Die Akkra-verklaring en die huidige globale ekonomiese bestel

November 19, 2009 in Sonder kategorie

In vandeesmaand se LitNet-essay skryf Malcolm Damon van die Economic Justice Network oor “Die Akkra-verklaring en die huidige globale ekonomiese bestel”. En ek stem saam met hom!

* Stuur ’n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

16 antwoorde op Die Akkra-verklaring en die huidige globale ekonomiese bestel

  1. Laat waai!

  2. Maar daardie “spin-off” is ‘n mite. ‘n Vraag: Wanneer jy skryf “dan” gaan so en so gebeur, waarna verwys dit? Wanneer wat gebeur, gaan hierdie dinge volg?

  3. Of kommunisme dood is, is ‘n vraag op sy eie, maar hierbo reageer jy tog op Malcolm Damon, en bepleit nie kommunisme nie, net groter staatsingrype in die ekonomie as tans.

  4. Ek stem ook saam. Ek het onlangs “Zeitgeist addendum gekyk en dit word al duideliker dat ons huidige ekonomiese huise gebou is op sand. My probleem is egter met; Wie is die staat wat moet ingryp? Die politikuste wat skreeu voor die verkiesing, “We are the people!” en na die verkiesing dink,”to hell with the people”? Ek dink nie ons probleme in die wereld sal opgelos word deur sogenaamde mense nie. Maar wat is die alternatief – ek weet rerig nie. Duidelik sal ons die rotresies na winsbejag moet balanseer met volhoubaarheid. Hier is defnitief ‘n nuwe bewuswording aan te gebeure, die akkra-verklaring dui hierop. Dit is baie opwindend! Ek sal ook graag meer wil gesels oor praktiese alternatiewe vir ons huidige stelsels.

  5. Soveel as wat nodig is. In elke politiek-konomiese stelsel meng die staat by die ekonomie in – ook in die VSA, byvoorbeeld. Die vraag is altyd een van hoe en hoekom. Daar’s dikwels ook ‘n pendulumbeweging tussen meer en minder. Om elke keer as daar ‘n pleidooi vir meer is “kommunisme” te roep, gaan nie op nie.

  6. Ag nee

    Van: ek glo in god die vader die almagtige skepper van hemel en aarde…. tot: ek glo in globale kapitalistiese imperialisme, die almagtige verwoester van alles goed en mooi.

    Het die kerke nie al teen die tyd genoeg slae gekry om hulle te weerhou van sulke breë veralgemenings oor die ondermaanse nie.

    Daar bestaan geen aanwysbare verband tussen ekonomiese siklusse en die globale kapitale bestel nie. As globale kapitaal so magtig was, hoekom sal hulle hulleself wereldwyd in ‘n posisie van afhanklikheid teenoor nasionale regerings plaas?

  7. Ek dink die kerke se punt is juis dat die markte NIE so magtig is as wat die aanbidding van die markte suggereer nie. Dis juis die punt: moenie die mark as die onaantasbare een beskou wat teen elke prys vereer en gehoorsaam moet word nie.

  8. Jy’s kammakazi!

  9. Nou vir wat sê hulle dan nie net so nie.

  10. As ek dit oor my hart kon kry om die vreeslike Anglisisme te gebruik, sou ek geantwoord het: “Maar hulle doen!”

  11. Nou ja, so is dit dan. Die hele Akkra verklaring, ooreenkomstig die kerk se eie aannames, en hulle belydenis ten spyt, ‘n groot bohaai oor niks.

    True to form vir die kerk, sal baie mense meen, om die anglisisme nou maar in Engels te skryf.

    Jy gaan een of ander middeleeuse verklaring hiervoor moet vind, anders gaan mense wonder hoekom jy met soveel fanfare verkondig het dat jy saamstem.

  12. Ek is nie seker dat ek die spoor van jou argument volg nie.

  13. As ek dit oor my hart kon kry om so ‘n vreeslik sarkastiese ding kwyt te raak, sou ek geantwoord het: Dit is inderdaad ‘n goeie middeleeuse antwoord.

  14. Jammer, maar dis bo my vuurmaakplek, etienne.

  15. Dis ‘n goeie belydenis maar ‘n swak verklaring — nogmaals mooi middeleeus.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.