by

BARBARA G

September 23, 2010 in Sonder kategorie

Ek het nie vir Barbara geken nie. Dankie aan Anha wat haar aan my bekend gestel het vandag. Dit laat ‘n mens dink. Soveel van ons het ongelooflik baie om voor dankbaar te wees en ons mors die tyd met niksdoen en kla. Vanaand sit en kyk ek my daaglikse dosis Oprah, en hulle praat oor die fliek Eat, Love, Pray. En ek kyk so vir Julia Roberts en dink sy’t so ‘n wonderlike lewe. Wens ek kan so ‘n lewe hê. Dink net: om nooit hoef te kommer oor geld nie. Jy kan doen net wat jy wil. En ook: hoe onregverdig is dit dat iemand miljoene dollars verdien deur te maak asof hy/sy iemand anders is, en ons almal bewonder hulle en wil ook so wees. En dan is daar mense wat baie hard werk en nog steeds min geld verdien en nog steeds tyd het om ander mense te help en om meelewend te wees. Mense wat tyd het om ander met die oë van hul siel te sien. Om werklik raak te sien.

Ons weet nie wat vir ons voorlê nie. Ons het net vandag om die beste te doen wat ons kan doen. Om goed te wees teenoor die mense met wie ons in aanraking kom.

En om monumente op te rig vir diegene wat dit werklik verdien.

3 antwoorde op BARBARA G

  1. Eat, Pray, Love le op my bedkassie.
    Nog net die laaste paar bladsye wag geduldig.

    Ja, as ons net opkyk sal ons sien

  2. Ek het “Eat, Love, Pray” twee keer gelees. Nou moet ek nog net die fliek gaan sien. Maar ek dink Julia Roberts het ook maar haar eie dinge waaroor sy haar bekommer. Anders as ons, maar net so intens. Dis wat ek dink. Dalk bekommer sy haar oor haar looks en of sy weer ‘n rol sal kry. Of dalk is daar ‘n genetiese siekte in haar familie wat sy vrees sy mag dalk kry. Of iemand na aan haar is verslaaf aan verdowingsmiddels. Ons is maar almal mense. Ek dink die gras LYK maar net groener aan die ander kant van die draad…. Maar dalk sus ek net myself.

  3. elizac het gesê op Oktober 3, 2010

    Mmm. Sy is baie gelukkig getroud met ‘n ander vrou se man!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.