Witbooi en Blackie

April 14, 2010 in Sonder kategorie

Witbooi en Blackie

(Met apologie aan C. Louis Leipoldt)

 

“Yet we are tied to one another by a million visible and invisible threads.”

– Thabo Mbeki (9 Februarie 2001)

 

Witbooi en Blackie het saam gelewe

In ’n wye, droewe land

Waar ’n koue wind elke mens laat bewe

By ’n blik op die ander kant

 

Witbooi en Blackie het saam geswerwe

Na ’n toekoms buite sig

Uit ’n donker gister so swaar geërwe

In genadelose lig

 

Witbooi en Blackie het saam gesanik

Ongelukkig oor hoe dit gaan

Geen een kon egter (so verstaan ek)

Die ander se taal verstaan

 

Witbooi en Blackie het saam gesterwe

Hulle kon ook net só ver trek

Hoe mooi is hul storie se vlymskerp skerwe

Gestrooi op ’n vreemde plek

 

* Stuur ’n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld aan [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

3 antwoorde op Witbooi en Blackie

  1. As dit nie `n uitstekende omdigting is nie wil ek graag weet hoe lyk uitstekend.

  2. Gaaf van jou.

  3. Net so!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.