Profile photo of EmileC

by

Losbandigheid?

Augustus 2, 2016 in Uncategorized

Losbandigheid?

Ek mis die aande van Winston Sigarette,

gratis drank en kak praat. tot laat.

Ek mis die aande van drome droom,

te glo dat ons girls kan op tel en vir jou grappe te lag.

 

Ek mis jou stories oor wat kan wees,

wat mag wees en wat ons wil hê moet wees.

Ons was die junkies van die Platteland

Konings vasgevang in ons guilded cage

van drank, rook en kamstige losbandigheid.

 

Nou vra ek jou of ons lewens ‘n purpose gehad het

of het ons ons lewenspad gemis?

Gaan ons hel toe?

Gaan ons dalk hemel toe?

Is alles relevant soos wat jy glo dit is?

Maar…

Bring die drank,

want ek bring die smokes…

Bring die girls

want ek bring die dreams en schemes van ‘n lewe wat iets kon wees…

 

Brixton Poet, 2016.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.