‘Creature Magazine’ kook

Augustus 31, 2010 in Sonder kategorie

Creature Magazine is ’n splinternuwe aanlyn-tydskrif wat pas onder my aandag gekom het. Gaan loer gerus in. Dis vars, jonk en uitdagend.

Die lokreël lui: “God serves the creature.” Dis waarskynlik as bietjie van ’n skoktaktiek bedoel, maar dis ironies genoeg heel ortodoks (jammer meneer die redakteur!): hierdie idee dat die Skepper nie op eie belang nie, maar op die belang van die skepping uit is.

Dit sal oulik wees as die inhoud nie net in Engels is nie, maar nou ja. Dit is beslis ’n publikasie om dop te hou. Alle sukses daarmee, redaksie!

(Belangeverklaring: Die redakteur, Christian G Lee, is ’n nefie van my. Hy kan, behalwe skryf, ook nog toneel speel, sing … noem maar op!)

* Stuur ’n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na dinknet@litnet.co.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

2 antwoorde op ‘Creature Magazine’ kook

  1. Ek vind dit nie skokkend nie. Ek dink net dit was dalk bedoel om te wees. Ek vind dit eerder gewoon waar.

  2. Inderdaad. Rapport blykbaar ook …

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.