Jy blaai in die argief vir 2012 Januarie.

by elizac

Leukemie eis Reza de Wet

Januarie 27, 2012 in Sonder kategorie

Reza de Wet het op 59 – ‘n paar maande voor haar sestigste verjaardag – gesterf. Sy het leukemie gehad.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Leukemie-eis-Reza-de-Wet-20120127

by elizac

SKOON TOT 13 APRIL

Januarie 21, 2012 in Sonder kategorie

Nou ja toe, daar is die besoek aan die onkoloog nou ook verby en dus ook die Zoladex-inspuiting. Nou’s dit nog net ‘n mammogram en beendigtheidstoets op 7 Februarie en dan is ek “skoon” tot 13 April.

Het vandag groot konsternasie op Gesigboekie veroorsaak met my foto’s. Ek dink mense vergeet dat ek steeds behandel word, want ek word dikwels vertel dat dinge nou “normaal” is.

Hier is die uitsig wat ek vanoggend gehad het:

Jy lê te heerlik op die bed en dan kom spuit ‘n chemosuster jou in om die plek te verdoof. Dan lê en wag jy tot hulle seker is dat jy niks gaan voel nie. Daarna lyk dit so:

En ja, daai punt is die naald! Mens voel niks nie – dis net blou vir so ongeveer drie weke na die tyd. Soos julle kan sien, het ek baie pret met die SwartBessietjie!

Snaaks, die mishoring kerm weer vanaand iets ysliks.

by elizac

AL WEER SULKE TYD

Januarie 20, 2012 in Sonder kategorie

Nou ja toe, môre (dis nou Vrydag) is dit al weer sulke tyd: tyd vir my kwartaallikse afspraak by die onkoloog en dan ook die Zoladex-inspuiting. Dan word ek weer bevat en bedruk van ‘n kant af. Sal seker ook weer tyd wees vir ‘n mammogram. En ja, dis nogal vreemd om vir ‘n mammogram te gaan as jy nie een boob het wat hulle kan platdruk.

Nou sal mens mos dink dis ‘n eenvoudige storie om so onkoloog toe te gaan. Moenie glo nie. Verlede Vrydag het ek vir drie ure by iemand gesit en gesels omdat sy die middag half 4 haar afspraak by die onkoloog gehad het en oortuig was daarvan dat sy weer gediagnoseer gaan word en dat sy nie reg is nie. En sy wil nie doodgaan nie.

Jy dink mos maar baie aan doodgaan en dit vat nogal selfbeheersing om vir jouself te sê: koekie, ontspan nou. Dis net ‘n seer voet. Want vir so ‘n week of twee voor die afspraak, begin elke ou dingetjie jou nou pla. So het ek mos my enkel verstuit gedurende die vakansie en die voet is nog steeds nie lekker nie. Dan dink jy: is dit nie dalk die kanker wat nou na my bene toe versprei het nie? (Borskanker gaan mos na jou longe toe of na jou bene toe as dit begin versprei. Vreemd.) Of daar is so ‘n snaakse wobbel op my been: is dit nou vet of is dit nou iets anders? Of daai vreemde gevoel so hier tussen jou hart en jou dikderm rond: dokter, as ek hier druk, is dit seer. (Nou moet dan nie daar druk nie!)

En watter van die simptomes wat ek op die oomblik toon is bloot te wyte aan ouderdom, of die feit dat my liggaam vir die eerste keer in ‘n maand weer die binnekant van ‘n gim sien, of die feit dat ons nou die aand vir ‘n uur en ‘n half gaan stap het? My enkels is seer, my knieë is seer en ek het skaafmerke in die waai van my bene – veroorsaak deur die 10kg wat ek in ‘n jaar opgetel het. (Ek kla nou die dag by suster Lynn by Cansa: I put on 10kg since chemo stopped! Are you on Tamoxifen? vra sy. Ja, sê ek. Wel, sê sy ewe kalm, dan behoort jy nou jou plato te begin bereik. Behoort! Ek leef op wortels en blare en ek tel steeds gewig op!)

Ek ken vroue wat die pille gelos het, want hulle sê dit maak hulle vet. Dan moet ek nou maar eers met die ekstra tien kilogram saamleef – oor 3 en ‘n half jaar kan ek die pille los.

Dan is daar ook nog die kwessie van wat jy moet aantrek na die dokter toe, want sien, jy moet mos kan topless wees. Dit is dus beter om iets aan te trek wat vinnig kan uittrek, maar terselfdertyd moet jy ook die onderkant beskaafd kan hou sonder om die drukplekke te toe te maak.

Ek sal maar ‘n mooi lang rompie aantrek – daai tafels waarop jy moet lê, is mos maar hoog. En daarby ‘n t-hemp.

En wanneer ek klaar is by die onkoloog, sal ek seker moet gaan vir my Zoladex-inspuiting. Gelukkig is daar deesdae ‘n gelukkiger atmosfeer in die chemokamer. Dan moet ek daar op die naat van my rug lê terwyl ‘n suster my eers lokale verdowing gee. En na tien minute – hulle kan nog steeds nie vir my prentjies van Bruce Willis se agterwêreld wys nie – kom druk hulle ‘n naald so dik soos my pinkie in my vette in om die Zoladex “in te plant”. Teen Saterdag sal my maag blou wees en so oor drie weke behoort dit alles weg te wees.

Ek probeer oor die stres van dit alles heen dink. Of dit ignoreer tot ek daar is. Dus is ek nog “skoon” (asof ek nou vuil was!) tot môre elfuur.

Sela.

by elizac

Hoax! Little boy needs 100 Facebook shares for a heart transplant

Januarie 11, 2012 in Sonder kategorie

Kan mense nou asseblief ophou om hierdie boodskap rond te stuur? Dis mos net absoluut sotlik om te dink ‘n hart sal beskikbaar word net omdat 100 mense sy probleem op facebook geshare het. En gaan google tog die goed voor jy dit vir ander aanstuur!

Little boy needs 100 shares to get a heart transplant Facebook hoax

If this little boy gets a 100 shares then he can get his heart transplant for free

Of course, the message is nonsense – and simply clogs up Facebook users’ walls and newsfeeds. Think about it – is it really likely that a child will be given a heart transplant simply because enough people like a photograph on Facebook?

Another version of the hoax reads as follows:

I NEED AT LEAST 10000 SHARES.

Plz share..... Heart surgery free of cost for children (0-10 Yrs) Ph : 080-28411500 It might save some1's life...! Sharing takes a second... in bangalore INDIA

More than likes, sharing can help !

by elizac

EK SOEK BIETJIE RAAD VAN DIE JONGERES VAN GEES

Januarie 11, 2012 in Sonder kategorie

Wie weet hoe om ‘n fotoboek aanlyn te skep? Een wat jy dan laat druk soos ‘n album? Vriendin van my praat van Picasa, maar ek kan tussen die bladsye en bladsye inlig

ting nie die webwerf vind vir die foto-albums nie.

Dan was daar nog iets wat ek wou vra, maar dit het my ontgaan. Weet nooit of dit die gevolge van die ouderdom of die chemobrein is nie.

Reg. Ek’t nou bietjie gewag en kan steeds nie onthou nie. Ek aanvaar dit was belangrik, anders sou ek dit nie vergeet het nie!