‘n Oomblik van waarheid?

Julie 1, 2010 in Sonder kategorie

My jongste “Draadloos”-rubriek in die Vlaamse tydskrif Streven:

 

In my kinderjare, in die dae van apartheid (of wat later sou blyk die laaste stuiptrekkings van apartheid te gewees het), was rassistiese taal teenoor swartes vir baie wittes taamlik aanvaarbaar – en nie net in die kroeg of om die braaivleisvuur nie. Die K-woord (afkomstig van die Arabiese kafir, wat heiden of barbaar beteken) was onder meer algemeen in gebruik. Self is ek grootgemaak om nie só oor medemense te praat nie en protes aan te teken wanneer ek ander dit hoor doen, maar ek het nietemin in ’n milieu geleef waarin sulke taal die orde van die dag was. ’n Onderwyser in my hoërskool (destyds uiteraard eksklusief wit) sou byvoorbeeld hardop oor die vierkant waar ons ná pouses versamel het, uitroep: “Moenie so raas nie! Julle klink soos ’n klomp …” (afgesluit met ’n skeldnaam vir swartes). Daar was smaaklose grappe waarvan ek talle voorbeelde hier sou kan noem, maar liewers nie sal nie. En daar is dikwels in gesprekke, selfs informeel in klaskamers, beweer dat swart mense dom, onbevoeg, moreel onsensitief en so meer is.

 

Hierdie rassistiese diskoers was weliswaar nie deel van die amptelike ideologie van die regerende party nie. Apologete vir apartheid – of “afsonderlike ontwikkeling”, soos hulle verkies het om daarna te verwys – het altyd volgehou dat dit in dié beleid om gelyke respek vir, en gelyke behandeling van, die verskillende volke in Suid-Afrika gaan: Die selfbeskikking op eie grondgebied wat wittes vir hulself opeis, gun hulle ook aan Zoeloes, Sotho’s, Venda’s en so meer, is gesê. Dit was die amptelike verhaal, maar in die praktyk is grond, hulpbronne en geleenthede uiters onregverdig verdeel en is die stelsel so ontwerp dat dit die maksimale eksploitasie van goedkoop swart arbeid bevorder, en van swartes tweedeklasburgers gemaak, het. Die rassistiese diskoers op grondvlak het hierby die belangrike funksie vervul om die onregverdige politieke bestel te help legitimeer. Immers, as swartes minder mens is, is dit nie so erg om hulle uit te buit en te onderdruk nie.

 

Europeërs sal dalk iets hiervan in hul eie geskiedenis herken. Die opkoms van pseudowetenskaplike rasseteorieë in die Weste het saamgeval met die opkoms van slawerny, en die volksmoord op die Jode in Duitsland is voorafgegaan deur ’n sterk antisemitisme wat die Duitse volk as ’t ware moreel sag gemaak het vir wat sou kom.

 

Iets soortgelyks het in Rwanda gebeur voordat die volksmoord daar plaasgevind het. Vir maande lank is oor die radio en ander media onder meer van die Hutu’s as “slange” gepraat, slange synde gevaarlike reptiele wat verdien om van die gras af gemaak te word. ’n Rwandees (’n Tutsi) met wie ek hieroor gesels het, meen selfs dat hierdie sistematiese vestiging van ’n hatige manier van praat, eerder as enige politieke of ekonomiese faktore, die enkele belangrikste verklaring is vir wat in Rwanda gebeur het.

 

Etniese, rasse- of godsdiensgebaseerde geweld vereis kennelik ’n diskoers wat die menslikheid van die potensiële slagoffers in twyfel trek. In Suid-Afrika was dit nie anders nie. Omdat mense met minagting oor swartes gepraat het – soos met die destyds algemeen bekende sêding “Die enigste goeie k****r is ’n dooie k****r” – was voorvalle van sadistiese geweld teen swartes ook nie skaars nie.

 

Toe die swartbewussynsleier Steve Biko in die jare sewentig in aanhouding doodgemartel is, het die destydse minister van justisie byvoorbeeld die berugte kommentaar gelewer: “Dit laat my koud.” So laat as twee jaar voordat oudpres. F.W. de Klerk in 1990 die einde van apartheid aangekondig het, het ’n jong polisiereservis, Barend Strydom, in die middestad van Pretoria lukraak met sy pistool op swart omstanders losgebrand, bloot omdat hulle swart is. In sy verhoor het hy sonder om te blik of te bloos ter verduideliking verklaar dat swartes na sy oortuiging nie mense is nie. (Hy is ter dood veroordeel, maar De Klerk het kort daarna ’n moratorium op doodsvonnisse verklaar, en ná ’n sterk “Bevry Barend”-veldtog onder regse wittes is Strydom vrygelaat, kwansuis “inruil” vir die vrylating van anti-apartheid- politieke gevangenes.) Dit is maar twee voorbeelde, maar daar was honderde ander gevalle, en selfs in die “nuwe” Suid-Afrika kom sulke dade teenoor swart mense sporadies voor.

 

Soos mense geleer het om te praat, so doen hulle ook. Die Engelse spreekwoord “Sticks and stones can break my bones, but words can never hurt me” is eenvoudig nie waar nie. Woorde kán gevaarlik wees. Dodelik gevaarlik.

 

Die post-apartheid-Grondwet van Suid-Afrika is buitengewoon toegeeflik wanneer dit by spraakvryheid kom. Anders as in Duitsland, waar dit teen die wet is om die Jodeslagting te ontken, of in Nederland, waar die koningin nie beledig mag word nie, kan Suid-Afrikaners byna enigiets sê, mits dit nie op haatspraak neerkom nie. Laasgenoemde word in die Grondwet verstaan as “propaganda vir oorlog, regstreekse aanhitsing tot geweld of die verkondiging van haat op grond van ras, etnisiteit, geslag of godsdiens, en wat neerkom op aanhitsing om iemand leed aan te doen”. Tog is lede van die regerende party al meer as een keer deur ’n Grondwetlike instelling of ’n hof oor haatspraak veroordeel.

 

Reeds ’n aantal jaar gelede het die Menseregtekommissie bevind dat die sing van ’n gewilde lied by byeenkomste van die African National Congress (ANC), “Kill the Boer, Kill te Farmer”, op ’n oortreding van die Grondwet neerkom en gestaak moet word, en meer onlangs is deur ’n hof – en dus met groter gesag – ’n verbod geplaas op die sing van ’n soortgelyke “vryheidslied” (sic), “Dubula iBhunu” (Skiet die Boer), wat die laaste tyd onder die leiding van Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga en lid van die party se Nasionale Uitvoerende Komitee, populêr geword het.

 

Dat ondubbelsinnige oproepe om lede van ’n sekere etniese groep te vermoor hoegenaamd in die ANC geduld word, is opsigself skokkend, maar met die laaste hofbeslissing het boonop iets gebeur wat na my wete tot dusver nog nie voorgekom het nie: Sowel Malema as die ANC se sekretarisgeneraal, Gwede Mantashe, het in reaksie op die hofuitspraak eenvoudig aangekondig dat hulle nie die hof se bevel sal gehoorsaam nie, en Malema het daad by woord gevoeg deur kort daarna weer die gewraakte lied by ’n openbare byeenkoms te sing.

 

Die rede wat hiervoor aangevoer word, is dat die betrokke liedere, wat in die stryd teen apartheid gesing is, “deel van die geskiedenis en kultuur” van die ANC is – ’n argument wat herinner aan die regse wit politikus Andries Treurnicht se betoog, jare gelede in sy boek Credo van ’n Afrikaner, dat dit deel van die erfenis en kultuur van Afrikaners is om ’n sterk afkeer in rasvermenging te hê (iets wat ek as Afrikaner ontken), en dat hulle die reg het om hierdie afkeer ook wetlik – dit wil sê deur middel van apartheid – tot uitdrukking te bring.

 

In die verlede het dit al herhaaldelik gebeur dat ANC-woordvoerders die regbank se gesag ondermyn – pres. Jacob Zuma (toe nog net presidentskandidaat) het byvoorbeeld gesê die ANC is belangriker as die Grondwet, en ’n regeringswoordvoerder het gekla dat “maatskaplike transformasie in Suid-Afrika, soos in China, deur menseregte aan bande gelê word” – maar dit het nog nie voorheen gebeur dat blatant gesê word die hof sal nie gehoorsaam word nie. Met uitlatings soos dié van Malema en Mantashe, wat nie deur Zuma bestraf word nie, kan inderdaad gesê word dat – tensy daar ’n drastiese wending in die politiek kom – Suid-Afrika op ’n situasie afstuur waarin die Grondwet kragteloos is en die menseregte van landsburgers straffeloos aangetas kan word. Howe beskik immers oor geen mag om hul beslissings af te dwing nie; hulle ontleen hul effektiewe gesag uitsluitlik aan die eerbiediging daarvan deur regeringsorgane.

 

Intussen duur die geweldspraatjies en verwante geweldadige optredes voort. Nie lank gelede nie het verskeie dele van die land in ’n orgie van geweld teen immigrante uit ander Afrikalande ontbrand. Die inwoners van die townships (histories swart woongebiede) wat hieraan meegedoen het, het ’n gunstelinglied van Zuma, “Umshini Wami” (Bring my masjiengeweer) gesing terwyl hulle immigrante afgemaai het. En natuurlik is hierdie gebeure voorafgegaan deur grootskaalse haatspraak oor immigrante, wat kwansuis mense se werk afvat en agter die misdaadvlaag in die land sit.

 

Onlangs is die verregse wit leier van die Afrikanerweerstandsbeweging, Eugène Terre’blanche, wreedaardig deur twee van sy swart werkers op sy plaas vermoor. Die moord was waarskynlik nie politiek gemotiveer nie – dit het met ’n geskil oor vergoeding te make gehad – maar omdat daar al letterlik duisende wit boere oor die laaste jare vermoor is, het die geval van ’n bekende met wie dit gebeur – veral in die konteks van die omstredenheid oor Malema se moordlied – ’n soort simboliese betekenis in die openbare gees gekry. Malema se reaksie, dat hy niks te sê het oor die dood van “sulke mense” nie, herinner dan ook aan die berugte uitspraak oor die dood van Biko waarna ek reeds verwys het. In reaksie is daar nou weer wittes wat vra dat iemand Malema moet skiet …

 

Nog ’n voorbeeld: Toe ’n groep prominente ANC-leiers ’n tyd gelede van die party weggebreek het om die Congress of the People (Cope) te stig – juis omdat hulle bekommerd was oor die regering se minagting vir die Grondwet – is in ANC-kringe openlik na Cope-ondersteuners as “slange” en “kakkerlakke” verwys – ’n soort taalgebruik wat aan die Rwanda-ervaring herinner. Daaraan is toegevoeg die beskuldiging van towery, ’n beskuldiging wat tot vandag toe in sommige landelike gebiede tot moord aanleiding gee, en wat in die jare van die stryd teen apartheid dikwels as motivering vir die openbare verbranding van vermeende infiltreerders in anti-apartheidsgeledere gedien het.

 

Met swartes wat wittes, en wittes wat swartes, geweld aandoen terwyl mense mekaar blatant tot rassegeweld aanhits, het menselewens in Suid-Afrika selfs goedkoper geword as wat reeds weens die hoë voorkoms van geweldsmisdaad die geval was. Nie net die haatspraak en geweld illustreer dit nie, maar ook die manier waarop mense daarop reageer. In Suid-Afrika word dit as onpatrioties beskou om (soos ek in hierdie artikel doen) teenoor buitelanders op die geweld en rassehaat in die land te wys. Suid-Afrikaners moet almal immers saamwerk om Suid-Afrika as “handelsmerk” te bevorder en ’n goeie beeld van die land na buite uit te straal.

 

Ná die moord op Terre’blanche het ’n Suid-Afrikaanse radio-omroeper byvoorbeeld haar skok uitgespreek oor die feit dat hierdie gebeurtenis in die buitelandse media as voorbeeld voorgehou word van hoe gevaarlik die lewe in Suid-Afrika geword het – ’n “persepsie” wat mense kan ontmoedig om die komende Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika by te woon. Die statisties bewese feit dat die kans om in Suid-Afrika vermoor te word inderdaad veel hoër as in enige min of meer beskaafde land is, gaan haar blykbaar nie aan nie. Wat tel, is nie die menslike lyding van die slagoffer nie, maar Suid-Afrika se beeld in die buiteland. Die omroeper se reaksie is kenmerkend van die media se interpretasie van die gebeure.

 

Haatspraak en geweld hou in Suid-Afrika verband met die feit dat armoede en werkloosheid sedert die einde van apartheid toegeneem het. Mense se materiële omstandighede het versleg. Die billike verwagting wat die meeste Suid-Afrikaners (ook ek) ná die eerste demokratiese verkiesing gekoester het, naamlik dat die meerderheid se omstandighede daadwerklik sou verbeter, het beskaam, en is deur ’n gevoel van woede en frustrasie vervang. Suid-Afrika is tans amptelik die mees ongelyke samelewing in die wêreld. Dit skep ’n uiters plofbare situasie in die land, en tans lyk dit nie asof politici gemoedere probeer kalmeer nie. Inteendeel.

 

Daar kom ’n tyd dat die waarheid gepraat moet word, hoe bitter dit ook op die tong mag lê. ’n Situasie kan so gevaarlik word dat die ongemaklike waarheid oor daardie situasie ’n soort laaste kans bied om mense wakker te laat skrik en te voorkom dat die ergste gebeur. Myns insiens het so ’n tyd in Suid-Afrika aangebreek. Om tot dié gevolgtrekking te moet kom, verskaf my geen vreugde hoegenaamd nie. Oor hierdie morbiede essay kan ek dus net sê: Dit spyt my.

 

* Stuur ’n pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

65 antwoorde op ‘n Oomblik van waarheid?

  1. Ek is absoluut stom geslaan dat jy hierdie berig kan publiseer in die buiteland op hierdie tydstip!
    Was jy dalk uit die land uit die afgelope maand?
    Wat my betref is jou artikel onverantwoordelik en onwaar oor wat presies VANDAG in SA aangaan.
    Verder is ‘n jou artikel deurtrek deur stellings wat gemaak word terwyl jy as ‘joernalis’ behoort te weet dat jy na die beweringe wat oor die Eugene saak gemaak word, behoort na te verwys as ‘beweerde’ dit of dat.
    Ek wens ek kon hierdie kommentaar maak in die tydskrif waar dit gepubliseer ook is!

  2. Unicorn007 het gesê op Julie 2, 2010

    Ek is net so geskok soos smartassblond. Om NOU, in die middel van ons wonderlike en uiters suksesvolle wereldbeker hierdie berig oorsee te publiseer is belaglik. Ek kon sterker taal gebruik het maar weerhou my. Was jy ooit by enige wereldbeker wedstryd of by n fan park. Die samehorigheid nou is fantasties. Ons is meer een land en een nasie as wat ons nog ooit was. malema het nie eers n verwysing gehad die afgelope maand nie.

    laat ons nie vingers wys na die Malemas as leidende Afrikaners soos jy dit goeddink om hierdie berig Nou te publiseer.

  3. kuypers het gesê op Julie 3, 2010

    Wat Gerit hierbo skryf ontbreek nie aan die waarheid nie. Maar dan is hy nie alleen wat ‘n ‘lang donker skaduwee’ sien nie – Dembisa Moyo… ja, daardie Zambiese vrou wat as ekonoom opslae maak met haar boek “Dead Aid” skroom ook nie om die ding by die naam te noem nie. George B.N. Ayittey, die Nigeriese akademikus verf met ‘n breër kwas maar voel lank reeds beswaard as hy so in die nanag oor sy Afrika dink.

    Diegene wat so gemesmeriseer is met die prag en praal van FIFA se 2010 Wêreldbeker hier ter lande kan gerus maar die “Dinokeng” scenario bekyk. Die hogere denkers sê, “The quality of our leadership and the role that citizens play in the further reconstruction of our country will determine whether we solve our problems before they become “time bombs”. Die Franse sosioloog Jean Jaureis het gesê “A nation is not contained in a day nor in an epoch, but in the succession of all days, all periods, all her twilights and all her dawns.” En hier lê die knoop … Willem Pretorius van Media24 het onlangs in die Burger gevra “Het die rotte die resies in Suid-Afrika gewen?”

    As mens so terugkyk oor gebeure die afgelope 10 jaar roep dit beelde van D.J. Opperman se “Ballade van ‘n Grysland” op …’teen dakke en skoorstene blink die son, soos in ‘n leeggeloopte dam, op bottelskerwe en geroeste sink’, en ‘O die vrees! As die rekenmeester kom hoe sal ek kan verantwoord en verslag gee van sy eiendom?’ en ‘smiddags groei ‘n oog uit elke kwas en in die nanag gryp ‘n vlermuis my dae soos ‘n tros lukwarte vas.’

    Ek stem saam met Gerit, dit is geen bron tot groot vreugde nie. Maar ‘n mens wat met oopoë droom kan sekerlik ook met woordelose entoesiasme saam met “Les Misérables” sing

    Do you hear the people sing?
    Singing a song of angry men?
    It is the music of a people
    Who will not be slaves again!
    When the beating of your heart
    Echoes the beating of the drums
    There is a life about to start
    When tomorrow comes!

  4. Unicorn007 het gesê op Julie 3, 2010

    So is jy en Gerrit nou die uitsluitlike beoordelaars van wat die “waarheid” in ons land is. Dit is nie my waarheid nie. Julle opinies is op die beste subjektief en op die slegste afbrekend en negatief.
    Julle hou die optrede van n absolute minderheid van ons bevolking (wit en swart) voor as verteenwoordigend van ons hele samelewing. Dit is onwaar.
    En verder, is jou kritiek op smartassblond verstommend. Hierdie is n publieke forum en in ooreenstemming met vryheid van uitdrukking behoort enigeen enigiets op enige wyse te kan se^.

  5. Unicorn007 het gesê op Julie 4, 2010

    N Paar duisend sokkerondersteuners???Hahahaha…wanneer het jou ma jou laas uit die kamer laat kom? 40+ miljoen sokkerondersteuners en die wat nie by die stadions kan uitkom nie kyk in fanparks en shebeens en pubs en by die huis. Duidelik nie aktiwiteite wat jy by uitgekom het in die laaste maand nie

    JY is die een wat weersin het in opinies. Vryheid van spraak het geen perke en verseker nie perke wat deur jou opgele^ word nie.

    Om ons opinies af te maak as kinderagtig en bourgeois spreek boekdele oor jou sogenaamde redenasievermoe”. Ons punt, wat jy ongelukkig geheel en al gemis het is dat die tydstip waarop Gerrit dit goedgedink het om sy opininies te publiseer totaal kontra-produktief is. Hy is geregtig op sy opinie soos ek op myne, maar waarom sy posisie as Afrikaner intellektueel misbruik om NOU in die middel van ons uiters suksesvolle wereldbeker hierdie aspekte weer oop te vlek. Was daar NIKS positiefs wat hy kon vind die afgelope maand nie?

    Laastens, moet nooit ooit weer vir my se^ wat “hoort” op n openbare forum nie. Jy is ook nie die absolute beoordeelaar daarvan, of van ENIGIETS anders nie.

  6. Unicorn007 het gesê op Julie 4, 2010

    En jou arrogante en paternalistiese houding verbaas my.

    “I disagree with what you are saying, but until death will I defend your right to say it” Verkeerdelik toegedig aan Descarte maar n motto wat ek onderskryf. Duidelik nie hier van toepassing nie. Jammer ek het hierdie blog op my lys gevoeg. Ek was onder die wanindruk dat dit debat sal stimuleer.

    Naskrif: Ek bevraagteken nie Gerrit se motiewe nie, maar defnitief sy tydsberekening met die publikasie van hierdie spesifieke artikel.

  7. SABlogger het gesê op Julie 5, 2010

    Hmm ja, die boodskap is dat SA in sy kanon is – grafies geïllustreer deur Gerrit Brand.

    Lees die Hollanders ook die Vlaamse tydskrif, “Streven”? Indien só sal Holland se Dan Roodt, Geert Wilders, behoorlik agterdogtig raak teen dit wat hy in sy land as die gelyke van die “swart gevaar” in Suid-Afrika beskou. Heng, ’n stuk soos dié kan Geert voortydig na die wapen laat gryp.

    Daar is sekeres wat sal meen dat Brand dít wat hy as die noodwendige verdorwenheid van die land beskou steeds te lig stel. Mense soos Dan Roodt.

    Dan is daar dié wat sal meen dat Brand hier ’n grafiese illustrasie van sensasionele joernalistiek pleeg en dat hy enige lig in die tonnel as ’n aankomende trein identifiseer of gewoon ignoreer.

    Ek stem saam met Tim du Plessis van Beeld dat die ergste nie n Suid-Afrika gebeur nie. En ek baseer dit nie op hoop nie, maar op feite. Dit wat 1994 vooraf gegaan het sou in elke ander land tot ’n volkslagting aanleiding gegee het. In Suid-Afrika het dit nie, omdat Suid-Afrikaners die ongewone gawe van vergifnis het en nie teen mekaar wil veg nie.

  8. SABlogger het gesê op Julie 5, 2010

    VERVOLG:
    Daar is die Malemas ja, maar hulle sal nooit so invloedryk soos die volgende groepie mense wees nie: Miriam Altman, Frans Balani, Ann Bernstein, Nkosinathi Biko, Cheryl Carolus, Angela Coetzee, Ryan Coetzee, Paul Hanratty, Bob Head, Haniff Hoosen, Moemedi Kepadisa, Reuel Khoza, Kallie Kriel, Antjie Krog, Graca Machel, Mary Malete, Vincent Maphai, Rick Menell, Daniel Mminele, Namhia Mniki, Aaron Motsoaledi, Jay Naidoo, Yogan Naidoo, Nongonkulu Ndungane, Maite Nkoane-Mashabane, Thandi Nontenia, Thami ka Plaaitjie, Mamphela Ramphele, Soja Sebotsa, Raenette Taljaard, Mathatha Tsedu, Sim Tshabalala and Musa Zondi.

    Brand sal weet hulle het die Dinokeng Scenarios opgestel met die bedoeling dat Suid-Afrikaners die pad vorentoe stap om by “walk together” uit te kom. Die pasafgelope WB ten minste aangetoon het dat ons die pad sáám wil loop.

    Glo Brand werklik dat dinge so kan uitrafel as die mense van Dinokeng anders meen? En vertel hy in “Streven” hoe die manne en vroue hierbo voel en redeneer.

    Nee Gerrit, jou Antjie Somers-verhaal, is nie soos ek en miljoene ander dit lees nie.

    Net jammer die Vlame en “Streven” gaan jou glo omdat jy die halwe waarhede met soveel “integriteit” en so mooi hoogdrawend en sielvol vertel.

    Dit spyt my ook dat ons land en sy mense so eensydig voorgestel is.

  9. geertdeboon het gesê op Julie 5, 2010

    Soos mens van jou kan verwag, ‘n uitstekende, gebalanseerde en weldeurdagte artikel. Voorlopig net die opmerking dat die toon ‘n onderliggende pessimisme het. En dit maak my bekommerd as iemand van Gerrit se gehalte praat van die waarheid praat, die ergste gebeur, laaste kans vir wakker skrik, en dit as voldonge gevolgtrekking stel dit hy voor hierdie muur te staan gekom het. Moet ek hom troos en se?, toemaar dis nie so erg nie? alles sal regkom?
    Die regte anatwoord le waarskynlik daarin dat mens net moet voortgaan en doen wat reg en regverdig is. En dit s? en skryf. Ons (die verguisde Afrikaansprekendes) moet sigbaar en hoorbar die hoe morele grond herwin. Dit moet duidelik wees vir iedreen om dit te sien en dat die kontras met die Mantashes en Malemas duidelik is. Sekuler beteken dit om die Grondwet ten alle koste te beskerm en geestelik om reg en geregtigheid uit te leef sodat God sigbaar is. Maar dit gaan geduld en tyd kos. Dis nei die tyd vir die Groot Gebaar nie en kragdadigheid nie. Eerder ‘n vaste vertroue dat die Goeie die Bose sal oorwin. En dis ‘n universele waarheid wat alle gelowe nastreef. Vasbyt broer. Ons gaan nerens anders heen nie. Dis hier wat ons Sy koninkryk moet laat kom. Dis soos die dice vir ons geval het. Groete

  10. Unicorn007 het gesê op Julie 5, 2010

    Dankie vit die lys van leiers wat soos ons gewone mense voel Hugo. Hopelik sal Gerrit sien dat hy hier n groot flater begaan het. Ons land was nog nooit beter as juis nou nie en dit sal jammer wees as Gerrit alles mis.

  11. SABlogger het gesê op Julie 6, 2010

    GeertdeBoon, jy raak bloot ‘n reeks cliches kwyt.

    Ek eis om te dink wie jy meen die goeie is en wie die bose. Onderskeidelik wit en swart straks?

    Die waarheid is dat die blindes nie wil sien dat iets besig is om positief te verander nie.

    Nee, die stuk is nie ewewigtig nie, dit is ‘n stuk onverbloemde sensasiesoekery.

    En moenie my en mede Suid Afrikaners paternaliseer met stroopwoordjies nie, ons woon hier en met ‘n rede.

    Ons veg vir eenheid met ‘n rede en omdat ons daarin glo.

    En te hel met jou Afrikaanssprekendes: dit is hulle wat in as en sak sit omdat hulle nie hul onrealistiese taalsin kry nie.

    Nou neem hulle wraak deur ons in die buiteland te verkrater.

    Afrikaans was die taal van die onderrukker en die “swart gevaar” het dit ongeskonde gelaat.

    Deesdae is dit die taal van die verbitterde. Wat ek vir Gerrit wil se is dat as hy glo wat hy glo dat hy gerus maar soos Forreste Gump kan doen: “run Gerrit, run!”

  12. Stefaan het gesê op Julie 6, 2010

    Gerrit, ek het geen probleem as al die feite wat jy noem objektiewe waarheid is nie. Ongelukkig kom dit deur asof jy self in vrees begin lewe en hoop verloor het.

  13. hacjones het gesê op Julie 7, 2010

    Gerrit. Hehe. Lyk of die manne en maninne jou op ‘n knop wil trek! Tydsberekening? Ek kan nie dink dat die wêreldbeker, hetsy sokker of rugby noodwendig ‘n moratorium plaas op enige sosiale kommentaar nie. Afrika en die mense in Afrika (Wit en Swart, vir die PK’s) is nou maar eenmaal nie inperkbaar (Soos bv in Kanada) tot “gedra jouself” nie. Dat ons samelewing gewelddadig is, sal mens moeilik betwyfel. Dat die geweld tragies destruktief op die samelewing inwerk ook nie. Dat ons almal, (Sorrie, sommiges) ons oomblikke van mismoedigheid beleef, is ook (Na myse mening) waar. Die euforie van “saamwees” tydens ‘n “paartie” soos die WB kan binne ons konteks maklik verander. Ek is baaie lief vir Afrika maar ek is beslis nie blind vir my Moedertjie se horriebale foute nie. Miskien is hierdie juis die oomblik vir besinning?

  14. SABlogger het gesê op Julie 7, 2010

    Dit het sweet blou boggerol met tydsberekenin uit te waai nie, maar alles met ‘n erg eensydige angsgeteem en ‘n totale ontkenning van die positiewe pool van die saak. Natuurlik kan niks ‘n moratorium op kommentaar plaas nie, behalwe die bedoeling van die kommentaar. As dit bedoel om negatief te wees en so blatant eensydig is, behoort integriteit seker ‘n tipe moratorium te wees. Om so ‘n stuk eensydige besinning, en ek sien dit eerder as ‘n grafiese illustrasie van moedswillige en negatiewe propoganda, boonop in die buitelnd te plaas, is laakbaar. Daar gaan hulle dit opraap en vertel dat ons nou goed in ons peet is. Hier gaan dit nie so goed afgaan nie. Miskien moet Gerrit die beskudheid van sy klein akademiese wereldjie bietjie vir die strate veruil en uitvind wat die kollektiewe mense se. Andersins kan hy doen wat ek seker is hy besig is om die pad voor te berei – hy kan gaan waar dit beter is.

  15. SABlogger het gesê op Julie 7, 2010

    Kom ek stel net gou ietsie in perspektief voor ek Duitsland en Spanje beloer: Persoonlike aanval op Gerrit? Waarom? Kom ek se jou waarom: omdat sy persoonlike aanval op die land en meeste van die mense vir my swaarder weeg as sy klein belangetjie hier en sy waardigheid. Omdat hy lieg oor die situasie hier deur net op die negatiewe te let. En hoekom sal jy jou oor Gerrit bekommer? Ek meen, as hy so kras teen SA te velde kan trek kan hy seker vat wat hy uitdeel. Ek sien weer nie die funksie van sy persoonlike aanval op SA nie. Die land bied hom die geleentheid om sy brood te verdien, sy geliefdes te versorg en om vry te laster soos hy wil. Nou waar anders sal hy soveel “perks” he. Gee jy dan met jou inleidende paragraaf toe dat Gerrit ‘n ongebalanseere beeld skep? Hoop jy ook heimlik, dat die lesers van Streven wyer sal lees? Akademici kan natuurlik straatvlak beleef. Soos Nico Smit en Beyers Naude en Andre Bartlett en…en… Maar doen Gerrit?
    Jy sien, ek twyfel. Want as hy doen sal hy sien wat ek en miljoene ander sien. Hoekom reageer jy nie op die kruks van my stellings nie, of is jy kloon Kommentator Gerrit Brand? Kom ek raai, hy (en jy) shop by Woolies en hy lees die De Kat of wat de joos die wit akademiese elite ookal deesdae in Afrikaans lees.

  16. SABlogger het gesê op Julie 7, 2010

    “Ten spyte daarvan dat hierdie ‘n kubergesprek is, bestaan daar steeds iets soos laster. Ek het al gesien hoe sake teen diegene wat hul skuldig maak van laster op sulke webforums slaag.”
    Is dit so: in watter van die ou tale moet ek jou adviseer waarop jy kan poog om ‘n saak van laster teen my te bring. In watter van dieselfde tale moet ek jou adviseer dat jou saak sal sneuwel. Die blote feit dat jy my met die reg dreig, adviseer my dat jy nie die gesprek bemeeester nie. Ten slotte meneer die “para-legal”, bring ‘n saak teen my! Ek daag jou om laster te bewys.

  17. Unicorn007 het gesê op Julie 10, 2010

    O gits Hugo, nou word ons met lasteraksies gedreig. Hahahaha…

  18. SABlogger het gesê op Julie 11, 2010

    Hi Darwinia:

    Ek probeer uitwerk wat Kommentator nie is nie: Hy is klaarlyklik nie verbonde aan die vryheid van enige spraak, anders as die van Gerrit en syne nie.

    Hy is vermoedelik nie baie volwasse nie: in die konteks van stem soos ek se of ek neem jou hof toe of erger – ek kry jou na skool!!

    Hy het na vermoed word nie ‘n sterk argimenteringsin nie en gooi te gou tou op deur te dreig en nie op geldeige argumente te reageer nie. Vandaar waarskynlik sy naam “Kommentator” en nie byvoorbeeld “denker” of “redeneerder” nie.

    Hy is oenskynlik nie ‘n goeie denker nie, want sy eie redenasies in propvol mankemente. Waarskynlik’n beter naprater as formuleerder van eie argumente.

    Hy het vermoedelik ‘n haat vir sy speeloed, want die word met klaarblyklike geweld by die “cot” uitgesmyt.

    Dalk ‘n student van Gerrit wat wil indruk maak??

  19. Unicorn007 het gesê op Julie 11, 2010

    Hugo, wat Kommentator ook nie is nie is n regskenner. N Lasteraksie! En sy lafhartige antwoord of elke argument wat hy hopeloos verloor is om te se^ hy gaan nie verder deelneem nie. Hoe gerieflik vir n lafaard. Die ou seuntjie in die hoek van die speelgrond wat se^: ” Julle is naar met my ek wil nie verder speel nie en ek gaan vir die juffrou vertel”. Ag siestog.

  20. Unicorn007 het gesê op Julie 11, 2010

    Deja vu. Jy het geen antwoord an daarom wil jy nie verder deelneem nie.

  21. SABlogger het gesê op Julie 12, 2010

    Nee man, ek dink nie jy is dom nie. Jy doen net jou bes om dom te klink. Hoe konstruktief is ‘n debat waarvan jy jou distansieer omdat ons nie wil speel sooos jy nie en dan dreig om te prossedeer. Hier is die kruks: Gerrit se blog kom neer op die swartsmeer van SA en dit met behulp van ‘n eensydige stel feite, wat hy vir Streven se lesers as die alpha-en-omega- waarheid deurgee. Is dit te lande so vrot soos hy meen as hy die WB in gedagte hou? Wat van die wonderbaarlike afwending van ‘n burgeroorlog in 1994 en daarna? Wat van die ANC wat uiteindelik tog hul neerlaag in die Wes-Kaap aanvaar en mag oorgee? Wat van die betekenis van Dinokeng en die profiel en intensie van di Afrikane wat dit ontwikkel het? Wat van die enorme entrepreneurskap watuit die ESKOM-debakel gevloei het? Wat van die feit dat die UN omgewingsprojekte en die herstel van habitatte en biodiversiteite in SA as van die beste in die wereld verklaar? Wat van Malema se adjunkte in ANCYL wat sy gesag uitdaag omdat hy te onafrikaan optree? Wat van vry en regverdige verkiesings? Wat van die hoe vlak van mediavryhid in SA? En so kan ek aangaan. Het Gerrit enigsins hierna verwys. Nee!! Moes hy? Ja, want hy is bekend as ‘n objektiewe analis wat ewewigtige sienings oordra. Met die blog het hy ewewigtigheid by die agterdeur uitgegooi en die land, waarvoor ek en ander baie lief is, vekrater. Vergeet die kantopmerking en vertel my waarom jy dink ek is verkeerd as ek meen Gerrit dat Gerrit, om een of ander rede in ‘n saat van uiterste pessimisme was, tie hy die artikel vir Streven gestuur het.

  22. Stefaan het gesê op Julie 12, 2010

    Ek dink meeste van ons is dit eens dat Gerrit eensydig was in sy skrywe. Kommentator het egter `n punt beet dat dit geen sin het om persoonlik te raak nie. Die man wat kwaad word het gewoonlik verloor en ons sou dit ook kon sê van die man wat persoonlik raak. Skei saak en persoon van mekaar.

  23. rife het gesê op Julie 14, 2010

    ahem, en die onlangse bewwerde verbod deur die SABC-hoof op verder onderhoude met Mnr Mbeki? I smell a rat- en ek bedoel wraggies nie iets persoonliks nie, eerder van die stand van sake in ons sogenaamde spraakvrye demokratiese land met manteldraaiende en alles-ten-spyte-van-die-feite-en-bewyse-ontkennende-en-dan-basta-daarmee politici en hul makkers wat wegkom met kosroof en gevolglik kindermoord. Ons is saggies maar seker besig om saggemaak te word sodat die verdorwing van alles sogenaamd demokraties stelsematig kan gebeur en ‘n skielike nekslag nie vermy kan word nie. Terloops, mense wie so baaaaaie tyd het om herhaaldelik kommentaar te lewer en eindeloos teen bossies hul merk te laat- wie betaal julle om so tyd te mors. Maak jul ‘n regverdige inkomste as jul so baie kan praat sonder om klaar (sic) te praat?

  24. SABlogger het gesê op Julie 14, 2010

    Rife, jy lei aan ‘n vervolgingswaan. Die ANC is besig om mekaar uit te sort en hoe beter hul dit doen hoe vinniger kan hulle verwyn. Ek dink van die mense wat blog, werk vir hulself, dag en soms ook in die nag, maar nietemin lang ure. Hulle neem nie smoke breaks en teebreke of selfs lunch nie. Wanneer andere daardie goed pleeg, blog die manne en vroue en hoop hulle om bietjie goeie debat raak te loop. Terloops, wie betaal jou as jy die bossies nat pie?

  25. Unicorn007 het gesê op Julie 14, 2010

    Jou insinuasies is ongevraagd en on ingelig. Ek het my eie besigheid. Ek kan doen wat, en wanneer ek wil. Ek het mense in diens en dra by tot die samelewing. Wat doen jy?

  26. Unicorn007 het gesê op Julie 14, 2010

    Hi Hugo, die mense op die blogs onderstreep hoekom ek by die sport blogs bly.

  27. SABlogger het gesê op Julie 14, 2010

    Ou Rife ruik’n rot. Ek dink hy moet sy bolip afvee. Maar, Darwinia ou Faan en Kommen (tator) het darem iewers die lig gesien en erken oplaas tog dat Gerrit minder objektief was. Maar dan, ek is nou so bang vir die reg dat ek liewer swyg: Ha Ha Ha!! Ja, ek sorg ook vir myself en skep boonop werk. Wonder of Rife dalk die kanottertjies wil toon om ‘n baas vir die wereld van entrepreneurs te verruil. Oeps, is dit lasterlik!! Oh, my word, why can’t I take these people serias!!

  28. Stefaan het gesê op Julie 15, 2010

    Ons is soos ouens wat besig is om die onthaal op `n troue te geniet sonder die bruidegom. Ek wonder wat van ou Gerrit geword het? Julle ander is intussen besig om mekaar te vertel hoe julle vir julself werk ens. Kom ek vertel dan maar `n grappie, terwyl ons vir Gerrit wag. Die twee manne sit by die werk en die een ou sê vir die ander een: “As ek die baas was sou ek nie soos hy net op Woensdag golf gaan speel het nie, maar elke dag.” Die ander een antwoord:” Dis hoekom jy nie die baas is nie.”

  29. smartassblond, enigeen kan ‘n reaksie op die inhoud van ‘n artikel in Streven aanbied, so jou wens kan bewaarheid word. Wat “vandag in Suid-Afrika aangaan”? Dalk verwys jy na die sokker-euforie, maar intussen slaap talle buitelanders langs polisiekantore omdat hul lewe in die townships bedryg word. Euforie is lekker, maar dit neem nie die blywende realiteite weg nie. As ons dink dit neem dit weg, is ons met ‘n gevaarlike soort selfmisleiding besig, meen ek.

  30. Darwinia, wie het beweer dat ek of iemand anders “die uitsluitlike beoordelaars (is) van wat die ‘waarheid’ in ons land is”? Ek probeer die waarheid praat, nes jy vermoedelik ook, maar op meer as dit sal ek nie aanspraak maak nie. Ons is tog almal feilbaar?

    Daar is baie waar dinge wat oor SA gese kan word; ek lig een daarvan uit. Jy skryf dis nie jou waarheid nie, waarmee jy vermoedelik bedoel dat jy dit nie as waar beskou nie. Watter feitelike bewering in my skrywe meen jy is foutief?

  31. Darwinia, ek stem nie saam dat dit enigiemand se plig is om ‘n positiewe beeld van SA na die buiteland uit te stuur nie. SA is nie ‘n maatskappy wat bemark moet word nie, en ek is ook nie ‘n nasionalis wat die eie nasie se lof voortdurend besing nie. SA ‘n samelewing van mense, mense wat onder baie probleme ly (terwyl daar natuurlik ook mooi dinge is). Ek sien geen rede om oor die ongemaklike waarhede stil te bly nie. Trouens, om dit te doen, vererger myns insiens die situasie en is in daardie sin juis onpatrioties.

  32. Dankie, Philip. Die alewige aandrang op ‘n positiewe boodskap oor SA herinner my sterk aan die houding van vurige nasionaliste in die apartheidsdae wat meer besorg was oor SA se beeld en die bestuur daarvan as oor wat werklik in die land aan die gang was – met rampspoedige gevolge.

  33. Darwinia, hoe is ons land beter as ooit? Groter armoede en werkloosheid? Meer geweld en geweldpraatjies as in ‘n lang tyd? Dis immers die feite.

  34. Hugo G, jy heg ‘n rassekonnotasie aan my betoog wat glad nie daarin voorkom nie. Oor Geert Wilders het ek ook al uiters kritiese opmerkings in ‘n skrywe gemaak; die feit dat jy my logika, wat uit ‘n besorgdheid oor onmenslikheid opkom, met syne, wat op etniese vooroordeel berus, gelyk stel, toon net dat jy my bevooroordeeld lees. Gaan lees weer.

  35. Hugo G, nie ek of die Dinokeng-mense kan die toekoms voorspel nie. Ek is nie ‘n determinis nie, en dink dus nie dat stellings oor wat in die toekoms SAL gebeur waar of vals is nie. Die toekoms is oop. Wat ek doen, is om te waarsku dat, as ons op ‘n sekere koers voortgaan, dinge lelik KAN uitdraai. Een ding wat ons uit die geskiedenis kan leer, is: “never say never”.

  36. GeertdeBoon, ek stem saam dat ons maar moet aanhou probeer om te doen wat reg is, en dat dit die praat van die waarheid insluit. Ek het my artikel egter nie spesifiek uit ‘n Afrikaanse perspektief geskryf nie. Daar is baie Suid-Afrikaners van verskillende tale, “rasse” ens wat die situasie ook soos ek lees, en om dieselfde redes.

  37. faan, watter van die feite wat ek noem is nie waar nie? Bedoel jy dalk my vertolking van die feite?

    Ek belowe jou ek lewe nie in vrees nie en het ook nie hoop verloor nie. Inteendeel, doekies omdraai en freneties positief wees, is juis gewoonlik simptome van vrees en hooploosheid. Ek skryf vanuit die hoop, die oortuiging, dat ons land ‘n ander rigting kan inslaan.

    Het die Ou Testamentiese profete uit vrees en hooploosheid gepraat? Juis nie!

  38. Balans is ‘n lastige kriterium. In ‘n artikel wys ‘n mens bepaalde aspekte uit; dit sal dus altyd “ongebalanseerd” wees. Soms is dit nodig om ‘n ongemaklike waarheid waarvan mense maar net nie wil weet nie star voor hul gesig te druk, sonder kwalifikasie. ‘n Ander keer skryf ek weer oor iets anders, en soms sal dit oor iets meer positiefs wees.

  39. Unicorn007 het gesê op Julie 15, 2010

    Beter as ooit:
    1. Mense het hulle menswaardigheid terug gekry.
    2. Ons is n gerespekteerde lid van die wereldgemeenska.
    3. Werkers verdien beter salarisse, word beskerm teen uitbuiting met die arbeidswette.
    4. Ons het vryheid van spraak, n grondwet en vryheid van denke.
    5.Ons het die grootste sportbyeenkoms in die wereld triomfantlik suksesvol aangebied.
    6. Ons ekonomie groei meer as ooit onder apartheid.
    7.Armoede is NIE groter as onder apartheid nie.
    8.Ons nasie het vereenig met die wereldbeker soos nog nooit.
    9.Ons het beter gholbane as ooit en as meeste lande.
    10. Ons mense, gewone mense, kom baie goed met mekaar oor die weg en dis lekker om hier te bly.

    Daar is vele meer.

  40. Hugo G, optimisme en pessimisme is vir my nie interessant nie; dis blote emosies wat afhang van wat jy vir ontbyt gehad het, hoeveel jy die vorige aand gedrink het of hoeveel slaap jy gekry het. Vir my gaan dit om ontleding van feitelike gegewens. Anders gestel: Ek kan, terwyl ek baie vrolik en positief voel, ‘n baie “negatiewe” ontleding skryf, en omgekeerd.

  41. Hugo G, woon jy op straat? Jammer om te hoor, mann.

  42. Inderdaad! Hoe liewer mens vir die land en sy mense is, hoe meer sal die geweld en geweldpraatjies vir jou rede tot kommer wees. Diegene wat dit wil afmaak of relativeer, of wat teen elke prys optimisties wil bly, kom dalk juis die liefde kort!

  43. Hugo G, hoe definieer jy “objektief”?

  44. Jammer, faan en andere – ek was met vakansie. Vandaar my lang stilte. Hieronder het ek op sommige van die kommentare gereageer.

  45. SABlogger het gesê op Julie 15, 2010

    Gerrit, hoe gaaf om weer met jou te “gesels”.

    Niemand kan die toekoms presies korrek voorspel nie, maar synde dit die geval is behoort niemand dan ‘n duistere beeld te skep nie. Dit kan gewoon uiteindelik as misleidend en erg subjeltief bewys word.

    Die manne en vroue van Dinokeng is na aan die brandpunte van die R van SA en ek meen jy sal toegee dat hulle buitengewoon verteenwoordigend en invloedryk is en dat die Scenarios juis aantoon dat hulle ‘n ordelike samelewing ter wille is.

    Ek glo dat die land nie maklik ‘n ander roete sal inslaan as wat hulle bedoel nie.

    Jou stuk aan Streven redeneer vanuit “walk alone” en “walk behind”. Dit terwyl daar genoeg getuienis is dat daar eintlik ‘n beweging na “walk together” is.

    My vrag dus: hoekom ignoreer jy die getuienis van “walk together”. Is dit omdat jy dit nie beleef nie? Dit kan ek kwalik glo. Aanvullend dan die vraag: hoekom so ‘n totale fatalistiese stuk in Streven. Net omdat jy glo “never say never”? Wat inderdaad beteken die “never” vir jou?

    Jy se: “Die toekoms is oop. Wat ek doen, is om te waarsku dat, as ons op ‘n sekere koers voortgaan, dinge lelik KAN uitdraai.” Dit is nie wat jy hierbo se nie, jy se dat dinge het REEDS lelik uitgedraai!

    Natuurlik weet ek wat die geskiedenis se, en dat dit onder andere aantoon dat dit baie gevaarlik is om die toekoms op voorveronderstellinge vooruit te loop.

    Jy sluit die artikel af: “Oor hierdie morbiede essay kan ek dus net sê: Dit spyt my.” Jy is reg oor die morbied en dit spyt my ook, want vanuit ander vertrekpunte kon jy gese het: “oor hierdie bemoedigende essay kan ek dus net se: Dit verheug my.”

  46. SABlogger het gesê op Julie 15, 2010

    Gerrit, nee ek woon nie op straat nie. Ek beweeg net baie daar – tussen die mense. Land van melk en heuning, of wat se ek – om so gereeld so lekker vakansie te hou.

  47. SABlogger het gesê op Julie 15, 2010

    Objektief is byvoorbeeld om na die volle prentjie te kyk en dan nie net die helfte daarvan oor te vertel nie. Andersins kan die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal ook leiding gee.

  48. SABlogger het gesê op Julie 15, 2010

    Nou toe nou, jy het liefde omdat jy die land piets! Liefde met gevoel. Jy het eendag vir my gese dat ek meestal goed argumenter en soms twak praat. Met respek ek moet dit nou vir jou van jou ook se.

  49. SABlogger het gesê op Julie 15, 2010

    Gerrit, jy meen ek lees jou verkeerd en bevooroordeeld. Nie waar nie. Ek lees wat ek lees en in jou stuk aan die Vlame le ‘n halwe waarheid. En die punt wat ek maak, is dat Geert en Dan jou nogals gelyk sal gee met die tragiese, dog eensydige, verhaal hierbo. Jy reageer nie op die sake wat ek en Darwinia uitlig as ‘n verbetering op tevore nie. Hoekom ignoreer jy dit Gerrit? Ek rai jy doen, want dit pas nie in by die verhaallyn hierbo nie. Ek wonder, straks moet jy jou beskouinge wysig dat dit nie herinner aan die bloedige strekking van die Ou Testament nie, maar die hoop en liefde van die Nuwe Testament.

  50. PHILLIP KUYPERS SKRYF:

    “@Gerrit welkom terug .. . ek voel om ‘n nuwe kinkel in die kabel te maak. Ek vind die getjommel stimulerend. Op die kinkel onder die loep te bring, net dit: ek is ? Christen en ‘n Realis! Anton Rupert het per geleentheid iets gesê: Wie in Wondere glo …..is ’n Realis.

    “Religie, net soos Waarheid en Godsdiens, is glibberig konsepte. Na afloop van die Europese godsdiensoorloë, die Dertigjarige oorlog hoofsaaklik in Duitsland tussen die Protestante en die Rooms Katolieke, wat die meeste magte in Europa betrek het en die Nederlandse Protestante se Opstand van 1568 tot 1648 teen die Rooms Katolieke Spaanse Keiserryk (die Tagtigjarige oorlog) is die Vredesverdrag gedurende 1648 in Westphalia onderteken. Thomas Hobbes het toe iets gesê soos: God het nou ruimte gemaak vir die groot Monster, die soewereine staat, daardie sterflike god in wie se skaduwee die ‘nuwe moderne mens’ sy vrede en sekuriteit sal vind, en dat godsdiens voortaan ‘n privaat affêre sou wees. Die maghebber sou voortaan besluit wie en wat die ‘staatskerk’ of ‘stadskerk’ sou wees en basta met geloofsoortuigings, geloofskultuur of hemel op aarde of hemel in die hiernamaals – die Waarheid was dus in die mond van die maghebber soos ons maar alte bewus daarvan is. En het die prinse, prinsesse en konings nie gekies nie!

    “En dít is die diepwortel wat die “Westerse Kultuur” gevoed het asook die veronderstelling dat ‘godsdiens’ saamgebondel is in die Grieks/Latynse denkwêreld en voortgeplant is in die “Westerse kultuur” en wat bykans die hele aarde gekolonialiseer het. Die Rooms Katolieke Kerk was die agterryers van die Spaans/Portugese conquistadors en die Britse en Nederlandse Empaaiermakers se metgeselle was die Protestante sendelinge. Die kaptein van die skip (die politieke maghebber) het tog heimlik ? begeerte gehad na ‘n sieketrooster, alhoewel in ‘n heel ondergeskikte en beskeie rol, om die bandeloosheid van sy ‘gewapendes’, met mooi en geleerde woorde en oergebruike in toom te hou, totdat hulle in bandeloosheid losgelaat moes word om te verower, plunder en te kolonialiseer. Ek reken dit is wat Henri Nouwen in gedagte gehad het.

    “Ons hier suid van die ewenaar se leefwêreld is sterk beïnvloed deur hierdie nalatenskap. Toe die Portugese die eerste keer suid van die ewenaar voet aan wal gesit het en hulle hul klipkruise geplant het, het hulle geen Biskop, Pous, Priester, Pastoor, Dominee of katedraal, kerk, plek-van-samekoms of godsdienstige geskrifte of voorgeskrewe gebedeboeke gevind nie. Die kolonialis het met een oogopslag “geweet” hierdie inboorlinge het geen godsdiens nie en is moontlik nie eens werklike ‘mense wesens’ nie’. Alhoewel later ontdek is ‘dat die inboorlinge tog ‘n soort van ‘n godsdiens het, maar baie primitief en gevolglik uiters minderwaardig’, het die godsdiens nie ingepas by die godsdiensgewaad en godsdienstooisels van die “nuwe Moderne Mens” en dié se “Verligting” nie.

    “Die diepgewortelde sekularisasie het die psige van die Westerling gebrandmerk met ‘n wêreldbeskouing dat godsdiens verban word na die private sfeer van die binneste donker dieptes van die siel en die verpakking van die lewe in verskillende kompartemente. Dit is ook een van daardie drogbeelde – sekularisasie het ‘n heel ander inhoud en verstaan verkry. Afrika-mens was in ‘n wentelbaan waar die mense, diere, plante en die land holisties die produk was van die geloof in en ervaring van ‘n ewigteenwoordige realiteit van die voorvaderlike geeste wat met groot eerbied onthou word.

    “Is dit moontlik dat die sendelinge wat die Evangelie vir sowat 200 jaar in suider Afrika ingedra het dalk nie God na die deel van Afrika gebring het nie; maar dat God hulle na Afrika gebring het?

    “Die Christensendelinge het Jesus as Heer geproklameer; maar het die name van God gebruik wat alreeds deur die eeue in stille eerbied en versugting in Afrika geprewel is, soos, Mungu, Ngai, Modimo, Unk

  51. Hugo G, die OT en NT staan in hierdie verband nie teen mekaar nie, as jy nou teologies wil raak. By albei gaan dit om die onheilsprofesie AS heilsprofesie. Maar kom ons laat dit daar. Ek is nie seker waaroor jy meen ek nog nie kommentaar gelewer het nie?

  52. SABlogger het gesê op Julie 15, 2010

    Jy reageer nie op die sake wat ek en Darwinia uitlig as ‘n verbetering op tevore nie. Dit is krities, want jy het dit ook in jou artikel verswyg en ‘n wanbeeld van die land geskep. Maar, jy gaan nie in die spesifieke gesprek toegee dat jy met ‘n ander stel feite eintlik ‘n heel anderste boodskap aan die Vlame kon bring nie. ‘n Boodskap dat sake in die R van SA inderdaad op die roete van “walk en work together” dui en beweeg nie.

  53. Hugo, hier reageer ek nou: Sekere dinge is beter as tevore (baie van die dinge wat julle noem, is daarby ingesluit). Ander dinge is kommerwekkend, onder meer die saak wat ek in my artikel bespreek. Ek beskou dit nie as geldige kritiek op ‘n artikel wat ‘n sekere waarheid aan die lig wil bring dat daardie selfde artikel nie ook ander, meer positiewe, waarhede aan die lig bring nie.

  54. Baie lekker, Hugo G. Daarom wil mens nie graag sien dat dit als in ‘n geweldsorgie opgaan, soos ook met die oorspronklike “land van melk en heuning” gebeur het omdat sommige profete graag “vrede, vrede!” geroep het terwyl daar geen vrede was nie.

    Self loop ek ook baie op die grond rond. Ek het nog nie geleer vlieg nie.

  55. Die volle prentjie oor enigiets is altyd in beginsel onmoontlik om te gee. As dit is wat objektief beteken, dan is objektiwiteit onmoontlik.

  56. Van my kan jy se wat jy wil, Hugo G.

  57. Nou verstaan ek waar die misverstand vandaan kom: jy woon in ‘n ander land!

  58. SABlogger het gesê op Julie 15, 2010

    Ek is geskok, dan speel jy volgens eie erkentenis met waarhede, of te wel halwe warhede. Afhangende van die artikel selekteer jy waarhed en ignoreer jy andere.

  59. Jammer dat jy geskok is, Hugo G. Dis nie nodig nie.

  60. Unicorn007 het gesê op Julie 15, 2010

    mmm…ons mag fisies in dieselfde land bly, maar dis waar dit eindig. Jy was met vakansie. Is ek reg, in die buiteland? So jy het die geheel van die SWC gemis. Was jy by een wedstryd? Was jy by n fanjol? Het jy met ons medeburgers gepraat en gekuier en ons wonderlike sukses geniet? Ek dink ek weet die antwoord. Simpatie. Jy het ALLES gemis. Skryf maar nog n negatiewe rubriek. Een van die dae is jy op you tube soos ou Dan Roodt.

  61. Nee, Darwinia, ek was nie in die buiteland nie en ek het die sokker met groot plesier gevolg. Ook die warmte en samesyn tussen Suid-Afrikaners rondom die sokker geniet.

    Ek het verder nie ‘n sokkerwereldbeker nodig om “met medeburgers (te) praat en (te) kuier nie”, ek doen dit sommer altyd. Ek het dus NIKS gemis nie.

    Oor Dan Roodt het ek my al dikwels uitgelaat – krities. Dit raak vervelig.

    Ek sien jy werk maar met aannames. Dit verklaar baie.

  62. Unicorn007 het gesê op Julie 15, 2010

    Ek ken jou gladnie. Natuurlik werk ek met aannames soos geinterpreteer uit wat jy se^ in n spesifieke pos. Wat anders is daar.
    Soos ons klaarblyklik in verskillende Suid Afrika’s bly het ons ook verskillende wereldbekers bygewoon en ondervind.

  63. WILHELM VAN DEVENTER SKRYF:

    “Op ‘n ligte noot: In ‘n werkswinkel vertel ek dat die “K” woord nooit in ons huis toegelaat is nie en dat ons dit ook binne ons eie gesin verbied het. “Ag nee wat”, sê ‘n vriendin, “as ons wil sê, dan sê ons KAK”.

    “Op ‘n ernstige noot: Wyle Prof Nico Smith het altyd gesê dat die Suid-Afrikaanse verhoudingsproblematiek ‘n teologies-antropologiese probleem is, hoe ‘n mens oor mense voel, dink, praat en teenoor hul optree. En dis juis waar taal so veelseggend is.

    “Vanuit alle gesigspunte is uiterlike neerhalende haatspraak onaanvaarbaar. Ek wonder net soms of dit nie dalk makliker hanteerbaar is as onbewuste haatspraak nie – dié soort taal wat op ‘n subtiele wyse en agter die hand op ‘n onbedagte wyse uitdrukking gee aan ‘n hartsklimaat en gemoedstoestand wat diep in ons verborge lê nie.

    “So sê ‘n vriend dat hy nimmer as te nooit gedink het dat hy na “hulle sokker” sal kyk nie. En ‘n ander: “Dis goed dat julle by ons in Orlando kom rugby speel”.Of sommer net ‘n dokter wat van enige van sy manlike pasiënte praat as “die ou”.

    “As taal magtig is, dan is die betekenis daarvan nog magtiger.En dis nou juis waar uitsprake oor hofbeslissings so ernstig is. Dis nie net wat gesê word nie, maar die betekenis daaragter!

    “‘n Mens begin die indruk kry dat ons die grondwet, handves van menseregte en Nuwe Suid-Afrikaanse wetgewing geskryf het, dat dit ons s’n is en dat ons dus daarmee kan maak wat ons wil. Wie dit miskyk, leef in ‘n droomwêreld, want oor ‘n week is die wêreldbeker verby en dan is dit “back to business as usual”.”

  64. Weens die bitsige persoonlike aanvalle op Gerrit Brand, het ek die artikel weer fyn bestudeer. Die kern daarvan is dat rassistiese en skeltaal steeds algemeen en svryelik voorkom. Hy beskou dit as uiters gevaarlik, omdat dit ‘n klimaat skep waarbinne volks-en groepsuitdelging geregverdig word, soos blyk uit talle voorbeelde uit ander w?relddele. By ons was onlangs xenofobiese moorde wat na sulke klimaatskepping herlei kan word. Hy beskou ons Grondwet as baie toegeeflik jeens sulke opruiende skeltaal. Dit gebeur selfs dat die hof daarteen uitspraak lewer, maar dat die leiers die hof minag as sou hulle tradisie en kultuur bo die wet verhewe wees. Hy bespiegel dat die frustrasie oor die mislukte verwagtinge en die volgehoue armoede en ongelykheid in die land ‘n kruitvat is. Ek kan nie sien hoe enigeen met hierdie feitelike uiteensetting fout kan vind nie. Dis eenvoudig die waarheid. Gerrit bepleit dan ook dat die waarheid gepraat word, al sou sekere mense dit as onpatrioties beskou, aangesien waarheid van ‘n hoer waarde is. Hy stel dan selfs voor dat mens die naakte en onaangename feite as ‘n skoktaktiek gebruik, want mense luister nie na rede nie en moet wakker geskud word. Ek gee toe mens kan met Gerrit hieroor verskil, soos ek inderdaad gedoen het. Vir my het dit ook geklink of hy moedeloos geraak het. En ja, ek glo inderdaad soos Paulus s? dat mens die kwade met die goeie moet/kan oorwin. In my taal beteken dit dat haat/duister met liefde/lig oorwin word. Laastens, dis bietjie eensydig van my om ‘n Afrikaanse hoek op my kommentaar te geplaas het. Ek het bloot buite rekening gelaat dat rassediskriminasie en mensminagting soos onder Apratheid gepraktiseer nie tot Afrikaanssprekendes beperk was en is nie. En ja, Hugo G. daar is goeie nuus. Miskien wil jy ons deurlopend op hoogte hou van sulke gebeure. Klink of jy binne-inligting het.

  65. GeertdeBoon, jy vat wat ek probeer oorbring het baie akkuraat vas. (Die persoonlike aanvalle pla my nie; ek het dit verwag.)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.