Hoe ekovriendelik is die reismedia?

April 25, 2012 in Sonder kategorie

Ons word alewig vertel van “ekovriendelike” reise, vakansies, avonture. Onlangs het selfs 50/50 met ‘n spesifieke handelsmerk 4/4-motor “ekovriendelik” gaan rondry – ‘n kontradiksie, maar ook ‘n teleurstellende geval van die verstrengeling van inhoud met bemarking.

Nou ja, ‘n hoog gerespekteerde redakteur, tot onlangs nog, op die gebied van reispublikasies, Gerrit Rautenbach, het ‘n lekker LitNet-essay getitel “Hoe ekovriendelik is die reismedia?” geskryf wat die moeite werd is om te raadpleeg. Ek is bly ek kon hom oorreed om die essay vir LitNet te lewer, en soos net hy dit kan doen, lees dit lekker én kyk dit dieper. Lees dit en kom gesels hier saam daaroor. 

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

5 antwoorde op Hoe ekovriendelik is die reismedia?

  1. Stefaansie het gesê op April 25, 2012

    ‘n Baie interessante en verantwoordelike artikel. Of dit die bulle uit die glaswinkel sal hou is egter te betwyfel. Ons is maar geneig om vir al wat leef en beef ons speelgoed te vertoon. Grootdoenerigheid ten koste van die ekologie ?
    As ek nie verkeerd is nie is dit mos wyle Fanus se spruit ?

  2. Wat van al die elektronika wat hulle adverteer en aanmoedig en vergelyk (Dink GPS en so)
    Hoe ekovriendelik is hierdie ou goedjies?
    My baie subjektiewe opinie is dat die reismedia slegs ‘n besigheid is soos enige ander, wat ‘n niche mark gesoek het.

  3. Goeie punt! Hoeveel “omgewingsvriendelike” praktyke, ook op ander terreine, slaan die omgewing selfs nog harder as die gewone omgewingsONvriendelikes?

  4. Jip, hy is. En die talent is oorerflik!

  5. Presies! Ek is baie skepties oor sulke dinge. Kyk maar na die sg kragbespaar gadgets ook. Wat het dit die omgewing gekos om te vervaardig?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.