ANDER “DOMINEE TIENIE”

Januarie 28, 2019 in Uncategorized

Danksy Dana Snyman se treffer-rolprent is “Dominee Tienie” sterk in die nuus.

Ek het ‘n ander “dominee Tienie” (eintlik “doktor Tienie) in lewende lywe geken: – dr. M.T.S.Zeeman, oud-leraar van die NG gemeente Berg-en-Dal, Bloemfontein. Opregte Christenmens gewees; ware herder van sy kudde; sout van die aarde. Sou vir hom deur die vuur loop.

Dr. Tienie het in Berg-en-Dal een jaar amper sy honderdtal met preke behaal – 98 of so. Party dominees raak “uitgebrand” as hulle die helfte minder preek.

Hy was ‘n ware steunpilaar toe ons seun, Johan, op ses maande in die hospitaal beland het met diabetes mellitus; het later ‘n gewaardeerde huisvriend geword wat in 2000 saam met sy sagte vrou, Marie, op Melkbos kom kuier het, en by wie ons altyd by hul aftreehuis op Witbank aangery het op pad Wildtuin toe.

In ons gasteboek het hy op daardie Melkbos-besoek geskryf geskryf: ” ‘n Dag om vir altyd te onthou.” Vir my was hy “’n Man om vir altyd te onthou.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.