was omtrent 14 metropolisievoertuie wat in ‘n konvooi kompleet met flitsende ligte en loeiende sirenes in die noodlaan verbygejaag het. Seker ‘n helse ongeluk, het ek nog gedink, of baie belangrike gevangenes wat iewers heen vervoer moet word.

Groot was my verbasing om later te sien hulle het bloot op afstande van ongeveer 2 km uitmekaar afgetrek, en staan langs hulle voertuie/motorfietse en chat en rook. En as daar ‘n taxi in die geelstreep deel verbygejaag kom, word hy met ‘n vriendelike vinger in die verkeer in beduie waar ons dan noodgedwonge vir ta moet plek maak. Sodra hy die spietkop in sy tru-spieeltjie kan sien, is dit terug noodbaan toe.  Nie eenmaal in die meer as ‘n uur wat ons verby Midrand gekruip het het ek ‘n taxi gesien wat afgetrek word nie. Wel ‘n ander eerbare sot op pad werk toe in sy skedonk van ‘n motor. Hy was blykbaar die gevaarlikste mens op die Ben Schoeman, arme ding…

Op ‘n ander noot: net toe ek begin hoop kry vir die posdienste, gaan haal ek vandag ‘n geregistreerde brief by die poskantoor. Na ‘n soektog van meer as 10 minute (in ‘n plaaslike klein takkie in ons naaste Spar) spoor hulle toe die koevert doer diep agter in die liasseerkabinet se laai op. Ek herken my suster se handskrif, en onthou sy het genoem dat sy vir my geskenkbewyse wil pos wat my ma-hulle nie kan gebruik nie. Toe ek vanaand die brief oopmaak, is net die A4-papier waarin die twee geskenkbewyse toegevou was, nog binne in die koevert. Nada geskenkbewyse. Niks, zigolo!

Die koevert moes oopgestoom gewees het, want daar is net een klein gaatjie by die boonste rand waar dit nie plak nie. My raad aan enige iemand: al pos jy net jou ma se melktertresep (minus al die noodsaaklike bestanddele) vir jou skoonma, stuur dit eerder goed verpak EN in ‘n plastieksak met Speed Services.

Nou ja, noudat ek klaar gestoom het in julle ore, gaan ek slaap. Die oudste (amper 9) sal more haar eerste ervaring as entrepeneur beleef by haar skool se Kersmark. Hou styf duim vas dat al die goetertjies verkoop, want die uwe moes stewig bele in die aankope. En my kind die altruis het gevoel ons kan sommige goed sommer vir minder as waarvoor ons dit gekoop het, aan haar maats verkoop. En al het ek nou goeie sakebeginsels van wins en verlies ingedril, is ek nie so seker hoe dit met die deurvoer daarvan sal gaan nie.

O ja, en dit lol maar met die leestekens. Dis nie die rekenaar wat Japsnees is nie, dis die blog-program wat nie vir Afrikaans ontwikkel is nie. Om te kan leesteken, moet ek copy en paste na Word dokumente toe en weer terug paste en so aan en so aan. Maar toe reken ek nou julle bo… ag ek bedoel bloggers is slim genoeg om dit sonder leestekens te kan reg lees. Daar is mos daardie studie wat se jy kan ‘n woord verstaan maak nie saak in watter volgorde die letters geskryf is nie. Eht yj idt al legees?

Die lewe op ‘n lamppaal, rentekoerse, armes…

November 14, 2007 in Sonder kategorie

Ahoi daar vrinne!
En toe is Piet Promises Koornhof stil oorlede, met net sy getroue vrou tannie Lulu aan sy sy. As ek in my lewe al een vrou ontmoet het wat regtig die tot-die-dood-ons-skei-troubelofte nagekom het, is dit sy.

Ek het destyds by D’Ouwe Werf in Stellenbosch gewerk terwyl ek my graad probeer kry het. Ek dink dit was omtrent 1990/91, en die Koornhofs het pas uit Amerika teruggekeer waar hy ambassadeur was. Hulle het gereeld by die Werf kom eet, en ek en hulle kleinseun (omtrent 4 toentertyd) het in so mate gekliek dat ek eendag genooi is vir tee by hulle huis. (Hul seun Johan was destyds ‘n enkelpa, en het by sy ouers gewoon met die laaitie. Klein Pieter, as ek reg onthou.) Dit was ‘n baie lekker oggend.

So het ons dus darem mekaar se name leer ken, en toe Piet se affair met Marcelle Adams rugbaar word, was dit vir sy gesin nogal hel op aarde. Al wat ‘n koerant is het natuurlik al die saucy detail gaan uitkrap. Vir die tannie moes dit besonder erg gewees het om alles op lamppale te lees. Loop toe eendag kort voor Moedersdag in 1992 vir Johan raak by Woolworths (my 2e huis, toe al gewees – het iemand van Woolies dit dalk gelees??? Blogruimte beskikbaar!)

Hy het ‘n probleem gehad. Hy wou graag sy ma uitneem vir ete op Moedersdag, maar die pers was orals. Gelukkig kon ek help – het toe vir ‘n Fransman ‘n gastehuis bedryf op die (later bekende) L’Avenir net buite Stellenbosch, en ek het daar vir hulle Moedersdagete gekook. En die tannie kon asemhaal vir ‘n slag, weg uit die openbare oog.

Hoekom vertel ek dit? Omdat ek dalk toe onbewustelik besluit het dat joernaliste wat mense so genadeloos haunt, ‘n spesie is waartoe ek nie wil behoort nie. (En ek was toe nog glad nie ‘n joernalis nie!) Om soveel pyn te gebruik om more se koerant te verkoop, is eenvoudig nie in my aard nie.

En tot vandag toe is dit iets wat ek probeer doen: om die mens wat die nuus veroorsaak, te probeer respekteer. Ek het al goed gesien en gehoor wat menige celeb op die Son-voorblad kan laat beland, maar in wie se belang is dit eintlik?? Nie in myne nie, want ek loop weer eendag in daardie celeb vas. Of soek ‘n quote, of ‘n storie.

Dis ook nie in die celeb se belang nie, want ek dink nie baie mense besef hoe hierdie mense regtig leef nie. Soos hase in motorligte, smaak dit my. As mens met een in ‘n openbare plek ‘n onderhoud doen, kan jy kwalik jou sinne klaarpraat soos die fans kom pla. Die anderdag drink ek tee saam met Paul Buckby (Des se dokter Adam in Egoli) en Theunis Nel (Lukas van Egoli, en aanbieder van La’t Wiel) toe ‘n ou tante ons bespring. Letterlik net reg langs ons tafel opduik. “Ek ken vir julle!” snak sy. “En hier is my besigheidsidee, Dokter, bel my!” jubel sy terwyl sy haar kaartjie in Paul se onwillige hand druk. Alles in ‘n paar sekondes. Tjoef, daar gaat sy! Sy was nog half beskaafd. Ek moes al ‘n paar onderhoude op ys sit terwyl die fans praat en praat en praat… En boonop die mense uittrap oor hulle karakter sedeloos/korrup/lelik is…

Ja, ja, ek weet, as jy jouself uitgee vir ‘n toffie, moet jy verwag om gekou te word. Maar wil jy so leef? Ek wil nie, dankie!

Vir al die ma’s en ouma’s (en enkelpa’s) wat nie weet hoe belangrik die regte skoene vir ‘n peuter en ‘n kleuter se voete is nie, gaan koop die Desember-uitgawe van Baba&Kleuter, nou op die rakke. Ek het verstommende goed geleer by ‘n podiatris oor wat alles in mens se voet aangaanv (en hoekom die regte skoene so ongelooflik belangrik is) terwyl ek die artikel nagevors het.

En as julle nie weet hoe om die kids die komende laaaaaaaaaaaaaaannng vakansie besig te hou nie, lees ook my artikel in B&K oor onvergeetlike vakansieplanne (op ‘n klein begroting – myne is so klein hy’s amper onsigbaar…)

Ek hoor nog ‘n rentekoersverhoging lyk feitlik onafwendbaar. Ek weet nie van julle nie, maar my tong sleep al oor al die ekstra rande wat op noodsaaklike skuld betaal moet word. Asseblief mense, kom ons kry nou Mboweni se flippen boodskap: hou op geld uitgee!!!!

Voor ons dit nie doen nie, gaan hy nie skietgee op die rentekoers nie! En die armes kry nog swaarder as ons, want al besit hulle nie huise nie, koop hulle kos. Let julle ooit op met hoeveel het basiese goed soos mieliemeel en suiker opgegaan? En brood? Om nie eers te praat van vleis nie. En onlangs was die aartappels by Pick ‘n Pay (nie by die onemanshow op die hoek nie!) ‘n volle R68 vir ‘n sak. Nou vra ek jou met trane in my navyblue eyes…

Lerina Erasmus (sy van die Mannheim-sage) het verlede jaar in ‘n onderhoud vir my vertel van die haweloses waarna sy en haar man Gunther Schmikal nou al vir 17 jaar omsien. Dis almal mense wat in die mynhope en afvoerpype naby Gunther se fabriek woon. Mense wat nie ID-dokumente het om vir hulle pensioene aansoek te doen nie, want toe hulle gebore is was ID’s nog nie nodig vir swart mense nie. Ook ‘n paar jongeres, meestal kreupeles en blindes, enkele werkloses, die wat eenvoudig deur die lewe uitgespoeg is op ‘n verlate mynhoop. Lerina vertel hoe haar hart wil breek as sy van die ellende hoor. Een verhaal het in my kop vasgesteek: die man wat vir haar vertel het dat hy die kospakkie wat hulle weekliks gee, darem kan rek om vir drie dae te hou. Daarna eet hy grond en water net om sy maag te laat vol voel sodat die honger nie knaag nie. En, vertel Lerina, hy het al baie gedink om homself te hang, want wat is nou lekker aan so ‘n lewe?

Inderdaad… Sal ons ooit weet hoe dit voel om honger te gaan slaap, of nie jou kind te kan dokter toe neem as hy siek is nie, of nooit te kan bad nie?

As jy wil help, of weet van mense wat kan help, bel asseblief vir Lerina by 011-442 3472 of vir Gunther by 011-4746180