Lees wat dink denkers oor die Belhar-Kairos

Oktober 26, 2011 in Sonder kategorie

Die algemene sinode van die NG Kerk se onlangse besluit om langs die nodige kerkregtelike weë die Belydenis van Belhar volwaardig deel van die belydenisgrondslag te maak is ‘n betekenisvolle historiese gebeurtenis. Die jongste miniseminaar gaan oor wat daardie betekenis presies is. Hoe belangrik is die besluit? Waarom maak dit saak? Twee skrywers, Piet Naudé en Leopold Scholtz, se bydrae kan reeds in die Seminaarkamer gelees word, en die derde bydrae, deur Xolile Simon, is op pad. Lees gerus en lewer dan hier kommentaar.

Lees ook uit Mary-Anne Plaatjies-Van Huffel se essay oor die VGK se onlangse 25ste herdenking van die aanvaarding van Belhar as belydenis in eie kring, wat toevallig met die NG Kerk se besluit oorvleuel het.

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

12 antwoorde op Lees wat dink denkers oor die Belhar-Kairos

  1. Ha, ha! Goeie een.

  2. Hallo Gerrit, ek het hierdie twee menings op ons gemeente se faceboekbladsy gesit. Maar in die tradisionele Bosveld sal die mense ook die ander opinies wil hoor- soos Piet Strauss s’n- het jy nie dalk links daaroor dat ek net dit ook kan deurgee ter wille van billikheid nie? Vir die rekord, ek het op my blog gesê ek sê ook Ja vir Belhar, maar ek is dalk die enigste een noord van Zambesiweg wat so sê!

  3. Nope. Dit moet jy maar by Webvoet hoor.

  4. Die noordelike predikante het ook die sinodebesluit gesteun. Oor die teenstanders het ek nie dadelik vir jou skakels nie. Die miniseminaar gaan eerder oor “nou dat die besluit geneem is …”. Ek verbeel my daar was iets in die Kerkbode voor die tyd waarin iemand geredeneer het dis nie ‘n goeie idee om die belydenis te aanvaar nie ens, maar ek is nie seker nie.

  5. Ek is baie bly om dit te hoor. Maar jy sal dalk nie eers kan indink hoe konserwatief die kerk anderkant die Pienaarsrivier nog kan wees nie…
    Ek het nou daagliks omies wat my dik die bliksem in kom sien oor ons nou Belhar aanvaar het, en Boesak gaan die kerk by ons steel, en en en… ek wens kerkwees was nie so kompleks in hierdie tye nie. Sterkte daar by die engeltjiefabriek!

  6. Ha, ha! Die kerk was nog altyd moeilik. Lees maar 1 en 2 Korintiers.

  7. Inderdaad broer… 🙂

  8. Dankie vir die skakel na die twee denkers se artikels. ‘n Kort opmerking na aanleiding van Leopoldt Scholtz se artikel.
    Scholtz beklemtoon dit dat die kerk aan God behoort, en dat ons as lidmate net dankbare diensknegte van die kerk is. Miskien moet Bileamdonkie hierdie feit onder die “ooms” se aandag bring wat beweer dat “hulle” ( Boesak ) die kerk by “ons” gaan steel.
    Christus hou self sy kerk instand en rig dit soos dit by sy uiteindelik doel inskakel.
    Saam met Piet Naude wil ek dit as die belangrikste gebeurtenis in die kerk, hierdie eeu beaam.
    Laat die “ooms” tog net asseblief die “ding” lees soos Nataniel gese het.

  9. Vir gesprekke met lidmate is ‘n onlangse boek deur Piet Naude en Johan Botha, ‘Goeie nuus om te bely’, ‘n nuttige gespreksdokument. Naude het ook ‘n uitstekende, maar meer akademiese boek, ‘Neither Calender nor Clock’, by ‘n top internasionale uitgewer gepubliseer, maar vir gemeentegesprekke is dit te omvattend. Predikante moet dit natuurlik wel lees …

  10. Ek is ten gunste van subversiewe teologie, maar dan nie met subversiwiteit as doel insigself nie. Reaksioner? Dit hang seker af waarna jy spesifiek verwys. Dis dikwels ‘in the eye of the beholder’.

  11. Belhar maak geen bydrae tot die suiwer teologie nie. Die inspirasie daarvoor was polities van aard, en daarom is dit in sonde ontvang en gebore. Belydenisskrifte (in geloofs-terme) spreek immers universeel/globaal en nie geografies-toepaslik nie.

  12. Esme, elke liewe belydenisskrif reageer op ‘n spesifieke konteks waarin Christene met mekaar verskil het oor die wese van hul geloof. Dit is hier nie anders nie. In ‘n konteks waar Christene in die eie kerkfamilie ‘n teologie verkondig het waarin rasseskeiding in die kerk regverdig, en onreg in die samelewing goedgepraat, is, het Belhar in die taal van die Gereformeerde belydenisse met hul sterk Bybelse basis bevestig dat slegs geloof ‘n maatstaf vir kerklidmaatskap kan wees, dat die gedeelde geloof as geskenk van God alle Christene aan mekaar bind, dat daardie eenheid konkrete gestalte moet aanneem en dat hierdie versoening dit vir die kerk onmoontlik moet maak om onreg in die breer gemeenskap te aanvaar. Watter deel hiervan verwerp jy? Die argument dat dit “polities geinspireer” was, is irrelevant. Kyk na die inhoud en vra: Is dit waar? Dit bly ook uiters relevant in ons tyd, soos ek ook al hier op die blog geredeneer het.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.