Miniseminaar oor transformerende Afrikaans

September 13, 2009 in Sonder kategorie

Die Stellenbosse teoloog Nico Koopman het onlangs ‘n pleidooi vir ‘n “transformerende Afrikaans” gelewer. In die jongste miniseminaar lewer Theo du Plessis, Pieter Duvenage en Danny Titus uit verskillende blikhoeke kommentaar daarop. Klik hier om Koopman se artikel en die replieke te lees, en dan hier onder op “Lewer kommentaar” vir ander se mening of om joune te lug.

2 antwoorde op Miniseminaar oor transformerende Afrikaans

  1. Gerrit, ek dink Afrikaans gaan toenemend as akademiese taal onder druk kom.
    Die Taal, sal nog lank in een of ander vorm gepraat word, maar die getalle gaan uiteindelik net teen ons wees.

    Fantasie: As ons 1,3 miljard was soos die Chinese, het ons die wêreld oorgeneem en sou die hele wêreld oor 100 jaar Afrikaans gepraat het.

  2. Getalle is nie die probleem nie – baie meer mense in Suid-Afrika praat Afrikaans as moedertaal as wat Engels as moedertaal praat, en Afrikaans kompeteer in SA ook goed met Engels as lingua franca (Zoeloe troef, as ek reg onthou, altwee.) In ‘n streek soos die Wes-Kaap is Afrikaans oorweldigend die meerderheidstaal. Daar behoort dus plek te wees vir ‘n sterk rol vir Afrikaans op universiteitsvlak. Die politieke wil ontbreek wel, en dit maak jou voorspelling nie vergesog nie, maar ek hoop jy word verkeerd bewys, want as ons universiteitswese eentalig-Engels word, sal dit ‘n enorme verlies vir die hele land wees, nie net vir Afrikaanssprekendes nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.