by

DIT MAAK MY NOU SOMMER WEER DIE BLIKSEM IN

Mei 3, 2013 in Uncategorized

Hierdie persoon gaan nie meer deel wees van my vriendekring nie:

Ek kan net nie verstaan dat mense nie kan besef dat die enigste manier om kanker te voorkom is om net gesond te eet en te drink nie! Dit is deel v die smal weg Eet eenvoudig+gesond Soos die Here dit bedoel het…….

En wanneer ek dan kapsie maak:

Versigtig!

http://blogs.litnet.co.za/elizac/?p=154

http://www.nhs.uk/Livewell/preventing-cancer/Pages/diet-and-cancer.aspx

http://godfirst.co.za/series/why-do-bad-things-happen-2/

Net omdat jy die smal weg bewandel, beteken nie dat jy nooit siek sal word nie.

kry ek die volgende:

ekt my opinie gelug na aanleiding van my eie ondervinding+ervarings die afgelope tyd Dis diep persoonlik en glad nie op jou gemik nie Trouens,het jou inskrywing+die res van wat al my vriende vandag opgesit het eers nou gelees Ek weet net jy het ook kanker gehad Dis al Ek bly by wat ek gese het Net soos jy het ek ook n reg op my eie opinie En ek wil ook net se dat ek probeer om die smal weg te wandel, eks glad nie heilig nie EN jy is verkeerd,ek het 6mnde van erg siek wees agter die rug Dink asb weer voordat jy mens net aanval op FB! Jy weet def nie alles nie!!!!!!

Weet nie wat my onkunde met die storie te doen het nie. Sover ek kon sien, het ek niemand aangeval nie. Maar ‘n mens moet nie net die goed lees wat met jou saamstem en dan dink jy is geregtig op ‘n opinie nie.

Toe’t ek maar as volg geantwoord:

Ek het jou beslis nie aangeval nie. Maar jy moet versigtig wees wat jy sê. As jy dink dat ‘n mens kanker kan verhoed deur gesond te eet, moet jy weer dink. Hoe dink jy laat dit mense voel wat kanker het/gehad het? Dit klink asof dit ons skuld is dat ons siek geword het. Dink jy werklik dat ek verkeerd geëet en gedrink het en daarom kanker gekry het? Want dis presies wat jy sê! Hoe op dees aarde vertel jy vir die ma van ‘n ses maande oue baba met kanker dat die kind die verkeerde goed geëet het? Slegte goed gaan met jou gebeur of jy nou op die smal weg is of nie. ‘n Gesonde dieet kan jou beskerm, maar dit kan nie siekte verhoed nie. Wat sê jy van diabete? Dat dit hulle skuld is? Hoekom kanker uitsonder? God het ook siekte geskep – as Hy dit nie geskep het nie, kan Hy dit nie gesond maak nie. Ook in siekte is daar ‘n doel. Deur jou siekte en selfs deur jou dood kan jy God verheerlik en so Sy koninkryk uitbrei.

En dis JUIS omdat ek NIE alles weet NIE dat ek NIE sulke definitiewe stellings sal maak oor ‘n siekte waarvan ek bitter min verstaan nie.

Dan vra ek myself af hoekom ek nog enigsins die moeite doen om met mense in hierdie debat te tree. Elkeen leer sy/haar eie lewensles op sy/haar eie manier. Mag die Vader gee dat hulle nie self op persoonlike vlak met kanker te doen sal kry nie.

En ek sal maar nie die res van die gesprek herhaal nie. Klaarblyklik verdraai ek haar woorde. Verdraai? As jy vir my vertel ek kon kanker “voorkom” het deur die regte kos te eet en te drink, dan sê jy mos vir my dis my skuld dat ek kanker gekry het!

6 antwoorde op DIT MAAK MY NOU SOMMER WEER DIE BLIKSEM IN

  1. @elizac
    Ek is op hierdie stadium van my lewe baie versigtig oor idees van die aard. Uit my ondervinding: Kanker/diabetes/Parkinsons, ens kap jou any old time – ongeag hoe jy leef. Ek het verskeie ouens geken wat 85 – 90 gehaal het terwyl hulle gerook, gesuip en gereeld oorvreet het. Baie van hulle was op die koop toe onaangename assholes. Hulle is aan hartversaking en kanker op daardie hoë ouderdomme dood.
    Dan ken ek gesonde jong ouens (vier van hulle tussen 40 en 50 jaar oud) wat nooit gerook of baie gedrink het nie (twee van hulle geheelonthouers soos ek), en daarby baie aktiewe sportmanne, wat ewe onverwags kankers ontwikkel het en al vier van hulle is nou 6 voet onder. Dit moet seker in ons gene ingeprogrammeer wees – met ander woorde met sekere siektes is ons “sitting ducks” en ons moet die saak maar bestuur so goed ons kan as dit ons tref.
    Terloops, ‘n vriend van my het pankreaskanker opgedoen en dit sowaar oorleef en leef nou – 10 jaar later – asof die lewe die kosbaarste ding is wat hy het – wat dit sekerlik is. Pankreaskanker is ‘n bokker. Min ouens maak dit wat dit kry – so my vriend is baie gelukkig.

    • elizac het gesê op Mei 4, 2013

      Jy stel my punt baie mooi. Volgende week begin ‘n fb-vriendin met strawwe chemo sodat jy ‘n beenmurgoorplanting kan kry. Sy is 22, sportief en gesondheidsmal. Geen manier waarop haar leefstyl haar kanker gegee het nie. My oupa is dood op 101 – nadat hy ‘n heerlike lewe gehad het, met ‘n paar vroue en girlfriends! Wat my sommer weer ‘n bietjie laat giggel!

  2. Eish!

    Het jy regtig die mense nodig?

    • elizac het gesê op Mei 4, 2013

      Weet jy, as “sussie” moet ons mos die dinge uitsorteer. Maar ons is nou besig daarmee!

  3. lora2me het gesê op Mei 6, 2013

    Net iemand, soos jy, wat al die kankerstryd aangepak het, kan sekerlik na die herstelperiode weet waaroor dit gaan. Ek glo party mense kry kanker, ander dalk Alzheimers, ander MNS, soos Joost. Dis vooraf, dalk geneties, bepaal. HOE ‘n mens jou siekte benader, maak die verskil en goeie dieet is sekerlik ‘n pluspunt vir spoediger herstel, maar beslis nie die enkele antwoord nie. Dis reg dat jy daaroor praat, want ons leer by jou.

  4. klarisabet het gesê op Mei 7, 2013

    grrrrrrrrrr! ‘sulke mense’ is ongelukkig gewoonlik onoortuigbaar, want daar is ‘n diep behoefte om reg te wees, selfs al word hulle gekonfronteer deur iemand wat SELF die pad stap.
    Baie sterkte met die ‘sussie wees’. Ek dink nie ek sou so edel gewees het nie…

Los ’n antwoord vir lora2me. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.