Johann Roussouw skryf oor Afrikaners

Februarie 17, 2010 in Sonder kategorie

In die jongste maandelikse LitNet-essay skryf Johann Roussouw oor “Afrikaners se plek en toekoms?”. Dis natuurlik ‘n vraag wat nie ontwyk kan word nie, maar wat terselfdertyd ook self vrae oproep: Wat is ‘n Afrikaner? Hoe staan die begrippe “Afrikaner” en “Afrikaanssprekende” teenoor mekaar? Kan die Afrikaneridentiteit wyd genoeg oopgerek word om vir alle Afrikaanssprekendes bruikbaar te word? Indien nie, kan dit sommer so afgeskud word? Skuil daar nie ‘n goedkoop ontsnapping uit ‘n onder meer problematiese geskiedenis in laasgenoemde nie?

Maar wag! Moenie op my vrae reageer nie. Lees Johann se essay en gesels daaroor.

* Stuur ’n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

13 antwoorde op Johann Roussouw skryf oor Afrikaners

  1. Het gaan lees. Goeie essay, maar dit gee my gatkramp.

    Solank die mens praat, woorde het, rede en oorsaak, sal Afrikaans leef. Sal die Afrikaner die selfde ‘lyk’ oor 100 jr? Nee, o nee. Maar hy sal staan, leef en sterk leef? Baie beslis.

    En al sou kalkliig gedrogte walgspuuglik hulself Afrikaanses of watookal (soos daai Kopdoek Kombuis) wil noem, sal al daai sideshow Koos(e) en ander pispotte onder die bed roes. (of verdrink gegewe die toestand van onbenutte prostate)

    Elkeen wat hom/haarsel as Afrikaner voel en beskou is een.

  2. Onthou: Selfs Frankryk is aan die praat oor wat dan nou “Fraanswees” beteken, en die reaksies is net so skerp soos in die geval van “Afrikaanswees” in Suid-Afrika. Dit is al hoe moeiliker in die tye van internet om “anders” te wil wees, wat egter nie beteken dat all kulture soos Mc Donalds se hamburger eenders moet wees nie. Afrikaans het sy plek, so, soos Duisland selfs na twee Wêreldoorloë met Duits sy plek het, solank die werk, die “produkte”, wat Afrikaans lewer, van goeie gehalte is.

  3. Ja, as ons dink ons gaan die identiteitsvraag vir eens en vir altyd beantwoord, maak ons ‘n baie groot fout. Die identiteit van ‘n tradisie (en ‘n kultuur is tog ook ‘n tradisie), meen Alisdair MacIntyre, setel juis in die voortgaande gesprek/debat oor wat die “goods” van daardie tradsie (die “ideale identiteit”, sou ‘n mens ook kan se) is.

  4. Ek is ook ‘n Afrikaner, of ek nou een wil wees of nie, maar dit sluit nie uit dat ek ook ‘n klomp ander goed is nie – soos deel van ‘n bree Afrikaanse gemeenskap wat baie mense insluit wat nie hulself as Afrikaners beskou nie, en selfs nie-Afrikaanssprekendes wat Afrikaans as addisionele taal gebruik. My Afrikaner wees en my Afrikaanse wees sluit mekaar dus nie uit nie, en ek hoef nie tussen hulle te kies nie. Terloops, ook ek sal graag wil sien dat enigiemand wat Afrikaans praat hom- of haarself met gemak ‘n Afrikaner noem (nes ek myself graag bruin sal wil noem, aangesien ek tog ook van gemengde afkoms is), maar ons sit met die realiteit dat dit, weens die geskiedenis, vir baie mense (nog) nie moontlik is nie. Ek sluit dus niemand uit in die sin dat ek in hulle weg wil staan om hulself Afrikaners te noem nie, maar ek wil ook nie daardie benaming/identiteit op mense afdwing as hulle nie daarmee wil identifiseer nie.

  5. Net nog iets in reaksie op jou bydrae: Jy’s reg dat Afrikaans nog lank daar sal wees, en jy’s ook reg dat Afrikaners in die toekoms anders gaan (en moet) wees as Afrikaners vandag. Ek dink nie Roussouw se betoog wil dit ontken nie. Hy praat juis dikwels oor “nuwe Afrikaners” of “ander Afrikaners”. Hy neem dus deel aanj daardie voortgaande gesprek oor wat Afrikaans en Afrikaners moet of kan word. Dit gaan ook vir hom nie oor die handhawing van wat is nie.

    Wat die taal betref, is my eie siening nie dat die taal ter wille van sigself behou moet word nie, maar dat die potensiaal wat daar in die taal skuil om mense te verenig en te bemagtig, en om die mensdom met waardevolle kulturele inhoude wat onlosmaaklik aan die taal verbonde is, te verryk. Noem dit maar ‘n “humanistiese” taalbesorgdheid. My vrees is nie dat die taal verdwyn nie, maar dat die taal uit soveel openbare domeine verdryf word dat die humaniserende potensiaal van die taal nie verwerklik word nie, en dat mense in die proses ge de-humaniseer word.

  6. Gerrit, ek hoor jou, en stem met meeste saam. (alhoewel ek NOOIT na myself as ‘n Afrikaanse sal verwys nie, my Afrikanerskap binne gemene en of eie begrip, is soos elke mens se reg behoort te wees, eiesoortig. En dit in wese, is nie teenstrydig met eenheid in diversiteit nie)

    Wie ookal op welke wyse hom/haarself as Afrikaner/Afrikaans/Afrikaanse beskou, moet daardie vryheid en reg gegun word. Hannes verwys na die debat in Frankryk waar ek 5 jaar gewoon het. Een oggend, het ‘n oubaas in Parys daaroor ‘n stelling gemaak wat aanvanklik vir my as onverwant geklink het en ook gegewe tot die Afrikaner ‘gesprek’. Sy woorde was; “I dont pray in Hebrew, but I am still a Jew who does not identify with the state of Israel”

    So het die oubaas se woorde my aan die dink gesit. En na maande se mor het ek net een ding besef, Afrikaners moet net nooit die woorde smoor, of laat smoor nie.

  7. Net vir die duidelikheid: Wanneer ek na myself as ‘n Afrikaanse of Afrikaanssprekende verwys, staan dit nie in die plek van “Afrikaner” nie. Ek is altwee en nog veel meer (Suid-Afrikaner, Afrikaan, van deels Europese afkoms, Christen, Gereformeerd, ‘n man, heteroseksueel, ‘n pa, ‘n broer, iemand se kind ens.).

  8. Pruimtwak, ek het hier in Switserland bitter moes leer om in sekere omgewings tog net nie te laat deurskemer dat ek Afrikaans is nie. Daar is eenvoudig te veel mense wat eenvoudig histeries raak oor die begrip, hulle is nie vir so iets aanspreekbaar nie, vergeet dit. En tog, feit bly dat ek na 30 jaar nog altyd heerlik Afrikaans voel. Dit beteken egter geensins dat ek met almal, wat Afrikaans magtig is, aan een tafel sal sit nie! Ek het op Goudstad Onderwyskollege in Johannesburg (“Goudstad” = “Stoutgat”…)destyds al geleer hoe geweldig ons Afrikaners kultureel verskil. Daar is skitterende voorbeelde, maar, ongelukkig, ook die teenoorgestelde. So, wat beteken dit as jy sê jy is “‘n Afrikaner”? ‘n Boereseun?! Vra maar net.

  9. Die boek: Agter Geslote Deure – Johan Botha, Is besig om groot opslae te maak in die boek wêreld. Gaan lees asb die blog:
    http://blogs.litnet.co.za/johanbothaskrywer/agter-geslote-deure-johan-botha

  10. Die Switsers (en ander Europeers) se “holier than thow”-houding wanneer dit by Afrikaans of Afrikaners kom, is darem merkwaardig. Daardie onlangse herdoping van hul Paul Kruger-straat na iets anders omdat Kruger kwansuis ‘n rassis was, is ‘n goeie voorbeeld. Kruger was veel minder van ‘n rassis as die deursnee-Europeer in daardie tyd. As die Switsers elke straat wat na ‘n rassis genoem is moes herdoop, sou geen enkele straat wat na iemand wat in die 18de of 19de eeu geleef het sy naam kon behou nie. Hoekom dan die fiksasie op Afrikaners se sondes? Omdat Europeers weet dis eintlik hul eie sondes. Deur daardie sondas aan ‘n ander toe te skryf en hulle dan genadeloos te veroordeel, help mense om dit van hulself te distansieer en goed te voel oor hul eie vermeende morele suiwerheid. (Ek veralgemeen hier oor “Europeers”, maar ek meen daar steek tog waarheid in.)

  11. Die probleem in lande soos Switserland waneer dit by rassime kom, is, dat die mense, wat so fanaties teen alles optree wat net ‘n reuk van rassisme kan hê, baie radikaal in die media kan en mag optree. Die, wat ietwat meer gebalanseerde opinies het, word doodgeskreeu. So eenvoudig is dit. Dit is altyd makliker om oor iets te oordeel as jy nie jou tyd met die soek na feite moet verkwis nie! Dit het dan ook in Switserland daartoe gevoer dat die groot meerderheid van die mense teen die bou van Moslems kerktorings (Minarette) gestem het: dit is hulle manier om eintlik uit te wys dat daar baie dinge verkeerd loop met die integrasie van Moslems, maar, niemand sal dit hardop sê nie.

  12. Die boek “Agter geslote Deure” – wat ek graag sal wil lees – laat my aan my Pa dink. Hy het met sy broer as volwese vanaf die ouderdom van 6 jaar opgegroei en daar was geen hulp nie. Rondgegooi. Bitter arm. Ongelooflik wat almal, ook die kerk, nie wou of kon het nie. Die keerpunt het eers gekom toe hy, nog altyd sonder skoene, in Windhoek die beste matriek-uitslag van sy jaar geproduseer het. Maar, hy het na die skryf van die laaste vraestel stoker by die spoorweë geword, en die hoofinspekteur van onderwys het hom, nadat die uitslae gekom het, om 4 uur die oggend (!) van die lokomotief gehaal en hom na Kaapstad gestuur, waar hy met die eerste beurs van Suidwes-Afrika wat ooit toegeken is op Rhodes met “Suma Cum Laude” gepresteer het. Maar, vergeet het hy nooit nie…

  13. Inderdaad. Dit gaan nie net oor Europese rassiste van die 18de en 19de eeu nie, maar oor verskynsels soos die verbod op nuwe minarette, wat in wese nie anders is as rassisme nie. Laasgenoemde druis lynreg in teen al die vermeende waardes van Europe sedert die tweede helfte van die 20ste eeu.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.