by Hennie

Waar lê jou vergifnis

November 4, 2019 in Uncategorized

Ek sit nou al ‘n tydjie en dink hoe ek my volgende blog gaan benader. Die intressante deel is wel dat die blogs wel gedoen het wat dit moes. Mense praat oor dit en deel met mekaar hulle opinies. Ek het besluit om eerder die week te skryf oor vergifnis.

Uiteraard is die afgelope tyd vir my moeilik. Soos ek voorheen gesê het is dat ek my eie nonsense aanjaag. Ek het die afgelope tyd geleer om verantwoordelikheid te neem. Ek was nie iemand wat jammer kan sê nie. En dis waar ek moes begin het. Ek deel vanoggend met ‘n juffrou dat ek so jammer is. Vinnige agtergrond is dat ek haar blameer het vir soveel stories wat rondgeloop het. En boonop het ek so ongelooflik wrok teenoor haar, later het besef dis meer my eie skuld as wat dit sy was.

Ek loop nou al ‘n tydjie en kon nie met haar praat nie want ek was kwaad, kwaad dat sy so is en kwaad meer vir myself. Ek dink die deel van kwaad wees vir iemand is meer ‘n teleurstelling in onsself vir ‘n kort oomblik ons daai persoon vertrou het. Ek bevind myself op ‘n plek van vrede. Ek probeer elke liewe dag beter wees as gister en dit sluit in dat ek moet gaan regmaak met die wat my te nagekom het en die wat ek te nagekom het.

Selfs na 7 jaar het ek vir my stiefpa ‘n boodskap gestuur of hy nou gaan terug antwoord of nie, dis sy keuse. Daarom soos jy dit lees weet ek daar is mense waarvoor jy so kwaad is dat jy verloor fokus op ander goed. Om iemand te ignoreer en iemand af te skryf werk nie. Jy kan nooit tenvolle genees as jy nie elke aspek van jou lewe vergewe nie.

‘n Juffrou deel met my dat daar eendag ‘n groep manne op skepe was. Hulle het drank, kos, klaviere en ‘n hele klomp ander goed gelaai opsoek na ‘n vinniger pad deur die Arktiese kanaal. Hulle het vas begin vries en moes onslae raak van goed op hulle skip. Eers het hulle klaviere en instrumente afgegooi toe die drank. Nadat ‘n paar bemanningslede gestref het aan loodvergifting het hulle van die skip afgeklim opsoek na hulp. Later jare toe hulle gevind was het hulle tekens van kannibalisme gekry, maar die intressante deel is dat hulle heeltyd in een groot sirkel geloop het.

Is dit tog nie wat in ons lewens gebeur nie? Ons loop heeltyd in een groot sirkel want ons maak nie ons las ligter nie. Daarom vra ek vandag gaan na daai persoon toe. Reik uit en gooi die las af. Jy weet nie wat môre voorlê nie. Jy moet die juk van jou skouers af kry. Dit het  my sewe jaar gevat. Sewe jaar wat ek nooit gaan terugkry nie.  Glo eerder in ‘n beter môre as ‘n moeiliker gister. Jy bepaal jou eie geluk. Jy moet vanaand gaan weet dat daai persoon dalk nie môre weer daar gaan wees nie. Verwyt is erger as ‘n wrok.

Ek weet dis moeilik glo my ek verstaan meer as wat julle dink. Gaan kerf jou eie paadjie. Jy alleen kan jou kompas se rigting bepaal.

Dankie Linda du Plessis jou gedig lê na aan my hart

Ek vergewe jou

ek het so diep geglo en vertrou
geglo aan van altyd en ewig vir my en jou
die wêreld om en in ons twee se saamwees
ons lewenspad een groot fees
jy het my die sterre en hemel daar bo beloof
maar in minute nee sekondes van glo beroof
nadat ek my toekoms om jou verweef het
kan niks my nou uit my put van skok red
hulle sê om te vergewe en te vergeet
maar ek sit nou in ‘n selfbejammeringskleed

ja ek het jou vergeef
maar nooit solank ek leef
sal ek vergeet die saamwees, saam kyk na die maan
kaalvoet op die strand, papnat in die reën en onder die hemelbaan
sonder woorde met mekaar praat, droomkastele gebou
vergifnis was wat jy vra en vergifnis gee ek jou
ek huil my kussing snags nat en en bly net onthou
want jou vergeet sal ek nooit as ons toekoms drome inmekaar vou
miskien sal tyd salwing bring en maak ek jou vry
maar wees verseker ek sal jou nooit vergeet en vir jou lief bly

nou bly vir my oor liefde wat ek sal bly koester sonder ‘n korreltjie haat
want liefde verdra alles en hou nooit ooit boek van die kwaad
jy is weg voor ek kon sê dat ek vergewe jou volkome
nou bly dit slegs in my onthou menswees en drome
wens ek kon die tyd terugdraai om vir jou te kom sê
dat ek jou onvoorwaarlik vergewe en altyd sal lief hê
maar nou sal my hart en my menswees in stilte ly
en maak die gedig aan jou wat ek op jou graf plaas my volkome vry

liefde soek nie sy eie belang nie … ja liefde is vol vergifnis
want liefde bedek alles, glo alles, hoop alles en verdra alles
ek wou nog sê en sê dit nou
ek vergewe jou

©Kopiereg Linda du Plessis 16/11/2017

 

by Hennie

Glo ons eerder in vriende of die idee van vriendskap

October 21, 2019 in Uncategorized

 

Ek sit vanaand met baie woorde vlak in my keel. Die sterre bo my kop skitter en die musiek speel liggies in die agtergrond. Die vraag wat ek egter mee sit vanaand is is ons eerder in kennisse of vriendskappe. Is jou vriendekring sterk genoeg om mekaar in die oë te kyk en te sê: Jy is verkeerd en dan jy as die ander persoon moet dit kan vat sonder om kwaad te maak. Die lekker deel vir my egter is dat ek nou op ‘n plek is in my lewe waar ek vriende het wat my reguit sal sê jy praat nou nonsens.

Daarby sê ek ook nie dat daar vriende voorheen was nie, maar ons ontgroei mekaar, trek weg, behoeftes verander. Kan jy eerlik sê dat vanaand as jy gaan slaap en nie wakker word nie, dat al jou”vriende” by jou begrafnis sal wees. Ek kyk rond en sien ‘n paartjie wat onsettend lief is vir mekaar wat oor ‘n paar maande trou. Dan sien ek ‘n vriendin in ‘n “catch 22” waar die ou in ‘n moeilike verhouding is. maar sys “die ander vrou”. Dan sien ek ‘n paartjie wat nou Facebook official is. Ek dink by myself is die wêreld dan nie net een groot deurmekaar spul is. Waar die liefde ook gekoppel is aan vriendskappe wat êrens in kroeg begin het. Waar die eerlikheid van  ons vriendskappe gebaseer is op ons sosiale status en sosiale rang.

Kyk om jou. Hoeveel van jou vriende van voorheen is steeds jou vriende.Ek moes vriende afskryf terwille van ander verhoudings. ‘n Paar neweke terug het ek weer opgevang met daai vriende groep en besef die probleem was nie hulle nie. Die probleem was ek wat wou inpas. so aan daai groep vra ek onverskoning.

Dan het ‘n vriend my aan iets herinner vandag ook. Hoe baie keer gebruik ons geld en status om ons plek in ‘n nuwe vriendekring te sement. Is dit rerig alles nie net ‘n gejaag na wind. Ek het dit deur en deur al geleer in my lewe. Dink aan jou vriendekring ? waar pas jy in? Is dit rerig jou vriende?

Die interessante deel is dat daar so baie mooi weers vriende is in ons lewens dat vanaand as alles stil raak weet ons dat daar dalk ‘n handjie vol is wat werklik alles in hulle vermoë sal doen. Gaan gee mekaar ‘n drukkie en wees 100% eerlik wees daar vir mekaar want sonder vriende sou die lewe ongelooflik hartseer wees.

 

Wat is vriende?

Dit is iemand wat jou verstaan

Dié by wie jy net jouself kan wees

Die enigste plek waar jy naak kan staan

~

Iemand wat kan sin maak van jou soekende note

Daardie persoon wat namens jou die klavier kan slaan

Die een wat in jou deurmekaar geneurie

Jou hartsmelodie verstaan

~

Mense wat jou red van die lewe

Beskerm teen die nuttelose gejaag na wind

Hulle wat jou weer sentreer

Met geduld werk asof met ‘n kind

~

Dié wat pertinent ‘n baken in jou lewe is

Sy met ‘n altyd-luister oor

Hy wat onvoordwaardelik ondersteun

Dit is hulle wat my hart bekoor

~

Dit is dié mense wat belangrik is

Hulle wat sonder rede

Jou regop hou

Tydens elke aanslag van die lewe

~

Hulle wat jou oppas

Mense wat tussenbeide tree

Net as dit onuithoudbaar raak

Wanneer jy die lewe nie meer ‘n kans wil gee

~

Ek sê opreg dankie

Vir elke hartsmens op my pad

Jy gee my asem

Jy gee lewe aan my ou stukkende hart

~

© Helga Gouws

 

 

by Hennie

Ope brief aan die samelewing

October 16, 2019 in Uncategorized

Hierdie blog is gerig aan almal in die samelewing

Die interessante deel van die brief oftewel “blog” is dat die my eerste keer is. Ek het herhaaldelik myself afgevra hoe gaan die die hele lewenshoofstuk verwerk. Ek het tot die slotsom gekom dat my manier gaan wees om te blog.

Eerstens, oordeel soveel soos jy as leser wil nou maar. Glo my, jou oordeel is die minste van wat ons voel. Die vreemdste ding is ons gee eintlik nie om oor oordeel nie. Die eintlike gevoel wat ons meer sit is die” ek het misluk”, “hoe is ek op die punt”. En die grootste seer is om aand na aand alleen te gaan slaap. Snaakse ding is mense sê altyd eks daar vir jou, maar vanaand as jy jou lig afsit en jou foon op laai op jou bedskassie neersit, lê ek alleen en huil. Kommer ek gaan ek finansieël okay wees hier uit ( enige werkende geskeide persoon- glad nie. nie naastenby nie). Die ander vreemde ding is hoe vinnige vriende verdwyn. Hulle is vinniger weg as die Dominee by jou troue. Die teleurstelling is egter op familie se gesigte.

Kort agtergrond: Ek en my eksvrou het n warrelwind romanse gehad. Vinnig verloof, ekt nog oorsee rugby gespeel, syt geswot op potch. Ons het ‘n langafstands verhouding gehad. Met my terugkeer het ek in die onderwys begin. Syt klaar geswot en werk gekry by ‘n top hoërskool. Kort daarna het ek by ‘n top laerskool aangesluit. Dis waar ek myself wou bewys.2 jaar later het ek uitgetrek en ons skei. 5 jaar se onvergeetlike tye verby.

So dan kom ek nou by die punt:

Ek was verkeerd. Ek het so baie foute gemaak. En asseblief moet my nie verkeerd verstaan nie my eksvrou is ongelooflik. Syt letterlik haar hele lewe om my, my drome en my passie gebou. Ek het alles vanselfsprekend aanvaar. en ek kon haar net nie meer aan my foute blootstel en sien hoe sy sukkel nie.  Aande alleen moet slaap want ek is op die soveelste toer of die funksie is te lekker so kom ek ry laaste.

Die ander ding is waardeur ek die afgelope tyd worstel is hoekom?

Antwoord is eenvoudig. EK was nie sterk genoeg om te verander nie. Dink mooi hieroor en weer asseblief met alle respek ek vat volle verantwoorlikheid. Die voorbeelde wat ons altwee gehad het was nie voldoende nie. Haar ouers beide reeds 2 keer geskei. My ma is weer getroud na my pa se dood. maar nooit het ons geleer van liefde nie. Kyk die huwelik kom nie met handleiding, hel niks in die lewe kom met riglyne nie. En boonop was my fondamente nie reg nie

Dan stap jy die agste periode in die klas in en ‘n leerder vra meneer hoekom skei meneer my ma sê… Op daai oomblik kan jy hoe sterk wees maar daai voel soos n mens wat iemand deur jou hart ruk. Ek kon dit darem afweer en net fokus op die akademie. Maar jy die samelewing, jy bespreek dit met ‘n kind. Jy vertel jou braai-stories en lag, maar maandag staan ek weer voor jou kind en gee my volle aandag en liefde want jyt alweer vergeet om sy/haar mooi toetspunte te teken. Jy die samelewing het haar doel gemis, sy “big hit” gemis en steeds ondersteun ek hom/haar, hulle is jonk en kort niks meer as liefde nie.

Ek onthou toe die bom bars en meer mense vind uit kom ek by ‘n rugby-oefening aan, voor my 15 seuns met oë vol teleurstelling want ek het hulle belowe dat ek hulle nooit sou “drop” nie. Tot vandag toe vergewe ek myself nie vir dit nie. Netsoveel passie jy vir jou werk het is my passie vir daai seuns en die ovaalbal. Iets wat ek wel geleer het en hulle ook die jaar is om verantwoordelikheid te neem.

So eintlik wil ek vanaand net Jammer sê. Jammer aan my eksvrou en my skoonfamilie want dis die mense wie ek verloor het. Jammer aan my eie familie want ek moes beter wees en dis my eie skuld. maar aan jou, die samelewing, wys ek ‘n lang middelvinger. Ek skuld jou niks, gaan sit jy maar in die kroeg en bespreek my, gaan braai en lag. Maar ek wens jou nie die seer van ‘n egskeiding toe nie.

Van vanaand af bepaal ek my eie toekoms. En bid ek vir almal wat deur die liefdesteleurstelling wroeg. En dan die verder het ek besluit dat hierdie gaan ek vat as n lewensles en om elke dag aan myself te gaan werk om beter te wees.

Ek steek my hand op en sê” ek is Gielie en ek het gegif, eks jammer vergewe my en gee my ‘n tweede kans. En weereens ek vra jou nie. Ek vra daai 15 manne en my familie.

Dankie Steve:

My lewe lê en wag
Net anderkant die wêreld wat ek ken
Daar lê my nuwe dag
Net een ding maak my vry
Ek luister na die sagte note diep
Na die stem hier binne my
Maar alles wat ek is moet ek behou,
Om waar to bly
Dis die lied van my hart
Dis die lied binne my
Ek sing al my drome en dan is ek vry
Laastens samelewing kan jy jou idee van normaal by jou gat opdruk.