Dalende sterftesyfer in SA

November 16, 2009 in Sonder kategorie

‘n Joernalis en mediakenner wys in sy blog, Low Opinions, daarop dat, sover hy kan agterkom, die sterftesyfer in Suid-Afrika afgeneem het – ten spyte van sterk bevolkingsgroei. Hy wonder dan hoekom ons media dit tot dusver nie opgetel, en verder ondersoek, het nie, en suggereer ‘n moontlike verklaring: aannames. Klik hier om dit te lees. (Belangeverklaring: genoemde blogger is my broer.)

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

3 antwoorde op Dalende sterftesyfer in SA

  1. In hierdie geval kom dit statistiek van twee betroubare bronne – gaan lees maar die bloginskrywing waarna ek die skakel gegee het. Dit gaan ook noor betreklik eenvoudige statistiek: hoeveel mense is dood? Dit gaan nie oor oorsake en ander kompliserende faktore nie. Dood eenvoudig dat minder mense dood is terwyl die totale aantal mense meer geword het.

  2. Daar is beslis sterftes wat nie aangeteken word nie, maar so was dit nog altyd. Statistiek SA neem dit ook in berekening. Net om enige misverstand uit die weg te ruim: Ek probeer nie suggereer dat die genoemde syfers vanself spreek nie. Net dat dit tog die aandag behoort te trek; dat vrae daaroor gevra, en ondersoek daarna gedoen, moet word. Die syfers is tog opvallend, verrassend, laat mens wonder.

  3. In hierdie resensie, deur Kevin Bloom, van Rian Malan se nuwe boek, word dieselfde kwessie opnuut uit ‘n wyer perspektief gelug: http://www.thedailymaverick.co.za/article/2009-11-18-REVIEW-Return-of-Rian-Malan-the-Aids-bore. Lees gerus.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.