Mensliker as mense

Februarie 16, 2012 in Sonder kategorie

My vorige rubriek in die Kerkbode:


Epifanie, die tyd in die kerklike jaar wat met Kersfees, die viering van Jesus se geboorte, begin en tot Lydenstyd duur, gaan oor die inkarnasie – God se menswording. “Inkarnasie” kom van die Latynse karne, wat vlees of vleis beteken. Van vroeg af bely Christene dat ons in ‘n mens wat gebore is, gesterf het en begrawe is met God te doen gehad het – meer nog: dat ons in dié mens se opgestane, verheerlikte lyflikheid steeds met God self te doen het, tasbaar soos in twee of drie wat in sy naam saamkom om brood en wyn te deel, die liggaam van Christus.


Vir baie mense is dit óf mitologies, óf absurd. “Jy glo tog nie dat Jesus God was nie?” vra ’n “nuwe hervormer” (om nie te praat van dat hy steeds God ís nie!). Meer behoudendes bely wel die vleeswording, maar skop dikwels teen die prikkels daarvan. Dat Jesus God was, word dan só verstaan dat hy nie alte menslik en vleeslik was of is nie.


Dié twee reaksies verskil nie veel nie. Albei verklap ’n Godsbeeld wat nie met aardsheid strook nie, asof ons sommer net weet hoe God of “die absolute” moet wees: onbeweeglik, onaantasbaar, onaangeraak, buite die tyd – die teenpool van wat sigbaar, voelbaar en breekbaar is. Dis wat “misterie” of “transendensie” dikwels beteken: God as teenpool van die vlees. As God só is, is dit inderdaad vergesog om te glo “dat Jesus God was”. Of as hy dan tog God is, is hy nie vreeslik menslik nie. Só ‘n God kan nie mens word nie; só ‘n mens kan nie God wees nie.


Die Bybel praat anders – só anders dat Harry Kuitert oor “die mensvormigheid van God” skryf. N.T. Wright skets dit in The Challenge of Jesus: Die Bybel praat oor God as teenwoordig in tabernakel, tempel, vuur, donderweer en sagte briesie, en Jesus bied homself aan as God se nuwe tempel – iets wat sy dissippels glo en verkondig op grond van die opstanding wat dit bekragtig en só God se ware aard verklap.


Baie mense probeer wegkom van “mensagtige”, “antroposentriese” Godsvoorstellings, skryf CS Lewis. Dan onthou hy ’n meisie wat deur haar ouers in dié “nuwe denke” grootgemaak is om eerder oor God as volmaakte “substansie” te dink. Dit het nogal skeefgeloop, vertel Lewis: “In later life she realized that this had actually led her to think of Him as something like a vast tapioca pudding. (To make matters worse, she disliked tapioca.)”


Op die een of ander manier resonneer dit met Kolossense 3:2 se ironiese oproep, gerig op Christene wat met skynbaar hogere sake gemoeid is, om van sulke “mindere” dinge te vergeet en “op die dinge wat daarbo is” te konsentreer. Wat daar bo is, is “Christus, wat julle lewe is” (3:4) – sodat die eintlike “dinge daarbo” te doen het met menslike dinge soos geduldig wees en vergewe (3:13).


Iets hiervan hoor ons ook in Hosea 11:9: “Ek is God, nie ‘n mens nie.” Weerspreek dit nie die vleeswording nie? Lees weer, maar dié keer saam met die voorafgaande woorde: “Ek sal my gloeiende toorn bedwing, Ek sal nie so ver gaan en Efraim uitwis nie, want Ek is God, nie ’n mens nie.” Wat God anders as ons maak, is nie die afwesigheid van menslike worsteling nie: “hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? … Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk” (9). Die paradoks is dat geen ander boek in die Ou Testament mensliker oor God praat nie. Dis asof God mensliker as mense is!


Waar word dit sigbaarder as in die God-mens Jesus?

 

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.  

Epifanie, die tyd in die kerklike jaar wat met Kersfees, die viering van Jesus se geboorte, begin en tot Lydenstyd duur, gaan oor die inkarnasie – God se menswording. “Inkarnasie” kom van die Latynse karne, wat vlees of vleis beteken. Van vroeg af bely Christene dat ons in ? mens wat gebore is, gesterf het en begrawe is met God te doen gehad het – meer nog: dat ons in dié mens se opgestane, verheerlikte lyflikheid steeds met God self te doen het, tasbaar soos in twee of drie wat in sy naam saamkom om brood en wyn te deel, die liggaam van Christus.

Vir baie mense is dit óf mitologies, óf absurd. “Jy glo tog nie dat Jesus God was nie?” vra ’n “nuwe hervormer” (om nie te praat van dat hy steeds God ís nie!). Meer behoudendes bely wel die vleeswording, maar skop dikwels teen die prikkels daarvan. Dat Jesus God was, word dan só verstaan dat hy nie alte menslik en vleeslik was of is nie.

Dié twee reaksies verskil nie veel nie. Albei verklap ’n Godsbeeld wat nie met aardsheid strook nie, asof ons sommer net weet hoe God of “die absolute” moet wees: onbeweeglik, onaantasbaar, onaangeraak, buite die tyd – die teenpool van wat sigbaar, voelbaar en breekbaar is. Dis wat “misterie” of “transendensie” dikwels beteken: God as teenpool van die vlees. As God só is, is dit inderdaad vergesog om te glo “dat Jesus God was”. Of as hy dan tog God is, is hy nie vreeslik menslik nie. Só ? God kan nie mens word nie; só ? mens kan nie God wees nie.

Die Bybel praat anders – só anders dat Harry Kuitert oor “die mensvormigheid van God” skryf. N.T. Wright skets dit in The Challenge of Jesus: Die Bybel praat oor God as teenwoordig in tabernakel, tempel, vuur, donderweer en sagte briesie, en Jesus bied homself aan as God se nuwe tempel – iets wat sy dissippels glo en verkondig op grond van die opstanding wat dit bekragtig en só God se ware aard verklap.

Baie mense probeer wegkom van “mensagtige”, “antroposentriese” Godsvoorstellings, skryf CS Lewis. Dan onthou hy ’n meisie wat deur haar ouers in dié “nuwe denke” grootgemaak is om eerder oor God as volmaakte “substansie” te dink. Dit het nogal skeefgeloop, vertel Lewis: “In later life she realized that this had actually led her to think of Him as something like a vast tapioca pudding. (To make matters worse, she disliked tapioca.)”

Op die een of ander manier resonneer dit met Kolossense 3:2 se ironiese oproep, gerig op Christene wat met skynbaar hogere sake gemoeid is, om van sulke “mindere” dinge te vergeet en “op die dinge wat daarbo is” te konsentreer. Wat daar bo is, is “Christus, wat julle lewe is” (3:4) – sodat die eintlike “dinge daarbo” te doen het met menslike dinge soos geduldig wees en vergewe (3:13).

Iets hiervan hoor ons ook in Hosea 11:9: “Ek is God, nie ? mens nie.” Weerspreek dit nie die vleeswording nie? Lees weer, maar dié keer saam met die voorafgaande woorde: “Ek sal my gloeiende toorn bedwing, Ek sal nie so ver gaan en Efraim uitwis nie, want Ek is God, nie ’n mens nie.” Wat God anders as ons maak, is nie die afwesigheid van menslike worsteling nie: “hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk” (9). Die paradoks is dat geen ander boek in die Ou Testament mensliker oor God praat nie. Dis asof God mensliker as mense is!

Waar word dit sigbaarder as in die God-mens Jesus?

·         Gerrit Brand is ’n teoloog van Stellenbosch. Sy blog, DinkNet, kan by www.litnet.co.za gelees word. 

8 antwoorde op Mensliker as mense

  1. Hoe menslik was die god toe hy Sodom en Gomorra verwoes het?

  2. Sien jy dit as historiese feite? Hoe ook al (ek vind ateiste soms meer biblisisties as baie gelowiges), die verhaal skets ‘n beeld van Abraham se neef se God (hoe menslike!) wat hom kruwelik vererg oor ‘n misdaad teen die wet van gasvryheid wat in die soort wereld waaroor die verhaal gaan een van die hoogste waardes was. (Dink vergelykenderwys aan die storie oor Abraham wat met voorbeeldige gasvryheid twee vreemdelinge ontvang en gevoed het en toe ontdek dit was al die tyd God!) Verhale met ‘n baie menslike Godkarakter, sou ek se.

    Maar ja, as jy dit as feitelike boekstawing lees (modernes het dikwels minder verbeelding as semi-nomade van lank gelede), dan gaan jy (soos sekere Christelike biblisiste) bly vassteek by die vraag of dit dan nou OK was dat Lot sy dogter ipv die gaste vir die barbare gegooi het, of hoe dit dan regverdig is dat ‘n hele dorp, kinders en al, getref moet word. Dis maar mense wat praat, en mense (ook mense soos ek en jy) se blik is beperk: nuwe insigte in wat goed en mooi en reg is, het dikwels ‘n blinde vlek waardeur ander booshede misgekyk word. So menslik is die Bybel!

    Nou dink ek weer aan Abraham se onderhandeling met God: as daar 100 regverdiges (gasvryes) in die stad is, as daar 50 is, as daar 10 is … Ja, God sou hulle dan gespaar het, maar … Dis net ‘n storie, man, maar wat ‘n storie!

  3. Is dit nie juis ons menslikheid en die menslike onvermoë om buite die kapasiteit van ons brein te redeneer wat veroorsaak dat ons ons nie met ‘n Opperwese met menslike eienskappe kan vereenselwig nie, want dan word Hy te “swak” en te “vleeslik” (te veel soos ons) vir ons om na op te kyk? Ek dink die mens is te bang dat, indien hy God en Jesus as meer menslik en minder goddelik beskou, hy dit moeiliker sal vind om in Sy Almag, Alomteenwoordigheid, Alwetendheid te glo. It tarnishes the image of the Divine. Dis amper asof die – verskoon die swak vergelyking – “magic” dan weggeneem word en mense wil tog altyd ‘n bietjie van laasgenoemde in hul geloofslewe ervaar.

  4. So die Bybel is net ‘n storie? En hoe is Sodom en Gomorra net ‘n storie en Efraim ‘n bewys van God se menslikheid?

  5. Laat my dink aan die ou wat vertel het van die mooi digbundel wat hy in die biblioteek gelees het, en sy vriend wat toe reageer (hy hou nie van die biblioteek nie): “So die biblioteek is toe net ‘n digbundel?” Nee man! ‘n Biblioteek is ‘n biblioteek, anders was dit mos nie ‘n biblioteek nie?

    Oor Efraim: waar het ek die woord “bewys” gebruik? In Hosea is ‘n menslike skrywer aan die woord. Wat hy skryf, weerspieel ‘n sekere verstaan van God – ‘n alte menslike verstaan. Die genre verskil wel van die storie oor Sodom en Gomorra (Hosea vertel immers nie ‘n verhaal nie; dis ‘n profetiese teks), maar dit het met die storie gemeen dat dit ‘n God voorstel wat baie menslik is, en omgee oor wat mense met mekaar doen.

    Maar OK, as ‘n mens daarop aandring om ‘n biblioteek te lees asof dit ‘n fisika-hoofstuk in een trant is, dan sal die verskille vir jou vreemd en arbitrer lyk. So is dit.

  6. Ek dink jy vat ‘n belangrike sielkundige gegewe mooi vas. Maar ek dink ook dat, as die bekende ‘magic’ eers gesterf het, ‘n veel verbysterender ‘magic’ ontdek word. En dan kry ‘almag’, ‘alomteenwoordigheid’, ‘alwetendheid’ en derglike begrippe skielik ook ‘n ryker, lewender, bevrydender, troostender en versterkender betekenis.

    Neem almag as ‘n voorbeeld: Daar is ‘n soort mag wat nie ander se mag verminder nie, maar dit juis vermeerder. Daar is vorme van swakheid wat magtiger as baie vorme van reuse-mag is. Liefde is ‘n mag, en die prediker meen dis sterker as die dood. Vergelyk dit nou met daardie koue, afstandelike, onbeweeglike wese iewers in die verre heelal.

  7. Gerrit ek hou van jou uiteensetting van Jesus se goddelikheid en menslikheid.Die fout word so maklik gemaak om een kant te beklemtoon.

    Verskoon dat ek die saak weer opper maar jy het nie die debat oor gays afgesluit nie. Ek verwys na die rubriek: Wanneer God ‘n gay Christen roep, durf niemand in die weg daarvan staan nie.

    Jou lojaliteit teenoor ‘n senior student was opvallend en jy het ingeklim.Die konsekwensies is, myns insiens, dat jy ernstige probleme gaan hê om jou benadering teenoor gays met die Bybel te laat klop. Die uiteinde van die storie was dat jy my reaksie en minstens twee ander reaksies op jou rubriek nie beantwoord het nie. Kan jy nou vir ons ‘n antwoord gee, aan die hand van die Bybel? George

  8. george, die rede vir ‘n gebrek aan reaksies op verskeie stukke kommentaar, nie net daar nie, is gewoon tyd! Ek hoop om nog daarby uit te kom. Jammer!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.