Gedagtes oor ‘n Kees-van-der-Waal-perspektief

Mei 10, 2012 in Sonder kategorie

Kees van der Waal, ‘n professor aan die universiteit waarby ek ook in diens is, het onlangs ‘n lesing oor Afrikaans en identiteit op kampus gegee. Hierdie bydrae is boeiend, kreatief en die moeite werd om van kennis te neem. Tog is dit asof die Afrikaanse wêreld waaroor heelwat van Kees se kritiese, bevraagtekende perspektiewe in die lesing handel dalk al hoe minder rieëel is as wat hy aanneem.

Soveel waarvoor hy pleit, is reeds aan die gebeur en dit selfs al geruime tyd. Die Afrikaanse Taalraad – die mees omvattende en diverse Afrikaanse groepering in die geskiedenis tot dusver – is een voorbeeld. Ons demokratiese, verteenwoordigende instansie se fokus, soos op die amptelike simbool aangedui, is “bemagtig, bevorder, beskerm”, maar uit Kees se bydrae is dit asof laasgenoemde die eintlike saak is waaroor Afrikaanse kwessies steeds handel, maar dit is juis nie tipies of verteenwoordigend nie – lankal nie meer nie.

Die ATR is maar een voorbeeld. Dieselfde geld talle van dié toenemend verteenwoordigende liggaam se ledeorganisasies. Trouens, selfs die meer tradisionele ledeorganisasies (ware diversiteit sluit hulle mos ook in!) het al talle fokusveranderings, nuwe insigte en verbrede perspektiewe ondergaan, en doen dit steeds, juis omdat daar oor só ‘n wye veld saamgewerk word.

Laat ek duidelik maak: Waarvoor Kees pleit, is waardevol en belangrik, en daar moet beslis meer oor gedoen word, maar dis my vermoede dat daar reeds al veel verder op daardie terrein gevorder is as waarvan hy bewus lyk te wees. Miskien moet hy met van sy kollegas in die ATR, soos die voorsitter, Michael le Cordeur, hieroor in gesprek tree om te ontdek hoeveel daar reeds in rigtings gevorder is wat Kees steeds as ongekend ervaar.

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

4 antwoorde op Gedagtes oor ‘n Kees-van-der-Waal-perspektief

  1. GERRIT,ek meen ook jou Nederlandse kollega is nie
    op hoogte nie. Jong Afrikaners gebruik vrylik Engelse woorde, soveel so dat dit kunsmatig voorkom – n nuwe dwang. Ek glo ook nie hierdie jong mense is ongewillig om bruin of swart identiteitsafrikaans te gebruik nie.
    (Terloop, ek kry die indruk Le Cordeur
    moet waak teen sy eie omhelsing van standaard Afrikaans.)
    Bruin en swart patois is ingewikkeld en geslote, met die doel om sub-kulture saam te bind. Wittetjies het nie die kennis nie en is miskien selfs onwelkom.

  2. gerritbrand het gesê op Mei 10, 2012

    Daar is baie sulke verskynsels in SA: ons bied weerstand teen goed wat in groot mate nie meer is nie, of op pad uit is, terwyl interessanter nuwe ontwikkelings reeds aan die gebeur is.

  3. Wie bied weerstand ?

  4. gerritbrand het gesê op Mei 10, 2012

    Die Afrikaanse Taalraad, natuurlik! En die XhosaAfrika-netwerk. Net soos i-MAG. En egter intellektuele soos Neville Alexander. Egter weerstand is nie-nasionalisties van aard, dink ek.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.