LERAAR BID ‘N LEEU LOS

September 23, 2014 in Uncategorized

Hennie se maanhaar.

Hennie se maanhaar.

Hoe gemaak as jy brand om ‘n leeu te sien, maar die wildtuin se hekke wil sluit en die dag in die bos loop leeu-loos ten einde?

Jy maak dit ‘n saak van gebed, vertel dr. Hennie Swanepoel ‘n leraar van Melkbos.  Hy het op versoek van Visnet, gemeenteblad van die NGK Melkbosstrand, sy maanhaarstorie 
opgeteken. 
Dr Hennie skryf soos volg:
“Die braai naby Onder-Sabie in die Krugerwildtuin was alte lekker. Ons het die hele oggend gery, maar die diere was skaars. Terug in die kar het ek ‘n lied op my selfoon gespeel wat die hele dag in my kop gemaal het: ‘…Who is worthy to open the scrole, only You Lion of Judah.’
“En dit is al só lankal my gebed dat ek die Leeu van Juda sal sien en meer intens sal beleef. Ek het die heeltyd terwyl ons gery het in my stilligheid gebid: “Ag Here, ek wil so graag ‘n leeu sien. Wil U nie groot asseblief vir ons twee bederf nie? Maar nie ‘n leeu waar ‘n klomp karre ophoop nie. Ek sien hulle nie lekker as hulle ver is nie. As U wil Here, kan ons nie groot asseblief op ons eie ‘n leeu naby sien nie? Dit sal vir my ‘n bevestiging wees dat U my hoor.”
“Ons het vir byna ‘n halfuur by ‘n watergat naby Phabenihek gesit. ‘n Visarend het hoog in ‘n boom gesit en ons het seekoeie hoor grom. Die tyd het min geraak, want die wildtuin se hekke sluit half ses. Ons sê toe vir mekaar dat ons die visarend tot vyf uur toe tyd gee om te roep. Ons het deur die dag 19 visarendkrete gehoor en 20 sou dit mooi afrond. Maar ai, hy wou toe niks weet nie. Hy was die ene stilswye.
“Om vyf uur besluit ons toe maar om hek se kant toe te ry, want dit het begin skemer raak. Ek het saggies vir Hom gesê: ‘Here, dis reg as U nie vir ons ‘n leeu wil wys nie. U is in beheer. Ek wil in elk geval vir U sien. Ek smag na U’.
En toe, skielik sê my vrou saggies: Leeu! Aan ons linkerkant kom hy toe aangestap. Dit was net ons en hy, ‘n groot maanhaar leeu. Hy het grasieus reg voor ons oor die pad gestap. So op sy eie. Ek het ‘n motor van voor en een van agter gewys om stil te hou sodat hulle ook die stukkie seën kon ervaar.
“Wat ‘n bevestiging! As ons voor vyf of net ‘n rukkie na vyf van die visarend af gery het, het ons die leeu nie gesien nie. Dit is hoe ons Here se tyd werk. Hy gee dinge soos en wanneer Hy wil. Hy is hier en Hy wil gesien word! En wát ‘n sonsondergang het ons nie oor die Laeveld begroet nie!
“Dankie, Here dat U my en my liewe vrou so bederf.”
 .

5 antwoorde op LERAAR BID ‘N LEEU LOS

  1. 🙂 ‘n mooie maanhaarsorie , so sonder sout op sy stert . . .

  2. spokie het gesê op September 25, 2014

    @hvandeventer
    Ja-nee kyk, as jy nie die koning van die oerwoud op ‘n wildtuin-trippie gesien het nie, gaan jy maar skaam terug huis toe. Ons was gister op natuur rerservaat naby Hoedspruit en die goeie nuus is dat die wolke al begin rommel daar. Reën is aan kom oor stowwerige bosveld. Dit sal mens en dier laat hopspring …

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.