Anzil Kulsen: “Geleerdes soek skoor met ons taal “

September 7, 2010 in Sonder kategorie

Vandeesmaand se LitNet-essay is deur die skrywer Anzil Kulsen, en is getitel “Geleerdes soek skoor met ons taal“. Kort en kragtig, wel deurdag, in baie opsigte verrassend en uitdagend. Lees dit en gesels hier saam daaroor.

 

Lees ook Anzil se bydrae tot vandeesmaand se miniseminaar.

 

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

4 antwoorde op Anzil Kulsen: “Geleerdes soek skoor met ons taal “

  1. Anzil ‘die geleerdes’ soek skoor
    want dese lot dink nie,
    hulle wil net gehoor word
    en ja skedels klink
    terwyl kinders woorde verloor.
    Anzil, van jou woorde na die Vader se oor.
    onder daai ‘geleerdes’ is dit ongewild
    om andere se stemme te hoor,
    o hoe dom hul sinne verbloem.

  2. Haai Anzil, dis lekker om sulke goeie nuus uit jou geweste te hoor, nl. die stand van Afrikaans is hoog. Eintlik ken ek nie iemand wat nie met jou saamstem nie. Daarom wil ek jou vra om bietjie nader te omskryf wie die “geleerdes” is na wie jy verwys. Is hulle selfs AFrikaanssprekend? By watter akademiese instellings werk hulle as “geleerdes”? In watter vak is hulle “geleerd”? Beklee hulle gesagsposisies wat mens dwing om notisie te neem van hulle uitsprake? Jy sien, die antwoorde op die vrae is nogal belangrik, want darsonder is dit gesiglose spoke. En spoke kan mens nie jag nie of hulle ontmasker nie. Mens van vlees wat sothede kwytraak, soos bv. dat Afrikaans onbelangrik is, dat dit ‘n kombuistaal is sonder waarde, ens., daardie mense jag ek graag. By gebrek aan akademiese titels soos prof en dr. , matig ek my die titel van taalaktivis, toegeken deur die universiteit van die lewe. Ek sluit nou af. Maar net toe ek die “stuurknoppie” wou druk, toe flits dit deur my kop: verwys Anzil nie miskien na politici nie? Nee, dit kan tog nie, want dan moet die term “geleerde” vir hulle ook ‘n nuutskepping uit die Namakwaland wees. Groetnis. Geert

  3. Geleerdheid, sou ek se, is nie ‘n amptelike kwalifikasie of formele posisie nie, maar ‘n ingesteldheid en vermoens.

  4. Idees oor Afrikaans word in groot mate deur ondeurdagte prosesse gestuur. Die diskoerse daaroor het ‘n lewe van hul eie, en wie dit teenstaan, word gou met allerlei persepsies geteiken. En hoe meer ‘n mens die persepsies uit die weg probeer ruim, hoe minder kry ‘n gese of gedoen, sodat die diskoerse jou uiteindelik neutraliseer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.