Lees, dink en praat teologie op Sol Iustitiae

November 8, 2010 in Sonder kategorie

Op Sol Iustitiae, die fakulteit teologie van die Universiteit Stellenbosch se openbare gespreks-ruimte, is tonne nuwe leesstof gelaai:

          Skakels na twee stukke, Serving Two Masters: Shariah Law and the Secular State en Religion and the Liberal State Once Again, deur Stanley Fish

          Jurgens Hendriks se indrukke oor die evangelies-ekumeniese byeenkoms Lauzanne 3

          Ian Nel se resensie van die boek Een huis voor de ziel deur Henk de Roest

          Julie Claassens se verslag van die stigtingsvergadering van die Kring van Besorgde Afrika-vroueteoloë se Stellenbosch-tak en haar preek Keep your Eyes on the Prize, Hold on

          Nico Koopman oor die middelmatigheid wat van drome nagmerries maak en Reformed churches, economy and ecology in the context of glocalisation

          Twee artikels, Culture, Power and Religion en Reply to Frits de Lange’s Paper “The Hermeneutics of Dignity”, deur Gerrit Brand

          Dirkie Smit se lesing oor Belhar en kerkeenheid by ’n onlangse sinode van die Verenigende Gereformeerde Kerk

          Teologiestudente se gedagtes oor Wie lees teologie ooit?, Poverty and the Impact of Lending and Borrowing, Stigmatization and VVF-HIV/Aids among young adult females, Moraliteit, etiek en Facebook, The “Decade to Overcome Violence”, Teen biblisistiese interpretasie

          Vier resensies van teologiese boeke

          Tonne nuus oor teologiese en verwante gebeure

Onthou, dis nie net vir lees nie; dis ook vir saam gesels!

* Stuur ’n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

5 antwoorde op Lees, dink en praat teologie op Sol Iustitiae

  1. As u probleme het om op Sol Iustitiae te kom, kontak asb die webmeester by [email protected].

  2. louisna het gesê op November 8, 2010

    Hallo Gerrit,

    Jy het nie dalk invloed op US se koshuise nie. Kleinboet is gekeur vir Ing maar kry nie plek in die koshuis nie.

    Groete,

    Ouboet

  3. Jammer, ouboet, ek is maar net ‘n nederige dosent. Van koshuis-sake het ek geen weet nie. Maar miskien as jy nou Sol Iustitiae raadpleeg, kry jy teologiese insigte wat jou kan help om die probleem mee aan te pak!

  4. louisna het gesê op November 8, 2010

    Thanks. Ek maak so.

  5. Dankie vir die verder gesels! Ja, dis seker maar ‘n geval van die een doen en nie die ander nalaat nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.