2015 vs 2016

So dog ek toe verlede jaar was ‘n af-jaar!! VERKEERD. My 2016 het goed begin,maar

*my jongste kom kuier en word toe sommed verloof op Singapoer sementskip 57vloere hoog
*my oudste raak verloof tydens die sani2C in die Lesotho berge
*my jongste emmigreer Australie toe
*my oudste trou komende Maart
*ek kry trombose in die been
*ek val my oogbank oop…..2 klonte deur my linkerlong
*velkanker word op my gesig uitgesny…..onvolledig
*plastiese chirurg moet ingryp en oordoen.
*snye nou 5cm en 1cm lank
*my honde bly nou by huis met dogsitter, want seun is nou in Australie en die ander een by sy verloofde
*nou is ek oppad om huis te verkoop, meenthuis en housesitter te soek
*ons nog 2jaar in Singapoer

Die wonderlike is dat ek my blog weer gevind het terwyl Grootoor in Taipei se tifoon vasgekeer is.

Ai 2016, wat nou nog

Woef-woef

seuns se kuiertjie

Ai man, was dit nou lekker. Vroeg-vroeg kry ons hulle by die lughawe. Hulle kom aangestap soos 2 jetlag manne, maar later die dag dink ek dis meer die gratis drank wat hulle so bleek om die kiewe maak.
Ons het ‘n vol program ingepak, want daar is so baie om te sien. So dis ontbyt by Prawn Mee, happies by die hawker stalls, dim sum by Din Tay Fu, en mangopoeding by tradisionele chinese pudding house. Nou is dit flyer toe en trein ry en skip toe. So volg die een dag op die ander. Flower dome en orgidees laat hulle sprakeloos, hulle koop goetertjies in Chinatown, en verkyk hulle aan die Malls met matte en 7 verdiepings en al die elektronika te koop. Hulle drink ‘n Singapoer sling in die Long Bar by Raffels en ons verken eilande. Verder eet hulle 18 van 20 moet-eet-kos in Singpoer. Alles vir pa se rekening, want as hulle bestel se hulle net F@$ dis duur.

Die weer was regtig lekker…..vir hulle vreeslik warm maar dis nou winter gewees en dit was regtig koeler. Hulle 2dae trippie na Bankok praat hulle nie veel oor nie….dit was hulle verjaardaggeskenke, en ek dink ek wil ook nie meer weet as die “hangover-toer” wat hulle gedoen het nie.

So kom alle goeie dinge tot ‘n einde en die seuns is vol dankbaarheid vir ‘n lekker vakansie, maar self sou hulle dit nie kon bekostig met hulle ou ZA-geldjies nie. Singapoer is nie ‘n vakansiebestemming nie, dis regtig net te duur. Jy kom Thailand toe of Balie toe vir vakansie en stop in Singapoer vir 2 dae…….sien wat jy wil sien en vlieg huistoe.

Shi-shi

nie maatjies nie

Ai tog, alles wys error hier by my. Kan by niemand inloer nie. Het selfs my litnet met wpress gelink….. boggerol gehelp. Waar moet ek vir hulp vra. Niks ‘links’ werk nie. Ek weet regtig nou nie meer nie. Wil so graag ander stories ook lees.!!!!!

2015….?

En so begin ek my jaar hondsiek. Onbeskryflike pyn. Nou nie so erg soos ou Worsie se ma se kraam nie, maar erg dat ek moeilik beweeg en omtrent net le. Grootoor begin met ‘travel’ en ek is alleen en siek. Elke aand drink ek maar my chroniese cholesterol en maagmedisyne en later is ek so siek, ek soek ‘n dokter. Kom by een goeie Chinees uit en hy antibiotika my vir divertikulose…. ontsteking in colon blasies en wie weet wat nog. Ek se dis eerder my niere, maar hy suig net mucus en brom in Manderyns. Tien dae later kan ek nie loop, sit, le of staan nie. Terug by hom, nou het ek ‘pinched nerve in lower back’. Se gat se ek toe, dis my niere en my lewer en my brein en elke spier in my lyf, maar so gaan ek toe maar fisio toe. Twee weke later (nou is dit al 4 weke) pak ek ‘n hospitaaltassie, sit die ambulans se nommer op ‘speed dail’ en wag vir die ergste.

Grootoor bel en ek se ek weet nie of ek die oggend gaan sien nie, maar moenie worry, ek is lief vir jou en jy hoef nie terug te vlieg nie….ek sal hospitaal toe gaan. So kry ek my pynlike, brandende lyf in ‘n sit-le posisie vir die nag, maar moet toe opstaan vir my medikasie. So bid ek dat die Liewe Heer my genadig moet wees, want ek kan nie meer nie. Haal my medikasie uit die kas en tel dat ek almal het. Skielik skyn 1 pilletjie helder pienk in die bedliggie. Sit groot lig aan, haal pakkie uit, en waaragtig, dis verkeerde medisyne wat apteker in ZA vir my gegee het.

Gou google ek newe effekte en kom af of grilgoed soos nier en lewerversaking, asedosis, senuwee eindpunt vernietiging en omtrent algehele liggaamsvergiftiging. Net daar begin my danksegging aan my Vader wat my oe laat sien het en dat ek nie weer net gekyk het nie. Drie dae later begin die pyne verdwyn en omtrent 2 weke later is ek weer net ek. Nou waardeer ek my gesondheid meer en meer elke dag. Ek soek iets om voor dankie te se as ek my oe oopmaak in die oggend. Wat ‘n nagmerrie!!!!!

Shi-shi

melakka

<strong Ek het die rondrits baie geniet. Grootoor was in Kuala Lumpur vir werk en ons besluit toe om mekaar halfpad in Melakka te kry. Vir my 'n hele 5ure busrit, maar ek is mos nie meer skaam, bang en aansitterig nie. Klim op 'local' bus met reistas……. almal doen dit hier, hulle pak net al hulle inkopies daarin om huistoe te dra. Snaakse mense. By die bus optelpunt drom almal soos Indian Mynas rond (hier issie skape nie.) Sitplek gekry en daar gaan ons tot by paspoort beheer. Vir my net 'outo scan' (ons werk mos hier) so ons kriminele geskiedenis is op hulle rekords. Vinnig terug en nou wag ons vir die res……en ons wag. Uiteindelik oor die grens en in Malaysie weer dieselfde hierdie keer met tas en alles deur scanner wat 'n gedoente. Een 'whitey' tusssen 1000 staan uit soos 'n puisie op 'n vark se rug. Nou weer verder. Busse net waar jy kyk, met name soos 'nice ride' 'comfert' ens. In Melakka kry ek toe taxi, vodde hoor, en net so vodde bestuurder. Skof soos 'n Rooi Afrikaner bees en formule 1 bestuurderslisensie, dit terwyl iemand oor die radio bid en hy keelgeluide maak soos 'n amasone aap.
Heng, ek was bly om Grootoor te sien. Die aand 'treat' Grootoor se supervisor in Malaysie ons met 'n 'trisharide'. Dis daai dfiewiel fietse wat opgemaak is soos die rickshakarre van Durban. Eerste probleem….. ons pas nie in nie. Aaaaa America huh. No, no South Africa…..aaaaaa Cape Town. Dis nou die gesprek terwyl ek my in die hoekie in squeeze en Grootoor probeer opklim. My regterboudvelle druk deur die kant tot teen die agterwiel se speke en ek se Grootoor moet opskuif. Ag siestog hy is toe nog nie eers op nie. In die tussentyd wil die drywer net fotos neem. Grootoor se toe F@£ die fotos ons pas nie eers in nie. Nou begin dit reen……no problem, you sit. Grootoor sit nou op die bankie se pyp, sy kniee teen sy ken. Ek het nie geweet hy kan hom so klein opvou nie. Daar gaan ons, drywer se trapbeen skuur teen my bobeen. Hy sweet en hy trap om ons amper 200kg tussen die verkeer deur te kry. Daar sit hymusiek op. Later sien ek toe die sound system onder ons boude. Ek giggel en almal waai en lag vir ons. Grootoor se net dis 'n f@££ing joke. As ek my kop draai kyk ek in 'n hello kitty poppie vas wat deel uitmaak van die 'trimmings'. Uiteindelik by die nonya restaurant en ons eet nogal lekker, maar heeltyd wonder ons hoe ons weer op die fiets gaan kom. Ek se toe Grootoor moet eerste wydsbeen sit dan sit ek tussen sy bene,,,, werk toe nie. Toe vou ek my been so oor die ander dat dit lyk of ek net 1 been het en een boud. Grootoor kry sy sit en ons reen sopnat. Nou giggel ek nie meer nie en Grootoor kyk nie meer diep in my oe nie. Na 10min se Grootoor…..STOP DIS NOU GENOEG….. die drywer is so bly, hy spring langs die bewegende fiets af, sit musiek af en vra so ewe …You enough? Grootoor betaal hom vir 'n extra uur, want hy het regtig swaar getrap. So stap ons toe Melakka verder deur en oral wil hulle ons net op die fietse laai. Grootoor se: "as julle maar net weet sal julle ons 'n mis gee".
Maar, Melakka is lekker.
Shi-shi

karre

Om n motor te besit in Singapoer is n luukse. Dis regtig vreeslik duur, maar tog is hier baie. Baie klein karretjies soos cherries, daihutsus en yarisse. Maar dan ook weer ‘grend’karre soos mercedes en bmw’s. Nogal sharans en tourans, toureks en porshe cajans. Dit is elke dag op die pad te sien. Die taxi’s is meestal hyundais en so hibried wat ek nie nou kan onthou nie. Maar ek wil eintlik oor die naweekkarre praat. Dis nou iets om te aanskou. Van vroeg tot laat paradeer die nou op straat.
In ZA het ons dit ook. Die subaru, golf gti, matswart bmw, toyota conquest met chassis wat gesak is en blou ligte wat onder op die teerstraat rondhardloop. Dan sit meneer met venster afgedraai en bier tussen die bene. Die musiek laat die kar so hop by n verkeerslig. Langsaan sit die girl, wit apteekhare en kougom kou, res van die 6-pack tussen die voete. En waag dit nou om te kyk….. dan kry jy daai vinger en jy sien die lippe daai woord vorm.
Hy het ‘n wessie aan of hemp wat oopgeknoop is en by haar sien jy bra’straps’ of niks. Hier in Singapoer is dit effe anders.
Dis blinkskoon lambourginis, porshes, mazarattis, lotusse, ferraries en afslaankappe karre wat ek nie ken nie. Die manne het langmou withemde aan, oakley sonbrille op en klassieke musiek sweef so sag om die kar. Die girl is ‘gedress’ kort ou ‘designer’ rokkie en blink swart hare. Rooi lippe en natuurlik sonbril en louis vitoni handsakkie op die skoot. As jy kyk en weer kyk, kry jy n spierwit glimlag, ‘n kopknik en ‘n ‘peace sign’ met die vingers. Hulle revvvvv nie hulle karre nie en jaag nie oor rooi ligte nie, hulle stop dan vir my ek oor die pad ry met my fiets.
Waar hierdie jongmense die geld kry weet ek nie, want hier smokkel jy nie, nie met dwelms of diamante of drank wat van die skip afval nie. Doodstraf is nog baie aktief hier. Nou ja, dis Singapoer hierdie, maar ek verlang na ZA.
Shi-shi

gasstoof

Wel ek haal my hoed af vir enige iemand wat vis en tjips in diep olie op ‘n gasstoof ‘crispy’ kan kry. Miskien is ek net onhandig of plainweg stupid of moet my mindset verander. Grootoor is nou moeg vir my gekla en getssss as die olie op my spat en se ek moet ‘n deep fryer gaan koop.
Vroeg man, kry ek die bus, net om uit te vind die winkel maak eers 10.30 oop, maar ek doen maar window shopping en wens my in die nr 28-kleertjies in wat vertoon word, vergaap my aan die babaspeelgoed soos tv’s wat op stootwaentjies vasgemaak word en waentjiewaaiers en die vreeslike waens met skokbrekers. Ek wonder net waar skakel jy die waentjie aan en ek kan glo dis remote control ook.
Maar so koop ek toe my tjippiesmaker en kom huistoe. Ongemaklike sak en box, nie smal soos ‘n tjoklitbox nie, maar reghoekig en oral kap die hoeke my teen my kniee of kuite. Dis warm en ek raak so effe rooi om die kiewe, maar gelukkig is die condo nie te ver nie. Onmiddellik on-plastiek ek alles en skakel aan. Na so 3min, skiet iets soos ‘n klein klappertjie, net daarna so donggg-geluid en toe rook en toe trip die krag. Bel vir Grootpoor, hy se vat die blerrie ding terug en soek iets soos tefal of phillips, net nie weer Japanees se toymoni nie.
Nou weer terug in die bus, met warm box wat my kuite karnuffel.
Al die dames loop met hulle handsakke oor die arm soos in die ou dae in za. Nie oor die skouer nie, want dan kan jy nie die naam sien nie. Dis koraal pienk bulgaries, en poeierblou guccis, dis bloedrooi en grasgroen en al wat ‘n naam is. So gooi ek toe ook my plastieksak oor die arm, net om almal om my raak te slaan, stoot en kap. Tot die telefone word op die arm vasgebind met oorfone in die ore sodat altwee hande gebruik kan word. Vreemde wesens.
Maar nou ja, na nog ‘n braaier verder en weer ‘n busrit sit ons nou met ‘n menger vir koekbak en ‘n smoothie maker, want hulle gee nie kontant terug nie.
Iets fout met kragverspreiding en ek wil nou nie die ou landlord se plekkie afbrand nie…..ek bly lekker in die ooste.
Shi-shi

skoene en voete

Vroeg vat ek die pad dorp toe. My skoene se hakke het gemaak dat ek gly en so amper in ‘n Fillipyn se arms val, ook is dit verder stukkend geloop om die halfklaar Singapoer Stadion en veroorsaak dat 110 konstruksiewerkers my aangegluur het omdat ek al trippelend hulle middagslapie versteur het.
Ek buk en trek my skoene uit en hou dit sodat die ou mannetjie wat na gom en skoensole ruik kan sien wat ek in boere engels verduidelik. “Take seat” se hy, en ek sit op ‘n ronde draai stoeltjie waaroor my boude vou. Sy kollega kom agter my uit, gee 1 kyk na die skoene en se “half hour”. Ek is okay daarmee en bly sit. Duidelik hou hy nie van ‘n skare nie en buk onder die toonbank in en gee vir my ‘n stel visplakkies aan om aan te trek sodat ek kan “go shopping”. Nee, se ek, ek wag sommer. Nou kom hy agter die toonbank uit en trek die vuilwit plakkies vir my aan. Ek gril, want dis al so grys-swart gedra deur wie weet hoeveel voete en 2 nommers te klein. Ek stuur ‘n klein gebedjie op dat dit tog net nie warm moet wees as ek my tone om die plakkie vou nie, want dan kom dit van sy voete af.
Gelukkig is dit koud en ek voel die koue vloer soos my hakke oor die klein plakkie vou. Toe gaan ‘shop’ ek maar met vreemde, vuil plakkies. My skoene lyk soos nuwes en loop tog te lekker. Sommer dadelik vir my ‘n paar billabongplakkies gekoop wat nou permanent saam met my gaan ‘shop’. (Vir die wis en onwis).
Singapoeriane, of wat ookal, is regtig gaaf en behulpsaam en rand jou nie aan nie, maar ek wil regtig nie weer hulle skoene dra nie.
Shi-shi

“mall”

Daar het ‘n nuwe sentrum by die S’ poer sport stadium oopgemaak. Met ons 3 weke in ZA het ek al van die promosies gemis en hier is hulle nog sterk op koepons en wiele spin as jy oor $50 koop ens. Ek besluit toe om die nuwe Wave sentrum op te soek en van my gratis koepons te gebruik vir koek en koffie, goedkoop pedikuur, rotsklim (ha-ha), $5 af by Coaldstorage en so vat ek my hele boekie saam.
Ek klim op bus 10 en eerste foutjie klim ek by verkeerde busstop af. Maar ek is nie bang nie en stap deur ‘n lieflike koel park met bome en mos op die paadjie. Ver voor is 2 tuiniers, toe ek nader kom sien ek hulle rol slaapplek oop om middagete te geniet. Hier is mos nie “crime” nie, maar net toe besluit my skoen se hak om te gly en vinnig is die Filipyn by…. “STAY TO THE LEFT MADAM IT IS SAFER” se hy. My eerste skrik. Ek stap 20min verder, al om die moerse stadium, net om by hek 3 uit te kom (het begin by 17) en dit vir die Wave. Niks besonders nie, stap ek toe terug. Nou soek ek kortpad. Ek sien die oorbrug en stap flink. By die oorbrug is ek natuurlik op grondvlak en die brug loop oor my kop. Vinnig kry ek koers in die nog-nie-oop parkade en die een werker beduie op met die hysbak. Toe die deure oopgaan is daar net sementspatsels en kruiwa merke, maar ek bang niks, ek klim alleen in en druk 2A. Foutjie 2….. dis nog ‘n parkade. Ek wil my nat piepie, want toe ek uitklim le daar so 10 konstruksiewerkers en slaap. Een rol op sy maag en in gebaretaal beduie hy nog op. Ek loop op my tone daaruit en klim eerder die trappe. Nog een vlak op skok ek tot stilstand. 100 of meer konstruksiewerkers le die hele parkeerarea vol en slaap. Nou is ek lam, waarheen nou. Ek trippel op my tone om die hoek en sien ‘n deur…. met geel “barrier” ‘do not climb’. Ek is nou so desperaat ek ‘climb’ en genadiglik is ek op die oorbrug. Ek kom by bushalte aan en vat die eerste bus huistoe. Verkeerde bus natuurlik!!!! Ek strompel 3uur vanmiddag hier by die huis in, rooi en natgesweet, $8 uitgery, plekke gesien wat nog nie eers op google map vasgevang is nie en ek sal beslis more nuwe hake op my skoene moet sit.
Grootoor dink dis vreeslik snaaks en wil weet of ek hom November 7’s-rugby toe sal vat aangesien ek die stadium nou so goed ken.

“mall”

Daar het ‘n nuwe sentrum by die S’ poer sport stadium oopgemaak. Met ons 3 weke in ZA het ek al van die promosies gemis en hier is hulle nog sterk op koepons en wiele spin as jy oor $50 koop ens. Ek besluit toe om die nuwe Wave sentrum op te soek en van my gratis koepons te gebruik vir koek en koffie, goedkoop pedikuur, rotsklim (ha-ha), $5 af by Coaldstorage en so vat ek my hele boekie saam.
Ek klim op bus 10 en eerste foutjie klim ek by verkeerde busstop af. Maar ek is nie bang nie en stap deur ‘n lieflike koel park met bome en mos op die paadjie. Ver voor is 2 tuiniers, toe ek nader kom sien ek hulle rol slaapplek oop om middagete te geniet. Hier is mos nie “crime” nie, maar net toe besluit my skoen se hak om te gly en vinnig is die Filipyn by…. “STAY TO THE LEFT MADAM IT IS SAFER” se hy. My eerste skrik. Ek stap 20min verder, al om die moerse stadium, net om by hek 3 uit te kom (het begin by 17) en dit vir die Wave. Niks besonders nie, stap ek toe terug. Nou soek ek kortpad. Ek sien die oorbrug en stap flink. By die oorbrug is ek natuurlik op grondvlak en die brug loop oor my kop. Vinnig kry ek koers in die nog-nie-oop parkade en die een werker beduie op met die hysbak. Toe die deure oopgaan is daar net sementspatsels en kruiwa merke, maar ek bang niks, ek klim alleen in en druk 2A. Foutjie 2….. dis nog ‘n parkade. Ek wil my nat piepie, want toe ek uitklim le daar so 10 konstruksiewerkers en slaap. Een rol op sy maag en in gebaretaal beduie hy nog op. Ek loop op my tone daaruit en klim eerder die trappe. Nog een vlak op skok ek tot stilstand. 100 of meer konstruksiewerkers le die hele parkeerarea vol en slaap. Nou is ek lam, waarheen nou. Ek trippel op my tone om die hoek en sien ‘n deur…. met geel “barrier” ‘do not climb’. Ek is nou so desperaat ek ‘climb’ en genadiglik is ek op die oorbrug. Ek kom by bushalte aan en vat die eerste bus huistoe. Verkeerde bus natuurlik!!!! Ek strompel 3uur vanmiddag hier by die huis in, rooi en natgesweet, $8 uitgery, plekke gesien wat nog nie eers op google map vasgevang is nie en ek sal beslis more nuwe hake op my skoene moet sit.
Grootoor dink dis vreeslik snaaks en wil weet of ek hom November 7’s-rugby toe sal vat aangesien ek die stadium nou so goed ken.