by

ONDANKBAAR EN BENEUK

September 20, 2010 in Sonder kategorie

Vandag wil ek vir niemand ‘n voorbeeld wees nie. Dit reën al sedert Vrydag hier in Oos-Londen, en terwyl ek danbaar is vir die reën en hoop dat die binneland van die Oos-Kaap ook uiteindelik goeie reën gekry het, is Oos-Londen ‘n muwwe plek as dit so aanhoudend nat is. Alles ruik na muf: klere, beddegoed, banke, beddens, jyself. En ek is ongemaklik. My foob (en eintlik wil ek ‘n Wes-Kaapse woord hier gebruik) trek en ek is die hele tyd bewus daarvan. Ek is lekker beneuk daaroor, want dit voel asof ek nooit weer net NORMAAL sal kan wees nie. Ek WIL nie meer met hierdie kankertwak sit nie. Ek wil net my lewe hê soos dit was, al weet ek dit sal nooit weer so wees nie. Ek wil kan aangaan en gaan oefening doen sonder om bewus te wees van ‘n foob of ‘n boob. Sal ek ooit kan gaan stap sonder om bewus te wees van die omgekeerde skorsie hier op my linkerkant? Ek probeer om nie daaraan te dink nie.

Vandag is ek nou net ondankbaar en beneuk. Sal maar die weer die skuld gee.

3 antwoorde op ONDANKBAAR EN BENEUK

  1. Ja, die reën is baie nodig, maar ek is ook liewer vir warmer sonskyn dae.
    Beneuk maar, jy’t genoeg rede

  2. Ons bly dan maar so biejtie uit jou pad tot die reen opklaar….
    (Sterkte)

  3. Jou lewe sal nooit weer dieselfde wees nie, maar dit kan net so goed, en selfs beter wees. Ek bid dat dit is! Dalk is alles nou agter die rug.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.