LitNet Blogs
How to fix South Africa
Voel jy sinies as jy die opskrif lees? Ek ook. Duidelikheidshalwe: die opskrif is nie ‘n belofte nie. Dis die naam van ‘n item by die Franschhoek Literêre Fees.
Die FLF is soos ‘n wyn van die streek – as daar inherente leemtes is, word dit alles verbloem deur die bedwelmende effek op die gemoed. In Franschhoek se strate loop bedelaars en white liberal-Engelssprekendes met die Sunday Times onder die arm, skouer aan skouer. Items met name soos die opskrif word aangebied en dan sit die grootste deel van die saal vol mense wat werklik dink hulle gaan net mooi dit bewerkstellig. Dis in elk geval die persepsie van die fees. Maar die berge wat die dorp raam is so wonderskoon, die herfsblare in die laning as jy dorp binnery intens geel en diepbruin en wynrooi. Mens vergewe die plek in vandag se sonskyn net mooi alles.
Kortliks – my kinders is met rede ongeduldig oor hul afwesige ma – oor die vier items wat ek bygewoon het:
Redigeerkursus
Ter voorloper van die fees is daar Donderdag ‘n redigeerkursus, waar ek aan die voete van Izak de Vries en Chanette Paul sit. By wyse van spreke. Letterlik sit ek voor ‘n snoesige kaggel van ‘n gastehuis en drink koffie. Terwyl ek weer eens onder die indruk raak van hoe intelligent ‘n suksesvolle skrywer kan wees wat bekend is vir chick-lit en populêre spanningsverhale. Jy moet jou genre ken, vertel sy. Die dialoog moet funksioneel wees. In my vorige blog oor pespos verwys ek ook na wat sy van dialoogskryf gesê het. Sy verwys na die hoofstukke in Die Afrikaanse Skryfgids waar sy uiteengesit het hoe om plot te beplan, wat intrige is. En Izak lig haar toe en bied dan self die praktiese aspekte van redigering aan. Wees streng met jouself. Lees jou storie asof iemand anders dit geskryf het.
Boekbekendstelling: Nal’ibali storieboek deur Suid-Afrikaanse skrywers
Later die oggend is ek by ‘n teenoorgestelde omgewing. Dalubuhle Laerskool – in ‘n buurt van die dorp waar die skool verrys as triomfantelike baksteengebou tussen die sinkplaathuisies. Indrukke van die skool is dat daar net ‘n kaal sementvloer is waarop die kinders … tjoepstil sit en luister. Die skoolgebou beïndruk my nie juis nie. Dis skoon, maar dis kaal. Die politikus wat gesels se toespraak klink bietjie retories. Maar die laerskoolkinders se luistervermoë is verstommend. Twee stories word vertel. Die kinders leef hul in. Ek ry terug na die teerpad tussen die brandsiek honde en werklose mans in die stofstrate deur.
[48]:  Shock/horror (Council Chamber)
Lauren Beukes, winner of the 2012 Arthur C Clarke Award, delves into the underworld of techno-terror with the co-authors of The Mall and The Ward, Sarah Lotz and Louis Greenberg.
Die gehoor van die item Shock/Horror waar Lauren Beukes die middelpunt van die gesprek is, lyk totaal anders. Middelklas en Engels. Ek herken rubriekskrywers van die Sunday Times. En in die gesprek herken ek van die televisieprogramme en films wat bespreek word, maar nie alles nie. Ook hier, nes by die redigeerkursus, handel dit oor genre. Snaaks genoeg is die fokus hier, net soos by alle ander vorme van storie-vertel: jy moet ‘n karakter skep waarvan jou leser hou. Jy kan nie gruverhale skryf met karakters met wie jou lesers nie empatie het nie. Storieskryf is storieskryf is storieskryf.
[51]:  How to fix South Africa (School Hall)
This Sunday Times book is a collection of articles written by leading South Africans who suggest solutions. Dennis Davis talks possibilities with Moeletsi Mbeki, Hlumelo Biko and the former editor who commissioned them, Ray Hartley.
Laastens, aframmelend, want die kinders kan nou nie meer sonder hul moeder nie. Die gesprek waaraan hierdie bloginskrywing sy opskrif ontleen het, het ‘n paneel met onder andere Moeletsi Mbeki wat op die verhoog sit. Die saal is stampvol. Niemand dink die mense op die verhoog gaan enigiets uitrig nie. Maar die gesprek begin met floue verwysings na werkloosheid in die land, die probleme met die onderwyssisteem, Mbeki wat klink of hy praat van die onafwendbaarheid van die land se probleme … tot by ‘n gedeelte waar die gesprek begin vlot en gaandeweg al hoe interessanter raak. Mbeki bly die een oor wie ek skryf, want dis hy wat sê daar is twee Suid-Afrikas: een waar niks werk nie (die ANC-Suid-Afrika, noem hy dit) en een waar professionele mense bly, met sisteme wat werk en waar hulle hul eie weermag het. Dié weermag se naam is ADT. Later in die gesprek vind die hoogtepunt plaas toe ‘n onbekende swart man in die gehoor sê die probleem is nie die feit dat iets soos ADT bestaan nie, maar die feit dat die een sisteem die ander een teëwerk. As die hoof van Baragwanath-hospitaal nie aan ‘n private mediese fonds behoort het en sy kinders na ‘n privaat-hospitaal kon stuur as hulle die dag siek raak nie (of so ook Zuma), dan sou die staatshospitaal MOES werk. Hierop klap die gehoor spontaan hande.
Die land se probleme is nie opgelos nie, dink ek toe ek by die dorp uitry en ses swart mans agterop ‘n bakkie sien ry. Ek steek die bakkie verby. Voor in die bakkie sit drie ander swart mans en gesels. Een loer uit en gesels met die mense agterop. Alles is nie altyd soos mens dink dit is nie.
Pespos, rookskerms en net ‘n nommer sonder ‘n huis
Gister by ‘n geleentheid as voorloper tot die Franschhoek Literêre Fees het Chanette Paul gesê: moenie dialoog skryf soos wat mense regtig praat nie. Alledaagse gesprek oor alledaagse dinge is vervelig. Maar luister gesprekke af en skryf HOE hulle praat. Die geheim is dit moet gemaklik klink, met die regte klank. Maar die woorde wat die karakters gebruik, moet funksioneel wees.
Wyse woorde. Maar ek’s bevrees hierdie bloginskrywing is maar bra vervelig. Dis ‘n afkondiging en die emosie daaragter is moedeloosheid.
Die blogruimte word oorval met pespos. Ek vermoed julle sukkel ook daarmee as ek so baie pespos in my kommentaarblokkie ontvang.
‘n Ander groot irritasie waarvan ek nou bewus geraak het vandat ‘n blogger my hierop gewys het, is al die rookskerms van “bloggers” wat eintlik net wil adverteer. Ek kap uit vir al wat ek werd is, maar die goed skiet op soos paddastoele in ‘n klam tuin.
En nog ‘n ding: ‘n ander blogger skryf vir my sommige van julle sukkel met adresse wat uit die bloute nie vir julle toegang wil gee tot jul blogruimtes nie. Ek het ‘n mede-blog-administrateur by ‘n ander ruimte vir raad gevra. Ek hoop sy antwoord gou en dan kan ek iets hieraan doen.
Kern van die saak: die klagtes bereik my ore en ek probeer die probleme oplos soos wat hulle opduik. Laat weet my waarmee julle sukkel en ek kyk wat ek kan doen.
Of stuur vir  my ‘n e-pos op die blogruimte.
Groete, lekker naweek!
Naomi M
Die dansende digter
Wat is daardie grappie nou weer van iemand wat ‘n digter is, soms meer as ander kere? Ek is digter as ‘n kluit as dit kom by gedigte skryf. Maar ek waardeer darem wel poësie. En ek besef dit gaan oor presies die regte woord op die regte plek, en dalk so min as moontlik van hulle. Om woorde spaarsamig te gebruik.
Die naweek was die Dansende Digters Fees | Poetry in Other Words by Spier. Heel eerste op die spyskaart, gisteraand, was geregte in handpalmgrootte bakke wat met normale hors d’oeuvre vergelyk kan word soos my hoërskoolgedigte met gedigte in die Groot Verseboek. Daar was ekostiese noedels en toe iemand aankondig “fish and chips”, wou ek haar vriendelik berispe oor die leuen wat sy vertel. Daardie lekker gebraaide gedoentetjie met die stringetjies goeters daarby kon dit nie gewees het wat sy dit genoem het nie.
Tussen die smaaklike happies, het ‘n uitgelese skare in die knus, nou gang beweeg. Elke naam wat ek hier sou neertik, sal bekend wees iewers in ‘n land iewers in die wêreld se literêre kringe. Want, het ek verneem: die internasionale digters wat hier kom optree het, was hulle eie lande se Krog of Breytenbach, byvoorbeeld. Die bekendes het opgetree soos normale mense sou doen. Sommige was vriendelik, ander was arrogant en sommige het skugter oogkontak vermy.
Ek kan blog oor suksesvolle en onsuksesvolle gesprekke wat ek met die letterkundiges aangeknoop het. Die meeste van die gesprekke herinner my reeds weer aan daardie hoërskoolgedigte wat my so aanhou agtervolg. Ek het baie lank Afrikaans gepraat met twee buitelanders wat eers diep in my monoloog besluit het om te sê hulle begryp nie ‘n woord nie. Maar gelukkig het die hoofitem op die spyskaart enige ander gebeurtenis oorskadu. Ons kon deurbeweeg na die tent waar die digters se woorde sou dans. Later, kondig Breytenbach af, gaan almal saam djol. Daar is nie ‘n vertaling van hierdie woord nie, meen hy. Maar eers – die voorlesings.
Antjie Krog, Joachim Sartorius en Carolyn Forché het toe waarlik met hul woorde gedans. Elke onderskeie voordrag – en ook diegene wat hul vertaalde werke voorgedra het, wat ingesluit het Breyten Breytenbach en Marlene van Niekerk – was kragtig en veerlig terselfdertyd. Elke woord het op die regte plek in die rivier geval. Ek kon die rimpels sien uitsprei. In die agtergrond was daar van tyd tot tyd musiek. Die projektor het agter elkeen se rug ‘n beeld teen die muur gegooi: soms met die woorde van die gedig, soms met ‘n interpretasie – iemand wat iets teken of uitvee. Beweging. Woorde soos musiek. Dans op ‘n ander manier.
Met die eerste pouse (hoekom klink die woord onvanpas? so ongesofistikeerd soos om te sou praat van halftyd?) loer ek gou na my selfoon. Is die kroos wel? Nee, kom die boodskap helaas. Die jongste sien nie te waffers daar uit nie. Ek kan gerus bly, moenie kommer nie, als onder beheer. Maar die moedersinstink kry die oorhand, ek ry huistoe, en ek sien geen digters dans nie, slegs later op Facebook.
Ten minste was dit nie ‘n groot ramp in die nag nie. Die gevaar was tydelik afgeweer. As die kiem omvangryk wil uitbroei, moet mens maar wag en sien. Vanoggend, op Moedersdag, kry ek darem wel ‘n gelukkige einde tot die kleinverhaal. Uit die hoek van my oog sien ek ‘n beweging in die vertrek. En toe ek kyk, sien ek: sowaar, dis soos sy die vertrek binnekom – my dogtertjie dans. En uit haar mond kom net een woord. Sy gebruik dit so ekonomies en op presies die regte tyd en plek dat dit nie iets anders as ‘n gedig genoem kan word nie: Mamma.
Vryheid van spraak
Die wetsontwerp op beskerming van inligting is verlede week aanvaar. Dit voel al bietjie soos ou nuus, so baie is al hieroor gepraat. Maar toe kry ek ‘n kennisgewing van PEN Afrikaans wat my aandag daarop vestig: dis Internasionale Persvryheiddag op die 3de Mei.
Elke oggend ry ek by die koerantopskrifte op die straatligte verby op pad werk toe. “Cop deur gang gejaag”, byvoorbeeld. (Onthou om die woord “gang” in Engels uit te spreek. Die polisieman is nie in ‘n huis deur ‘n gang gejaag sover die lesers weet nie.) Naweke kyk ek na koerante, soos die res van die land, as dit rustiger is en mens meer tyd het om te lees. En soms voel ek so teleurgesteld met die sensasionele aanbiedinge. Mens kry lekker stories in sommige van hierdie koerante, maar alles lyk nou al na sensasie. Wie’s nou lus om die verslaggewing ernstig op te neem as dit heeltyd lyk na agterbladmeisies met sterretjies op strategiese plekke en onderskrifte daarby? En tussendeur wissel my oudste kind tande en besef ek hy word groot in ‘n wêreld waar alles so vinnig verander dat hy dalk self nooit gaan lus voel om ‘n koerant op papier te lees nie, maar dalk eerder op ‘n klein skermpie waar hy nuusstories kan rondskuif soos dit hom pas.
Ek probeer sê: die nuus klink deesdae anders. Lesers van die Son en van Rapport sal die koerante herken in die paragraaf wat ek hierbo geskryf het. Die taal van die nuus klink anders. Die verpakking van die nuus lyk anders. Ons kan lag of ons koppe skud of kwaad word daaroor. Maar dis soos dit nou lyk, as ons die koerante koop.
Maar dan is daar ook YouTube, waar die nuuskanale hulle beeldmateriaal kry as ‘n tsoenami toeslaan of ‘n bom ontplof. En die dag toe daar plaaswerkerbetogings in Stellenbosch was, het ons by die kantoor gesit en Facebook dophou om te sien wat aan die gang is. Oscar Pistorius in die hof? As jy nie die tweets lees nie, was jy uit.
En hier sit ons almal en blog. Selfs ‘n grappie wat jy deel, of ‘n kommer wat jy uitspreek of ‘n verhaal van verlange as ‘n bekende emigreer … dis alles deel van hierdie gemeenskap se nuus. En niemand mag ons stories stilmaak nie.
Toe dink ek: dalk is die wetsontwerp op beskerming van inligting nooit ou nuus nie.
Dis elke dag se nuus. Ons almal skryf die nuus. Wat’s jou nuus vandag?
Beweging in Bloemfontein
Ek wonder of ek al iets oor die Denker geskryf het. As ek nie het nie, dan moes ek al. Daar’s sekere standbeelde waarvan almal die name ken, maar as mens hulle in lewende lywe (!) sien, dan weet mens hoekom. Soos Rodin se Denker, daardie trietsige dag in Parys.
Gister hoor ek toevallig ‘n skrywer met sy uitgewer gesels oor die voorblad van sy nuwe boek. Een frase trek my aandag: “Daar moet beweging wees.” Sekerlik het hy nie verwys na die manier hoe ek gewoonlik ‘n foto neem nie (dit wil sê die kamera beweeg terwyl ek die knoppie druk en die resultaat is ‘n flop). Die beweging, tref dit my, is soos die beweging van ‘n goeie standbeeld. Hy staan stil, maar hy beweeg.
Ek was oor die Paastyd in Bloemfontein. Hier is geen Statue of Liberty nie, ek weet. Die dorp haal die reisgidse omdat daar geen ander hoofstad in die Vrystaat is nie en as hulle dit weglaat, nou ja … dan is hulle seker maar onvolledig. Maar ek het ‘n sagte plek vir die stad. En verskeie standbeelde hier het my en my metgeselle se aandag getrek.
My seuntjie se hoogtepunt-standbeeld was by ‘n speelplek met die naam Bugs & Beetles. Hier was ‘n massiewe robot. Twee! “Is hy rêrig?” het my seuntjie gevra terwyl hy trots dié se been vashou en ek die (bewegende) foto neem.
Mandela se standbeeld op Naval Hill was ook ‘n hoogtepunt op verskeie maniere. Terwyl ons op die heuwel was, was die donderwolke aan die opbou en ek het gedink: nou is ons te hoog en te naby aan die FM-toring om my gemaklik te laat voel. Maar letterlike interpretasies ter syde: Mandela is vir ewig jonk op Naval Hill, sy gebalde vuis sal nooit sy greep verloor nie. Selfs gestroop van die man se ikoonstatus, is die standbeeld ‘n vergestalting van ewige jeug en krag. En ek het saam met hom oor die stad gekyk en my eie jeug herleef. (Dis jammer die Arthur Nathan-swembad is nou so groen en toegeslik! Ek hoor darem iemand gee aandag hieraan. Maak dit reg, toe?)
Die Vrouemonument se mees onvergeetlike standbeeld hierdie slag vir my was Afskeid. Ek kyk daarna en ek weet dis alles emotief en doelbewus: die pap baba, die vrou se hartseer oë en die man se terugdraai na haar, die hand wat nie wil laat gaan nie. Maar ek kan nie anders nie; dit voel soos poësie in beweging. ‘n Uitbeelding van die laaste strofe van By ‘n sterwende kindjie: “Sy wil nie gaan nie.”
Terug in Stellenbosch sien ek iets oorkant die straat van ons kantoor. (Ek steel die foto van die skepper hiervan se Facebookwerf af, dankie, Strijdom van der Merwe.) En ek besef my kriteria van wat ‘n standbeeld is, word weer op sy kop gekeer. ‘n Standbeeld kan tweedimensioneel wees en tog driedimensioneel wees. So is dit dan met standbeelde, lyk dit vir my.
So is dit dan met ‘n swaar standbeeld. Mens kyk na hom en as mens wegstap, dra mens daardie sware kilogramme met mens saam. Want ‘n goeie standbeeld staan stil. En tog beweeg hy.
Want hy staan stil, maar hy beweeg jóú.
Foto: Strijdom van der Merwe
Menseregtedag 2013 (en Shakespeare)
‘n Familielid vir wie ek baie lief was, is so twee weke gelede dood. Hy was 37. Ek het deur donderwolke Johannesburg binnegevlieg na sy begrafnis. Gister, met die kerse op my seuntjie se verjaardagkoek, het ek teruggedink aan die ligflitse in die oorkantste wolke wat ek vanuit die vliegtuig kon sien. Terwyl my kind die kerse doodblaas, het ek vir die eerste keer in my lewe die woorde van Macbeth verstaan: “Out out brief candle …”
(“Life’s but a walking shadow, a poor player
That struts and frets his hour upon the stage
And then is heard no more …”)
En vanoggend, toe ek teenoor die vrou wat soms hier ons kantoor se vloere kom was, mompel of ons dan die enigste mense is wat op Menseregtedag werk, vertel sy my weer ‘n ander storie. Van die mense hier anderkant wie se wasgoed sy was en wat haar nooit betaal nie. Nee, sê ek vir haar. Dit kan mos nie. Sê vir hulle hul moet jou betaal. Sy trek haar skouers op.
Die universele handves van menseregte stry ‘n bietjie met Shakespeare. Hulle sit die dertig basiese menseregte uiteen. Veral het elke mens op aarde die reg op lewe. En hoe die lewe ingekleur word, is ook ander mense se verantwoordelikheid. Ons leef nie meer in die feodale tye nie, so mense kan nie van ander mense verwag om vir hulle te werk in ruil daarvoor dat hulle slegs op hulle grond bly nie. Ahem! Laat hierdie my nou dink aan onlangse plaaswerkeropstande hier in die Kaap …
Of aan die vrou wat vandag net haar skouers optrek omdat sy weet dit gaan niks help om vir die mense te gaan vra om haar die geld te gee wat hulle haar skuld nie.
Ek kan niks meer doen aan die lot van die afgestorwene na wie ek hierbo verwys nie. Wat hom betref, is daar by my net ‘n gevoel van verlies. Wat betref ander mense saam met wie ons die aarde deel, bly die woorde van Shakespeare my vandag by. En ook iets van Plato: Be kind, for everyone you meet is fighting a hard battle.
Wat beteken die handves van menseregte vir enigeen van ons wat toegang het tot ‘n rekenaar, internet, lopende water, elektrisiteit … Mooi woorde. Maar hoe afdwingbaar is dit regtig vir iemand wat dit nodig het, omdat hy eintlik net sy skouers optrek teen alledaagse ongeregtigheid wat teen hom gepleeg word?
Shakespeare is méér reg as die handves van menseregte, dink ek. Alledaagse ongeregtigheid vind teen almal van ons plaas en daar is niks wat ons daaraan kan doen nie. Daar bestaan nie iets soos ‘n reg op lewe nie. As daar nou een ding is wat seker is op Menseregtedag vanjaar, is dit hierdie feit. Niemand van ons het ‘n sê oor hoe lank ons sal leef nie.
Maar ons hét ‘n sê oor hoe ons leef.
Groete, Naomi M
Watter taal praat mense in die hemel?
Is die hemel ‘n plek? Dit was ‘n Woordfeesgesprek vanoggend op RSG. Ek het, soos baie ander mense sekerlik vandag, aan Gerrit Brand gedink terwyl ek hierna luister. Hierdie soort gesprek, reken ek, sou reg in sy kraal gewees het. Spiritueel, filosofies – en soekend.
Ek het nie vir Gerrit Brand persoonlik baie goed geken nie, maar ek het sedert 2000 baie dikwels met hom te doen gehad. En hom leer ken uit die seminare wat hy vir LitNet gereël het, blogs wat hy geskryf het en opinies wat hy uitgespreek het. Iewers in die lente verlede jaar het ons koffie gedrink in die Wijnhuis en hy het verwys na sy gesondheid wat agteruitgaan. Maar wie sou kon raai dat dit alles so vinnig oor kan wees as mens 42 jaar oud is? As ‘n ma van jong kinders raak sy afsterwe my baie diep. Hy was self ‘n pa.
Die huldeblyke aan Gerrit Brand stroom in op LitNet. Lees dit soos wat dit inkom, want daar verskyn nog ‘n hele paar bydraes. Sommige is versoek, maar die meeste kom sommer net self daar aan. Dis of mense nie anders kán as om iets oor hom te wil sê nie. Alle mense. En vanuit alle oorde: die boekewêreld, die akademiese kringe, en die taalgroepe. Hy was een van daardie sonderlinge mense wat dit kon regkry om met alle mense oor die weg te kom al het hy nie met almal saamgestem nie.
‘n Opmerking in Christo van der Rheede se huldeblyk het my diep getref, waar hy hoop dat Gerrit Brand nou met Neville Alexander en Jakes Gerwel in die wandelgange van die hiernamaals gesels. Daar was iets so salig en vredevol aan hierdie opmerking.
Hulle is saam daar. Laat sy jong seuns probeer om hul hiermee te troos. Terwyl ons almal hier op aarde nog praat en redekawel en sukkel met alledaagse sleur en kieme. Rus in vrede, Gerrit Brand.
Oor my opskrif. Ek sou reken al die tale onder die son. Wat sê jy, Gerrit Brand?
Groete, NM
US Woordfees 2013 skrywersprofiel: Dot Serfontein
Met kamera gewapen betree ek die Boeketent. Dis waarlik hemels. Daarbuite kry die sonbesies te warm om te sing. Hierbinne is daar sielsalige lugreëling. In die skemerdonker gaan sit ek baie gelukkig heel agter, maar ongelukkig is daar reeds iemand op die stoel. Die saal is stampvol. Ek maak verskoning en staan op van die verbaasde dame se skoot. Nou ja. Dis dan ‘n teken dat ek moet rondbeweeg met die kamera. Foto’s neem mag dalk nie my forte (of piano) wees nie, maar binne ‘n uur kan ek sekerlik ‘n goeie vyftig foto’s vanuit verskillende perspektiewe en hoeke neem en één sal sekerlik slaag.
Nie net een nie, dink ek eufories in die koeligheid terwyl ek die knoppie in die vleuels van die saal begin druk. Al vyftig van hulle. Klik. Daar’s hy. ‘n Mooi een van Antjie Krog. Dis toe ek so ‘n stuk of tien foto’s geneem het, dat ek besef ek is nou blind. Dis nie die donkerte in die saal nie. Dis iets anders. Dit tref my: die beligting. Ek neem foto’s van Antjie Krog terwyl die verhoog se ligte soos ‘n professionele rugbystadion s’n alles vanagter die persoon agter die mikrofoon skyn – hier vanuit die hoek waar ek staan. Ek staan en neem foto’s asof reguit die son in.
Toe my sig begin terugkeer, skuifel ek na die ander hoek van die saal. Hier raak die kamera vir my so ‘n bietjie uit fokus, maar ek druk deur. Almal luister heerlik na Dot Serfontein se kleindogter, Susan, wat nou baie vermaaklik vertel van haar heuningallergie en haar wedervaringe in die hospitaal. Ek neem moedig foto’s, teen my beterwete. Dan is Andries aan die beurt met ‘n ernstiger gedig. Ek is deur al die ander verwerkingstadia van trauma, die gelatenheid neem oor. Nie een foto gaan slaag nie.
Maar laat ek wegskuif vanuit die storie, en padgee voor die kamera. Hoe sê hulle? Die storie moet homself vertel, die skrywer moenie in die pad wees nie. Ek vra verskoning. Vir al die mense op wie se tone ek vandag getrap het. Dit was omdat ek geglo het aanhou is die beste geweer. Ek sou die oomblik kon vasvang. Feesflitse kon bewerkstellig. En ek vra ook om verskoning dat ek nie ‘n foto kon neem wat ons op LitNet kon gebruik nie.
Maar ek vra nie om verskoning dat ek die geleentheid kon bywoon nie. Die Serfonteiniete was meesterlik. Dot Serfontein was soos Prometheus, nes Andries Samuel gesê het. Sy het die vuur aan almal van julle oorgedra. Sy was ‘n matriarg van die familie, behalwe dat sy ‘n skrywer is. Ek is spyt sy was nie vandag self daar nie, weens die heupbesering. Maar dit was ‘n voorreg om haar nasate te kon aanhoor en aanskou. Dankie vir julle voorlesings; dit was een groot viering van Dot Serfontein (88). Haar lig het so helder in daardie saal geskyn dat dit was asof die mense op die verhoog voor ‘n venster gesit het sodat mens hulle nie kon afneem nie omdat die lig van agter af oor hulle skyn. Lank lewe Dot Serfontein!
Woordfees 2013 (eerste naweek): Die nostalgie, die towenaar en die kleinverhaal
“Dit was die jaar toe PW Botha die kabinet betree het. Die jaar toe die gemmerkat Garfield sy verskyning gemaak het. Jimmy Carter was president van Amerika. En ek betree die ateljee en neem vir die eerste keer hierdie liedjie op.” Die intreenote van Koos du Plessis se “Kinders van die wind” vul die lug.
Laurika Rauch het by die heel eerste aand van die Woordfees voor ‘n stampvol Oude Libertasteater opgetree. Die media sit letterlik buite die teater. Daar is nie plek vir ‘n muis nie. Met rede. Die vertoning is ‘n samestelling van liedjies uit hierdie era waarna sy verwys, soos “Toemaar, die donker man”. Met al die ritse ander treffers wat die gehoor wou kom luister: “Blouberg se strand”, “Huisie by die see” en “Mannetjies Roux”. Grense word nie verskuif nie, maar harte word geroer. Dis ‘n onbeskaamd nostalgiese vertoning onder die amper-volmaan. “Niks hang so rooi soos wingerblaar” is ‘n hoogtepunt. En die liedjie “En gee ons oor aan die nostalgie” som die vertoning op.
Saterdagoggend 2 Maart bekoor die towenaar sonder naam ‘n spul kinders en hul ouers. Hy is luidrugtig en oorweldigend, hy laat die kinders rondspring en hy lei almal van ons in die gehoor aan ons neuse rond. Ons word bedrieg en ons oë word verblind. Hy laat balle in die lug dryf. Hy hoes sakdoeke in lang stringe by sy mond uit. Hy laat goeters verdwyn en verskyn. Hy verskuif nie die grense van kinderteater nie, maar wie gee om? Hy is verruklik. My seuntjie vra agterna of hy ook ‘n towenaar kan word en hoekom nie? Ek sê ja. Ek’s seker daar is selfs ‘n ekonomiese toekoms in die bedryf as jy jou so kundig uitleef soos hierdie man met sy pluiskeil en warm baadjie op die snikhete somersdag.
En Saterdagaand beleef ons die kleinverhaal van Koos Kombuis in Kytie – ‘n Koos Kombuis-storie. Die gehoor beleef die rol wat Koos Kombuis se grootmaakster in sy lewe gespeel het. Veral: die impak wat sy op sy latere verhoudingslewe gespeel het. Hoe sy waarlik vir hom ma was. Hom versorg het. Maar ook ma was in dié opsig dat sy sy eerste liefde was. Sy het hom beskadig en verniel soos net ‘n ma emosioneel met ‘n kind kan doen, of sy dit nou bedoel of nie. Maar terselfdertyd het sy hom nooit verlaat nie. My kritiek is dat hierdie verhaal nie tuishoort onder die dramafees nie. Dis sekerlik ten dele fiksie, maar Koos Kombuis het kennelik ook insette gehad in die verwerking van die teks, as ek moet raai. Of dalk het hy net toestemming gegee dat sy stem en liedjies gebruik word. Ieder geval, hierdie stuk voel vir my sorteer onder Stories agter stories, of dalk as ‘n item op die Skrywersfees.
Tot sover. Wie van julle Woordfees 2013?
Groete, NM
Festum fatuorum
Dit mag die Bloemfonteinse skou van my adolessensie wees wat my so besoedel het. Die teleurstelling dat spookasem en toffie-appel nie so lekker is as wat hulle name beloof nie. Die versugting dat die bruingebrande lat op die Big Wheel eerder in my rigting kyk as om so na die hoofseun te staar. Die gedoef-doef van die musiek het my geïsoleer eerder as om my by die partytjie in te trek. Destyds se karnaval was nie vir my lekker nie. Maar vandag is dit meer as twee dekades later.
Goed, die verkeer in Stellenbosch is ‘n gemors. Wat is parkeerplek? Bestaan daar ‘n motor wat dit kan regkry om in Ryneveldstraat voort te beweeg? Die munisipaliteit het besluit NOU is die tyd om Dorpstraat op te kap. Ek sit een slag as vlieg teen die muur van ‘n gebou waar iemand mompel hy ken reeds al die stories van so en so, hy het nie nodig om hierdie of daardie geleentheid by te woon nie.
Die US Woordfees skop vandag af. Die tema – hemels – vind sy oorsprong in die Maja-kalender en die feit dat die wêreld toe nie verlede jaar tot ‘n einde gekom het nie. Die Woordfeesorganiseerders meen hul is nie bygelowig nie. Die fees gaan hemels wees, laat elke geleentheid jou na die sewende hemel transporteer, om nie van verdere beeldspraak ten opsigte van die paradys en die hiernamaals te vergeet nie.
Maar het die Woordfeesorganiseerders dalk ook die konsep van die karnavaleske in hul agterkoppe gehad toe hul die feestema uitgedink het? Die idee van hoe ‘n karnaval die orde kan omkeer (dit gebeur baie prakties op die dorp as mens na die infrastruktuur kyk), maar ook hoe ‘n karnaval anargie kan veroorsaak omdat grense begin vervaag. Die gekke word wys, konings word bedelaars, teenoorgesteldes vermeng. Feit en fiksie, die hel en die hemel …
Daar is iets in die lug, daar is iets … As jy toevallig in Stellenbosch is: woon obskure items by (jy kan dwarsdeur die nag teater bywoon) en deel in die karnaval. Dit kom een maal per jaar. En hou dit as ‘n mantra voor, ten spyte van die versteuring van die gemak van die orde, ten spyte van klein irritasies, ten spyte van, juis omdat.
Groete vanuit die gekkerny, Naomi M