Moet howe die vanselfsprekende uitspel?

Augustus 9, 2010 in Sonder kategorie

Uit die koerant verneem ek die Kovsies-bestuur het ’n hofbevel bekom wat oproerige studente verbied om eiendom te beskadig, mense te bedreig en so meer. Soortgelyke hofbevele is ook al teen vakbonde uitgeryk. Dis iets wat ek, as ’n regsleek, nie mooi verstaan nie. Is saakbeskadiging en aanranding nie in elk geval onwettig nie? Kan mense wat hulle daaraan skuldig maak nie in elk geval vervolg word nie? En is dit nie ’n regsbeginsel dat onkundigheid oor die wet geen verskoning is nie? Watter doel dien die hofbevel dan?

 

Ek is seker daar moet ’n antwoord wees. Kan iemand verduidelik?

 

* Stuur ’n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na gbrand@sun.ac.za om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

11 antwoorde op Moet howe die vanselfsprekende uitspel?

  1. Pietstok het gesê op Augustus 9, 2010

    Die verduideliking in kort, is dat die straf dubbel so swaar gaan wees met die oortreding. Die skuldige maak hom nie net skuldig aan die misdaad nie, maar nou ook aan minagting van die hof, wat ‘n addisionele straf tot gevolg het.

    Die beginsel word ook gebruik om sake wat gewoonlik siviel aangespreek sou word (soos skadevergoeding met saakbeskadiging) ‘n “bruggie” te gee na die strafregtelike arena, wat (hopelik) afskrikwaarde sal hê.

    Groetnis

  2. Absoluut duidelik. Dankie!

  3. Dis daar sit meer in as net die ooglopende?

    Ek het al baie gewonder hoekom soveel van die saakbeskadiging, openbare ontwrigting en selfs aanranding wat deur stakendes of protesterendes gepleeg word ongestraf bly – sowel wat die individuele boosdoeners as wat die betrokke vakbond of ander drukgroep se aandeel betref. En dit terwyl die misdade dikwels op kamera vasgevang is en/of voor talle ooggetuies (ook polisielede) gepleeg word, sodat suksesvolle vervolging relatief maklik behoort te wees.

    Die ergste geval vir my was toe weermaglede gestaak en toe sommer met hul dienswapens op die polisie losgebrand het – nadat hulle reeds die erg genoeg misdaad gepleeg het om die wapens in ‘n optog te dra en daarmee te dreig. Is van hulle vervolg? Is die vakbondleiers vervolg?

  4. WILHELM VAN DEVENTER SKRYF:

    “Ek is nog minder as ‘n regsleek, maar hier in Potchefstroom loop studente en spog en lag hoe ander studente deur ‘n universiteitsdirekteur betaal is om Kovsie Werwingskennisgewings te beskadig. Ek het dit ook so dat dit in elk geval onwettig is! Of kom dergelike direkteure en studente daarmee weg indien hul eie universiteite nie eie maatreëls in plek het nie? ‘n Mens kry die indruk dat elke instansie deesdae ‘n “law unto its own” word.”

  5. Dit lyk my meer as een kommentator lees die situasie so.

  6. Werk dit in jou ervaring? Skrif dit potensiele chaos-saaiers af? Lei dit daadwerklik tot swaarder strawwe?

  7. hilgaard het gesê op Augustus 9, 2010

    Die probleem wat met so ‘n hofbevel aangespreek word is die voorkoming van verdere skade en aanrandings.Uit die aard van die saak moet jy eers darem ‘n saak kan uitmaak dat daar wel so iets gebeur het voordat so ‘n tussentydse bevel gemaak kan word.Dit word gewoonlik gedoen waar dit soms moeilik is om die presiese oortreders uit te ken en te arresteer.Natuurlik sal ‘n mens ook sulke oortreders gesamentlik kan aankla van die misdaad van openbare geweld.Omdat daar gewoonlik in so ‘n geval ‘n klomp mense optree probeer jy dus hulle gesamentlike optrede verhoed.’n Mens kry ‘n soortgelyke geval by ‘n aansoek om ‘n beskermings bevel by huishoudelike geweld.Daar is ook reeds een of ander vorm van geweld gepleeg en nou kom die aansoeker en vra vir ‘n beskermings bevel teen die ander party om toekomstige geweld te verhoed.As die ander party dan wel die bevel verontagsaam kan s/hy aangekla word van ‘n oortreding van die bevel ingevolge die Wet op Huishoudelike Geweld.Die eerste geweldsoptrede kan egter ook aangekla word as bv. aanranding.Die oortededing van ‘n beskermingsbevel lei wel tot ‘n swaarder straf omdat dit reeds duidelik is met die toestaan van die bevel dat reeds een of ander vorm van geweld voorheen plaasgevind het.

  8. Ek sien. Maar is dit dikwels effektief as afskrikmiddel wanneer dit by vakbonde ens kom?

  9. hilgaard het gesê op Augustus 9, 2010

    Dit sal effektief wees in die sin dat die hofbevel wel afdwingbaar is.Die probleem lê egter by die mense wat sal moet getuig in ‘n hof en die mense wat die besluit moet neem om die oortreders te vervolg.Ek kry baie die indruk dat in sommige gevalle daar probeer word om die probleem op te los deur onderhandeling en nie deur vervolging nie.Die argument is dan dat die oorsaak van die probleem op ‘n ander vlak lê en dat die probleem daar aangespreek moet word en nie op die misdaad vlak nie.Vir die gewone burgers lyk dit dan asof die howe nie effektief funksioneer nie maar intussen is die besluit om die saak nie hof toe te neem nie, nie in die howe se mag nie.So iets is die Nasionale Vervolgingsgesag se prerogatief en dit kan soms moeilik wees om hulle te dwing om wel te vervolg(Soos wat in die Zuma saga bewys is.)

  10. Ja nee, met die howe self het ek nie ‘n probleem nie, maar dis my indruk ook dat die volgende stappe – die besluit om te vervolg en die effektiewe vervolging self – dikwels gewoon agterwee bly. Die regstaat kom dan toenemend in gevaar.

  11. Ek sien.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.