Hoe blind is regstellende aksie?

Julie 29, 2010 in Sonder kategorie

Vandeesmaand se miniseminaar gaan oor regstellende aksie, en met name oor hoe dit gestremdes raak (of juis nie). Wilhelm van Deventer, wat dikwels aan gesprekke op hierdie blog ook deelneem, het die eerste bydrae geskryf uit sy ervaring as gesiggestremde met ‘n werksaansoek aan een van ons universiteite. Nog bydraes tot hierdie belangrike gesprek sal eersdaags in die Seminaarkamer verskyn. Lees dit en lug jou mening hier.

Klik hier vir William Rowland se bydrae tot die miniseminaar.

 

En hier vir Jaco Barnard-Naude s’n.

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

10 antwoorde op Hoe blind is regstellende aksie?

  1. JOHN LE ROUX SKRYF:

    “In Finweek was ‘n artikel ‘n paar jaar gelede wat die lesers bedag gemaak het op die verskil tussen ‘n program en ‘n ideologie. Daarin is o.a. gewaarsku dat iets soos regstellendeaksie ‘n helder geformuleerde program met teikens en teikndatums moet bly, anders gaan dit ‘n slaafse onbevraagtekende ideologie word. Die stuk hieronder grens duidelik daaraan.

    “Enkele jare gelede neem ek ‘n CV van ‘n hoogs opgeleide gestremde Blanke man na ‘n universiteit vir ‘n pos waar hy baie goed sou pas. Hy was die bekerwenner wat 2 grade in een se tyd voltooi het en so vereers is. Die persone wat die CV ontvang het se woorde was “moenie dinge vir ons moeilik maak deur Blankes se CV’s te bring nie”. Die persoon was nie eers genader vir ‘n onderhoud nie. Die persoon wat aangestel was, minder gekwalifiseerd, is na 6 weke weg.

    “Ek wens ons land kan by suiwer meriete uitkom dat persone aan die insetkant van opleiding so goed opgelei word dat oral net die beste mense aangestel kan word. Dan wen almal uiteindelik tog die beste.”

  2. joanvanzyl het gesê op Julie 30, 2010

    Ek reageer op die mini-seminaar: is regstellende aksie ten opsigte van mense met gestremdhede blote polities-korrekte lippetaal?

    In die eerste plek: Ek giggel ‘n bietjie oor die gebruik van die woord ‘anderskleuriges’ deur sowel Wilhelm van Deventer as Prof Klopper van Potch se skool vir verpleegkunde. Anders as wie?

    Tweedens: As mense so ver kom om gestremdes aan te stel, is my ervaring dat hulle net effens gestremdes aanstel, soos mense wat fisiek ligweg gestrem is. Dit laat die syfers goed lyk maar dis nie asof die maatskappy hom uitsit om gestremdes te ondersteun en te akkommodeer nie. Jy sal nie sommer kry dat iemand met geestelike gestremdhede, nie eens ligte geestelike gestremdhede, genade vind in die oë van ‘n werkgewer nie. Ook nie iemand wat fisiek werklik hulpbehoewend is nie.

    Joan

  3. Dis nie anders wanneer dit by ras kom nie: ‘n Maatskappy of ander instelling voel hulle moet voorheen benadeeldes intrek. Watter voorheen benadeeldes? Wel, natuurlik daardie’s wat in ‘n goeie privaatskool was, foutlose Engels praat, ‘n graad of drie in die sak het en boonop ‘n paar jaar se ervaring. Die reeds bevoordeeldes, dus. Syfers lyk goed, maar niks hoef te verander nie.

  4. joanvanzyl het gesê op Julie 31, 2010

    Jy is so reg Gerrit. Ek stem bv. nie saam met John le Roux dat meriete die enigste oorweging moet wees nie. Dan kry net gestremdes met twee grade werk; dis ook nie reg nie. Ons moet ‘n meer “caring society” word en maatskappye moet ook hul deel daarvoor doen. Dis in almal se belang – ook die ekonomie s’n – dat daar so min randfigure en werkloses as moontlik in die land is. Daar is ‘n groter prentjie hier wat deur baie van ons groot korporasies gemis word, want hulle kan net boontjies tel en hulle teen bottom lines vasstaar.

  5. louisna het gesê op Julie 31, 2010

    Regstelende aksie het nerens in die wereld gewerk nie. Tog was hierdie feite lank reeds bekend toe ons onderhandelingspan met reus Ramaphosa om ‘n tafel gaan sit het.

    Dit bevestig maar net ‘n feit: Om oor te gee is makliker as om te wen.

  6. Vermoedelik niks nie?

  7. Ek sou dit liewers nie in oorlogskategoriee analiseer nie, maar ek stem saam dat regstellende aksie, wanneer dit simplisties in terme van byvoorbeld ras- of geslagsklassifikasies geskied, nie kan werk nie. Regstelling kan gedoen word sonder om daardie weg op te gaan.

  8. En die punt is: ‘n Mens kan steeds goeie redes he om die “beste” mense, die mees bekwames, in poste aan te stel, maar nie uit die logika van “meriete” nie. Die logika hier is dienslewering aan die gemeenskap. Hierin glo ek in die kommunistiese slagspreuk: “Van elkeen volgens sy vermoe, aan elkeen volgens sy behoefte.”

  9. louisna het gesê op Augustus 2, 2010

    Ek stem. Dalk was oorlog nie die regte beeld nie, maar ons weet almal dit kan nie werk soos wat dit tans in SA toegepas word nie. Hulle moet uitsette meet en nie insette nie. Die markbeginsel is nerens nog ooit vereerd bewys nie.

  10. William Rowland se bydrae het nou ook verskyn. Om dit te lees, klik op die skakel wat ek hierbo in die oorspronklike inskrywing bygevoeg het.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.