Hannes Smit vra: Wat is rassisme?

Mei 27, 2011 in Sonder kategorie

Die jongste maandelikse essay op LitNet is deur die filosoof Hannes Smit. Hy stel die vraag: Wat is rassisme? ‘n Goeie vraag! Ons praat almal heeltyd oor rassisme, maar weet ons wat dit is? Gaan lees wat hy skryf en kom gesels hier dan saam daaroor.

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

 

Steve Hofmeyr het op Hannes se artikel gereageer. Klik hier om dit te lees.

14 antwoorde op Hannes Smit vra: Wat is rassisme?

  1. vuurklip het gesê op Mei 27, 2011

    Daar is net een oorblywende menseras: Homo Sapiens Sapiens – en net daar raak Smit se betoog al die spoor byster.

  2. gerritbrand het gesê op Mei 27, 2011

    vuurklip, waar ontken Smit dat daar net een oorblywende menseras is?

  3. vuurklip het gesê op Mei 27, 2011

    Nee, hy ontken dit nie, inteendeel!

    “Dus kan ons rassisme karakteriseer in terme van anderhaat: rassisme is dan die haat van persone van ’n ander kultuur as gevolg van die feit dat hulle van ’n ander kultuur is, waar die oorgrote meerderheid van die lede van die ander kultuur óók van ’n ander ras is.”

    Hy sê by implikasie dat daar verskeie “rasse” bestaan.

  4. bloukaap het gesê op Mei 27, 2011

    NOU het ek ‘n pyp nodig

  5. lora2me het gesê op Mei 28, 2011

    Ek het ‘n paar aande terug na ‘n E-Nuusprogram gekyk met onder andere A. Boesak, Neville
    Alexander as gaste. Daar het iemand (kan nie meer onthou wie nie) gesê dat rassisme eintlik maar die oorheersing van een ras van ‘n ander ras is op so ‘n wyse dat lg. nie meer hul lewens normaal of volgens hul vrye reg kan lei nie (ek het dit nou bietjie lomp gestel, maar jy verstaan seker wat ek hier bedoel). Te veel mense plaas ‘n kleur by rassisme … and ay, there lies the rub!

  6. gerritbrand het gesê op Mei 28, 2011

    OK. Die vraag is: in watter sin bestaan ras wel, en in watter sin nie? Biologies bestaan dit nie, maar as sosiale konstruksie wel. Daar is sekere mense wat in ons kultuur deur byna almal as behorend tot die wit of swart ‘ras’, of watter ‘ras’ ook al, beskou word. Dat hulle so beskou word, het ‘n invloed op hoe hulle deur andere gesien en behandel word. In daardie sin is dit ‘n realiteit, het dit konkrete gevolge. Ek dink nie Hannes sou wil verdedig dat ras, soos op mense toegepas, ‘n objektiewe biologiese gegewe is nie.

  7. gerritbrand het gesê op Mei 28, 2011

    Nou ja, stop, steek aan, teug diep. Doen dit maar namens my, want ek rook helaas nie meer nie.

  8. gerritbrand het gesê op Mei 28, 2011

    Waar rassisme in die sin wat jy hier verduidelik (jy doen dit heeltemal helder, dankie!) bestaan, sal mense altyd ‘n simbool vind om daaraan te koppel – of dit nou kleur of iets anders is. Daarby kom dan die gekompliseerde saak dat die ras wat so versin word juis weens die versinning ook werklik word.

    Ek wens ek het daardie program ook gesien. Ek het respek vir albei deelnemers. Sou mens dit iewers aanlyn nog kan kyk?

  9. lora2me het gesê op Mei 28, 2011

    Die ouens het ook, o.a., gepraat oor Manyi se uitlatings en so aan. (Ek hoop nie ek verwar nou twee politieke programme hier nie, hoor.) Dit was een van daardie Judge Dennis what-what se programme, “You be the judge”, as ek reg onthou. (Kanaal 403, DSTV)Neville Alexander is mos al ‘n ou, politieke, struggle-tyd skrywer/aktivis… maar ek dink jy weet dit in elk geval.

  10. lora2me het gesê op Mei 28, 2011

    Ek wil my ook nie eintlik oor Steve se opinies uitspreek nie omdat hy nogal baie emosioneel kan raak en die ding maar so half-en-half probeer “engineer” in sy guns of volgens sy persoonlike lewens- en wêreldbeskouing. To each his own. Het jy al ooit die boek “Kaffir Boy” gelees? Dis ‘n biografie wat ek meer as 2O jaar gelede in Amerika gekoop het, … en verloor het …. oor ‘n swart man van SA wat Amerika toe is vir tennisafrigting, deur Arthur Ashe geborg. Kan nie die outeur onthou nie, maar ek het nogal baie oor die psige van die onderdrukte, van daardie tyd, mense in SA geleer. Dit was seker hier verban.;)

  11. jeanihess het gesê op Mei 30, 2011

    Steve mag bietjie snaaks wees maar hy is reg oor daai ding dat die wat trots is op hulle swart vriende dikwels nalaat om te se dat hulle swart vriende hoofsaaklik n weerspieeling van hulle self is.

    Daar word te veel probeer om rassisme nuwe definisies te gee.

    Miskien om in Suid Afrika salf aan die wonde van ons geskiedenis te smeer

    Die bruines het gekom as slawe? Rerig? Nou waar het die KhoiSan dan toe vanaf ingevoer gewees?

    I have no doubt that racism occurs when a group that share certain physical attributes join forces, in a hierarchical system no less but with advantages for all in the group,to oppress another group that do not share those attributes for the first group’s advantage.
    This is very different from personal bias and likes, dislikes and preference that might relate to find a brunette sexy or an apple nicer than a pear.

    This is a systemic social and ECONOMIC pattern that seeks total control over the lives of ‘inferior’ people and of the assets and resources that a country has.

    In South Africa this was not only socially and economically systemic but became backed with legislation

    and now as the effects of that legislation is being reversed
    we are hearing about reverse apartheid /racism…

    Hmgh!

  12. gerritbrand het gesê op Mei 31, 2011

    Nog nooit die boek gesien nie. Klink interessant.

  13. gerritbrand het gesê op Mei 31, 2011

    jeanius, ek stem saam dat “swart vriende” (of “wit vriende”) nie rassisme gaan wegvat nie. Die politieke wetenskaplike Ashutosh Varshney se navorsing het getoon dat selfs wyd verbreide sosiale kontak (vriendskappe ens) oor etniese grense nie die kans op etniese konflik verminder nie. Wat wel werk, het hy bevind, is netwerke gebaseer op gedeelde belange: vakbonde, sportklubs ens. Groter ekonomiese gelykheid is essensieel, maar die skep van belangenetwerke, eerder as individuele vriendskappe, is net so belangrik. Ek het ‘n keer hieroor in Rapport geskryf. Gaan na http://152.111.1.87/argief/berigte/rapport/2003/03/16/13/3.html om dit te lees.

  14. jeanihess het gesê op Mei 31, 2011

    Sal gaan lees Gerrit en ek staam saam oor wedersydse belange:)

Los ’n antwoord vir vuurklip. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.