Skuins voor 3.

August 15, 2017 in Uncategorized

Gister baie braaf my blog oopgemaak, vol idees van alles wat ek te se het. En daar sit ek en staar ure na die plek waar ek moet tik. En niks word gevorm in my kop. Wel hier sit ek weer.. vroeg oggend, slaap nog in my oe.. ek hou van vroeg oggende, alles is stil. Selfs my deurmekaar gedagtes.

Wat is die mens dat U aan hom dink, die mense kind dat U hom onderhou.. waar kom dit vandaan vra ek my verwonderd? Al baie gewonder oor die ewige twee gedagtes , goed-sleg, wreed-sag, windbol-selfbejammering. Wel God is my Vader, Hy het my gevorm en het n doel met my, maar tog wonder mens wat is ek? As ek aan ander dink, dan besef ek ek is niks. Maar as ek aan my as mens op sy eie dink dan weet ek, is n Koningskind. As ek hier moet voort tik gaan ek depro klink want gister was n aaklige dag. Maar vandag kies ek om positief te wees, op te staan en weer te begin. Ek kies om te dink ek is deur God gemaak en daarom dink Hy aan my. Nie oor my nie maar oor Hom.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *