Sachs en Moseneke praat my taal

Oktober 20, 2009 in Sonder kategorie

Dis nie net maatskaplik betrokke akademici met ’n linkse oriëntasie, soos Neville Alexander (kyk my vroeër inskrywing hieroor), wat sin kan praat oor goed soos taal nie. Regters kan dit blykbaar ook doen. In sy uitspraak, verlede week, in die Hoërskool Ermelo-saak, sê regter Moseneke byvoorbeeld:

And that perhaps is the collateral irony of this case. Learners whose mother tongue is not English but rather one of our indigenous languages, together with their parents, have made a choice to be taught in a language other than their mother tongue. This occurs even though it is now well settled that, especially in the early years of formal teaching, mother tongue instruction is the foremost and the most effective medium of imparting education. Ample literature indicates that in Africa the former colonial languages have become the dominant medium of teaching. Professor. Kwessi Kwaa Prah describes this as the “language of instruction conundrum in Africa”.

Moseneke haal ook vir regter Sachs (uit ’n ander uitspraak) aan:

The fourth assumption is that the Afrikaans language is one of the cultural treasures of South African national life, widely spoken and deeply implanted, the vehicle of outstanding literature, the bearer of a rich scientific and legal vocabulary and possibly the most creole or ‘rainbow’ of all South African tongues. Its protection and development is therefore the concern not only of its speakers but of the whole South African nation. In approaching the question of the future of the Afrikaans language, then, the issue should not be regarded as simply one of satisfying the selfcentred wishes, legitimate or otherwise, of a particular group, but as a question of promoting the rich development of an integral part of the variegated South African national character contemplated by the Constitution. Stripped of its association with race and political dominance, cultural diversity becomes an enriching force which merits constitutional protection, hereby enabling the specific contribution of each to become part of the patrimony of the whole.

Kortom: Hoe simpel dat die regering met Afrikaanse skole (en universiteite?) baklei om hulle in Engels te laat onderrig gee aan jong mense wie se moedertaal nie Engels is nie! En hoe kortsigtig om die toekoms van Afrikaans te sien as ’n saak waarby slegs Afrikaanssprekendes ’n selfsugtige belang het!

En in praktiese terme: Dis hoogtyd dat die regering positiewe stappe neem om Afrikaans as hoëfunksietaal, en spesifiek as onderwystaal, te beskerm en te bevorder, en te sorg dat die ander Afrika-tale ook vir hoë funksies, en spesifiek as onderrigmediums, gebruik word. Die oorheersing van Engels op alle openbare terreine, en veral as onderrigmedium op onderwysgebied, is nie in landsbelang nie en moet aktief teengegaan word.

So praat mense met ’n sterk sintuig vir wat reg en billik is. Soos stemme roepende in die woestyn.

* Stuur ’n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

14 antwoorde op Sachs en Moseneke praat my taal

  1. Hoor hoor!!

  2. ajhart het gesê op Oktober 20, 2009

    very fair judgements – the first few in what seems a very long time.

  3. Hieroor is ek saam met jou – dis ‘n skande dat daar nog nie eers begin is aan die universiteit van Soweto of KwaZulu nie!

    En wat in die oorwegend swart laerskole aangaan is ‘n nog groter skande!

  4. Maghitta het gesê op Oktober 20, 2009

    sjoe! goeie stof tot nadenke woor jy net ‘n mening kan gee….

  5. By die Universiteit van KwaZulu-Natal het hulle wel begin om Zoeloe as bykomende onderrigmedium, naas Engels, in te voer. Dis darem ‘n begin. Maar ja, eintlik behoort elke universiteit ‘n Afrika-taal as onderrigmedium in te voer, en die universiteite wat reeds Afrikaans as onderrigmedium gebruik, moet hulle daarop toespits om dit te bly doen. Verengelsing is ‘n stap terug (as die regters reg is). En dis inderdaad ‘n skande dat presies die teenoorgestelde van wat hulle suggereer aan die gebeur is.

  6. Sover ek kan sien voel die ANC f&&^ol vir hof uitsprake en regters. Die ouens wat sense praat is volgens hulle cocnuts, so moenie te veel verwag nie. Met daai stompstert Blade in beheer gaan hy nou nie juis dat hof uitsprake sy ideologies vrot idees beinvloed nie.

  7. Die gedeeltes wat ek hier aanhaal, is nie uitsprake nie, maar kom voor in uitsprake. Dis dus nie die soort ding wat die regering kan gehoorsaam of verontagsaam nie. Dis wel wysheid waarna hulle behoort te luister, maar tot nog toe nie geluister het nie. Hulle minag nie die hof deur so op te tree nie, maar minag wel die wysheid, sou ‘n mens kan formuleer …

    Oor Nzimande, vrees ek, is jy reg. Hy het al self in soveel woorde aangedui dat hy transformasie belangriker as Grondwetlike regte ag. Soos ek dit sien, moet transformasie juis daarop gemik wees om almal hul Grondwetlike regte te laat geniet, maar Nzimande se verstaan van transformasie het kennelik ‘n ander oogmerk. (Ek dig dit nie aan hom toe nie; hy se dit self.)

    ‘n Bitter pil, maar waar.

  8. Baie dankie vir hierdie waardevolle bydrae.

  9. Miskien moet die Afrikaners maar weer die wa deur die drif sleep – en begin om op Potch, Bloem, Pretoria en Stellenbosch ‘n Afrika taal as ‘n voertaal in te voer.

  10. Fvwyk1 het gesê op Oktober 21, 2009

    Hoor Hoor!
    Ek kan nog baie hieroor se, maar het al baie geskryf oor die taalstryd. Lees maar op my blog, so drie/vier stories terug.

  11. Fvwyk1 het gesê op Oktober 21, 2009

    Transformasie is broodnodig in die Nuwe Suid Afrika. Hoe dit tans toegepas word is egter ‘n klug. Diegene wat daaruit baat is ‘n klein groepie struggle kaders wat hulself verryk en hulle foute probeer toesmeer met emosionel uitsprake (waar wittes gewoonlik die varke in die verhaal is)

    Ons kort :
    a) ‘n Nuwe transformasie – model waar opleiding en ontwikkeling van gemeenskappe en individue eerder van belang moet wees as individuele ekomiese welvaart.
    b) Ons kort nuwe bloed om hierdie proses aan te pak. Mense wat vry is van struggle emosies en objektief kan kyk na hierdie kwessies.

  12. Ek stem saam. Kyk daaroor my voor-vorige blog, en die een voor hom.

  13. Het gesien. Interessant!

  14. En vir joune!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.