Clivias blom in skadu / skemertyd
Dins 26 Jan 2010, 01:27 0 Kommentaar Stuur Artikel Rapporteer Misbruik
Die laaste tyd is daar baie geblog oor skemertyd. Dis letterlik wanneer die son begin sak.
`n Paar van die gewilde blogs het nie die skemertyd besing nie, dis eensaamtyd, alleenheid, sonder geborgenheid, sonder warmte, metaforiese skemertyd. Iemand is afwesig, iemand word gemis wat altyd daar was. Die een deel van die dubbelbed leeg.
Die gedagtes oor skemertyd bly by my. Ek weet nie wat om te dink nie. By my is skemertyd lekkerlik `n nuwe aand van enige iets doen. Ek is `n nag-/aandmens, skemer is vir my `n tyd van lekker dink, lees en ander goed doen, `n soort tweede dag. Deur die genade is my dubbelbed nie leeg nie, wat weet ek dan van skemertyd?
Maar ek dink ook aan die Israeliete wat in die ballingskap in Babilon weggevoer is, ver van hulle huise af. Vir bykans 70 jaar het hulle vir vreemde mense gewerk en tog het hulle `n suurdeeg geword wat die omringende volke nie kon miskyk nie. Hulle het besighied gedoen en tot vir die vreemde mense gewerk en gefloreer. Hulle wou nie eers terugkeer Israel toe nie, dit het beter gegaan, lekker begin geword, by geleentheid. Hulle het tot verbasing geblom in die skadu/skemeryd.
Mag ek waag om te dink dat die clivias op die blog en die land weer sal blom?
Clivias blom die beste in die skadu; wanneer die son te veel is word die blare geel en verlep.
Mag die clivias weer blom in die skemertyd, bietjie son en bietjie skadu.
Onderwerpe:
| [Sluit venster] |
Pos 'n antwoord |
|
|
Gebruikersprofiel
Fanie
| Geslag: | Male |
|
Stuur Boodskap |
| Stad: | Pretoria | ![]() |
Voeg vriend by |
| Nasionaliteit: | South Africa | ![]() |
Blok gebruiker |
Statistiek
Afrigator Rang
| Bladlese: | 5014 |
| Kommentaar: | 443 |
| Beoordeling: |
| Kry statistiek oor jou blog en sien jou rang op 24.com en in die hele SA. Kliek hier om te aktiveer. |
Skryf in vir die blog
Skryf in vir e-pos kennisgewings vanaf die blog
|
|
Skryf in vir RSS vanaf die blog |
Nooi uit
Jy het 5 intekenaar(s)
Kentekens
Blog-rol
- Die bordello (9)2010/06/25 08:42:03 nm
- Die bordello (8)2010/06/14 06:04:29
- Die bordello (7)2010/06/09 10:28:39 nm
- Die bordello (6)2010/06/04 08:38:27 nm
- Die bordello (5)2010/06/04 12:45:23



Lewer kommentaar