Jy blaai in die argief vir 2012 Maart.

Afrikafilosofie en taalpolitiek in Afrika

Maart 24, 2012 in Sonder kategorie

‘n Artikel van my oor Afrikafilosofie en taalpolitiek in Afrika het ‘n tydjie gelede in Language Matters verskyn. Dit begin so:

Language politics – and more specifically relations between historically African languages on the one hand, and languages with a colonial origin on the other – is an unavoidable subject in any serious refl ection on the future of the continent (Brock-Utne 2002, 6–21). My aim in this article is to contribute to African discussions on language politics by drawing on the resources of African philosophy …

Klik hierop om verder daaraan te lees en hier saam te gesels.

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe isnkrywings op hierdie blog ingelig te word.

‘n Intelligente essay oor seksualiteit

Maart 21, 2012 in Sonder kategorie

Die jongste LitNet-essay, “Moeilik om te begryp, gelees teen hierdie landskap“, is geskryf deur Charlene van der Walt. Regtig die moeite werd om te lees! Sy lig die vlak van debatte oor seksualiteit tot ‘n meer gesofistikeerde vlak. Ons leef in ‘n tyd van simplistiese denke. Deur goeie essays kan dit uitgedaag word, soos Charlene hier doen. Sy was ‘n na-doktorale genoot aan die fakulteit teologie van die Universiteit Stellenbosch, en skryf nou vir Inclusive and Affirming Ministries.

Een van die grootste probleme met standaard-gesprekke oor byvoorbeeld homoseksualiteit (naas simplistiese Skrifgebruik en gewone vooroordeel), is dat komplekse begrippe rondom seksualiteit gebruik word asof dit eenvoudig is, en sonder enige besef van die ideologiese dinamika daarvan.

(Julle kan gerus ook kyk na hierdie interessante aanlyn gesprek oor die onderwerp  – nogmaals op ‘n meer deurdagte wyse as die gangbare.)

Lees dit en kom gesels hier verder daaroor. Maar asseblief mense: doen dit om hemels naam tog op ‘n intelligente, deurdagte en beskaafde manier!

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

Bosma-tika: menings oor Afrikaanse reaksies op die Nederlandse politikus Martin Bosma

Maart 15, 2012 in Sonder kategorie

Die jongste miniseminaar wat ek aanmekaargetimmer het – met Ingrid Scholtz, Piet le Roux en Hendrik Theys as bydraers – gaan oor die vraag hoe Afrikaanse mense met die Nederlandse politikus Martin Bosma, wat onlangs Suid-Afrika besoek het, moet reageer. Die vraag ontstaan deurdat Bosma, soos die verregse Partij voor de Vrijheid waarvan hy lid is, sy besorgdheid oor Afrikaans uitspreek, parlementêre inisiatiewe in Nederlands loots om druk op die SA regering te plaas oor sy behandeling van Afrikaans, en – om sake verder te kompliseer – as verkose politikus met die Nederlandse Taalunie (NTU) gemoeid is. Laasgenoemde, waarin Nederland, Vlaandere en Suriname amptelik in belang van Nederlands, maar toenemend ook van Afrikaans, optree, is in beginsel partypolities neutraal en ‘n belangrike buitelandse vennoot van Afrikaans.

Heelwat van die berigte en debat oor Bosma se besoek aan SA het van die aanname uitgegaan dat hy onder meer namens die NTU hier was. Dit het later egter geblyk dat dit nie die geval was nie. Die “spanning” wat sommiges beleef het tussen sy amptelike NTU-funksie, wat van belang van Afrikaans is, en sy verregse partypolitieke funksie, wat vir die meeste Afrikaanssprekendes problematies is, was grootliks dus ongegrond. Dit blyk nou selfs onduidelik te wees of hy sy party hier verteenwoordig het!

Die Afrikaanse Taalraad (ATR), wat meer as 40 Afrikaanse organisasies en hul honderde lede verteenwoordig, het ‘n sterk kritiese standpunt ingeneem deur dit aan Bosma oor te dra “dat sy Nederlandse Partij voor de Vrijheid (PVV) se houding teenoor Moslems nie vir die ATR aanvaarbaar is nie”, want “baie Afrikaanssprekendes is Moslems”. Hieraan het die ATR se voorsitter, Michael le Cordeur, toegevoeg: “Afrikaans is in die hande van sy sprekers, en ‘nie van politici wat ons wil misbruik vir hul eie doelwitte nie’.” Verder is beswaar gemaak teen Bosma en andere in die PVV se miskenning van Afrikaans se diversiteit deur telkens na Afrikaanssprekendes as Afrikaners te verwys, terwyl nie net mense wat hulself as Afrikaners beskou Afrikaans as moedertaal het nie: “Afrikaans is nie gelyk aan Afrikaners nie.”

Die punt hier is nie om die begrip Afrikaner te verwerp nie, maar daarop te wys dat, behalwe Afrikaners, ook ander groeperinge Afrikaans gebruik. In Jan Rabie se woorde: “Afrikaans is Suid-Afrika se grootste nierassige prestasie.” In die ATR is lankal ooreengekom dat gesamentlik in belang van Afrikaans as gedeelde erfenis opgetree kan word, al is daar ideologiese en identiteitsverskille tussen ledeorganisasies. Daarom word deurgaans ‘n onderskeid gemaak tussen Afrikaner- of Bruin belange (en hul debatte met andere in die ATR wat nie daardie belange wil bevorder nie) enersyds, en Afrikaans-belange andersyds. Die gevoel is nou dat Bosma en kie hierdie posisie, wat oor jare se gesprekke verwerf is, ignoreer en ondergrawe. Daarom het ‘n ATR-ledeorganisasie soos die FAK, wat uitgesproke Afrikaner-belange bevorder, maar erkenning daaraan gee dat Afrikaans wyer strek, byvoorbeeld ook gesê: “Die FAK is geen vriend van die PVV nie.”

Persoonlik (ek praat namens niemand nie!) beskou ek die PVV as ‘n fascistiese organisasie wat willens en wetens etniese konflik in Nederland opjaag. Hul leier, Geert Wilders, is om dié rede selfs toegang tot Brittanje geweier. Die beste wat die Afrikaanse gemeenskap nou kan doen, is om alle samewerking met Bosma en kie van die hand te wys. Selfs waar opsigself regverdigbare mosies in die Nederlandse politiek deur sulke verregses voorgestel, of deur ander aksies uit daardie kring opgeneem word, moet die duidelik antwoord uit Afrikaanse kringe wees: nee dankie. Enige korttermyn-voordele vir Afrikaans sal op die langduur negatiewe nadele vir die taal inhou. Afrikaanses kan veel meer vir die taal bereik deur ‘n sterk standpunt teen enige Bosmatiese uitgroeisels van etniese haat en vooroordele in Europa in te neem.

Wat in elk geval gesond is, is dat Afrikaanse mense hieroor ‘n ingeligte en intelligente gesprek kan voer, en dat geen ernstige deelnemer aan die gesprek hand om die blaas met ‘n figuur soos Bosma of sy party sit nie. Gaan lees die drie bydraes en kom deel julle gedagtes hier.

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

‘n Grondwetkenner is bekommerd

Maart 13, 2012 in Sonder kategorie

Die jongste LitNet-essay gaan oor “Grondwetlike demokrasie in ‘n eenparty-dominante demokrasie“, geskryf deur Pierre de Vos. Ja, dis hoe ver dinge al gegaan het – dat ons oor die oorlewing van ons Grondwet begin wonder …

‘n Paar gedagtes van my kant: Ons moet wegkom van die diskoers waarvolgens die ANC die einste Grondwet waarvoor sy geveg het nou ondergrawe. Ons Grondwet was die resultaat van onderhandelings tussen meer as een belangegroep. Die enigste party in daardie onderhandelings wat ooit só ‘n tipe Grondwet wou gehad het, was die DP (deesdae die DA, vroeër jare die PFP, nog verder terug … en so aan). Nie dat dit nou ‘n party is of was waaroor my hart vol emosie klop nie! Buitendien het die DP geen betekenisvolle groepering verteenwoordig nie, en was hul belange van weinig betekenis. Die twee belangrikste onderhandelaars – die NP en die ANC – was tot op daardie stadium om verskillende redes sterk gekant teen die soort Grondwet wat ons vandag ken.

Menseregte? Ek onthou filosowe, teoloë, politieke kommentators, politici en ander “denkers” uit NP-, meestal Broederbond-kring wat selfs die konsep van menseregte bevraagteken of afgeskied het – as humanisties (asof dit iets slegs is!), selfs kommunisties (absurd, maar só het die koppe toe gewerk). Waar daar wel erkenning aan menseregte gegee is, was die oortuiging dat dit nou ook nie oordryf moet word deur byvoorbeeld ‘n handves teen te staan waarin sulke regte daadwerklike regstatus kry. Dit sou te veel gevare inhou, gesien die unieke situasie in Suid-Afrika, met die kommuniste wat die land sal oorneem. Die soort logika wat lui: ter wille van menseregte moet menseregte nie toegeken word nie, want menseregte sal die einde van menseregte beteken. Wonderlike materiaal vir ‘n eerstejaar-filosofiekursus oor onlogiese drogredenasies.

Die ANC het tot baie kort voor die onderhandelde skikking nog daaraan vasgehou dat ‘n veelpartystelsel ongewens is, en was nie te vinde vir ‘n liberale demokrasie nie. Menseregte is meer in die Stalinistiese lyn verstaan as ‘n samelewing wat op die langduur in almal se belang is – wat as rede dien hoekom DIE PARTY alle mag moet besit en geen teenstand durf dult nie. In ANC-kringe is die onderhandelde Grondwet met heelwat teleurstelling begroet: ons het nie gekry wat ons wou hê (absolute mag) nie, maar dis beter as wat ons sou gehad het as ons nie die skikking bereik het nie.

Die rede hoekom die ANC nie van die soort Grondwet gehou het wat ons toe gekry het nie, is dat hulle geweet het dit sal hul mag beperk. Dis die hele punt daarmee! Wanneer pres. Zuma sê die ANC is belangriker as die Grondwet, of dat die Grondwethof hom nie met beleidsake moet bemoei nie (‘n bietjie soos om te sê sokkerspelers moet hulle nie met sokker bemoei nie), praat hy gewoon die taal van die ANC. Daar is niks nuuts aan nie. Vandaar dan ook die druk op die Grondwet, soos die nuwe “ondersoek” na dié se uitwerking op armoede en so meer. Van wanneer af moet ek Grondwet armoede verlig? Ek dog dis juis een van die regering se take en dat die Grondwet die regering daarvoor verantwoordelik moet hou!

En die liberales? Wel, ‘n jaar gelede bevind die hof, heeltemal tereg, dat die regering nog al die jare die Grondwetlike vereistes oor taalbeleid oortree. Daaroor was die liberales nie bekommerd nie, en is hulle nog steeds nie. Nou ja, as sekere regte nie so belangrik is nie, hoekom dan die ander? Daarom wonder ek soms hoekom hulle nou so verbaas is.

Beteken dit ‘n Grondwet is onbelangrik? Alles behalwe! Dis juis wat dit belangrik maak: dat ons nooit naïef word oor die goeie bedoelings van politici nie. Dis juis as regeerders vertrou kan word dat ‘n Grondwet nie nodig is nie. ‘n Grondwet, veral menseregte, is iets om voor te baklei. Dit sal dit ook altyd wees. Aluta continua.

Wat dink julle? Maar lees darem eers Pierre se essay voordat julle kommentaar daarop lewer! En lewer die kommentaar dan sommer hieronder. Laat ons gesels.

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

Leon Rousseau – passie vir taal dra steeds vrug

Maart 8, 2012 in Sonder kategorie

Gerrit Brand het op sy beurt ’n persoonlike hulde gebring aan die talle leesure wat Rousseau se werke al vir hom en sy gesin beteken het …

Klik hierbo om verder aan die berig in Die Burger oor die Woordfees se Rousseau-aand te lees.

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

Cloete en Hambidge reageer op my gedagtes

Maart 8, 2012 in Sonder kategorie

‘n Tyd gelede het ek ‘n artikel oor “Gender, ubuntu en geweld” hier op DinkNet geplaas. In ‘n mini-webseminaar reageer Anita Cloete en Joan Hambidge daarop. Die derde persoon wat gevra is om deel te neem het toe nooit haar opwagting gemaak nie. Gelukkig kan enigiemand wat wil hieronder reageer. Lees dus en praat terug!

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

Die AHI as ekonomiese spreekbuis

Maart 8, 2012 in Sonder kategorie

Christo van der Rheede, onder meer bekend as voormalige skoolhoof en uitvoerende direkteur van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, is onlangs deur die Afrikaanse Handelsinstituut aangestel – waarskynlik deels op grond van sy diepgaande denke die afgelope jare oor die ekonomiese krag van tale wat bemagtig word. As direksielid van die Afrikaanse Taalraad het hy ook ‘n reusebydrae gelewer – van die oprigting tot vandag nog. Hy is ‘n onafhanklike gees, ‘n skerp en kritiese denker, belese en altyd steeds lesend (oor allerlei onderwerpe), en iemand wat ek leer ken het as ‘n mens met integriteit wat waarheid en die belang van die samelewing bo sy eie belange stel.

In die jongste LitNet-essay skryf hy oor hoe hy die AHI se rol en visie sien. Of u nou saamstem of daaroor verskil, opgewonde of skepties is, die organisasie met bewondering of agterdog bekyk – of hoe jy ook al dink (my raad is mos: dink net!), lees sy stuk en kom gesels hier daaroor saam.

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

Help ons help

Maart 8, 2012 in Sonder kategorie

http://www.givengain.com/activist/56368/projects/2370/

Kinders hê doen dinge aan ‘n mens – nie altyd so maklik nie! My seun Simon wou die Argus ry vandat hy verlede jaar die ouderdom van 13 bereik het, wat hom toestemming gee om deel te neem. Maar hy wil dit nie alleen doen nie, dus Pappa moet … Ja, inderdaad! Ek moet dus die Argus ry – iets wat ek nooit self sou gekies het om te doen nie. Ek is nie eens gek oor fietsry nie. Maar hoe kan ‘n mens nou jou eie kind se entoesiasme oor só ‘n gesonde en heldhaftige projek teëgaan? Daarom toe maar: OK, Simon, ons doen dit.

Oeps, maar toe ontdek ek ons is te laat vir inskryf. Gelukkig laat iemand my egter weet dat ‘n groep fietsers met hul Argus geld gaan insamel vir die Skool van Outisme in die Paarl, en dat daar nog plek vir ‘n aantal mense is. Geen verskoning dus meer nie, en ons sluit aan. Ons gaan dus ry, vir ‘n goeie saak, maar nie uit inherente goedheid nie – eerder uit ‘n toevallige sameloop van omstandighede. Geen eer aan ons nie!

Die betrokke instelling verdien egter wel ons almal se ondersteuning. Julle is almal beter mense as ek. Daarom weet ek julle sal uit suiwer onselfsugtige redes die insameling steun deur hierbo te klik en op die webwerf jul skenking in te betaal.

Die tyd is egter min, en die einde naby! Komman, help ons, en help die outiste!

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

Na-doktorale navorsingsgenootskap / Postdoctoral Research Fellowship

Maart 6, 2012 in Sonder kategorie

Omvang van navorsing: Teologie en kompleksiteit in interdissiplinêre verband

Die navorsing moet uitloop op oorspronklike, hoë-gehalte- akademiese publikasies (verkieslik in meer as een taal); die ontwikkeling van ’n aanlyn bibliografie van bestaande literatuur wat relevant is vir die navorsingstema; en noue samewerking met die Sentrum vir Kompleksiteitstudie aan die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Studie, wat insluit die organisering van interdissiplinêre simposia oor die navorsingstema.

Vereistes:

• Doktorsgraad in teologie (moes in die afgelope vyf jaar gegradueer het) • bewese navorsingservaring op die gebied van (empiriese) wetenskap en godsdiens, en meer spesifiek sake wat met kompleksiteitsdenke verband hou • die vermoë om op ? akademiese vlak oor dissiplinêre grense heen te skakel • verkieslik, ervaring in die opbou van ’n aanlyn forum

Aanvang van take: So gou moontlik

Sluitingsdatum: 9 Maart 2012

Navrae: Skakel me. Wilma Riekert gedurende werksure by 021 808 3572

Stuur ’n aansoekbrief, saam met ’n uitgebreide curriculum vitae, wat insluit die name en kontakbesonderhede van minstens twee referente, na dr. Gerrit Brand, fakulteit teologie, Universiteit Stellenbosch, Dorpstraat 171, Stellenbosch 7600.

Aansoekers moet hul referente versoek om vertroulike verslae teen die sluitingsdatum direk aan dieselfde adres te rig.


Postdoctoral Research Fellowship

Scope of Research: Theology and Complexity in an Interdisciplinary Perspective

The research must result in original high-level academic publications (preferably in more than one language), the development of an online bibliography on existing literature relevant to the research theme, and close cooperation with the Centre for Studies in Complexity at the Stellenbosch Institute for Advanced Study, including arranging interdisciplinary symposia on the research theme.

Requirements: A PhD in Theology (must have graduated within the last five years) • proven research experience in the field of science and religion, and more specifically issues relating to complexity theory • the ability to interact at an academic level across disciplinary boundaries • preferably, experience in building up an online forum.

Commencement of duties: As soon as possible

Closing date: 9 March 2012

Enquiries: Contact Ms Wilma Riekert during working hours at 021 808 3576

Send a letter of application, accompanied by a comprehensive curriculum vitae, including the names and contact details of at least two referees, to Dr Gerrit Brand, Faculty of Theology, Stellenbosch University, 171 Dorp Street, Stellenbosch 7600.

Applicants should request their referees to forward confidential reports by the closing date, directly to the same address.

Lucia Brand posted on your Wall 

“(SCROLL DOWN FOR THE ENGLISH VERSION)

Ná-doktorale navorsingsgenootskap: US Fakulteit Teologie
Gepubliseer op | Posted on March 5, 2012
Geskryf deur | Written by News Desk

Omvang van navorsing: Teologie en kompleksiteit in interdissiplinêre verband

Die navorsing moet uitloop op oorspronklike, hoë-gehalte- akademiese publikasies (verkieslik in meer as een taal); die ontwikkeling van ’n aanlyn bibliografie van bestaande literatuur wat relevant is vir die navorsingstema; en noue samewerking met die Sentrum vir Kompleksiteitstudie aan die Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Studie, wat insluit die organisering van interdissiplinêre simposia oor die navorsingstema.

Vereistes:

• Doktorsgraad in teologie (moes in die afgelope vyf jaar gegradueer het) • bewese navorsingservaring op die gebied van (empiriese) wetenskap en godsdiens, en meer spesifiek sake wat met kompleksiteitsdenke verband hou • die vermoë om op ? akademiese vlak oor dissiplinêre grense heen te skakel • verkieslik, ervaring in die opbou van ’n aanlyn forum

Aanvang van take: So gou moontlik

Sluitingsdatum: 9 Maart 2012

Navrae: Skakel me. Wilma Riekert gedurende werksure by 021 808 3572

Stuur ’n aansoekbrief, saam met ’n uitgebreide curriculum vitae, wat insluit die name en kontakbesonderhede van minstens twee referente, na dr. Gerrit Brand, fakulteit teologie, Universiteit Stellenbosch, Dorpstraat 171, Stellenbosch 7600.

Aansoekers moet hul referente versoek om vertroulike verslae teen die sluitingsdatum direk aan dieselfde adres te rig.

*

Postdoctoral Research Fellowship

Scope of Research: Theology and Complexity in an Interdisciplinary Perspective

The research must result in original high-level academic publications (preferably in more than one language), the development of an online bibliography on existing literature relevant to the research theme, and close cooperation with the Centre for Studies in Complexity at the Stellenbosch Institute for Advanced Study, including arranging interdisciplinary symposia on the research theme.

Requirements: A PhD in Theology (must have graduated within the last five years) • proven research experience in the field of science and religion, and more specifically issues relating to complexity theory • the ability to interact at an academic level across disciplinary boundaries • preferably, experience in building up an online forum.

Commencement of duties: As soon as possible

Closing date: 9 March 2012

Enquiries: Contact Ms Wilma Riekert during working hours at 021 808 3576

Send a letter of application, accompanied by a comprehensive curriculum vitae, including the names and contact details of at least two referees, to Dr Gerrit Brand, Faculty of Theology, Stellenbosch University, 171 Dorp Street, Stellenbosch 7600.

Applicants should request their referees to forward confidential reports by the closing date, directly to the same address.” 

Reply to this email to comment on this Wall post.  

Gekom om te dra

Maart 1, 2012 in Sonder kategorie

My jongste rubriek in die Kerkbode:

“God het dit aan die bas gevoel,” laat glip ‘n predikant dit in ‘n oomblik van diep nadenke en emosie oor die belangrikste geloofsvraag, so raak opgesom in die teoloog Bram van de Beek se boek Waarom? Over lijden, schuld en God. Die gesprek vind plaas in een van Communitas se kursusse vir voortgesette bedieningsopleiding in Stellenbosch. Daar is ‘n oomblik van ongemaklike stilte: ons kan mos nie só oor die Heilige God praat nie? Dan kom die gesamentlike besef: Ons kán so oor God praat; ons móét selfs! Ons bely mos dat God regtig mens geword het, nie “soort van” nie.


Soms word die eienaardigste gedagte ‘n toetssteen vir ware geloof. In die vyfde eeu ontstaan byvoorbeeld ‘n hewige twis in Efese oor die populêr geworde eretitel Teotokos, “God-baarder”, vir Maria. Stephen Need verduidelik die agtergrond hiervan in sy boek Truly Divine and Truly Human: Voorheen is die godin Artemis met groot peïteit in daardie streek aanbid, en namate die bevolking verchristelik, en Artemis afgesweer, is, het die behoefte ontstaan om in haar plek ‘n Christelike vrouefiguur, indien nie te aanbid nie, dan ten minste te vereer. En daarvan getuig die Bybel mos: Maria is die vrou wat aan Christus geboorte geskenk het!


Gesien dié agtergrond, is dit seker nie vreemd dat Nestorius, toe ‘n aartsbiskop, ongemaklik met die populêre titel was nie. Sy argumente het egter nuwe vrae opgeroep. Só betoog hy dat, as Maria die moeder van God was, dit sou beteken dat God gebore is, of op ‘n sekere datum drie jaar oud was – en dit is tog onmoontlik! God is in ewigheid immers onveranderlik en kan nie ly nie.


Maar is dit waar? kan ‘n mens vra. Maak Nestorius hiermee nie sekere spekulatiewe idees oor hoe God móét wees (idees ontleen aan die Griekse filosofie) normatief vir wat Christene mag bely nie? Moet die getuienis van die eerste Christene, soos weerspieël in die vroegste tekste, nie eerder ons “natuurlike” Godsvoorstellings onder kritiek stel, suiwer, selfs op hul kop keer, nie? Paulus skryf mos oor Jesus, die Een wat uit God self “gestuur” is en God se eie “Gees” dra, dat Hy “uit ‘n vrou gebore” is (Gal. 4:4-6). As dit nie by ons prentjie van goddelikheid pas nie, dan weg met ons prentjie! Om daaraan vas te klou is om dan tóg die eenheid van God en mens in Christus te bevraagteken. Daarom word uiteindelik deur die Konsilie van Efese bevestig dat Maria as Theotokos bely móét word – ook al staan dit nêrens uitdruklik in die Bybel nie.

Daar is raakpunte met die dominee se uitlating die ander dag oor God se “voel aan die bas”. Wie uit ‘n vrou gebore is, op ‘n stadium drie jaar oud was, “mense van vlees en bloed” na hom getrek het deurdat Hy “soos hulle mens geword” (Heb. 2:14) het, was “in elke opsig net soos ons” (Heb. 4:15). Ook Hy het “gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane” (Heb. 5:7). Hy het dit die moeite werd geag om die waardigheid van mens wees, en daarmee die weerloosheid, die breekbaarheid, op hom te neem.


Van de Beek skryf in sy Jezus Kurios: “God is niet gekomen om de wereld moreel te verbeteren, maar om die te dragen.” Op die vraag hoekom God ‘n wêreld skep waarin lyding moontlik, selfs onvermydelik, is, kan moeilik ‘n antwoord gegee word, behalwe dan om te onthou dat dié God ons nie aan onsself oorlaat nie, maar tot een van ons ontledig word (Fil. 2:7) – dit aan eie bas kom voel.

Vleeswording en kruisiging, epifanie en lydenstyd, is twee kante van ‘n munt.

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.