Pro Bono?

Februarie 18, 2011 in Sonder kategorie

Toe die “Wit Wolf” Barend Strydom in 1988 op Strijdomplein in Pretoria wild en wakker swart mense doodgeskied het, was A.P. Treurnicht, toe leier van die regse Konserwatiewe Party, se reaksie dat, hoewel ’n mens natuurlik nie Strydom se daad kan goedkeur nie, dit tog “verstaanbaar” is dat ’n jong Boerseun so gefrustreer kan voel deur die NP-regering se hervormings dat hy iets onbesonne aanvang …

Hopelik sal my lesers, of ten minste darem die meerderheid van hulle, met my saamstem dat Treurnicht se reaksie uiters onvanpas was. Soms moet ’n mens nie “maar” sê nie. Die Strydom-massamoord was so ’n oomblik. As leier van die grootste opposisieparty van daardie tyd, en dus iemand met ’n mate van invloed in regse kringe, moes Treurnicht hom ondubbelsinnig teen Strydom se misdaad en teen enige soortgelyke optredes uitgespreek het. Daarmee sou hy selfs kon wys dat, soos hy dikwels aangevoer het (onder meer in sy boek Credo van ’n Afrikaner), die Verwoerdiaanse apartheidsideaal nie op rassevooroordeel en -haat berus nie, maar op kultuurgroepe se reg op selfbeskikking. (Hy kon dit egter nie bewys nie omdat dit nie so was nie. “Hulle smaak so lekker, want hulle eet so lekker,” het Farmer Brown destyds in die hoenderadvertensie gesê. Hier sou geld: hulle klink so rassisties, want hulle is so rassisties.)

As Bono se omstrede “vryheidsliedere”-uitspraak van nou die dag my aan Treurnicht se destydse reaksie herinner, is dit nie omdat ek die twee op dieselfde vlak plaas nie. In die een geval gaan dit oor ’n lied vol haatspraak (“Skiet die Boer …”), in die ander oor daadwerklike massamoord (Strydom) – eersgenoemde is erg, maar laasgenoemde baie, baie erger. Ek wil Bono dus nie oor dieselfde kam as Treurnicht skeer nie. Trouens, ek het ook niks persoonliks teen Treurnicht nie. Hy was maar ’n mens soos die res van ons, en het dus foute gemaak. Mag hy in vrede rus. Soos Kurt Vonnegut sou sê: “He never asked to be born in the first place.”

So wat probeer ek dan sê? Wel, dat ’n sekere soort logika in sowel Treurnicht se uitspraak van toe en Bono s’n van die ander dag herkenbaar is.

As Treurnicht oor sy uitspraak gekritiseer is, en as hy hom aan die kritiek sou gesteur het, sou hy kon protesteer: “Ek het mos gesê wat Strydom gedoen het, is verkeerd. Wat ek oor jong Boerseuns se frustrasie gesê het, het nie daarna verwys nie. Dit was ’n algemene opmerking oor die politiek. Om dit as ’n verskoning vir Strydom te interpreteer is ’n verdraaiing.” Hoe oortuigend sou u dit vind?

Hoor nou hoe die Bono-gesprek glo verloop het (volgens die joernalis Diane Coetzer soos in Die Burger aangehaal): “Bono is om sy mening gevra oor ’n ‘omstrede liedjie’. Hy het geantwoord ‘Bedoel jy Malema?’ Die joernalis het dit bevestig, waarop Bono net gesê het: ‘Interessant’. Hy het toe nostalgies geraak oor die Ierse vryheidsliedjies wat hulle destyds gesing het.” (Soos wyd gearapporteer, was die liedere waaroor Bono nostalgies geraak het juis liedere waarin die Ierse Republikeinse Leer se oorlog verheerlik is.) Hieraan voeg Coetzer dan in haar eie woorde toe: “In geen stadium het hy (Bono) gesê ‘Ek ondersteun Malema se reg om hierdie liedjie te sing’ nie’.”

Dit mag so wees, Diane, maar ook Treurnicht het destyds “op geen stadium” Strydom se rassemoorde goedgepraat nie. Trouens, hy het dit uitdruklik veroordeel. Tog is dit nie vergesog nie om, gesien die spesifieke konteks waarin Treurnicht oor “jong Boerseuns se frustrasie” begin praat het, af te lei dat hy tog bedoel het om daardeur sy kritiek op Strydom te versag. ‘n Geval van: ja, maar …

Selfs Coetzer se “saak vir die verdediging” maak duidelik dat Bono se nostalgie oor gewelddadige Ierse vryheidsliedere direk gevolg het op, en dus uitgespreek is in die konteks van, ’n vraag oor Malema se rassistiese moordlied. Meer nog: waar Treurnicht nog gesê het Strydom se optrede was “natuurlik” verkeerd, is al wat Bono ten tye van die omstrede onderhoud direk oor “Skiet die Boer” gesê het: “Interessant.”

Het Bono nie teen hierdie tyd duidelik genoeg laat blyk dat hy nié die sing van Malema se gunsteling-“vryheidslied” goedkeur nie? Hy het en dis goed so. Soos Treurnicht destyds het hy ’n oordeelsfout begaan. Hy het nie die implikasies of gevolge van sy woorde deurdink nie. Hy probeer terugkrabbel sonder om te erken hy was verkeerd. Dis menslik. Sy uitlating in ’n radio-onderhoud dat dit “mal” is om te suggereer dat hy die skietlied goedgepraat het, is weliswaar ’n geval van “the lady doth protest too much”, maar kom ons laat dit daar. Ek het in elk geval simpatie met Bono se politieke sentimente, terwyl Treurnicht destyds vir my die verpersoonliking was van alles wat ek politiek verwerplik vind, so ek sal dit nie teen die rocker hou nie.

Wat my meer interesseer, is die manier waarop Bono se aanhangers reageer. Een jong man sê op die radio toe hy gehoor het van Bono se vermeende uitlating, hy “dadelik geweet het dat Bono dit nie kon gesê het nie”. Hy het dus besluit wat hy wil glo nog voordat hy die feite ondersoek het. Noudat deur mense soos Diane ge-special plead word dat Bono niks problematies bedoel het nie, beskou die jong man met die intuïsie dit as bewys dat sy vermoede korrek was! Dis maar een voorbeeld van die manier waarop Bonoïste oor die aangeleentheid praat. Gaan kyk maar op Facebook.

In die proses word kritici van Bono, soos Steve Hofmeyr, liederlik sleg gesê oor sy “leuens”, asof daar geen gronde voor was nie. Ek het al vir Steve oor ander dinge gekritiseer, maar hierdie keer moet ek darem tot sy verdediging kom: hy het goeie rede gehad om teen Bono se uitlating protes aan te teken. Dis juis hierdie protes deur hom en andere wat Bono daartoe genoop het om “toe te lig” wat hy nou eintlik sou bedoel het en duidelik te maak dat haatspraak verwerplik is ook wanneer dit ‘n wysie en ritme het.

Dit wil lyk asof Bono vir tienduisendes ’n soort messias is van wie dit geheel en al ondenkbaar is dat hy ooit iets verkeerds kan sê of doen, sodat enige kritiek op hom heiligskennis is.

Ter illustrasie: Vanoggend gee die radiostasie Cape Talk ses U2-kaartjies weg. Soos met enige ander groot optrede word “comps” immers aan die media gegee; dis deel van die bemarkingsaksie. Die Cape Talk-omroeper reken toe dat, in plaas van om gewoon die kaartjies aan die eerste inbellers te gee of hulle dit deur ’n vasvra te laat wen, hy dit sal gee aan wie ook al die grootste geldskenking aan ’n liefdadigheidsorganisasie doen. Hierop reageer ’n woedende luisteraar deur te sê dis skokkend dat “slegs rykes” ’n kans het om die kaartjies te kry. Dis immers gratis gegee. “Bono sou dit nooit goedgekeur het nie.” (Die etiek van “What would Bono do?”) Vreemd nè, dat Bono tot dusver geen beswaar aangeteken het teen die 60 000 aanhangers wat hul beursies so hard moes skut om sy konsert te kan bywoon nie. ’n Mens sou amper dink hy’s per ongeluk skatryk, teen sy sin! Miskien wil hy eintlik pro bono optree, maar verstaan hy die betekenis van dié uitdrukking net effe verkeerd?

Aan dié wat die konsert gaan kyk: geniet dit. Sommer baie. Maar moet tog asseblief nie die arme man aanbid nie. Dis ’n verleentheid vir alle betrokkenes.

Het ek U2-kaartjies? Nee, ek spaar vir Neil Diamond …

* Stuur ’n e-pos met die word “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word. 

72 antwoorde op Pro Bono?

  1. Weet nie mooi nie: Bono het op Cape Talk genoem dat hy gese het dat sulke liedjies folk songs word en dat folk songs nie gebruik moet word vir opsweping nie. Jy kan luister op Redi se bladsy.

  2. Ek weet wat hy vir Redi vertel het oor wat hy bedoel het, maar dis iets anders as wat hy na berig word op die perskonferensie laat blyk het. Hoekom nostalgies oor vryheidsliedere raak net nadat iemand jou oor die Malema-lied gevra het as jy nie die twee as vergelykbaar sien nie? Maar soos ek hierbo te kenne gee: ek dink Bono het maar net te gou gepraat en ek is bly hy het nou kans gehad om ‘n aanvaarbaarder betekenis aan sy eie woorde te heg. Wat my interesseer is nie soseer wat hy wel of nie kwytgeraak het nie, maar die heilige ywer waarmee so veel van sy aanhangers hom verdedig.

  3. Weet, ek dink dat ons baie groter goed het om oor te tob en iets oor te doen.

    Daar word min energie aan bestee en wanneer wel is dit om goed te ontken of om chips op skouers te soek … en dis altyd wit chips op swart skouers!

    Niemand praat oor die korrupsie in die bouwereld nie; oor die miljoene, biljoene, wat daai mense uit die land se koffers gesteel het en hoe hulle boukoste laat styg het vir almal

    Ha ha: as ek nou more loop ‘n brood steel sal mense my in die tronk wil sien maar kollusie onder die Suid Afrikaanse sakelui is glo OK net so lank hulle nie swart is nie en veral nie aan die ANC, COSATU of Rooigevaar behoort nie!

  4. As iemand wat jou gereëld aanvat oor geloofsake, moet ek darem ook sê as ek die slag heelhartig met jou saamstem – maar …

    Ek is nie ‘n Neil Diamond aanhanger nie!

    🙂

  5. You’ll come around! Neil Diamond is ‘n regte digter en kan (anders as Bono, na my mening) wysies uitink – selfs wysies wat onthou kan word. En sover ek weet, het hy geen revolusionere pretensies nie.

  6. Bly jy voel so!

  7. Ek dink ook so, omdat dit diskripansies en dubbele standaarde aan die lig kan bring. Nie almal waardeer dit egter nie.

  8. Ek kan nie Bono se diepste intensies ken nie, en ek gun hom sy menings. Dis meer sy aanhangers wat my soms pla!

  9. jeanius, jy bedoel seker chips oor swartes op wit skouers? Dit sou kan wees, maar wat is jou chip?

    ‘n Mens kan oor enige alledaagse onderwerp se: ons het belangriker goed om oor te dink. “Manlief, sal ons vannaand ‘n video kyk? Nee, my vrou, ons het belangriker goed om oor te dink!” Daai soort ding.

    Ek stem saam met die gekonkel in die sakewereld. Dis waarvoor die sakewereld daar is, nie waar nie? Dis hoekom ek dit nie vertrou nie. Maar jy maak aannames oor wat ek sou dink, of hoe?

  10. Hi Gerrit, Jong ek dink ons het lank t’rug gesels en toe het ek jou gese dat Afrikaans nou nie juis my skryftaal is nie!
    … wat jy sou dink? Nee, nie juis nie! Maar ek dink jy dink taamlik reguit met min kinkels …
    My chip is juis dit dat ons so baie oor Malema-goed neuk wanneer ons beter as dit kan doen en meer vir mekaar (wit en swart), vir lekker sosiale omgang en vir ontwikkeling.
    Maar as mense nou die Malema-tipe ding wil hof toe vat dan het ek geen probleem nie:))

  11. Vetjan het gesê op Februarie 20, 2011

    te veel verkeerde aannames en te min insig in hierdie inskrywing.

  12. Wat ek van die begin af aan die een kant amusant vind en aan die ander kant geweldig ontstellend, is nie soseer WAT Bono gesê het nie, maar watter gewig deur verslaggewing en onoordeelkundige woordkeuses aan sy uitlating gegee is. Die onmiddelike sneeubal effek wat die koerantopskrifte op publieke opinie gehad het – of jy nou ‘n U2 ondersteuner is of nie – is tekenend van ons samelewing wat heeltyd op die randjie van histerie beweeg.

  13. Baie waar. Aan die ander kant is dit een van die ongelukkige realiteite van ons tyd – dat die media nooit ‘n kans op ‘n sensasionele storie verby sal laat gaan nie. Bekendes moet dus daarmee rekening hou. Maar weer eens: my punt is meer oor die diskoers rondom die storie as oor die storie self.

  14. Bes moontlik. Wys my asseblief hoe en waar.

  15. Ja, ons is almal maar mense. Mense raak op gevang in kragte, diskoerse, met ‘n dinamika van hul eie. Dit interesseer my. Ek het niks teen Bono of Steve nie.

  16. jeanius, daar’s niks fout met jou Afrikaans nie!

  17. 🙂
    Hopelik ook nie met my denke nie:))

  18. Die twee is mos verstrengel: ons dink in taal en praat gedagtes. So jou saak is reg!

  19. Vetjan het gesê op Februarie 21, 2011

    1. Jy gebruik ‘n 3rde handse weergawe van wat Bono “sou” gesê het.

    2. Jy beweer hy het ‘n oordeelsfout gegaan sonder dat jy regtig weet wat hy gesê het.

    3. Bono is ‘n buitelandse sanger, nie soos Treurnicht in 1988 die LEIER van die amptelike opposisie nie.

    4. ‘n Vinnige en algemene vraag wat Bono oomblikke voor hy ‘n groot uitvoering moes gee, kan nouliks in dieselfde asem genoem word as ‘n vraag aan die leier van die amptelike opposisie.

    Ek kan aangaan as jy wil.

  20. 1. Ek gebruik ‘n woordelikse aanhaling van ‘n (positief teenoor Bono gestemde) joernalis. Aangesien ek nie self daar was nie, is dit die beste wat ek kan doen. Ek dink nie mens mag jou slegs uitlaat oor gebeure waarby jyself fisiek teenwoordig was nie.

    2. Ek weet genoeg van wat hy gese het om goeie gronde te he om oor ‘n oordeelsfout te kan praat. Weer eens: as hy nie gese het wat die (hom goedgesinde) joernalis gerapporteer het nie, dan moet dit nog aan die lig kom. As ‘n mens slegs die uitsprake van bekendes mag beoordeel indien jy self teenwoordig was, sal niemand eintlik meer oor publieke gebeure kan praat nie.

    3. “Bono is ‘n buitelandse sanger, nie soos Treurnicht in 1988 die LEIER van die amptelike opposisie nie.” Inderdaad. En? As hy wel ‘n opposisieleier was, sou jy kon gese het hy is van part X vandag en nie van die KP van destyds nie, of sy lengte verskil van Treurnicht s’n, of hy praat nie Afrikaans nie. Als irrelevant. Die ter sake vergelyking is tussen twee openbare figure wie se uitsprake ‘n mate van invloed op hul aanhang kan he.

    4. “‘n Vinnige en algemene vraag wat Bono oomblikke voor hy ‘n groot uitvoering moes gee, kan nouliks in dieselfde asem genoem word as ‘n vraag aan die leier van die amptelike opposisie.” Korrek. Daarom dat my “kritiek” op Bono so sag is. Gaan lees gerus weer.

  21. Vetjan het gesê op Februarie 21, 2011

    Treurnicht se uitspraak was oor die aksies van ‘n koelbloedige moordenaar.

    Bono se uitspraak was oor die sing van “Struggle” liedjies in die algemeen.
    Dis soos om oor die woorde van Siembamba te praat.

    Geensins vergelykbaar nie.

    Die leier van ‘n land se amptelike opposisie is vertroud met die fyn detail van sy land se politiek.

    ‘n Besoekende sanger kan hoogstens in breë trekke daarmee vertroud wees.

    Geensins vergelykbaar nie.

  22. Alles is vergelykbaar, Petrus Pap. Dit hang maar net af watter eienskappe of aspekte van twee dinge na vore gebring word.

    1. Soos ek aangedui het, sou Treurnicht kon volhou dat sy uitspraak nie “oor die aksies van ‘n koelbloedige moordenaar” gehandel het nie, maar oor jong Afrikaners se frustrasies “in die algemeen”. Dit sou nie oortuig nie, aangesien hy juis in die onmiddelike konteks van die massamoordvoorval daaroor begin praat het. Netso het Bono “oor die sing van ‘Struggle’-liedjies in die algemeen” gepraat – in die konteks van ‘n vraag oor ‘n lied wat mense tot koelbloedige moord aanhits. Daardie konteks gee sy “algemene” opmerkings ‘n betekenis wat dit nie andersins sou gehad het nie, net soos Treurnicht se “algemene” opmerking sy diepste betekenis juis aan die konteks van die Strydom-massamoord ontleen het.

    2. Dis nie “soos om oor die woorde van Siembamba te praat” in die sin dat die sing van Siembamba in ons konteks as aanhitsing tot geweld funksioneer nie, want Siembamba se woorde funksioneer nie in ons konteks so nie. “Skiet die Boer” funksioneer wel so. Ek deel ook nie die siening dat “Skiet die Boer” in die Struggle-jare OK was, maar nou onvanpas is nie. Ook in die Struggle-jare was sulke liedere verwerplik en was dit verkeerd om dit te sing.

    3. Jy skryf: “Die leier van ‘n land se amptelike opposisie is vertroud met die fyn detail van sy land se politiek. ‘n Besoekende sanger kan hoogstens in breë trekke daarmee vertroud wees.” Presies. Daarom kan so ‘n besoekende sanger maklik die situasie verkeerd lees (‘n oordeelsfout, soos ek dit konsekwent genoem het) en iets se wat in alle redelikheid deur mense gehoor word as onderskrywing van iets verwerpliks. Dis ook die rede hoekom ek dit nie as so ‘n verskriklike ding aan Bono se kant sien nie en dit afmaak as ‘n oordeelsfout. My kritiek is nie soseer op Bono nie as op die “Bonoisme” van sy aanbidders.

  23. Lekker woord ‘verstrengel’ – lanklaas gehoor! Moet meer by jou kom draai:)

  24. Kry ek dit by Computicket? Is daar nog kaartjies oor? Wanneer is die konsert?

  25. Pasop, netnou raak jy verstrengel in my misvattings!

  26. Ek myne al ses weke gelede gekoop. ons gaan by Groen Punt stadion kyk – maar hy tree in Johannesburg ook op. Maar ek glo nie jy wil kaap verlaat om hier na Sodom en gemorha te kom nie. Alternatiewelik kan jy Steve se cd koop…Grappie.

    Daar behoort nog by computicket kaartjies te wees.

  27. O ja – Kaap stad is 11 April.

  28. Dankie! Ander lesers, nou weet julle …

  29. Gerrit, ek het lekker gelees aan die stuk.

    Ek het egter ‘n probleem, en terloops ek het nie die kommentare gelees nie, so vergewe my as ek die wiel van een of ander argument herontwerp.

    My probleem is die aanname dat Malema se sing van die moordadige lied nie al tot grootskaalse bloedvergieting gelei het nie.

    Hoe dan nie?

    Gewewe die reaksie wat Malema by swartmense ontlok is dit waarskynlik dat die moordadige lied ‘n moordlied geword het en dat meer mense as gevolg daarvan tereggestel is as wat Wit Wolf Barend gedoen het.

    Die waarskynlike is dat Malema se lied sommiges oortuig het om daad by woord te voeg.

    As Malema se lied inderdaad ‘n moordlied is, dan is Bono se reaksie net so onvanpas as die van Andries Treurnicht destyds.

    Dan vind beide maars vir dade met dieselfde uitkoms: massamoord.

  30. Hugo G, ek sou nie definitiewe stellings wil maak oor of “Skiet die Boer”, “Kill the Boer”, “Bring my masjiengeweer” en dergelike liedere al tot moorde gelei het wat andersins nie gepleeg sou gewees het nie, want daar is geen manier om dit vas te stel nie. Ek sou wel volhou dat die sing van sulke liedere in ‘n konteks waar moord en doodslag, dikwels met ‘n sterk rassekonnotasie, die orde van die dag is, gevaarlik kan wees, en dus immoreel is. Die hof het dan ook bevestig dat die Malema-lied onwettige haatspraak is, en haatspraak in ons Grondwet sluit slegs direkte aanhitsing tot geweld in. Ook die VGK, ‘n oorwegend swart kerk, het die sing van sulke liedere sonder kwalifikasie as verkeerd verwerp. Laasgenoemde punt is belangrik. Ek sal baie versigtig wees om dit in enige gesprek oor “die swartes” of “die wittes” te he. Is hierdie manier van praat (“die Jode”, “die Tutsi’s” ens) nie juis die begin van die soort haat wat uiteindelik tot moord lei nie?

  31. Gerrit, ek vind dit hoogs onwaarskynlik dat dit nie al tot moorde bygedrae het nie.

    Ek vind dit amper vanselfsprekend dat dit sou.

    Ek maak nie die reels nie, Gerrit. As ek sou was daar nie ‘n Wit Wolf of Malema-liedere nie.

    Ek moet met alles saamleef soos jy en elkeen anders.

    Dit sou dwaas wees om nie die feite in die oe te kyk nie: dat witmense mekaar suksesvol opsweep om teen swartes op te tree en omgekeerd.

    Dit is verseker nie my woorde wat boos is nie, maar die sake wat my dit laat spreek – wat jou die stuk laat skryf het!

    Glo my ek praat van Afrikaan en smag daarna, maar nie Volkstaat Afrikaners of militante Suid-Afrikaners nie.

    Hulle praat van wit en swart en selfs baie erger.

    Dat dit tot ‘n Rwanda kan lei is waar, maar nie omdat ek die afskuwelike waarheid raaksien nie.

    Dat ek die bedenklike sien en sonder omhaal daarteen waarsku, kan straks ‘n Rwanda in die R van SA voorkom.

  32. Hugo G, om dinge by die naam te noem is waardevol, ja. Ek waarsku maar net teen veralgemenings. In wese stem ek saam met wat jy skryf.

  33. Daai boukostes is verhoog sodat hulle die ANC meesters kon betaal vir die verkryging van die projekte. Ons moet nie besighede alleen ondersoek nie,maar die politieke base, dis verseker.

  34. Die een ding wat ek uit die hele sakie leer is dit; dat daar diepliggende verskille en verdeling tussen wit en swart is in RSA. Gaan dit verander? Nie binnekort nie en nog erger nooit nie. Nou hoe beweeg ons vorentoe as ons dit eers gesien en erken het?

  35. Hugo G- Bobejaan klim die berg is seker wat jou en jou voorvaders so vas laat glo het dat ek en my soort maar net diere is? Om nie te praat van daai spotprentreeks: was dit Klaas en sy baas of iets dergliks?

  36. Ag man: te deurgetrek vir dit! Kom mos so deur die geboorte van Apartheid tot nou… wie wil vir my wat vertel oor my belewenis?

  37. Ag ja Gerrit… my antwoord het nie gepos nie maar mag wel nog…

    Ek het geantwoord dat ek seker te deurgetrek is om in misvattings verstrengel te raak: Kom mos deur die geboorte van Apartheid tot nou en wie wil nou vir my wat vertel (of verduidelik) van my belewenis?

  38. Blikskottel jy moes eintlik ‘n moderne sensasiejoernalis gewees het wat nie juis in feite belang stel nie maar sommer so vir die lekker stories skryf. Jou ambag gemis?

  39. Blikskottel, daar is ook diepgaande verskille tussen wittes onderling en swartes onderling. Verskille, ook meningsverskille en selfs diepgaande ideologiese verskille, is nie noodwendig ‘n probleem nie. Trouens, as daar nie verskille was nie sou dit ‘n probleem gewees het. Ons moet nie as mikpunt stel dat dit (die verskille) gaan verander nie, maar dat Suid-Afrikaners in hul interaksie met mekaar kan leer om beter met die verskille om te gaan. In sekere opsigte het ons dit al goed reggekry: kyk maar hoe verskil die verhoudings tussen Moslems en Christene hier van die verhoudinge in Europa: hulle moet nog leer, ons kom al langer daarmee.

  40. Maar jeanius, ‘Bobbejaan klim die berg’ (waarvan ‘n weergawe ook in die Nederlandse Antille deur die plaaslike bevolking gesing word) is ‘n lied wat, as ek dit reg het, juis deur die slawe en/of die Koi gesing is – “om die Boere te vererg”, so dis beslis nie ‘n wit lied wat teen swart/bruin gemik is nie.

  41. Blikskottel, ek is nie seker waarna jy verwys nie. Kan jy toelig?

  42. jeanius, as ‘n reaksie nie deurgaan nie, is dit omdat dit te lank is. Daar is egter ‘n manier om dit te omseil: skryf eers ‘n deel van jou reaksie (selfs net die eerste sin) en stuur dit. Daarna klik jou op “Redegeer” by jou reaksie. Dan voeg jy die res van jou skrywe in en “save” weer.

  43. Wat het ek hoegenaamd gese wat die illusie skep dat ek jou en andere as ‘n “soort” beskou.

    Mense is mense en politieke verrotheid ken nie kleur nie.

    Die Wit Wolf en Malema is voels van eenderse vere. Hoe meer hulle van mekaar probeer verskil hoe meer is hulle dieselfde.

    Ek weet nie of die vir jou sin maak nie, maar die PWiaanse fasciste het my voor 1994 met afsku vervul en ek het aan hulle gewalg.

    Ek ervaar dieselfde met die ANC.

    Ek is nie blind vir een kleur se foute of nie.

    Ek wil nie eens kleur in gedrang bring nie, maar dit word deur Wit Wolf Barend en Malema en die wat hulle aanhang afgedwing.

  44. So die wolf is toe al die tyd ‘n voel!

  45. Of ander vierletterwoorde.

  46. 🙂

    Maar die keer was dit nie lank nie:))

  47. Daai ingekeerde soort ding Gerrit: Se maar jy se ek is a bobbejaan dan kry ek ‘n manier om daarmee te spot:)

  48. Tog snaaks hoe `n naam `n sekere reaksie by mens bring. Vir die een is die naam Bono of Treurnicht, Mandela of de la Rey, Malema of TerreBlanche, soos wierook met `n aangename geur en vir die ander ou bring dieselfde name `n doodsreuk waaraan hy walg. Dis nogal moeilik om objektief te bly as jy klaar `n gly in iemand gevang het. Dan is alle redenasies vir of teen sinloos want die vertrekpunt is emosie en nie gesonde rede nie. Lyk my dis slegs die liefde wat maak dat ek iemand anders kan aanvaar vir wie hy of sy is, al verskil ons.

  49. Hugo G:) Bietjie koors vannaand … eintlik gister al so my verstand is moontlik bietjie skeel:)

    Malema is moontlik altyd bietjie skeel maar die wat Malemabehep is verleen mag wat hom nie toekom nie aan hom.

    Nou die dag het iemand weer genoem dat Zuma se manewales HIV-Aids verdiep…

    weet, so as of mense, dis nou swart mense, nie kan dink nie, en dan soos enige ander wat wel kan dink, heeltemal gek kan optree.

    As mans hulle gulpe bietjie toe hou sal HIV Aids afneem al trou Zuma ook nog 10 keer en
    al sou Malema nooit die ou liedjies sing nie sal daar soos voor hom en ook nog na hom plaasmoorde wees omdat die geleentheid daar is

    net soos daar altyd vroue geweld en verkragtings sal wees

    omdat boere en vroue maklike teikens is.

  50. Ag ja Gerrit; of in volkstaal: hy het tenminste een gehad:)

  51. Jeanius, jy maak ‘m fout oor Malema en die wat oor hom behep is: as dit nie vir die beheptheid was en die media se reaksie daarop nie, was Malema nou reeds ‘n enorme invloedryke voorman in die ANC.

    Die media se genadelose ontmaskering van Malema, het ‘n blok om sy been en die van sy senior vennote (lakeie) geword.

    Ons sal nooit weet nie, maar die media en ander se beheptheid het dalk net ‘n nuwe generasie Mugabe, Ghadaffi of PW Botha verhoed.

    Ek lees wat jy se oor kinder- en vrouemishandeling en plaasmoorde en dat dit gebeur omdat die geleentheid daar is.

    Bedoel jy daarom moet ons dit aanvaar, omdat dit gaan gebeur en ons niks daaraan kan doen nie?

    Het jy ‘n mening dat ons die geleentheid moet afsny, want as jy het dan veg ek en jy dieselfde geveg?

    PW-iaanse moorde het ook plaasgevind omdat die geleentheid daar was, maar toe het alle Suid-Afrikaners dit gestop – wittes ook!

  52. You seem to have grasped the essence! Thanks.

  53. Hang af wat “aanvaar vir wat hy is” beteken. God aanvaar ons soos ons is in die sin dat God ons steeds lief het ongeag wie ons is, maar daardie liefde bring God ook daartoe om ons te wil heel maak, gesond maak, bevry van wat ons gevange hou. Ons moet iets daarvan probeer weerspieel: ons naaste liefhe, ook ons vyande, maar dan nooit so dat dit ons onkrities maak nie. Juis wanneer ‘n naam “soos wierook” vir ons is, moet ons ons kritiese radar aanskakel!

  54. jeanius, ek hoop nie ek trap nou op tone nie, maar iets wat ek mis in gesprekke oor seksueel oordraagbare siektes en oor geweld teen vroue is ‘n erkenning van die feit dat “gulp oopmaak” (soos jy dit noem) nie voldoende is vir ‘n man en vrou om seksueel te verkeer nie. Iets anders moet ook oopmaak. Vir elke man wat sy vrou met ‘n ander vrou verneuk, is daar ‘n vrou wat by ‘n ander vrou se man slaap, of hoe?

    Wat geweld betref: Het jy geweet dat baie meer mans as vroue jaarliks slagoffers van fisieke geweld is? Dis iets wat ons nie baie hoor nie. ‘n Spesifieke vorm van geweld teen mans wat nouliks aandag geniet, is huishoudelike geweld – toegedien deur vroue. Ook in die media en die vermaakwereld (is daar ‘n verskil?…) word ‘n vrou wat ‘n man byvoorbeeld klap as snaaks beskou, maar ‘n man wat ‘n vrou klap as misdadig (wat dit ook is).

    Ja, verkragting tref baie meer vroue as mans, maar die dinge is verstrengel (weer daardie woord waarvan jy so hou!). Die manier waarop ons oor “vroue en kinders” praat (en so die patriargale idee van vroue as hulpelose, weerlose wesentjies in stand hou), saam met die manier waarop ons geweld teen mans onderspeel (waarmee ons die patriargale voorstelling in stand hou dat mans geweld “moet kan vat” omdat hulle sterk en taai is), voed die kultuur waaronder sowel mans as vrouens (op verskillende maniere) ly.

    Maar wag, ek wyk nou kwaai af van die onderwerp! Miskien moet ek dit die onderwerp van ‘n volgende inskrywing op die blog maak.

  55. Blogs move in mysterious ways.

  56. Indeed!

  57. Vetjan het gesê op Februarie 24, 2011

    Hier is ‘n BAIE BETER inskrywing oor die insident.

    http://constitutionallyspeaking.co.za/on-bonos-instinct-for-what-is-right-and-wrong/

    Dit plaas ook vir Neil diamond in die regte perspektief.

    en wie regtig die oordeelsfout begaan het.

  58. Petrus Pap, dis altyd ‘n troos om te weet iemand anders het beter as ek oor ‘n onderwerp geskryf, maar wanneer ek op jou skakel klik, kom ek uit by: “Oops! Page Not Found (Error 404)”. Hoe nou gemaak?

  59. Hi Hugo G:) Bietjie beter vandag (Ek weet jy het nie gevra nie!)
    Noudat ons die vrugte van al die sensasie pluk moet daar seker geoes en boord skoon gemaak word.

    Ek se net; moet nie ‘n situasie skep en dan histeries oor dit word nie…

    Dagvaar die man vir alles …. doen dit deeglik, feitlik, sonder sensasie en vir nasiebou:)

    Maak seker dat jy elke ander persoon met invloed wat enigsins onderskeid and afbreek in ons land veroorsaak dagvaar … nie minste die bouerswereld en die wettige beskerming wat daai direkteure het teen persoonlike verantwoordelikheid vir hulle korrupsie.
    Ek is ‘n aktivis en dus val ek nie vir alle argumente soos jy opper ivb met geweld nie.
    Die geweld word juis uitgevoer omdat die teiken weerbaar is… en dis waarom ons moet optree

    Al gesien ‘n aanvaller gaan vir teikens wat hulself kan verdedig?

    Sluit hulle op. Gooi die sleutels weg…
    vir sommige is daar nie rehabilitasie nie!

  60. Vetjan het gesê op Februarie 24, 2011

    http://constitutionallyspeaking.co.za/

    scroll af tot jy by die artikel kom.

  61. Daar het die skakel nou weer gewerk. Ek is egter teleurgesteld. Die skrywer bied ‘n uitgebreide betoog aan oor hoe die haatspraak-artikel in die Grondwet verstaan moet word, maar die hof het reeds meer as een keer bevind dat die sing van sulke liedere (spesifiek “Kill the Boer” en “Skiet die Boer”) as haatspraak kwalifiseer en dus onwettig is. Die regters lees die Grondwet dus anders.

    Die skrywer kyk verder die punt mis dat ‘n ‘struggle song’ (hetsy Iers of Suid-Afrikaans) nie per definisie moreel in orde is net omdat dit ‘n ‘struggle song’ is nie. Duitse antisimitiese liedjies van die Hitler-era was ook “struggle songs” (die Duitsers was platgeslaan na die Eerste Wereldoorlog en het ge-“struggle” vir regverdiger behandeling deur die internasionale gemeenskap), maar sulke liedere was alles behalwe moreel in orde en was lewensgevaarlik. Dieselfde geld sekere liedjies in Rwanda …

    Laastens steur die bloginskrywing omdat dit daardie vervelige diskoers van “ek is ‘n alternatiewe Afrikaner wat nie van Steven Homeyer hou nie en die voortrekkers en veldskool snaaks vind terwyl ek darem al te Kaaps is en in Engels skryf aangesien ek dit as die taal van intellektuele beskou” herhaal. Hoekom moet Afrikaners altyd eers wys hoe anders as ander Afrikaners hulle is voordat hulle ‘n mening lug – asof hulle bang is iemand gaan dink hulle is soos “die ander”? Ek vind dit bietjie adollesent. Maar dis ‘n bolangse kritiek.

  62. Hi Gerrit, “Iets anders moet ook oopmaak. “ Hmm maar gulpe word vrywillig oopgemaak en bene word dikwels oopgedwing en emosionele of ekonomiese dwang word ook op vroue toegepas. Nou nie seker nie: 4 uit elke 5 getroude vroue is al deur haar man verkrag?
    “Vir elke man wat sy vrou met ‘n ander vrou verneuk, is daar ‘n vrou wat by ‘n ander vrou se man slaap, of hoe?” Ek kon by jou kom slaap Gerrit maar dan hoef jy nie noodwendig met my te seks nie!

    “Wat geweld betref: Het jy geweet dat baie meer mans as vroue jaarliks slagoffers van fisieke geweld is?” dis nou jammer dat mans so graag wou wys dat hulle ‘n hou kan vat (socialization) en dat ‘boys don’t cry”
    Meer mans as vroue mishandel? Nie seker van dit nie maar mans wat deur vroue aangerand word word aangemoedig om ‘n saak te maak.
    Feit bly staan dat omtrent 96% van alle sulke geweld sake mans teen vroue is en dan moet ons nog die ander sosiale geweld teen vroue byvoeg!

    “Ja, verkragting tref baie meer vroue as mans, maar die dinge is verstrengel ….” Reeds verwys na dit
    Gerrit, the social engineering for power and economic and land control that is responsible for racism is also responsible for this sexism and gender violence.
    I would ask though that you give some thought to the fact that GENDER sensitivity and activism take men into account as full partners with Human Rights and to come to terms with their social, economic and physical power that form part of the foundations for gender violence
    By the by: I often do not speak to violence against women and children in the same breath because I think it is violence to a women that her plight is not dealt with in its own right and that even in this she must share the space with children
    And children too deserve their own space
    “Maar wag, ek wyk nou kwaai af van die onderwerp!” Ja, ek sien jy troll jou eie blog:) maar Bono gee mos om vir vroue en kinderwelsyn:)

  63. Ja, Bobo probeer seker ook. Maar jeanius, jou Afrikaans is soveel mooier as jou Engels …

  64. 🙂 ‘n taamlike outydsse Afrikaans

    maar ek is nogal lief vir die taal

    as jy so deur my blog sou loer sal jy ‘n paar Afrikaanse gedigte kry

    Ook ‘n paar oor vroue en geweld:)

  65. Nou mooi so!

  66. Ha ha … jy kan kom kritiek lewer!

  67. Vetjan het gesê op Februarie 25, 2011

    “maar die hof het reeds meer as een keer bevind dat die sing van sulke liedere”

    1. Was hierdie saak al by die grondwetlike hof?

    2. Of na watter hofsake verwys jy?

    daar is tans een aan, maar uitspraak is nog nie gelewer nie.

    3. Van wanner af moet regters in die “gewone” howe uitspraak lewer oor grondwetlike sake?

  68. PP, nie net die Grondwetlike hof kan uitspraak lewer oor Grondwetlike sake nie. ‘n Voorbeeld is die Noord-Gautengse Hoër Hof wat verlede jaar bevind het die regering is in versuim om art. 6(4) van die Grondwet uit te voer. Die regering kon natuurlik na die Grondwetlike Hof geappelleer het, maar het daarteen besluit (waarskynlik omdat hulle besef het hulle sou weer verloor).

    Sover my kennis strek, was daar eers ‘n bevinding deur die Menseregtekommissie (nie ‘n hof nie) en toe later ‘n hofsaak wat deur Solidariteit gemaak is (ek weet nie presies watter hof nie) en waarin ‘n uitdruklike verbod op die sing van die Malema-lied gestel is. Ek onthou dit omdat ek nog so geskok was deur die feit dat die ANC skaamteloos verklaar het hulle sal die lied sing ongeag wat die hof se. Miskien is die saak waarvan jy praat ‘n appelsaak?

  69. Vetjan het gesê op Maart 1, 2011

    “‘n Voorbeeld is die Noord-Gautengse Hoër Hof wat verlede jaar bevind het die regering is in versuim om art. 6(4) van die Grondwet uit te voer. “

    mmmmm. dit was nie om uitsluitsel te gee of iets grondwetlik was of nie..en daarom nie ‘n saak vir die grondwetlike hof nie, maar vir ‘n gewone hof. Of verstaan ek dit nou verkeerd?

  70. gerritbrand het gesê op Maart 1, 2011

    Die prokureur wat die saak aanhangig gemaak het, het aangevoer dat die betrokke Grondwetlike artikel die owerheid daartoe verplig om wetgewing aan te neem oor hoe die regering die amptelike tale moet gebruik. Die regering het dit bestry. Die hof het die prokureur gelyk gegee. Dit het dus gegaan oor of die regering se optrede tot dusver Grondwetlik was en daar is bevind dat dit nie is nie. In die geval van moordliedjies dieselfde: oortree dit die Grondwet se verbod op haatspraak? Uiteraard, want die Grondwet definieer haatspraak as aanhitsing tot geweld en “Skiet so en so” is die suiwerste denkbare vorm van aanhitsing tot geweld.

  71. Vetjan het gesê op Maart 10, 2011

    miskien is jy reg ou spekbekkie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.