HOOG IN ALPE

Augustus 27, 2014 in Uncategorized

Didier,Emilie Myrtille et Mélisse Charvet is terug in Frankryk en stuur hierdie pragfoto van die kruieplant génépi wat hoog in die westelike Alpe groei, en sulke pikante likeur maak, soos die wat ons in Balule laataand saam met hulle geniet het terwyl die hienas om die heining kaperjol. Het daarvan vertel in my 1-2013.08.22 019vorige inskrywing.

10 antwoorde op HOOG IN ALPE

  1. Israeli het gesê op Augustus 27, 2014

    Die Franse gesinnetjie mag hul flessies genepi-likeur in ons land inbring en het klaarblyklik geen probleme gehad om dit deur die doeane te kry nie. Maar Suid-Afrikaners mag geen eetbare of drinkbare produk na byvoorbeeld Engeland neem nie. Die Australiërs is nog moeiliker. Nie enige eerbare mens kry selfs sonder veel probleme ‘n visum nie!

    • @Israeli Ken jy die storie van Eric Wiese en die ou swart piesang onder in die piekniekmandjie? Groot botsing met die doeane afgegee in Cairns.

      • Israeli het gesê op September 1, 2014

        Nee, ek dink nie ek het die piesang-storie al gehoor nie.

        • @Israeli – Dis in Oos, Wes- Reismoles. Die Wieses het uit NS in Cairns aangekom met ‘n vergete piesang in die onderste kompartement van ‘n piekniekmandjie. Toe snuffel die doeanehonde dit uit. Reuseboete. Eric was gesteurd en het hom teengesit. Toe dreig hulle om hom toe te sluit tot die Maandag (ek meen dit was ‘n Sondag, dalk selfs ‘n Saterdag) sodat hy sy saak in die hof kan stel. Harde woorde het oor en weer geval. Hy moes ten einde laaste die saak gewonne gee en bra onwillig opdok.

          • Israeli het gesê op September 4, 2014

            Natuurlik! Met die feite van die storie opgevars onthou ek dit. Het mos self daardie boek van jou! (En al die ander).

    • @Israeli Ken jy die storie van Eric Wiese en die ou swart piesang onder in die piekniekmandjie? Groot botsing met die doeane afgegee in Cairns.

  2. Is dit ‘n skaars plant?

  3. spokie het gesê op Augustus 27, 2014

    @ Uit Melkbos
    Ja Hennie, ek onthou jou vorige artikel saam hulle. Jinne – sy foto is pragtig. Watse kamera dra hy?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.