Lank weg, en weer terug

Mei 29, 2013 in Uncategorized

Net om te laat weet ek het NIE van die rand van die aarde afgetiep nie. Ek het gedog my blog is uitgevee omdat ek so lank nie geblog het nie, en het dit gisteraand weer opgespoor.

Sodra ek klaar is met my deadline, sal ek kom vertel wat aangaan in my lewe. Stay tuned!

My nuwe boek Bloedsusters (wat met ‘n waarskuwing kom, nogal!)

Augustus 16, 2011 in Sonder kategorie

Die voorblad van my boek BLOEDSUSTERS, wat vandag drukkers toe is.  

 

Dis die ware verhaal van twee susters van Pretoria, Roelien Schutte en Eileen de Jager, wat misdaadtonele skoonmaak.  

  

Tegnies gesproke maak hulle veel meer skoon as misdaadtonele. Eintlik maak hulle skoon waar mense aan eie hand sterf (selfmoorde en gesinsmoorde en op tonele van dwelm OD’s). Soms moet hulle die oorblyfsels skoonmaak as ‘n hond of kat in ‘n kar toegesluit word (kom lees wat het hulle te se oor Chutney, die arme ongelukkige worshond wie se eienaar hom in ‘n kar by OR Tambo gelos het toe sy oorsee is) en ander kere moet hulle die gemors wegry vir ‘n opgaarder (hoarder) wat saam met ‘n terapeut werk om hul vreemde kompulsie onder die knie te probeer kry.

 

 

 

En as jy al ooit gewonder het of daar ‘n verskil is tussen ‘n plaasmoord en ‘n moord in Sandton, dan is hierdie die boek om te lees.

 

Wees gerus: dis nie net makaber nie, en is vol humor en deernis. Roelien en Eileen het ‘n besondere hegte band, en beskou hulle werk as ‘n manier om hul medemens te help. 

   

Ek dink dis veilig om te se daar was nog nie so boek in Afrikaans nie.

 

 In September by Lapa (www.lapa.co.za) of by enige goeie boekwinkel.

Communion on the moon: who knew this?

Julie 27, 2011 in Sonder kategorie

As I was but two months old when Buzz Aldrin and Neil Armstrong went for a walk on the moon, I didn’t read the paper back then. Laughing

But I received this via a daily Christian e-mail from Keith Overturf, and thought it’s interesting enough to share.

Communion on the Moon: July 20, 1969

http://www.snopes.com/glurge/communion.asp  

You can subscribe to Keith’s e-mails by sending a mail to Keith Overturf [[email protected]]

 

(This is an article by Eric Metaxas)

Forty years ago two human beings changed history by walking on the

surface of the moon. But what happened before Buzz Aldrin and Neil

Armstrong exited the Lunar Module is perhaps even more amazing, if

only because so few people know about it. “I’m talking about the

fact that Buzz Aldrin took communion on the surface of the moon.

Some months after his return, he wrote about it in Guideposts magazine.

And a few years ago I had the privilege of meeting him myself. I

asked him about it and he confirmed the story to me, and I wrote

about it in my book Everything You Always Wanted to Know About God

(But Were Afraid to Ask).

The background to the story is that Aldrin was an elder at his

Presbyterian Church in Texas during this period in his life, and

knowing that he would soon be doing something unprecedented in

human history, he felt he should mark the occasion somehow, and

he asked his minister to help him. And so the minister consecrated

a communion wafer and a small vial of communion wine. And Buzz

Aldrin took them with him out of the Earth’s orbit and on to the

surface of the moon.

He and Armstrong had only been on the lunar surface for a few

minutes when Aldrin made the following public statement: “This is

the LM pilot. I’d like to take this opportunity to ask every person

listening in, whoever and wherever they may be, to pause for a

moment and contemplate the events of the past few hours and to

give thanks in his or her own way.” He then ended radio

communication and there, on the silent surface of the moon,

250,000 miles from home, he read a verse from the Gospel of John,

and he took communion. Here is his own account of what happened:

“In the radio blackout, I opened the little plastic packages which

contained the bread and the wine. I poured the wine into the

chalice our church had given me. In the one-sixth gravity of the

moon, the wine slowly curled and gracefully came up the side of

the cup. Then I read the scripture, ‘I am the vine, you are the

branches. Whosoever abides in me will bring forth much fruit.

Apart from me you can do nothing. ‘

I had intended to read my communion passage back to earth, but

at the last minute [they] had requested that I not do this. NASA

was already embroiled in a legal battle with Madelyn Murray

O’Hare, the celebrated opponent of religion, over the Apollo 8

crew reading from Genesis while orbiting the moon at Christmas.

I agreed reluctantly.

I ate the tiny Host and swallowed the wine. I gave thanks for

the intelligence and spirit that had brought two young pilots to

the Sea of Tranquility . It was interesting for me to think: the

very first liquid ever poured on the moon, and the very first

food eaten there, were the communion elements.

And of course, it’s interesting to think that some of the first

words spoken on the moon were the words of Jesus Christ, who made

the Earth and the moon – and Who, in the immortal words of Dante,

is Himself the “Love that moves the Sun and other stars.”

IT’S TRUE, CHECK THIS OUT! WOW!!!!  

Petrolkrisis-humor

Julie 15, 2011 in Sonder kategorie

Dis nou maar van ons Suid-Afrikaners (of is dit ‘n Afrikaanse ding, ek weet nooit). As daar ‘n ramp is, het ons ‘n grap.

‘n Vriendin SMS: “Pick-up line of the week: baby, I’ve got a tank full of petrol!”

En iemand anders stuur hierdie foto wat geneem is by ‘n vulstasie.

As geweld se slagoffers nie meer aan jou onbekend is nie…

Julie 13, 2011 in Sonder kategorie

Vanoggend vertel Piet Croucamp van ‘n referaat wat hy gelewer het oorsee oor die intensiteit van geweld in SA. (Eksperts vergelyk dit met “civil war”, aldus Piet.)

Nou pas praat ek met een van my oorlede pa se versorgers wat deesdae by my vriendin werk. Jane se kind is twee weke gelede ontvoer in Thokoza buite Alberton. Die polisie het haar gister vir dood opgetel in ‘n township buite Witbank. Haar borste is afgesny, sy is verkrag en haar buik oopgesny. Sy moes bloedoortappings kry en is in ‘n koma in ICU.

Die jong meisie saam met haar was minder gelukkig. Sy is dood en haar oë is uitgesny (onder meer).

Ek voel naar na ek hierdie barbaarsheid moes aanhoor en as ek my in Jane se situasie probeer indink.

Boonop is dit die hoeveelste keer dat Jane en haar gesin die slagoffers is van erge geweld. Net in die drie jaar wat ek haar ken, is hulle al van alles beroof wat hulle besit in ‘n gewapende roof een nag. Haar man is ernstig beseer in dieselfde rooftog, alhoewel hy hom nie kon teensit nie omdat hy op krukke was na ‘n motorongeluk. Na maande in die hospitaal kry hy werk as ‘n sekuriteitswag, en word een aand in ‘n rooftog drie keer geskiet, onder meer deur die kop. Hy oorleef wonderbaarlik, is maande in ‘n koma en kom toe wonder-bo-wonder by na hulle die masjiene afskakel.

Omdat hy breinskade het, word hy opgeneem in ‘n step-down kliniek/versorgingsoord. Daar steek ‘n mede-inwoner hom een aand met ‘n mes oor ‘n sny brood.

In dieselfde tyd word dieselfde tiener wat nou veg vir haar lewe, deur Jane se “landlord” gemolesteer. Juis by die plek waarnatoe hulle getrek het na die rooftog omdat dit “veiliger” was. Die vierjarige vertel haar ma gelukkig hoe die oom by die ouer kind kom lol in die dag as Jane werk, Jane maak ‘n saak by die polisie en landlord word gearresteer. Toe kom die polisie af op vier vervalste ID’s, en kom agter die dreksel is ‘n kindermoordenaar en pedofiel wat uit aanhouding ontsnap het en landwyd gesoek word.

Ek sal nie te verbaas wees as die ontvoering en grusame, barbaarse aanval weerwraak is vir die feit dat hy nou lewenslank tronk toe gestuur is nie.

Maar hoe troos ‘n mens so ‘n ma?

En die feit bly: duisende mense in hierdie land gaan deur dit wat Jane se gesin nou (weer) getref het. Hetsy vanweë ‘n plaasmoord, ‘n gewapende roof, ‘n aanranding, gesinsgeweld… Daar is ‘n groot skroef los in SA, en ons kan (soos my gespreksgenote dit vanoggend so goed gestel het) nog nie eers die probleem netjies “verpak” nie, wat nog van oplossings voorstel.

Saterdagstemme by Boekehuis in Johannesburg

Julie 11, 2011 in Sonder kategorie

 

 

SATERDAGSTEMME / SATURDAY VOICES

 

 

 

‘n Gesprek en boekebekendstelling

 

met

 

Willem Krog & Ilse Salzwedel,

skrywers van boeke oor emigrasie 

 

Ry jy of bly jy

 

BOEKEHUIS

 

 

Saterdag 16 Julie 2011,  12:00 vir 12:30

 

 

[email protected]

 

“Jy moet jou kop was. Die leuen van apartheid sit nog in ons koppe. Kry die vooroordele van apartheid uit jou kop uit. Alles waaroor ons hier gepraat het vanaand wemel van apartheidsvooroordele. As jy daardie vooroordele uit jou kop kry is daar minder rede om skaam te wees. Begin dan optree soos iemand wat nie vooroordele het nie en jou skaamte sal verdwyn,” Jaco stoot sy stoel agteruit.

“En as jy dit nie regkry nie?”

“Dan trek jy,” sê Jaco, sit sy leë glas op die tafel neer en stap uit.

 

Uittreksel uit Jacobus deur

Willem Krog

 

 

 

BOEKEHUIS

 

nooi jou graag uit na ‘n gesprek met

 

Willem Krog, debuutskrywer van

Jacobus, ‘n roman

 

&

Ilse Salzwedel, skrywer van

Seerowers, kameelkoppe & Chillies vir tee

Fassinerende stories oor Suid-Afrikaners in die buiteland

 

Waar: BOEKEHUIS,

H/v Lothbury- en Fawleystrate, Aucklandpark

(baie veilige parkering)

 

Wanneer: Saterdag 16 Julie 2011, 12:00 vir 12:30

 

RSVP: teen Donderdag 15 Julie by

011 482 3609 of [email protected]

 

Oor Jacobus deur Willem Krog, uitgegee deur Protea Uitgewers:

“Ek gaan emigreer,” kondig Jaco Malan een aand byna terloops aan by een van die groep vriende se gereelde kuiers in die restaurant. Dit lok’n hewige gesprek uit waartydens die klomp manne hulle mening oor die Suid-Afrikaanse aktualiteit sonder doekies omdraai uitspreek. Vir Jaco word die gesprek ook aanleiding daartoe dat hy sy eie lewensloop in oënskou neem: waar hy vandaan kom, wat hy geword het en wat sy vooruitsigte is.

Vervleg met Jaco se eie jeugjare op die platteland, sy militêre diensplig, sy loopbaan eers as prokureur en later as sakeman in die advertensiebedryf, is ook die verhale van ’n hele aantal ander mans. Byna almal van hulle se name is ’n afleiding of verkorting van die bekende Afrikaanse naam Jacobus. So word hulle stories, so uniek as wat dit ook al is, verteenwoordigend van die lewens van ’n geslag Afrikaanse mans en die keuses wat hulle moet maak.

Krog se kragtige, robuuste styl slaag daarin om verskillende wêrelde voor die leser se oë op te roep: ’n ongenaakbare swart onderwyser in ’n Vrystaatse plaasskool en ’n ewe ongenaakbare army-korporaal, knoeiery met Landbanklenings en knoeiery op die rugbyveld, die verterende ambisie van ’n jong man wat arm grootgeword het en wat tragiese gevolge het. Maar daar is ook komiese elemente, soos die gesukkel met koppige gemeentelede oor die kerkbasaar.

Willem Krog kom uit ’n skrywersfamilie. Jacobus is sy eerste boek.

 

Oor Seerowers, kameelkoppe & Chillies vir tee deur Ilse Salzwedel, uitgegee deur  Lapa uitgewers:

Mense trek oor landsgrense heen, maar vir meer as een rede – regstellende aksie, die resessie, misdaad, die liefde en beter geleenthede. Waarom sal Suid-Afrikaners hulle hele lewe oppak om in ’n ander, soms wildvreemde plek met wildvreemde kulture te gaan oorbegin?

Ilse Salzwedel is een van die bedrywigste joernaliste in Afrikaans. Haar werk het in feitlik elke Afrikaanse tydskrif en koerant verskyn, en die lys van onderwerpe waaroor sy al geskryf het is indrukwekkend. Sy het ’n ATKV Veertjie (2007) gewen vir die beste tydskrifartikel in Afrikaans, en ’n PICA (2008) vir die beste tydskrifartikel (gekies uit Afrikaanse en Engelse tydskrifte). Sy was ook ’n finalis in die eerste Discovery-toekennings vir gesondheidsjoernalistiek in 2009, en mede-ontvanger van die 2009 Eli Lilly-toekenning. Een van haar artikels wat in Rooi Rose verskyn het, is ook in 2009 bekroon as die artikel van die jaar in die Caxton-groep, wat Afrikaanse sowel as Engelse tydskrifte insluit. Die FAK het haar in 2009 vereer met die HB Thom-toekenning vir besondere bydrae tot die Afrikaanse joernalistiek.

 

Om inligting oor bekendstellings en boekgesprekke van ons te kry, vra om op ons e-poslys geplaas te word – stuur na [email protected]

To be added to or removed from our mailing list, please mail to [email protected]

“If a picture paints a thousand words…”

Julie 7, 2011 in Sonder kategorie

“Hoekom blog jy nie?” vra my pel. (Nog ‘n ander pel, Ludi Birk, aka Lodewikus Johannesberger, dink niks daarvan om my vir ‘n tjop te nooi en dan te betig oor ‘n stil blog nie… Die prys wat ‘n enkelvrou darem ook moet betaal vir ‘n tjop. Sug.)

Die antwoord is eenvoudig: ek is tans op ‘n binne-reis. En eerder as om almal te verveel met dagboekinskrywings soos “ek het vandag koffie gedrink” of “ek haat Sondagkoerante” of “so en so is ‘n nare heks”, is ek in ‘n fase waar ek wonder wie wil nou eintlik weet wat in my baie doodgewone lewe aangaan.

Ons almal het ‘n storie, en ek is die afgelope paar maande gekonfronteer deur hartverskeurende stories. Stories wat my stom gelaat het voor ander se pyn, en my woorde vir meer as hulle storie gesteel het. Wat my verhoed het om pienkboekie-blogs te skryf. Maar genadiglik ook gekeer het om ‘n diep, donker geskrif neer te pen, want die lewe is klaar moeilik genoeg vir so baie mense om my.

Drie van my beste vriende het elkeen ‘n ouer verloor in die laaste vier weke, en hulle pyn en hartseer bring weer my eie ouers se dood in skerp fokus. Volgende Dinsdag is dit presies drie jaar sedert ons tragiese motorongeluk waarin my ma dood is, en al weet ek dikwels nie eers watter dag van die week dit is nie, het my siel skynbaar onthou.

En dan is daar nog die land. Die politiek, die bloedige geweld. Die petrolprys, ESKOM se prysstygings presies op die stadium van die jaar wat ons klappertand van die koue, die sukkelende ekonomie, Jewels die joefleader se onbesonne uitlatings, stakings en wat nog alles.

Die koue help ook nie juis die gemoed nie. Of die vingers nie. En my interne termometer en die seine tussen my brein en vingers werk blykbaar eers na 10 uur in die oggend – ‘n baie slegte ding as mens duisende woorde per week moet skryf. Ek was nog nooit ‘n wintermens nie, en elke winter raak vir my kouer, swaarder en langer. Of my geheue vries vas en raak korter…

Maar die gevaar van so na binne leef, hetsy uit keuse (soos ek nou) of weens omstandighede, is dat mens se kop op ver paaie gaan loop. Soms gevaarlik na aan Moedverloor se vlakte waar jou buurvrou dalk net Martie Martelkwas gaan wees… 

Toe stuur iemand vanaand vir my hierdie foto per ‘n e-pos, en herinner my aan Ps. 91, wat my dogtertjie al as sesjarige die Verepsalm gedoop het. Want ek het hulle vertel dat hulle altyd as hulle ‘n veertjie op ‘n plek vind, moet onthou dat God Sy vleuels oor ons uitsprei en ons beskerm, net soos Ps. 91 so treffend beskryf.

Ek glo hierdie foto praat kragtiger as enige hoeveelheid wyse woorde. En dalk het jy dit vandag nodig.

Die enigste verskil is genade

Junie 10, 2011 in Sonder kategorie

Ek sit hier en lewer ‘n besliste bydrae tot Eskom se kragverbruik. Dis VREK koud in Johnnesburg. Eintlik sou ek ‘n ander byvoeglike naamwoord wou gebruik, maar die is ‘n blog vir ordentlike mense… (Wel, meestal.)

Ek is dankbaar dat ek elektrisiteit het, en dit kan bekostig om hierdie winter ‘n verwarmer aan te skakel. My hart wil breek vir die armes. En ons is omring van hulle. Ek hoor gister dat 41% van mense tussen 18 en 29 werkloos is. En volgens Solidariteit se navorsing in 2010 is byna ‘n kwart van “employable” wit mense in SA ook werkloos.

Ek en jy sien die armoede elke dag nader kruip. Ons sien hoe die asdromkrappers meer word, hoe die mense op straathoeke wat in reen en koue (selfs op ‘n dag soos vandag waar dit lyk of dit enige oomblik kan begin sneeu) steeds hoopvol wag op ‘n dag se werk. Ons sien die mense by verkeersligte met plakate wat hul treurige penaries uitspel.

Nee, seg iemand gister vir my, hy gee nie vir bedelaars nie. Dis onbybels. Dan lees ons seker maar verskillende Bybels. Want myne sê juis dat hy wat iemand honger of ongekleed sien en iets daaraan doen, dit vir God self doen.

En dis die bottomline, soos hulle in Engels sê: ons wat met ons monde bely dat ons Christene is, moet dit ook met ons hande wys. ‘n Goeie hart beteken niks as dit nie tot in jou hande wys nie.

Ons moet God se hande en voete op aarde word. Dit help regtig niks dat jy saans vir die armes en koues en werkloses en siekes bid as jy priester- en Levietstyl by hulle gaan verbyloop en anderpad kyk nie. Jy en ek moet die barmhartige Samaritaan wees.

En nee, dis nie net die regering se plig om armes en siekes te help nie. Ja, dis primêr die regering se plig. En ja, die arm mense moet ophou kinders hê. En ja, hulle moet probeer om iets vir hulleself te doen. En ja op ‘n duisend ander argumente.

Maar nie één van daardie argumente kanselleer ons Goddelike opdrag wat sê jy moet jou naaste liefhê soos jouself nie.

So, gee vandag ‘n koppie koffie, of ‘n kombers, of ‘n ou trui, of ‘n bord kos. Omdat jy kan, en omdat jy moet. En onthou: there, but for the grace of God go I…

Deo Volente

Mei 20, 2011 in Sonder kategorie

Die oproep kom net toe ek op Seidelberg-landgoed uitklim om iets saam met my suster te gaan drink. Ek is minder as ‘n uur in die Kaap. Dis 18 Mei, en duisende mense in Suid-Afrika staan steeds in rye om te stem in die plaaslike verkiesings. Ek is hier vir my boekbekendstelling die volgende oggend in Kaapstad.

 

Dis ‘n skoolvriendin, Lucia Giesler, wat bel om te sê sy het by een van haar vriendinne gehoor Christa Jonker-Jordaan, my Faceboek-vriendin, is dood in ‘n motorongeluk. Die details is vaag, maar die nuus is verdoemend finaal: Christa is dood.

 

Vriendelike, vrolike Christa. Altyd-‘n-positiewe-woord-vir-ander-Christa. Inspirerende Christa. Woordmens, mense-mens.

 

Sy was net ‘n FB-vriendin. Ek tik die “net” met huiwering, want soos mede-skrywer Marion Erskine dit so mooi stel in sy huldeblyk-blog oor Christa, kan mens lief raak vir iemand wat jy nooit in lewende lywe ontmoet het nie.

 

Ek het wel die voorreg gehad om vir Christa te ontmoet. Minder as 24 uur voor haar dood, om presies te wees. Sy het spesiaal na my boekbekendstelling in Bloemfontein gekom. Vroeër, voordat die datum gefinaliseer was, het sy laat weet ek moet asseblief die aand voor dit by hulle kom oornag dat ons kan sjampanje drink. Kinderlik opgewonde oor my eerste boek, terwyl sy toe al ‘n hele paar op haar eie kerfstok gehad het. Gasvry. Ruimhartig.

 

Toe die datum gefinaliseer word, laat weet Christa dat sy ongelukkig dan uitstedig gaan wees. Want, vertel sy met duidelike trots, haar derde kleindogter word die dag na my bekendstelling met ‘n keisersnee gebore. In George. En sy en die trotse oupa gaan soontoe om hulle seun en sy vrou se vreugde oor ‘n eersteling te gaan meemaak. En sommer haar oudste dogter se 34e verjaarsdag te vier.

 

Maandag die 16e, op my verjaarsdag en ‘n dag voor die Bloemfontein-bekendstelling, kry ek ‘n e-pos van Christa. Hulle reisreëlings het verander, en hulle ry nou eers op die 18e Mei. Dus kan sy my boekbespreking bywoon.

 

Tienuur Dinsdagoggend stap ek by die biblioteek in Fichardtpark in, en sien dadelik vir Christa. Die enigste bekende gesig tussen die twintig plus mense wat my daar inwag. Hier, sê sy, na ons gegroet het, is jou verjaardagpersent. Vir gister. Binne-in is een van haar boeke, en ‘n bottel Charlie-lyfroom.

 

Die mooi gebaar betrap my onverhoeds. Dit was glad nie nodig nie, sê ek. Maar ek weet vir iemand soos Christa het dit nie gegaan oor nodig of onnodig nie. Sy het so iets gedoen omdat sy wil. Omdat dit was wie sy was: ‘n blymoedige gewer.

 

Sy het so effens teëgestribbel toe die Volksbla-fotograaf ons wil afneem. Nou is dit een van die heel laaste foto’s wat van haar geneem is. Dalk die laaste.

 

Na die tyd gesels ons. “Slaap julle oor?”, vra ek toe ons oor die reis George toe praat.

 

“Nee wat,” sê sy. “Nie die keer nie. George is maar net agt ure van Bloemfontein af.”

 

Maar net agt ure, wat sy nooit oorleef het nie. Iewers naby Victoria-Wes is sy op slag dood en haar man Gerrit ernstig beseer in ‘n motorongeluk. Wat gebeur het, weet ons buite die intieme kring van haar familie nog nie presies nie.

 

Wat ons wel weet, is dat die wêreld ‘n armer plek is sonder haar warmte. Met mense soos sy sal mens in ‘n oorlog kan gaan veg. Of nee, jy sou waarskynlik met Christa aan jou kant die oorlog in die eerste plek kon vermy. Sy sou selfs ‘n diktator anders kon oortuig met haar warmte, haar sagtheid, haar ingebore liefde vir mense.

 

Sy het een maal in ‘n gesprek so oor die afstand heen beken sy hou nie daarvan om voor mense te praat nie. Na my boekpraatjie los sy ‘n boodskap op my FB-muur dat sy my die gemak beny waarmee ek dit kon doen.

 

Nou, liewe Christa, hoef jy nooit weer daaroor te bekommer nie, liewe mens. Maar ek is seker daarvan jy het klaar ‘n skare mense bevriend in die hemel, en hulle luister maar te graag na wat jy sê. Inteendeel, ek dink jou friend requests stroom in.

 

Maar ons hier gaan jou mis. Erg baie. En dan wil ek nie eens begin om aan die hartseer te dink wat jou familie tans beleef nie. Daar het vanoggend ‘n nuwe babatjie haar eerste skreeu gegee te midde van diepe droefheid wat ver buite julle gesinskring rimpels maak. Ek glo dat sy vir jou hartsmense net vreugde sal bring, en ek weet dat jy haar kan sien. Dat jy trots is. Dat jy daar van waar jy is sal uitkyk vir haar.

 

Ek weet ook dat sy eendag van jou sal hoor. Jou boeke sal lees. En sal trots wees op die ouma wat ons wêreld ‘n beter plek gemaak het. Wat almal van tieners tot bejaardes geïnspireer het en ons dikwels op Facebook laat lag het. Of laat kalmeer het.

 

Rus sag, liewe Christa. Ek sal jou FB-boodskappe mis, jou SMSe op spesiale dae soos Moedersdag en Goeie Vrydag onthou. Jou grappige e-posse gaan nooit weer in my inboks land nie. Die ete wat ons vir 4 Junie in Johannesburg beplan het, gaan nie meer gebeur nie…

 

Ons enkele gesprekke onthou ek met deernis, en ek weet nou dit was gans te min. Maar ek is dankbaar dat ek jou kon geken het. Ek bid vir jou geliefdes, en ek weet duisende ander mense doen ook. Want jy was ons almal se ma en vriendin.

 

Jou dood laat my teruggryp na die afkorting. DV. Deo Volente. As God wil. Jou dood het my daaraan herinner dat ‘n kuier met ‘n vriendin en die weersiens van familie net genade is. Dat ons die dag moet gryp. Dat ons memories moet maak met ons geliefdes.

 

Maar veral dat ons onsself moet wees terwyl ons leef. Met oorgawe. En dat dit piekfyn is om hartlik en sag te wees.

 

Tot ons weer sien, Christa. Deo Volente.

Sien ek jou hierdie week by my boekbekendstellings in Bloem en Kaapstad?

Mei 15, 2011 in Sonder kategorie

Daar is nog ‘n paar plekke oop, so kom maak gerus ‘n draai. Hier is die kontakbesonderhede vir besprekings (vir spysenieringsdoeleindes).

Sien jou hopelik daar!