Wat het ons uit die Afrikaanse Taalraad se konferensie geleer?

September 1, 2010 in Sonder kategorie

Die Afrikaanse Taalraad (ATR), wat meer as 40 Afrikaanse organisasies en om en by 400 000 lede verteenwoordig, het pas sy tweede jaarvergadering gehad en dit laat aansluit by sy reusekonferensie oor Afrikaans en die onderwys. Verskeie kenners op hierdie gebied het oor drie dae referate gelewer wat elke denkbare aspek van die problematiek behandel het, en baie positiewe insigte het na vore gekom. (Klik hier vir van die referate wat op die konferensie gelewer is.)

In diie jongste miniseminaar op LitNet se Seminaarkamer, deel antwoord Wannie Carstens (ATR-voorsitter) en Michael le Cordeur (ATR-ondervoorsitter) op die vraag: Wat het ons uit die ATR se onderwyskonferensie geleer? Anzil Kulsen, skrywer en nuwe ATR-direksielid, se bydrae tot hierdie bespreking sal ook binnekort verskyn.

Verder beoog LitNet om so veel moontlik van die lesings wat op die konferensie gelewer is te publiseer. Lees, leer en praat saam!

Anzil Kulsen se bydrae is nou ook gelaai; klik hier om dit te lees.

* Stuur ’n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

1 antwoord op Wat het ons uit die Afrikaanse Taalraad se konferensie geleer?

  1. AMANDA DE STADLER SKRYF:

    “My heel eerste indruk van die konferensie wentel om die gasvryheid en hartlikheid waarmee die konferensiegangers deur Marlene le Roux en haar mense by Kunstekaap ontvang is. Ons het in Afrikaans tuis gevoel in onse Kaap! Dankie Marlene en personeel.

    “Die indruk waarmee ek laat Saterdagmiddag huis toe is, is dat die ATR en almal wat betrokke is, besig is om daarin te slaag om Afrikaanssprekendes rondom Afrikaans bymekaar te trek om die uitdagings wat bestaan gesamentlik te probeer aanpak. Niemand wat deel wíl wees hiervan kan meer uitgesluit voel nie. Daar word na almal geluister – van die kleinste insek tot die grootste dier in die bos,om Michael le Cordeur se beeld te gebruik. Die groot lekkerte hiervan is dat daar vir almal iets is om te doen vir Afrikaans en die mense wat die taal praat, tot voordeel van die groter Suid-Afrikaanse samelewing. Hierin het die ATR geslaag: om ‘n samehorigheidsgevoel te skep onder mense met dieselfde fokus, nl. Afrikaans en sy sprekers se welsyn.

    “Die uitdaging om die toekoms van Afrikaans op ‘n planmatige wyse te bestendig is deur die ATR aanvaar. Saam met die goedgesindheid en kundigheid van mense wat hierdie raad ondersteun, is daar ‘n nuwe gees van positiwiteit en hoop ervaar deur konferensiegangers. Nou gaan almal wat belangstel help om die vyfjaarplan vir Afrikaans te verfyn en te help uitvoer. Soos Flip Buys sê: “Afrikaans is in die hande van sy sprekers!””

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.