BALDADIGHEID

Maart 28, 2018 in Uncategorized

Die eweredigheid tussen straf en oortreding is een vna die kernbeginsels van reg en geregtigheid .

Geregtigheid kom nie tot reg in die ligte raps op Steve Smith se kneukels tot dusver nie.

Krieket en rugby is ver van vinkel en koljander. Onthou egter wat met die oorywerige Springbokstut Johan le Roux gebeur het toe hy in 1994 in ‘n toets teen die All Blacks uitgevang word waar hy aan Sean Fitzpatrick se oor knibbel. Hy is summier huis toe gestuur, het sy Springbokbaadjie verloor en is vir 18 maande uit rugby geskors.

So ‘n bytery is nie diaboliese maneuver wat in die kleedkamer gestalte gekry het nie. Dit geskied op die ingewing van die oomblik. Kan ook nie juis ‘n impak op die uitslag van ‘n kragmeting he nie.

Pas hierdie beginsel op die baldadige skuurdery toe, dan is dit tot siens, Steve Smith, los sommer jou baadjie in die kas, en ons hoop jy vaar in poker of veerpyltjies ewe goed as met die kolf!

1 antwoord op BALDADIGHEID

  1. Amanda het gesê op Maart 28, 2018

    Lekker om weer ‘n blog van jou te lees! Welkom terug! Hoe gaan dit met jou na die operasie? Hoop alles het goed afgeloop. Groete

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.