What’s in a name?

Julie 8, 2013 in Uncategorized

Laatlam gooi die naweek ‘n kritiese oog oor die inhoud van my yskas.

‘Eeuww,’ roep hy uit, ‘is dit daai aaklige agurkietert?’

Nouja – agurkie, aspersie – albei begin met ’n a…

Hmm, miskien moet ek ’n agurkietert probeer aanmekaarslaan…

24 antwoorde op What’s in a name?

  1. Oe ek sê ook eeeuw vir ‘n argurkie tert 😉

  2. vega het gesê op Julie 8, 2013

    Aspersietert eeeuw, kon nog nooit insien wat lekker is daaraan nie 🙂

  3. perdebytjie het gesê op Julie 8, 2013

    Wonder wat sal lekker saam met agurkies gaan..dalk kondensmelk?

  4. Twaksak het gesê op Julie 8, 2013

    Ek dink nou self aan die bak van ‘n agurkie- en pekeluitert. Ek’s mal oor aspersietert.

  5. pbroere het gesê op Julie 8, 2013

    ek het nou vir ‘n oomblik sit en wonder voor ek die laaste 2 sinne gelees het.

  6. Bruggie het gesê op Julie 8, 2013

    agurkitert klink nuut/opwindend.

  7. ek-myself het gesê op Julie 9, 2013

    Ek is mal oor aspersies. Veral vars

  8. Wat is ‘n agurkie? – dit klink na iets wat mens aanmekaarslaan mbv daai stink vismeellym…

  9. Nee o aarde, ek kan aan niks aakliger as ‘n agurkietert dink nie. Aspersietert is egter ‘n ander saak. Njamm!

    • ‘n Vriendin maak ‘n heerlike gestolde tunatert met piekeluitjies. N a v Twaksak se voorstel, dink ek mens sou ‘n klompie agurkie-ringetjies daarby kon voeg…

  10. Ok wat van agurkie en aspersie saam…

  11. Ek het dadelik verstaan wat hy bedoel. Om die waarheid te sê, ek ruil gereeld name om.

  12. ‘n Goeie begryper…

  13. Ekskuus Tannie Frannie,ek wil nou nie soos ‘n onderwyser klink nie,maar as jy ons antwoord,moet jy bv intik @perdebytjie,spasie en dan jou boodskap.Anders kry mens nie die boodskappe nie,behalwe as mens weer hier kom loer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.