Siek en sat vir Dettol se kiem-propaganda

September 15, 2011 in Sonder kategorie

Ek het pas die brief hieronder aan Dettol gerig en die Facebook-groep Dettol products and germs – fact or fiction? begin waar dit deur die publiek gelees en bekommentarieer kan word. As die antwoorde nie bevredigend is nie is die Advertensie-klagtekommisie die volgende stap.

  

Dear Madam/Sir

 

Based on a current series of advertisements of Dettol products on South African television please provide the following information:

 

          Is it true that the vast majority of germs people are exposed to in their everyday lives are harmless? If not, what is the scientific basis of this claim?

          Is there any scientific proof that regular use of Dettol products (or similar products) decrease the likelihood of disease caused by germs?

          What is the scientific basis of the claim that Dettol kills 99% of germs?

          Is the actual amount of germ types in the world known?

          Of what can consumers of Dettol be sure in the phrase “Be 100% sure” in Dettol advertisements, and how does this phrase relate to the claimed ability of Dettol products to kill 99% of germs?

          Do you agree that obsessive compulsive disorder is a serious psychological condition that often involves constant washing due to an irrational fear of germs, and that continual reminders of the presence of countless germs in the environment can worsen or even cause this condition?

          Can an increase in the prevalence of obsessive compulsive disorder focused on the fear of germs hold financial benefits for your company?

 

Please take note that this letter will be publically distributed, as will your reply if forthcoming.

 

Regards,

 

Dr Gerrit Brand

Stellenbosch University

 

 

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

30 antwoorde op Siek en sat vir Dettol se kiem-propaganda

  1. Jy slaan nogal die spyker oppie kop. As ek na die advertensies kyk dan wonder ek altyd, hoe de hel het ‘n grootmens geword, en hoe het ek my kinders groot gekry sonder dat hulle dood is van al die kieme.

    Ek koop nou nie meeste van die goed nie! Ugh!

    Kieme is goed vir jou, help jou om ‘n natuurlike weerstand op te bou teen alle daagse goeters…

    Sit jou sommer op my blog roll, dan sal ek onthou om in te loer.

  2. avega het gesê op September 15, 2011

    Sal interessant wees om hul reaksie te sien.

  3. Aluta continua!

  4. Lekker kry ek nou.

  5. wragtag!

    Hoop jy plaas hulle antwoord hier.

  6. ook al gewonder oor hierdie advertensie

  7. Vetjan het gesê op September 15, 2011

    Goeie aarde, hoekom is jy so vreeslik bekommerd of iemand sy hande te veel was?

  8. Ek dink ook die vreeslike kiembewustheid is snert. Blootstelling aan detol advertensies en fokus op hoeveel kieme daar in die omgewing is veroorsaak beslis nie OCD nie. Het jy ooit die moeite gedoen om jou te vergewis van die “oorsake” van OCD? Die meeste navorsing toon ‘n sterk neurobiologiese komponent. Jou beskouing van die stoornis is dus naief en doen afbeek aan die ander geldig argumente in jou brief.

  9. As hulle antwoord, beslis. Indien nie, beslis ook!

  10. Gaan lees maar die DSM 4 of enige standaard-sielkunde-handboek. Maar ook waar dit nie tot ‘n volwaardige stoornis lei nie, is dit ongesond, want bloodstelling aan alledaagse kieme is nodig vir ons immuniteit. Veral kinders moenie te veel teen kieme beskerm word nie. Buitendien is ek in beginsel gekant teen onetiese advertensiepraktyke. Dis al erg genoeg dat daar hoegeaanmd behoeftes geskep word, en as dit deur vrees en skaamtelose misleiding gebeur des te meer.

  11. Ha, ha!

  12. En dis waarskynlik die gevaarlikes!

  13. Caramella, oorsaaklikheid by sielkundige stoornisse is kompleks – in die tegniese sin van komplekse sisteme. Eenduidige liniere verklarings is altyd verkeerd, veral as dit by die brein kom. Daar is byvoorbeeld bevind dat, net soos medikasie, gedragsterapie ook suksesvol kan wees in die bestryding van die kondisie. (Dit het ek van ‘n psigiater nogal.) Die groot woord is “multifaktoriaal”. Dieselfde geld kondisies soos depressie: daar is fisiese breintoestande wat dit veroorsaak, maar die fisiese breinoorsake word ook deur gedrag en denke beinvloed – “omgekeerde oorsaaklikheid” (“top-down causation”). Buitendien is die argument dat sekere gedragspatrone in die brein setel nie so kragtig soos dikwels gedink word nie. Immers, alle gedrag, emosies en denke is in die brein gesetel. Waar anders sou dit dan sit? In die knie? Dalk die hare? Die boude?

  14. Ek hoop hulle antwoord jou, ek sal graag wil weet wat hulle se^. Ek dink dit doen meer skade as goed om al hierdie anti-bakteriese produkte te gebruik. As mens nooit in kontak kom met kieme nie, gaan jy geen weerstand opbou daarteennie, en dit kan dan maklik gebeur dat jy baie siek word van ‘n kiem wat eintlik nie so skadelik behoort te wees nie.

    Die enigste ding wat ek koop met Dettol in, is die oorspronklike ontsmettingsmiddel vir wonde. Verder koop ek juis aspris goed wat NIE anti-kieme is nie.

  15. Miskien kan jy nou ook doelbewus ‘n ander handesmerk vir daardie wondontstekingsmiddel begin koop…

  16. Vetjan het gesê op September 16, 2011

    Obsessiewe kompulsiewe handewassers gaan enige seep tot hulle beskikking gebruik, of daar nou Dettol is of nie.

    Mense glo enige twak ongeag of dit’n TV advertensie was of nie, op hierdie einste blogs dat plastiese armbandjies hulle van allerlei skete genees, en ook dat die pole volgende jaar gaan skuif.

  17. Sien nou eers jou gepaste brief oor Dettol en moet met jou saamstem! Dis irriterende snert wat hulle in die advertensie gebruik.
    Ek boikot hulle al lank. Maar soos jy seker weet is daar baie meer wat dit vir soetkoek opvreet!

  18. Die meeste reklame is snert, Dettol is geen uitsondering nie. Wanneer snert onbetaamlik is, is wanneer dit in die grondwet verskyn, byvoorbeeld dat taalregte gewaarborg is en beskerm word.

  19. Die Grondwet se nie taalregte is gewaarborg of sal beskerm word nie. Dit se dit behoort gewaarborg en beskerm te word.

  20. Ja, en dan nog soetkoek wat sleg smaak ook!

  21. Sal mense met OCD ophou voortdurend hande was as Dettol nie meer daar is nie? Natuurlik nie, maar dit beweer ek ook nie. My argument lui so: 1) Dettol-advertensies bevorder ‘n irrasionele vrees vir skadelose huishoudelike kieme. 2) Waar die advertensies effektief is, sal sommige mense wat andersyds nie die irrasionele vrees gehad het nie dit wel ontwikkel, terwyl die vrees by mense wat dit wel het, sal toeneem. 3) Van daardie mense se vrees ‘n sekere vlak bereik, ly hulle aan OCD. 4) Mense met OCD was voortdurend hulle hande. 5) Van daardie mense wat hulle hande voortdurend was, doen dit met Dettol; Dettol word dus daardeur bevoordeel. Watter van hierdie premisses is vals?

  22. Vetjan het gesê op September 27, 2011

    1. Nee, iemand wat elke advertensie glo het ‘n paar skroewe los.

    2. Nee, slegs mense wat ‘n paar skroewe los het, en hulle glo in elk geval net wat hulle wil.

    3. Die wat skroewe los het moet gaan vir vas draai van die skroewe dat hulle beter in die samelewing kan funksioneer.

    4. Ja, ai siestog.

    5. Nee, dis net ‘n idee in jou kop.

  23. my maaind het bly vashaak by jou nuwe woord “bekommentarieer”

  24. Nou goed Gerrit, Dettol se reklame sê eintlik hulle produk behoort alle kieme dood te maak …

  25. ERIKA HENN SKRYF:

    Ek stem saam oor die detol advertensie, volgens hulle was jy jou hande, nies daarna in jou hand en gee vir jou maat ‘n toebroodjie met daardie selfde hand en walla geen kieme nie. Die een waar die ou van die werk afkom nat gesweet onder sy arms. ahaha, as hy roll on gebruik sal hy nie sweet onder sy arms nie en ook nie kieme he nie. As jy jou hande by die huis gewas het sal die seep jou definitief nie 24/7 beskerm nie. As jy jou hande met enige seep en warm water was, is jy net so kiemvry as Detol. Waarom moet ons elke aand breuk na breuk ‘n detol advertensie sien?

  26. Ek dink nie ek het ‘n maaind nie.

  27. Nee, jy’s weer verkeerd. Dettol beweer hulle produk SAL omtrent alle kieme doodmaak.

  28. Toemaar, ek maaind nie.

  29. As ek jou reg verstaan, sal jy nie ‘n probleem he met iemand wat byvoorbeeld ‘n advertensie op televisie plaas wat se sigarette is goed vir jou longe en veral voordelig vir kinders nie. Immers, net mense wat ‘n skroef los het, sal dit glo, so wat maak dit saak?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.