by

TANNIE BETTIE – ‘N UPDATE

Mei 3, 2013 in Uncategorized

Nou ja, tannie Bettie en haar dogter is steeds met ons. En dit word al hoe duideliker dat tannie Bettie se dogter doodeenvoudig net nie van my hou nie, omdat ek dit durf waag het om haar trappe te kritiseer. Hierdie week het ek ‘n dame georganiseer om tannie Bettie na die apteek te neem, nadat haar dogter verlede week geweier het. Die dame praat met groot lof van tannie Bettie se vriendelike dogter en wat ‘n wonderlike tyd hulle saam deurgebring het. Die dogter het selfs vir haar toegelaat om deur die huis te loop (nadat ek die laaste paar keer in ‘n sloot langs die huis af moes stap!). Sy het egter gedink die huis lyk soos dit lyk, omdat hulle met die onlangse reën skade gehad het. Ek het haar reggehelp: die huis lyk reeds so sedert September 2012. Toe dog sy ook maar ‘n mens kon mos al lankal hulp gekry het en dalk hou hulle daarvan om so te leef. Maar nou ja, soos ek sê, elkeen vir homself en mag jou eie waansin jou uiters gelukkig maak.

5 antwoorde op TANNIE BETTIE – ‘N UPDATE

  1. Hmm, het nog nooit daaraan gedink dat daardie mallerigheid ook ‘n deur na geluk kan wees nie…Dis lekker om jou weer hier te sien!

    • elizac het gesê op Mei 3, 2013

      Hehe! Een van die karakters in die Hitchhiker’s Guide to the Galaxy, Ford, sê op ‘n stadium hy’t maar mal geraak, want as hy eendag regtig mal word, sal niemand dit agterkom nie. Dit kan nogal ‘n goeie lewensfilosofie wees!

  2. ek-myself het gesê op Mei 6, 2013

    Nee ek raak elke keer kwaad as ek lees van die vrou wat so optree en glad nie haar ma help nie en op ander mense afskuif, selfsugtig!

  3. lora2me het gesê op Mei 6, 2013

    Ek kry ook soms ‘n mal streep, maar dan kom dit darem weer reg. Het tannie Bettie-hulle dalk ‘n groter geldprobleem as waarvan die mense weet? Dit klink amper so, maar soms kan ‘n bietjie suikerseep en water ook wondere verrig.

    • elizac het gesê op Mei 7, 2013

      Ek weet nie. Ek weet waar die man werk en wat sy werk is, so ek kan nie dink dat hulle geldprobleem het nie. Tannie Bettie het wel ene – sy moes 4 kinders op haar eie grootmaak. Ek het al ‘n klompie bottels in die venster opgemerk. Almal was leeg, so dit kan wees? Dit gaan mal genoeg daar.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.