Wanneer ‘n tradisie merke laat, kan aan dink daaroor nie ontsnap word nie

Mei 2, 2012 in Sonder kategorie

Die meeste van ons – dis nou die meeste Suid-Afrikaners – het die een of ander historiese verbintenis met die verhaal van Gereformeerde denominasies. Of ‘n mens trots of skaam daaroor is, geïnteresseerd of verveeld, nog betrokke of nie – ja, en of jy nou jouself as gelowig of ongelowig beskou – op die een of ander manier is jou lewe daardeur geraak. Hiermee bedoel ek alle Gereformeerde tradies: NG Kerk, VGK, Gereformeerd, Hervormd, ag, wat ook al (en daar is baie). Ook as dit nie jou eie agtergrond is nie, maar jy uit watter hoek of perspektief dan ook oor Christelikheid in SA wil nadink, bly daardie geskiedenis vir jou relavant.

Nou ja, eersdaags word in Stellenbosch met aandag oor maniere om die geskiedenis van die tradisie van tussen 1960 en 1990 te onthou en te bedink. Hoe dink ons vandag daaroor? Hoe sou ons daaroor kan dink? Hoe moet of kan dit geïnterpreteer word? En wat daarvan?

As jy belangstel, kyk na die inligting hieronder en versprei dat onder jou vriende en kennisse. Maar of jy nou daar gaan wees of nie – dalk wil jy sommer hier op die blog kommentaar lewe en sodoende gedagtes deel?

DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA EN DIE STRYD OM GEREGTIGHEID: 1960-1990 ONTHOU
Konferensie aangebied deur
Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch
14-16 Mei 2012

Wil jy daar wees? Voltooi dan en dien per e-pos of faks in: 


CONFERENCE ON REMEMBERING

14-16 May 2012

Return this form to hvdwest@sun.ac.za or fax: +27 21 808 3251 before 30 March 2012.

Registration form:   Closing date: 30 MARCH 2012

Personal details

Surname

 

 

First names

 

 

Preferred name for name tag

 

 

Institutional affiliation

 

Postal address

 

 

E-mail address

 

 

Contact numbers

Mobile

 

Phone

 

Special requests

Please indicate dietary needs e.g. Halaal; Kosher, vegetarian; other

This may involve extra costs for the conference dinner

Please indicate whether you want to make use of a shuttle for airport transport to and from Cape Town International airport

This may involve extra costs; please provide your itinerary

 

Conference fee

Conference fee payable at registration on the day of arrival – please have the exact amount ready

Early bird:

R200

After

30 March 2012:

R250

Conference dinner & teas included; all other meals are your own responsibility

 

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

8 antwoorde op Wanneer ‘n tradisie merke laat, kan aan dink daaroor nie ontsnap word nie

  1. Neffertiti het gesê op Mei 2, 2012

    Gerrit, tel die Nuwe Hervormers en die Renaissance kerk ook?

  2. gerritbrand het gesê op Mei 2, 2012

    Dit hang af van hoe jy daardie terme verstaan, gesien die spesifieke jaargange wat by die kongres aan die orde is.

  3. exionperfexi het gesê op Mei 2, 2012

    Ai. Dan sluit dit seker die *scientoloe”* ook uit
    (grappieeeee!)

  4. Neffertiti het gesê op Mei 2, 2012

    Gerrit, Nou wonder ek waarom skram jy weg?
    Sê net ja of nee.

    Jy weet mos dat ek en my man Ahkenathan die eerste monoteïstiese geloof begin het.
    Ons Son-motto is mos daar by Maties se teologiese fakulteit:

    Sol iustitiae lustra nos.

  5. gerritbrand het gesê op Mei 2, 2012

    Wat beteken bang? Ken jy daardie Asterix-strokie waarin die Nore op ‘n reis gaan om uit te vind wat vrees is?

    In elk geval, oor Nuwe Hervormers en sulke dinge word baie gepraat, maar nie alles gaan daaroor nie. Hier gaan dit oor ‘n stukkie geskiedenis oor ‘n tydvak in die kerke se hantering van die hele apartheidsproblematiek.

  6. Neffertiti het gesê op Mei 2, 2012

    Die Apartheidsproblematiek sluit mos by implikasie alle blankes in, of hoe?

    Is jou antwoord nou ja of nee?
    Ek is nie lid van een van die bewegings nie, ek wonder maar net hoe gaan die bestuur daarop reageer as daar snaakse vrae is.

  7. gerritbrand het gesê op Mei 2, 2012

    Alle blankes is ‘n groot woord. Hoe definieer jy in elk geval blank? Wat ek wel weet, is dat die meeste Italianers, baie Engelssprekendes ens nie self aan Gereformeerde/Hervorme kerke behoort het of behoort nie, maar die meeste Afrikaners wel. Die meeste mense in die betrokke kerklike tradisie is egter nie wit nie. Of enige vrae welkom is? Uiteraard. Dis waarvoor kongresse mos daar is.

  8. exionperfexi het gesê op Mei 2, 2012

    chip ek al weer ongevraagd in, skuus . maar as snaakse vrae gevra word sal die bestuur seker lekker kan saamlag ?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.