Pieter se vyfpuntplan

Julie 26, 2010 in Sonder kategorie

As jy een van daardie intellektuele is wat rugbypraatjies as benede jou beskou, hoef jy hierdie inskrywing nie te lees nie, wants dis aan die ontleding van daardie hoogs komplekse en intelligente sport gewy – spesiek aan Springbokafrigter Pieter de Villiers, vir wie ek van die begin af met hart en siel ondersteun het, se nuutgekose vyfpunt-spelpatroon, soos uit die afgelope drie wedstryde blyk.

 

Dit werk so:

 

1) Laat van die beste spelers (Juan de Jong, Dewald Potgieter en Gio Aplon [behalwe as ’n sekere senter nie op vleuel beskikbaar is nie] uit die span.

 

2) Haal ons briljantste losskakel en doelskopper van die veld net wanneer ons dringend punte nodig het.

 

3) Sorg dat geen voorspeler dit in ’n losskram waag om goeie balbesit te verseker nie; dis die agterspelers se taak terwyl die voorspelers in die agterlyn op ’n bal wag soos op Godot.

 

4) Hou ’n kaptein wat op sy dag miskien die beste in die wêreld was teen elke prys in die span, ook al lewer hy bykans geen bydrae meer tot die spel nie, en al ondermyn dit sy gesag en motiveringsvermoë as kaptein – veral aangesien ’n gebore kaptein, Dewald Potgieter, beskikbaar is en daar nog ’n jaar tyd is om hom in daardie rol te vestig.

 

5) Laaste maar nie die minste nie: Ontmoedig spelers om die nodige dissipline aan die dag lê om hulself van geniepsige spel te weerhou; anders kry ons nie geel kaarte nie.

 

Sover slaag hierdie plan uitstekend (vir die opposisie).

 

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

24 antwoorde op Pieter se vyfpuntplan

  1. TheSpear het gesê op Julie 26, 2010

    Ek het op skool laas gesien dat spelers so bang is om in ‘n loskram in te gaan. Hulle ly aan die Victor Matfield sindroom en wil almal buite senter speel.

  2. Unicorn007 het gesê op Julie 26, 2010

    Uiteindelik n pos op my vlak. Stem 100% saam. Ook PDV moet opmaak met Frans Steyn. Ons benodig hom.
    Hougaard is die nommer 2 skrumskakel en nie Pienaar of januarie nie. Habana? Moontlik soos John oor die muur en ons het goeie vleuels, Aplon is een.

  3. kuypers het gesê op Julie 26, 2010

    Het juis onlangs na die boek Rigters gekyk. Opskrif by hoofstuk 21 (The New Jerusalem Bible) “Remorse of the Israelites”. Mag dit dalk Broeder Pieter se geestelike ontnugtering wees as hy so oor die afgelope vier jaar terugkyk?
    Vers 7 lees ‘What shall we do to provide wives for those who are left’. Broeder Pieter is bekend as ‘n persoon wat graag snaakse Ou Testamentiese toepassings maak. Is daar nie ‘n moontlikheid van ander vertaling wat iets sou sê soos “what shall we do to provide winning goals to those that we have beaten before”, nie?
    Bokant vers 15 is ‘n opskrif “The rape of the daughters of Shiloh”. Hierin lê die ontknoping van die dilemma waarin ons broer in vers 7 verkeer? Laat ‘die ander vat wat hy wil’, sonder enige teenstand. Nou nie juis dat ek dink die Springbok ramme is meisietjies nie!
    Laat mens nogal dink aan ‘n Broeder Johannes Kerkorrel
    En gee, gee, gee. Gee, gee, gee
    Jou sente, jou drome, jou klere vol gate,
    Gee jou hart vir (Hillbrow) die All Blacks
    Ja, gee jou hart vir (Hillbrow) vir die All Blacks

    Ek sê maar net.

  4. WILHELM VAN DEVENTER SKRYF:

    “Die Australiese kommentator moes toe om verskoning vra omdat hy vir Pieter de Villiers ‘n “cloun” genoem het, maar intussen gaan die sirkus Saterdag na Saterdag voort! “

  5. Inderdaad. Self vind ek die idee belaglik (en onthou, ek skryf as ‘n ‘fan’ van Pieter) dat ‘n joernalis om verskoning moet vra omdat hy ‘n openbare figuur ‘n nar noem. Moet ons dan nou vir Malema om verskoning vra?

  6. Hougaard op linkervleuel kan baie goed werk. Hy moet ten minste speelkans kry, al hou ons Habana voorlopig nog in.

    Pienaar het my nogal met goeie spel verras. (Ek’s net bly January is gepos!)

    Ek self sal ook graag vir Frans Steyn in die span wil sien. Kirsner (spel ek sy van reg?) doen myns insiens uitstekend, maar as Steyn ten minste op die reserwebank sit, kan hy later in die spel gebruik word, en as die ander Steyn om watter rede dan ook moet afgaan, kan Francois as doelskopper inkom. Om vir arme Pienaar te laat pale toe skop sodat hy na ‘n goeie wedstryd (onthou, hy moes sonder enige hulp van voorspelers die bal uit die losskrums kry en versprei) gedemotiveer kan word maak nie sin nie.

    Nog iets: Die keuse vir James as losskakel-vervanging gaan my verstand te bowe.

  7. Nou bloos ek.

  8. Ons het ‘n laerskoolonderwyser gehad wat dit “staanrugby” genoem het.

  9. Ek hoop Pieter ook.

  10. Wat ek nie kan verstaan nie is dat Pieter hom met doe vorige Drie Nasies so goed bewys en sy kritici se monde gesnoer het, maar nou skielik sulke snaakse spankeuses doen en so ‘n rare spelpatroon invoer. Ek het ‘n samespweringsteorie: Pieter was bekommerd dat indien die Bokke as gunstelinge in aanstaande jaar se Wereldbekertoernooi ingaan, dit hulle kan benadeel. Daarom maak hy seker dat hulle nou so veel moontlik verloor en so ver moontlik op die ranglys val – dan kan hulle as “underdogs” die Wereldbeker aanpak …

  11. Unicorn007 het gesê op Julie 26, 2010

    Net so. James is deel van die dooie hout soos John.

  12. Al weet ek min van rugby, lees ek graag kommenare daarop. die underdog teorie mag dalk ‘n moontlikheid wees

  13. Maar wat van Mark, Matthew en die andere?

  14. Ek hoop dit is. Anders bly dit ‘n misterie!

  15. kuypers het gesê op Julie 26, 2010

    Gerrit jou teorie “Pieter was bekommerd dat indien die Bokke as gunstelinge in aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi ingaan, dit hulle kan benadeel” klink nogal na Michel Foucault se sêding “The possibility of madness is implicit in the very phenomenon of passion.”
    Nee jong. Kannie sommer so saamstem nie. Baie van die onverklaarbare dinge is gegrond in Kultuur, en dit is myns insiens waar ons broeder Pieter se snaakse uitleg van die Skrifte en bestuuroptredes na moet gaan soek. Mense soos professor Kurt April van UCT wat meer weet van diversiteit in Afrika het die skalpel ingelê en uitkom by “emphasis on control mechanisms rather than orgnisational performance” as een van die eienskap van “Leadership in Afrika”. Onse mense dra weer in ons murg en been “paramount concern for organisational perfornance”. Samuel Huntington het gepraat van ‘n “Clash of Civilizations’.
    Moontlik is jy tog reg dat broeder Pieter bekommerd is dat indien die Bokke as gunstelinge in aanstaande jaar se Wêreldbekertoernooi ingaan, dit hulle kan benadeel. Moontlik het broeder Pieter ‘n Sun Tzu as raadgewer. Wie weet werklik.

  16. Ag, dis maar ‘n lawwe samesweringsteorie, maar waarskynlik ooroptimisties – ten minste vir sover dit ‘n sameswering suggereer …

    Maar miskien is dit tog ‘n toevallige, onbedoelde voordeel van die huidige kleitrappery dat dit ons in die Wereldbeker kan bevoordeel. Ons het al twee keer die beker gewen, en nie een van daardie kere was ons naastenby die gunstelinge nie. Ons het een ander keer voor die bekerkompetisie al die spanne van die veld af gespeel en toe die beker kom, eindig ons nie eens in die finaal nie. Gunsteling wees, is geen guns nie.

    Nog iets: Die jaar voor die laaste Wereldbeker het dinge sleg gegaan onder Jake White. Die ouens wat toe baie slim was, is nou (soos David Kramer in ‘n ander verband sing) “tjoe-oe-oe-oe-oe-oepstil”. Ons hoop maar dit werk met Pieter ook so.

  17. bloukaap het gesê op Julie 26, 2010

    6) bedank (ernstig)

  18. Unicorn007 het gesê op Julie 26, 2010

    Hahaha..baie snaaks Gerrit. Arme John, as sy ouers hom nou Jimmy genoem het dan was hy nie deel van die dooie hout nie.

  19. Pruimtwak, ons praat van Pieter se plan, nie joune vir hom nie!

  20. Dalk, ja!

    Dit pynig my om vir sy afskeid te pleit, want ek dink hy’s miskien die beste kaptein wat ons nog gehad het en ‘n nuwe kaptein krap mens nie agter elke bos uit nie, maar sy tyd is verby. My eerste keuse vir ‘n opvolger is Dewald Potgieter. Hy speel uitstekend, het die persoonlikheid en het hom al as kaptein bewys. Ja, hy’s ‘n relatiewe nuweling, maar John was ook een toe hy kaptein geword het.

  21. Ons kanse om in 2010 die Drienasies te wen is ‘n statistieke nagmerrie.

    Ek sou dus die volgende voorstel: kry ‘n verdienstelike SA “A-span” en raadpleeg Tim Noakes oor hoe, waar en hoe lank die res moet rus. En sommer hul fokus terugkry. Diepte in elke posisie is belangrik.

    Een rubriekskrywer noem dat die Oz afrigter (Deans) nuwelinge in sy groep inbring en speelkans gee op ‘n manier wat die senior spelers laat besef hulle sal harder moet werk – gesonde kompetisie.

  22. uysh het gesê op Julie 28, 2010

    Al is ons hoe goed, New Zealand se naam is al klaar op die Wereld Beker geskryf. Daar is geen manier dat toegelaat sal word dat NZ nie op eie bodem die wereldbeker wen nie. Ons gaan ons tyd mors om te gaan, maak nie saak wie die coach of die span is nie.

  23. Met Uysh!, ek dink die feit dat NZ toenemend na die gunsteling begin lyk, ‘n indruk wat dan verder deur die tuisveldvoordeel versterk word, gaan baie sterk teen hulle tel in die WB.

    Agter al die verskillende redes hoekom die Bokke nou so swak teen NZ en die Aussies gevaar het, is die rede der redes, naamlik die blote feit dat die Bokke as gunstelinge die Drienasie-kompetisie betree het.

  24. uysh het gesê op Julie 29, 2010

    Kan jy dink watter krisis dit sal wees as NZ op eie bodem nie die wereld beker kan wen nie? Dit sal Armageddon wees! Van die oomblik wat Ierland omgedraai het en vir New Seeland gestem het om die wereldbeker te kry, pleks van vir Japan of ons (hulle sou vir ons gestem het maar het vir Francois Pienaar in die rug gesteek, blerrie Iere!) tot nou ‘n jaar voor die tyd, word alles in die stryd gewerp om Nieu Seeland na die enigste kandidaat te laat lyk om die wereldbeker te wen. Richie McCaw het self beken dat die skeidsregter hom begunstig het in die toetse en dat hy met moord weggekom het. Is dit enige verassing dat die IRB deur Iere en Nieeu Seelanders beheer word? Dit klink dalk far fetched en ‘n conspiracy theory maar as ons mooi sit in dink wat sal goed wees vir wereld rugby in volgende jaar se wereld beker (in die oe van die wereld) is dit nie dat SA dit moet suksesvol verdedig nie, maar dat NZ uiteindelik kry wat hulle “toekom”. Die ou in beheer van die skeidsregters is ook “toevallig” ‘n Nieeu Seelander van Ierse afkoms, die van O Brien. Waar geld betrokke is, is daar korrupsie betrokke.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.