Ballingskap – Israel en Palestina

Februarie 28, 2012 in Sonder kategorie

Israel-Palestina – ‘n konsep wat, nog afgesien van al die ryk (en dikwels kriewelrige) godsdienstige herinnerings uit die verre verlede, altyd nuwe emosies wek. Marthie Momberg het onlangs ‘n uitgebreide besoek gebring en deel haar ervarings en gedagtes oor die krisis daar. Soos alle komplekse situasies is dit … nou ja, kompleks. Tog is ek geneig om met Marthie saam te stem dat Israel sistematiese internasionale reg oortree en dat soveel van wat hierdie staat tans aanvang doodgewoon onregverdigbaar is. Dit maak nie van Palestyne engeltjies nie – dit is gee van ons nie! Maar dit maak duidelik dat sterk en glashelder teen die staat Israel se hantering van die situasie standpunt ingeneem moet word – soos onder meer talle kerke nou ook doen.

Lee gerus Marthie se LitNet-essay hieroor en kom lewer hier kommentaar. Laat ons praat!

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

11 antwoorde op Ballingskap – Israel en Palestina

  1. avega het gesê op Februarie 28, 2012

    Ek het onlangs Pamela Olsen se boek “Fast Times in Palestine” gelees. Sy (Amerikaanse joernalistiek student) het ‘n jaar in die Wesbank gewerk en die boek gee ‘n oorsig oor normale Palestyne se lewe elke dag. Dis honderd maal erger as apartheid. En Israel steur hulle nie aan enige iemand nie, hulle gaan sistematies aan om die Palestyne se lewe hel te maak en hul grond te onteien. Dis tyd dat die wêreld Israel verantwoordelik hou vir hulle dade. Maar ek stem saam dis ‘n baie komplekse situasie. En daar gaan meer agter die wêreldskerms aan as wat mens dink.

  2. Ek sou nie graag my mening NAMENS die Palestyne of die Israeli’s wou lug nie omdat ek slegs weet wat daar aangaan gebaseer op dit wat in die media verskyn. Ek dink wel dat daar ‘n eenvoudiger oplossing as hierdie menseregteskendings MOET wees en dat die twee partye maar net nie verby hul etnisiteit/nasionaliteit/politiekery wil sien hoe die breër samelewing daaronder ly nie.

  3. Swaai n towerstaffie en verenig die gebied.
    Verkiesings wat die Palesteine oorweldigend in beheer plaas. M.A.W die Suid Afrikaanse oplossing.
    Die Jode woeker modern voort en versorg die Palesteine. n Grondwet beskerm godsdiensvryheid.
    Eindelose grondeise en reparasies en voet wassery ?Haalbaar ?

  4. Ek het lankal geleer om nie kant te kies tussen lande wat albei krimineel optree nie.

    Plaas hulle eerder eerlik is en die een land Zionland noem, want Israeliete in die bloed sin van die woord is min van hulle wat daar woon.

  5. En geld dit nie alle slegte situasies nie – die kompleksiteit? En tog moet dit ons nie moreel verlam nie.

  6. In SA (so het veral Neville Alexander mooi aangetoon) kon “vrede” gemaak word weens ‘n magsbalans wat op ‘n gegewe moment ontstaan het. In die streek waarvan ons hier praat, is daar egter ‘n totale wanbalans: Israel het al die mag, Palestina niks. Die vreeslike dinge wat sommige Palistyne soms doen, het magsgewys byna geen impak nie (juis dit maak dit so sinneloos!). In daardie sin is Israel die “skuldige”, en moet die internasionale druk daar val. Helaas gebeur juis die teenoorgestelde nog grootliks. Dit maak die situasie net erger.

  7. Onwaarskynlik. Maar wat van dat Israel ophou om op rassegronde teen Israelies van Palestynse afkoms te diskrimineer, Palestynse grond in die Palestynse gebied afvat, basiese menseregte oortree, ens, ens, ens? Hulle doen dit nie, want hulle hoef nie, want daar is nie egter druk nie, of hoe?

  8. Kan ‘n mens van die stryd daar as een tussen twee lande praat? Gaan dit nie oor een land wat ‘n ander land geheel en al domineer en onderduk nie? Daar is geen magsbalans nie. Dink aan die Russe se ingreep in Tjegoslovakye of Hitler se inname van swakker gebiede in sy omgewing. Tragies. Partykeer word te veel aan die ideologiee toegeskryf, terwyl die aard van die magsverhoudings misgekyk word.

  9. avega het gesê op Februarie 28, 2012

    Soos die Bybel sê “Righteousness and justice are the foundation of God’s throne.” maar in hierdie geval word reg en geregtigheid ‘n ‘blur’.

  10. Die Israelies is tweegesig jakkalse.

  11. gerritbrand het gesê op Maart 1, 2012

    Ek is nie seker oor jou punt nie, Maryne? In elk geval, dat daar problematiese tekste in die Bybel staan, kan nie bestry word nie. Teologiese interpretasie van Bybelse geskrifte is geen eenvoudige saak nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.