by

Tannie Bettie (opvolg)

November 20, 2012 in Uncategorized

Ek het tannie Bettie toe Vrydagaand gebel en gevra na watter kerk haar dogter gaan. Antwoord: geen kerk nie. Die godsdiensding is nou glo ‘n nuwe ding. Toe sê ek maar vir haar ek is baie bekommerd, en is eintlik op soek na iemand wat haar kan rondry as sy die behoefte het.

Vanaand bel sy hier: weet jy, sê sy, ek het iemand gekry wat bereid is om my winkels toe te neem en dokter toe as ek dit nodig kry. Dis tannie Marie se dogter.

Ek ken vir tannie Marie. Ek ken nie die dogter nie, maar ek glo hierdie keer is tannie Bettie in goeie hande.

4 antwoorde op Tannie Bettie (opvolg)

  1. tina10 het gesê op November 20, 2012

    Dis goeie nuus

  2. lora2me het gesê op November 20, 2012

    Afhanklikheid van vervoer is altyd ‘n tameletjie.

  3. Klink my Tannie Bettie se dogter se rek het geskiet en jy moet jou nie veel daaraan steur nie.Hoop dit gaan beter.xR

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.