Jy blaai in die argief vir 2012 Februarie.

Ballingskap – Israel en Palestina

Februarie 28, 2012 in Sonder kategorie

Israel-Palestina – ‘n konsep wat, nog afgesien van al die ryk (en dikwels kriewelrige) godsdienstige herinnerings uit die verre verlede, altyd nuwe emosies wek. Marthie Momberg het onlangs ‘n uitgebreide besoek gebring en deel haar ervarings en gedagtes oor die krisis daar. Soos alle komplekse situasies is dit … nou ja, kompleks. Tog is ek geneig om met Marthie saam te stem dat Israel sistematiese internasionale reg oortree en dat soveel van wat hierdie staat tans aanvang doodgewoon onregverdigbaar is. Dit maak nie van Palestyne engeltjies nie – dit is gee van ons nie! Maar dit maak duidelik dat sterk en glashelder teen die staat Israel se hantering van die situasie standpunt ingeneem moet word – soos onder meer talle kerke nou ook doen.

Lee gerus Marthie se LitNet-essay hieroor en kom lewer hier kommentaar. Laat ons praat!

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

Mensliker as mense

Februarie 16, 2012 in Sonder kategorie

My vorige rubriek in die Kerkbode:


Epifanie, die tyd in die kerklike jaar wat met Kersfees, die viering van Jesus se geboorte, begin en tot Lydenstyd duur, gaan oor die inkarnasie – God se menswording. “Inkarnasie” kom van die Latynse karne, wat vlees of vleis beteken. Van vroeg af bely Christene dat ons in ‘n mens wat gebore is, gesterf het en begrawe is met God te doen gehad het – meer nog: dat ons in dié mens se opgestane, verheerlikte lyflikheid steeds met God self te doen het, tasbaar soos in twee of drie wat in sy naam saamkom om brood en wyn te deel, die liggaam van Christus.


Vir baie mense is dit óf mitologies, óf absurd. “Jy glo tog nie dat Jesus God was nie?” vra ’n “nuwe hervormer” (om nie te praat van dat hy steeds God ís nie!). Meer behoudendes bely wel die vleeswording, maar skop dikwels teen die prikkels daarvan. Dat Jesus God was, word dan só verstaan dat hy nie alte menslik en vleeslik was of is nie.


Dié twee reaksies verskil nie veel nie. Albei verklap ’n Godsbeeld wat nie met aardsheid strook nie, asof ons sommer net weet hoe God of “die absolute” moet wees: onbeweeglik, onaantasbaar, onaangeraak, buite die tyd – die teenpool van wat sigbaar, voelbaar en breekbaar is. Dis wat “misterie” of “transendensie” dikwels beteken: God as teenpool van die vlees. As God só is, is dit inderdaad vergesog om te glo “dat Jesus God was”. Of as hy dan tog God is, is hy nie vreeslik menslik nie. Só ‘n God kan nie mens word nie; só ‘n mens kan nie God wees nie.


Die Bybel praat anders – só anders dat Harry Kuitert oor “die mensvormigheid van God” skryf. N.T. Wright skets dit in The Challenge of Jesus: Die Bybel praat oor God as teenwoordig in tabernakel, tempel, vuur, donderweer en sagte briesie, en Jesus bied homself aan as God se nuwe tempel – iets wat sy dissippels glo en verkondig op grond van die opstanding wat dit bekragtig en só God se ware aard verklap.


Baie mense probeer wegkom van “mensagtige”, “antroposentriese” Godsvoorstellings, skryf CS Lewis. Dan onthou hy ’n meisie wat deur haar ouers in dié “nuwe denke” grootgemaak is om eerder oor God as volmaakte “substansie” te dink. Dit het nogal skeefgeloop, vertel Lewis: “In later life she realized that this had actually led her to think of Him as something like a vast tapioca pudding. (To make matters worse, she disliked tapioca.)”


Op die een of ander manier resonneer dit met Kolossense 3:2 se ironiese oproep, gerig op Christene wat met skynbaar hogere sake gemoeid is, om van sulke “mindere” dinge te vergeet en “op die dinge wat daarbo is” te konsentreer. Wat daar bo is, is “Christus, wat julle lewe is” (3:4) – sodat die eintlike “dinge daarbo” te doen het met menslike dinge soos geduldig wees en vergewe (3:13).


Iets hiervan hoor ons ook in Hosea 11:9: “Ek is God, nie ‘n mens nie.” Weerspreek dit nie die vleeswording nie? Lees weer, maar dié keer saam met die voorafgaande woorde: “Ek sal my gloeiende toorn bedwing, Ek sal nie so ver gaan en Efraim uitwis nie, want Ek is God, nie ’n mens nie.” Wat God anders as ons maak, is nie die afwesigheid van menslike worsteling nie: “hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? … Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk” (9). Die paradoks is dat geen ander boek in die Ou Testament mensliker oor God praat nie. Dis asof God mensliker as mense is!


Waar word dit sigbaarder as in die God-mens Jesus?

 

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.  

Epifanie, die tyd in die kerklike jaar wat met Kersfees, die viering van Jesus se geboorte, begin en tot Lydenstyd duur, gaan oor die inkarnasie – God se menswording. “Inkarnasie” kom van die Latynse karne, wat vlees of vleis beteken. Van vroeg af bely Christene dat ons in ? mens wat gebore is, gesterf het en begrawe is met God te doen gehad het – meer nog: dat ons in dié mens se opgestane, verheerlikte lyflikheid steeds met God self te doen het, tasbaar soos in twee of drie wat in sy naam saamkom om brood en wyn te deel, die liggaam van Christus.

Vir baie mense is dit óf mitologies, óf absurd. “Jy glo tog nie dat Jesus God was nie?” vra ’n “nuwe hervormer” (om nie te praat van dat hy steeds God ís nie!). Meer behoudendes bely wel die vleeswording, maar skop dikwels teen die prikkels daarvan. Dat Jesus God was, word dan só verstaan dat hy nie alte menslik en vleeslik was of is nie.

Dié twee reaksies verskil nie veel nie. Albei verklap ’n Godsbeeld wat nie met aardsheid strook nie, asof ons sommer net weet hoe God of “die absolute” moet wees: onbeweeglik, onaantasbaar, onaangeraak, buite die tyd – die teenpool van wat sigbaar, voelbaar en breekbaar is. Dis wat “misterie” of “transendensie” dikwels beteken: God as teenpool van die vlees. As God só is, is dit inderdaad vergesog om te glo “dat Jesus God was”. Of as hy dan tog God is, is hy nie vreeslik menslik nie. Só ? God kan nie mens word nie; só ? mens kan nie God wees nie.

Die Bybel praat anders – só anders dat Harry Kuitert oor “die mensvormigheid van God” skryf. N.T. Wright skets dit in The Challenge of Jesus: Die Bybel praat oor God as teenwoordig in tabernakel, tempel, vuur, donderweer en sagte briesie, en Jesus bied homself aan as God se nuwe tempel – iets wat sy dissippels glo en verkondig op grond van die opstanding wat dit bekragtig en só God se ware aard verklap.

Baie mense probeer wegkom van “mensagtige”, “antroposentriese” Godsvoorstellings, skryf CS Lewis. Dan onthou hy ’n meisie wat deur haar ouers in dié “nuwe denke” grootgemaak is om eerder oor God as volmaakte “substansie” te dink. Dit het nogal skeefgeloop, vertel Lewis: “In later life she realized that this had actually led her to think of Him as something like a vast tapioca pudding. (To make matters worse, she disliked tapioca.)”

Op die een of ander manier resonneer dit met Kolossense 3:2 se ironiese oproep, gerig op Christene wat met skynbaar hogere sake gemoeid is, om van sulke “mindere” dinge te vergeet en “op die dinge wat daarbo is” te konsentreer. Wat daar bo is, is “Christus, wat julle lewe is” (3:4) – sodat die eintlike “dinge daarbo” te doen het met menslike dinge soos geduldig wees en vergewe (3:13).

Iets hiervan hoor ons ook in Hosea 11:9: “Ek is God, nie ? mens nie.” Weerspreek dit nie die vleeswording nie? Lees weer, maar dié keer saam met die voorafgaande woorde: “Ek sal my gloeiende toorn bedwing, Ek sal nie so ver gaan en Efraim uitwis nie, want Ek is God, nie ’n mens nie.” Wat God anders as ons maak, is nie die afwesigheid van menslike worsteling nie: “hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk” (9). Die paradoks is dat geen ander boek in die Ou Testament mensliker oor God praat nie. Dis asof God mensliker as mense is!

Waar word dit sigbaarder as in die God-mens Jesus?

·         Gerrit Brand is ’n teoloog van Stellenbosch. Sy blog, DinkNet, kan by www.litnet.co.za gelees word. 

Krog, Du Preez, Koopman en Punt dink na oor geloof tussen godsdiens en kultuur

Februarie 3, 2012 in Sonder kategorie

Skrywers, kunskenners en teoloë – in hierdie geval Antjie Krog, Amanda du Preez, Nico Koopman en Jeremy Punt – kan nie ophou wonder oor kultuur nie: onder meer interkulturaliteit en populêre kultuur, die onderwerpe waaroor genoemde denkers eerskomende Maandag van 09:00 tot 13:00 in die Hofmeyrsaal, Kerkstraad, Stellenbosch, met mekaar in gesprek tree.


Die tema is “Geloof tussen godsdiens en kultuur”. Toegang is gratis, en saam praat word verwelkom. Ek kan nie wag nie! Sien julle daar.


Klik hier vir programbesonderhede.

 

-> Nico Koopman of Amanda du Preez se lesings kan nou aanlyn gelees word – klik en geniet! <-

 

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

http://www.soliustitiae.co.za/insights/2012/02/15/faith-and-hybridity-in-contemporary-south-africa/?utm_source=feedburner&utm_medium=feed&utm_campaign=Feed%3A+SIInsigte+%28Insigte+|+Insights%29