‘n Komplekse vraag – die beste soort

April 26, 2012 in Sonder kategorie

Die nuwe essays bly instroom. Ag, dis lekker om mense te vra om te skryf, en dan doen hulle dit! Dis ‘n bietjie soos om dit dink: hier is iets waaroor ek graag verder sal wil nadink, maar ek gaan nie daarby uitkom nie; kom ek vra vir …

In hierdie geval is dit een van ons land se voorste kenners op die terrein van nadenke oor kompleksiteit, Rika Preiser, wat ingestem het – met dien titel “Wat is kompleksiteit?“. Wie in daardie onderwerp belangstel, moet dit dadelik gaan lees. (Wie nie daarin belangstel nie, mag nie!) Ek probeer my ‘n bietjie op hierdie gebied oriënteer, ‘n egte beginner, maar ‘n na-doktorale student by ons in Stellenbosch, Gys Loubser, het hom werklik daarin begin verdiep. Op die gebied van joernalistiek as vakgebied het iemand soos Gawie Botma weer die terrein begin verken.

Naas ons nuwelinge op die veld, is daar die egte kenners, en Preiser is een van hulle, so lees en leer. En laat ons dan gedagtes wissel.

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

6 antwoorde op ‘n Komplekse vraag – die beste soort

  1. Neffertiti het gesê op April 26, 2012

    Gerrit, sluit jou vraag die manewales, fobies en drange van die mens in?

  2. Natuurlik!

  3. HeavyHenry het gesê op April 27, 2012

    Ek dink hierdie mense het iets oor die onderwerp te se:

    http://www.elsewhere.org/pomo/

  4. Vertel meer?

  5. HeavyHenry het gesê op April 27, 2012

    *grin*

    Het jy daar gekyk? Dis ‘n komper gegenereerde opstel – elke keer anders as jy die skakel volg – oenskynlike kompleksiteit maar tog gedryf deur reels…

    Die punt wat ek miskien wil maak is juis dit – dat wat vir ons lyk na iets chaoties is miskien net so omdat ons nie die onderliggende enjin wat die verskynsels dryf verstaan nie.

    Volg die skakel ‘n paar keer en kyk elke keer wat jy kry – probeer dan uitwerk hoe dit werk, sonder om agter in die boek te kyk.

  6. Merkwaardig! En interessant. Dankie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.