Profile photo of EmileC

by EmileC

Losbandigheid?

Augustus 2, 2016 in Uncategorized

Losbandigheid?

Ek mis die aande van Winston Sigarette,

gratis drank en kak praat. tot laat.

Ek mis die aande van drome droom,

te glo dat ons girls kan op tel en vir jou grappe te lag.

 

Ek mis jou stories oor wat kan wees,

wat mag wees en wat ons wil hê moet wees.

Ons was die junkies van die Platteland

Konings vasgevang in ons guilded cage

van drank, rook en kamstige losbandigheid.

 

Nou vra ek jou of ons lewens ‘n purpose gehad het

of het ons ons lewenspad gemis?

Gaan ons hel toe?

Gaan ons dalk hemel toe?

Is alles relevant soos wat jy glo dit is?

Maar…

Bring die drank,

want ek bring die smokes…

Bring die girls

want ek bring die dreams en schemes van ‘n lewe wat iets kon wees…

 

Brixton Poet, 2016.

Profile photo of EmileC

by EmileC

Gangfiguur

Julie 20, 2016 in Uncategorized

Gangfiguur

In die donker gang,

staan die figuur van onbeskryfbare vrees.

Vir haar is ek bang,

sonder haar sal ek gelukkiger wees.

 

Met bloeiende oë wat stip na my staar,

saggies verskyn met donker gluur,

vrees ek my ondergang en kan ek nie bedaar,

nou in my laaste uur.

 

Met ‘n glimlag van die nag,

sweef sy op een plek verdag.

Hande uitgestrek om my nek te gryp,

om my lewe te neem soos wat ek in my eie bloed versuip!

 

Stadig word ek soos sy,

verloor ek gevoel in my lyf.

My asem gaan vining verby

soos my vuis vir die laaste keer verstyf.

 

Brixton Poet, 2016.

Profile photo of EmileC

by EmileC

Hello world!

Julie 19, 2016 in Uncategorized

Welcome to LitNet Blogs. This is your first post. Edit or delete it, then start blogging!