Wanneer wolke deur stortkoppe verdring word

September 21, 2009 in Sonder kategorie

By die skryf van hierdie artikel kyk Suid-Afrika terug op die eerste honderd dae van die 67-jarige Jacob Gedleyihlekisa Zuma se termyn as staatshoof. In hierdie honderd dae het daar nie eenkeer, sover ek kon vasstel, ’n stortkop bo-op ’n afbeelding van Zuma op ’n spotprent gepryk nie. Wel soms een wat ’n entjie bó Zuma huiwer, soms nader, dan weer verder …

Klik op die skakel hierbo vir die res van my jongste Brandpunte-rubriek in die Nederlandse Maandblad Zuid-Afrika, en dan hieronder op “Lewer kommentaar” om daarop te reageer.

* Stuur ‘n e-pos met die woord “Ja” in die onderwerpveld na [email protected] om oor nuwe inskrywings op hierdie blog ingelig te word.

21 antwoorde op Wanneer wolke deur stortkoppe verdring word

  1. Gerrit, jou yster!

  2. Ja Zapiro teken nie meer die stortkop nie.

  3. Daar is vroue wat mans valslik van verkragting beskuldig, maar daar is ook derduisende gevalle waar mans wel verkrag. Die hof moet maar sy bes probeer om vas te stel of ‘n aangeklaagde man wel skuldig is, en indien nie, of die klaagster dalk strafwaardig opgetree het. Dis geen eenvoudige taak nie, en dis onvermydelik dat mense in die proses onbillik gaan ly. In die geval Zuma is dit eenvoudig so dat hy onskuldig bevind is, na my mening tereg, maar dat sy private seksuele misstappe (buite-egtelike verhouding) veels te veel aandag kry in vergelyking met sy ter sake openbare misstappe.

  4. karas het gesê op September 21, 2009

    Knap gedaan, Gerrit.
    O nodige oefening in ewewigtigheid.

  5. Baie dankie vir die verhoging van die debatvoering op jou blog.
    Sterkte!

  6. Dis eintlik juis my punt: Ons leiers faal AS LEIERS, sowel wat doeltreffendheid as wat moraliteit betref. Maar in plaas van om daarop te fokus, word daar op hul seksuele lewe, hul taal, hul formele opvoeding, hul etnisiteit en so meer gefokus.

  7. Maar is dit nie interessant hoe vooroordeel (oor ras, klas, taal, kultuur en so meer) in die geval Zuma die kritiek op hom as politieke verteenwoordiger eintlik versag nie? Deur die fokus op persoonlike aspekte van die man, eerder as op sy openbare rekord, te laat val.

  8. Gerrit, wat het ek gemis? Ek het die twee wetenskaplike artikels waarop die aannames oor verminderde MIV oordrag na besnydenis opgesoek en gelees, en daars na my mening niks verkeerd met die data nie. dit beteken nie besnydenis beveilig jou nie, bloot dat jou kanse om in ‘n 2-jaar tydperk + te raak ongeveer 60% laer is as jy besny is.
    Was daar publikasies wat dit repudieer?
    Of skryf jy tong-in-die-dinges?

    Malcolm

  9. Op my vorige blog, Veelskrywer, het ek ‘n inskrywing spesifiek hieraan gewy, en na ‘n studie wat toe verskyn het, verwys. Dis gevolg deur ‘n redelik hewige debat, en deur ‘n tweede inskrywing van my kant. Om die inskrywings en die debat daaroor te lees, gaan na: http://blogs.dieburger.com/ViewComments.aspx?mid=3344&blogid=74 EN: http://blogs.dieburger.com/ViewComments.aspx?mid=3404&blogid=74.

  10. Ongelukkig waar en dalk is daar nog ‘n wetgewing daaroor. ‘Geen spotprente van jou staatshoof nie, anders word jy hof toe gesleep.’

  11. Ons samelewing is nie, wat sy kultuur betref, juis demokraties nie, ja.

  12. Geen samelewing is sommer vanself demokraties nie; ‘n demokratiese kultuur ontwikkel deur stryd en konflik heen. Die grootste vyande van demokrasie is die wat dink die regering moenie gekritiseer word nie, en mense moenie te skerp oor goed verskil nie, ter wille van eensgesindheid. Teokrasie? Ek weet darem nie.

  13. LORT het gesê op September 23, 2009

    Gerrit jy is ge-anti-trolloleer. Gaan kyk op my blog wat aangaan!

  14. Ek voel ge-eer, dankie!

  15. gcv het gesê op September 25, 2009

    Miskien is tot ‘n mate dieselfde situasie as in 1994 toe almal gedink het die einde is om die draai – gasbottels volgemaak, water opgegaar ens., en toe het alles eintlik baie beter uitgedraai…

    Probleem is net dat politici voorgehou word as “leiers” en ons kultuureel ingeprent is om morele leiding ook te verwag. Maar wat ons nie in ag neem nie, is dat jy ‘n sekere persoonlikheid moet hê om jouself as politikus te laat geld – en daarmee het ek ‘n probleem.

    Miskien kan jy ‘n toekomstige blog wei aan leierskap – begin sommer by die belaglikheid van laerskool “leiers”.

    Terloops, die woord “dubieuse”??????

  16. Het ek die woord “dubieuse” gebruik? Jammer dan; “twyfelagtig” sou ‘n beter keuse wees. Ek sal darem nou nie blikkieskos opgaar nie (het ook nie destyds daardie neiging gevolg nie). Ek dink nie ons toekoms hang van politici af nie – as dit het, was ons lankal in ons dinges in. Die grootste gevaar wat politici inhou, is dat mense hulle ernstig kan opneem en dink dat hulle “‘n kans gegee moet word” om te wys wat hulle kan doen. Dit word nog erger wanneer die politieke debat oor politici se persoonlike (im)moraliteit of (gebrek aan) styl begin handel, eerder as oor hul (gebrek aan) prestasie in hul amp. Ons moet begin om politici te sien vir wat hulle is: ons werknemers wat deur ons tereggewys en afgedank kan word soos en wanneer ons wil. Nee wag, dit kan jy nie met werknemers doen nie. Politici is ons dienaars …

  17. Gerrit,

    Gooi vir ons ‘n vars narratiewe lyn asb. Hoop die Bulle maak korte mette met die Vrystaat.

  18. OK, die lyn kom nou enige oomblik. Nou moet julle net hap. (Die Bulle kan nou weer ‘n soort van A-span opstuur, so die Vrystaat het nie ‘n kat se kans nie.)

  19. Hoop jy’s reg. Onthou die Bulle het ‘n tipe Vrystaat angs wat herinner aan die All Black-vrees met die Wereldbeker.

  20. Daai stortkop moet eintlik nog styf oppie sy kop sit. Niks ten goede het nog van hom gekom nie.

  21. Ek dink ook nie Zuma het as president eintlik al iets gedoen wat indruk maak nie, maar dit het met die vrou, die stort en die hofsaak niks te doen nie, maar met sy openbare amp. Daarom verkies ek die wolkie, wat verwys na iets wat wel deegliks op sy openbare ampsbekleding betrekking het, bo die stortkop.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.